Pular para o conteúdo
Publicidade

Apocalipse 17

OTTT

Val van Babilon. Gesig van die groot hoer wat deur die dier verlei is.

1 EN een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit,

2 met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery.

3 En hy het my in die gees weggevoer na 'n woestyn, en ek het 'n vrou sien sit op 'n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings.

4 En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand 'n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery;

5 en op haar voorhoof was 'n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.

6 En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.

7 Toe die engel vir my: Waarom het jy jou verwonder? Ek sal jou die verborgenheid van die vrou vertel en van die dier met die sewe koppe en die tien horings, wat haar dra.

8 Die dier wat jy gesien het, was en is nie en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is.

9 Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit.

10 En hulle is sewe konings: vyf het geval en een is; die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy 'n kort tydjie bly.

11 En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf.

12 En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier.

13 Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.

14 Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.

15 En hy vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.

16 En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand.

17 Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is.

18 En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde.

Canavar ve sırtındaki kadın

1 Yedi tası taşıyan yedi melekten biri gelip benimle konuştu. Bana şöyle dedi: "Gel! Ben sana büyük fahişenin uğrayacağı cezayı göstereyim. O fahişe, engin suların kenarında kurulmuş şehirdir. 2 Dünya kralları onunla zina ettiler. Yeryüzünde oturanlar onun fahişeliğinin şarabıyla sarhoş oldular."

3 Melek beni Ruhʼun yardımıyla ıssız bir yere götürdü. Orada kırmızı bir canavarın sırtında oturan bir kadın gördüm. Canavar yedi başlı, on boynuzluydu. Her tarafı Allahʼa hakaret eden adlarla kaplıydı. 4 Kadın mor ve al renkli elbiseler giyinmişti. Altınlarla, değerli taşlarla ve incilerle süslenmişti. Elinde iğrenç şeylerle ve fahişeliğinin pislikleriyle dolu altın bir bardak vardı. 5 Kadının alnında sır olan şu ad yazılıydı:

"Büyük Babil, fahişelerin ve dünyadaki iğrençliklerin anası."

6 Kadının sarhoş olduğunu gördüm. Allahʼın kutsal halkının kanıyla, İsaʼya şahitlik edenlerin kanıyla sarhoştu. Kadını görünce çok şaştım. 7 Ama melek bana, "Niye şaştın?" dedi. "Ben sana bu kadının ve onu sırtında taşıyan yedi başlı, on boynuzlu canavarın sırrını açıklayacağım. 8 Gördüğün canavar önce vardı, ama şimdi yok. Yakın zamanda dipsiz çukurdan çıkacak ve gidip mahvolacak. Adları dünyanın yaratılışından beri yaşam kitabında yazılmış olanlar dışında, yeryüzünde oturanların hepsi canavarı görünce hayran kalacak. Çünkü o önce vardı, şimdi yok, ama yeniden ortaya çıkacak.

9 Bunu anlamak için hikmet sahibi olmak lazım. Yedi baş, kadının üzerinde oturduğu yedi tepedir. Yedi baş aynı zamanda yedi kraldır. 10 Krallardan beşi öldü, biri şu anda duruyor, öbürü henüz gelmedi. Gelince, kısa bir süre kalması lazım. 11 Önce var olan, ama şu anda yok olan canavara gelince, bu sekizinci kraldır. O da yedi kraldan biridir ve gidip mahvolacak.

12 Gördüğün on boynuz on kraldır, ama krallıklarını henüz almadılar. Canavarla birlikte bir saat krallık etmek için izin alacaklar. 13 Onların düşünceleri birdir. Kendi güçlerini ve yetkilerini canavara verecekler. 14 Kuzuʼyla savaşacaklar, ama Kuzu onları yenecek. Çünkü efendilerin Efendisi ve kralların Kralı Oʼdur. Oʼnun izleyicileri de, Oʼnun tarafından çağrılmış, seçilmiş ve Oʼna sadık kişilerdir."

15 Sonra melek bana şöyle dedi: "Gördüğün sular, yani fahişenin yanında oturduğu sular, halklar ve topluluklardır, milletler ve dillerdir. 16 Gördüğün on boynuz ve canavar fahişeden nefret edecekler. Onu perişan edip çıplak bırakacaklar. Etini yiyip cesedinin artakalanını ateşte yakacaklar. 17 Çünkü Allah kendi planını yerine getirme isteğini onların yüreklerine koydu. Böylece tek bir düşünceyle davranıp krallıklarını canavara verecekler. Bu durum Allahʼın sözleri yerine gelene kadar devam edecek. 18 Gördüğün kadın dünya krallarına hükmeden büyük şehirdir."

Veja também