Die vrou en die draak.
1 EN 'n groot teken het in die hemel verskyn: 'n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof 'n kroon van twaalf sterre;
2 en sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood.
3 En 'n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was 'n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone;
4 en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.
5 En sy het 'n manlike kind gebaar, wat al die nasies met 'n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.
6 En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy 'n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank.
7 En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer;
8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.
9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.
10 Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.
11 En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.
12 Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.
13 En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het;
14 maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, 'n tyd en tye en 'n halwe tyd.
15 En die slang het uit sy bek water soos 'n rivier agter die vrou aan uitgegooi, om haar te laat wegvoer deur die rivier.
16 En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, wat die draak uit sy bek uitgegooi het.
17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.
Die dier wat uit die see opkom.
18 EN ek het op die sand van die see gaan staan.
Doğum yapan kadın ve ejderha
1 Gökte olağanüstü bir işaret, güneşe sarınmış bir kadın göründü. Ay onun ayaklarının altındaydı. Başında on iki yıldızdan yapılmış bir taç vardı. 2 Kadın hamileydi. Doğum sancıları içinde kıvranıp feryat ediyordu. 3 Sonra gökte başka bir işaret, yedi başlı, on boynuzlu kocaman kızıl bir ejderha göründü. Yedi başının her birinde bir taç vardı. 4 Ejderhanın kuyruğu yıldızların üçte birini gökten sürükledi ve onları yeryüzüne attı. Sonra ejderha doğum yapacak olan kadının önünde durdu. Kadın doğurur doğurmaz ejderha onun çocuğunu yutacaktı. 5 Kadın bütün milletleri demir çomakla güdecek12:5 Mezmur 2:9 bir erkek çocuk doğurdu. Çocuk hemen alınıp Allahʼın yanına, Oʼnun tahtına götürüldü. 6 Kadın ise ıssız bir yere kaçtı. Allahʼın onun için hazırladığı bir yer vardı. Orada bin iki yüz altmış gün boyunca beslenecekti.
7 Gökte savaş oldu. Başmelek Mikail ve onun melekleri ejderhayla savaştılar. Ejderha da kendi melekleriyle birlikte karşı koydu. 8 Ama üstün gelemediler ve gökteki yerlerini kaybettiler. 9 O zaman büyük ejderha, İblis ve Şeytan denen, bütün dünyayı saptıran eski yılan, yeryüzüne atıldı. Onunla birlikte, onun melekleri de yeryüzüne atıldı.
10 Sonra gökte gür bir ses işittim. Şöyle diyordu:
"Allahımızʼın kurtarma gücü,
kudreti, krallığı
ve Oʼnun Mesihiʼnin yetkisi artık gerçekleşti.
Çünkü imanlı kardeşlerimizi suçlayan,
Allahımızʼın önünde gece gündüz suçlayan12:10 Allahımızʼın önünde gece gündüz suçlayan Şeytan. aşağı atılmıştır.
11 Onlar onu Kuzuʼnun kanıyla
ve ettikleri şahitlikle yendiler.
Kendi canlarını sevmekten vazgeçip
ölümü bile göze aldılar.
12 Onun için, ey gökler
ve göklerde oturanlar, sevinin!
Ama vay halinize, yer ve deniz!
Çünkü İblis üzerinize indi.
O çok öfkeli,
çünkü ona kalan zamanın az olduğunu biliyor."
13 Ejderha yeryüzüne atıldığını görünce, erkek çocuğu dünyaya getiren kadına eziyet etmeye başladı. 14 Ama kadına büyük kartalın kanatlarına benzer iki kanat verildi. Kadın bu kanatlarla uçtu. Issız yerde kendisi için hazırlanmış yere kaçıp ejderhadan kurtuldu. Orada üç buçuk yıl12:14 Üç buçuk yıl Grekçe "Bir vakit ve vakitler ve yarım vakit". beslendi. 15 Yılan kadının peşinden gitti, onu selle süpürüp götürmek için ağzından ırmak gibi su püskürttü. 16 Ama yeryüzü kadına yardım etti. Ağzını açtı ve ejderhanın ağzından püskürttüğü ırmağı yuttu. 17 Ejderha kadına öfkelenip kadının soyundan geri kalanlarla savaşmaya gitti. Onlar Allahʼın buyruklarını yerine getiren ve İsaʼya şahitlik etmeye devam edenlerdir.
18 Ejderha gidip deniz kenarında dikilip durdu.12:18 Bu cümle birçok tercümede 13:1 ayetine alınıyor.