Die boek uit die hemel word deur Johannes geëet.
1 EN ek het 'n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met 'n wolk, en 'n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur;
2 en in sy hand het hy 'n geopende boekie gehad, en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land;
3 en hy het met 'n groot stem uitgeroep soos 'n leeu wat brul, en toe hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor.
4 En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het 'n stem uit die hemel vir my hoor sê: Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie op nie.
5 En die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef,
6 en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie;
7 maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete.
8 En die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het weer tot my gespreek en gesê: Gaan, neem die geopende boekie in die hand van die engel wat op die see en op die land staan.
9 En ek het na die engel gegaan en aan hom gesê: Gee my die boekie. Toe sê hy vir my: Neem en eet dit op, en dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal dit soet wees soos heuning.
10 Toe neem ek die boekie uit die hand van die engel en eet dit op, en in my mond was dit soet soos heuning; maar toe ek dit geëet het, het my maag bitter geword.
11 En hy het vir my gesê: Jy moet weer profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings.
Melek ve küçük tomar
1 Gökten inen başka bir güçlü melek gördüm. Bir buluta sarınmıştı. Başının üzerinde gökkuşağı vardı. Yüzü güneşe benziyordu, ayakları da ateşten direkler gibiydi. 2 Elinde açılmış küçük bir tomar tutuyordu. Sağ ayağını denize, sol ayağını karaya bastı. 3 Aslan kükremesi gibi gür bir sesle bağırdı. Melek bağırınca, yedi gök gürlemesi de seslerini çıkardı.
4 Yedi gök gürlemesi seslerini çıkardığında tam yazmaya hazırlanıyordum ki, gökten gelen bir ses işittim. Ses şöyle dedi: "Yedi gök gürlemesinin söylediklerini yazma, mühürle!"
5 Daha önce gördüğüm, denizin ve karanın üzerinde duran melek sağ elini göğe doğru kaldırdı. 6 Göğü ve gökteki her şeyi, yeri ve yerdeki her şeyi, denizi ve denizdeki her şeyi yaratan, sonsuzlara kadar diri olan Allahʼın adıyla yemin etti. "Artık gecikme olmayacak" dedi. 7 "Yedinci melek borazanını çaldığı zaman Allahʼın sır olan planı tamamlanacak. Bu planı kendi hizmetkârları olan peygamberlere önceden müjdelemişti."
8 Ardından, gökten duyduğum ses yine benimle konuştu. "Git" dedi. "Denizin ve karanın üzerinde duran meleğin elindeki açık tomarı al!"
9 Bunun üzerine meleğe gidip "Bana o küçük tomarı ver" dedim. O da bana, "Al, bunu ye!" dedi. "Midende acılık yapacak, ama ağzına bal gibi tatlı gelecek."10:9 Hezekiel 3:3 10 Meleğin elinden küçük tomarı alıp yedim. Ağzıma bal gibi tatlı geldi. Ama onu yuttuğumda midem acılaştı. 11 Bana şöyle dediler: "Yine birçok halk, millet, dil ve kral hakkında peygamberlik etmen lazım."