Jesus is Here van die sabbat.
1 EN op die tweede eerste sabbat het Hy deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het die are gepluk en met hulle hande uitgevrywe en geëet.
2 Toe sê sommige van die Fariseërs vir hulle: Waarom doen julle wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie?
3 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Het julle dan nie gelees wat Dawid gedoen het nie — toe hy honger gehad het, hy en die wat by hom was —
4 hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geneem en geëet het, en ook aan die wat by hom was, gegee het, wat hulle nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen?
5 Toe sê Hy vir hulle: Die Seun van die mens is Here óók van die sabbat.
Genesing van die man met die verdorde hand.
6 EN op 'n ander sabbat het Hy in die sinagoge gegaan en geleer. En daar was 'n man, en sy regterhand was uitgedor.
7 En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het Hom in die oog gehou, of Hy op die sabbat gesond maak, sodat hulle 'n aanklag teen Hom kon vind.
8 Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir die man met die verdorde hand gesê: Staan op hier in hul midde. En hy het opgestaan.
9 Toe sê Jesus vir hulle: Ek sal aan julle 'n vraag stel: wat is geoorloof op die sabbat — om goed te doen of kwaad te doen; om 'n lewe te red of óm te bring?
10 En nadat Hy almal rondom aangekyk het, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit gedoen; en sy hand is herstel, gesond soos die ander een.
11 En hulle is met uitsinnigheid vervul en het met mekaar gepraat wat hulle aan Jesus sou doen.
Kiesing van die twaalf.
12 EN Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en die nag in die gebed tot God deurgebring.
13 En toe dit dag geword het, het Hy sy dissipels na Hom geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy apostels genoem het:
14 Simon wat Hy Petrus genoem het, en Andréas, sy broer; Jakobus en Johannes; Filippus en Bartholoméüs;
15 Matthéüs en Thomas; Jakobus, die seun van Alféüs, en Simon wat Yweraar genoem word;
16 Judas, die seun van Jakobus, en Judas Iskáriot, wat die verraaier geword het.
Die bergrede.
17 EN Hy het met hulle afgeklim en op 'n gelyk plek gaan staan, en daar was 'n skare van sy dissipels en 'n groot menigte van die volk van die hele Judéa en Jerusalem en die kusstreek van Tirus en Sidon af,
18 wat gekom het om Hom te hoor en van hulle kwale genees te word; en die wat gekwel was deur onreine geeste, is ook genees.
19 En die hele skare het probeer om Hom aan te raak, omdat krag van Hom uitgegaan het, en Hy het almal gesond gemaak.
20 Toe slaan Hy sy oë op oor sy dissipels en sê: Salig is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God.
21 Salig is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Salig is julle wat nou ween, want julle sal lag.
22 Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.
23 Wees bly in daardie dag en spring op, want kyk, julle loon is groot in die hemel, want hulle vaders het net so aan die profete gedoen.
24 Maar wee julle, rykes, want julle het jul troos weg.
25 Wee julle wat vol is, want julle sal honger ly. Wee julle wat nou lag, want julle sal treur en ween.
26 Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.
27 Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat.
28 Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.
29 Aan hom wat jou op die wang slaan, moet jy ook die ander een aanbied; en aan hom wat jou bo-kleed neem, moet jy ook die onderkleed nie weier nie.
30 Maar gee aan elkeen wat jou iets vra, en eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie.
31 En soos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, so moet julle ook aan hulle doen.
32 En as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle? Want die sondaars het ook dié lief wat vir hulle liefhet.
33 En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle? Want die sondaars doen ook dieselfde.
34 En as julle leen aan dié van wie julle hoop om terug te ontvang, watter dank het julle? Want die sondaars leen ook aan die sondaars, om net soveel terug te ontvang.
35 Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; en julle sal kinders van die Allerhoogste wees; want Hy self is goedertieren oor die ondankbares en slegtes.
36 Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.
37 En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.
38 Gee, en aan julle sal gegee word. 'n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
39 En Hy het vir hulle 'n gelykenis uitgespreek: 'n Blinde kan tog nie 'n blinde lei nie! Sal hulle nie altwee in die sloot val nie?
40 'n Leerling is nie bo sy meester nie; maar elkeen wat volleerd is, sal soos sy meester wees.
41 En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk wat in jou eie oog is, merk jy nie op nie?
42 Of hoe kan jy vir jou broeder sê: Broeder, laat my toe om die splinter wat in jou oog is, uit te haal, terwyl jy self die balk wat in jou oog is, nie sien nie? Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter wat in jou broeder se oog is, uit te haal.
43 Want dit is nie 'n goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie 'n slegte boom wat goeie vrugte dra nie.
44 Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk 'n mens tog nie vye nie, en 'n mens sny ook nie druiwe van 'n doringbos nie.
45 Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.
46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?
47 Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen — Ek sal julle wys soos wie hy is.
48 Hy is soos 'n man wat 'n huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die fondament op die rots gelê het; en toe die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was.
49 Maar wie dit hoor en dit nie doen nie, is soos 'n man wat 'n huis sonder fondament op die grond bou, en die stroom het daarteen losgebreek en dit het dadelik geval, en die instorting van daardie huis was groot.
Şabat gününün Efendisi İsaʼdır
1 Bir Şabat günü İsa ekin tarlalarından geçiyordu. Oʼnun öğrencileri ekin başaklarını koparıyor, avuçlarında ezip yiyorlardı. 2 Ama Ferisilerden bazıları şunu sordular: "Neden Şabat gününde Tevratʼta yasaklananı yapıyorsunuz?"
3 İsa onlara şöyle cevap verdi: "Davud ve adamları acıkınca Davudʼun ne yaptığını okumadınız mı? 4 Allahʼın evine girdi, adak ekmeklerinden6:4 Adak ekmeklerinden Çadırın ve sonra tapınağın kutsal yerinde bulunan altın masaya her hafta konulan 12 mayasız pide. İbranicede huzur ekmekleri denilir. Haftanın sonunda yenileri konulunca rahipler belirli şartlar altında eskilerini yiyebilirdi. Çıkış 25:30; 1. Samuel 21:1-6 alıp yedi ve yanındakilere de verdi. Oysa o ekmekleri yemeye sadece rahiplerin izni vardı." 5 İsa onlara şunu da söyledi: "İnsan Oğlu olarak ben Şabat gününün efendisiyim."
6 Başka bir Şabat günü İsa, Yahudilerin bir toplantı yerine girip vaaz etmeye başladı. Orada sağ eli sakat bir adam vardı. 7 Tevrat uzmanları ve Ferisiler İsaʼyı yakından izliyorlardı. Oʼnun Şabat gününde şifa verip vermeyeceğini gözlüyorlardı. Böylece İsaʼyı suçlamak için fırsat arıyorlardı. 8 Ama İsa akıllarından geçenleri biliyordu. Eli sakat adama, "Kalk, ortaya geç!" dedi. Adam da kalktı, ortaya geçti.
9 O zaman İsa onlara şunu dedi: "Size bir sorum var! Şabat gününde iyilik mi, yoksa kötülük mü yapmak Tevratʼa uygundur? Bir hayatı kurtarmak mı, yoksa onu yok etmek mi uygundur?"
10 Etrafına dönüp herkese baktı. Sonra adama "Elini uzat!" dedi. Adam elini uzattı ve eli sapasağlam oldu. 11 Ama Tevrat uzmanları ve Ferisiler öfkeden deliye döndüler. İsaʼya ne yapacaklarını aralarında konuşmaya başladılar.
İsa on iki elçisini seçiyor
12 O günlerde İsa dua etmek için bir tepeye çıktı. Bütün geceyi Allahʼa dua etmekle geçirdi. 13 Gün doğunca İsa öğrencilerini yanına çağırdı. Onların arasından "elçi" adını verdiği şu on iki kişiyi seçti:
14 Petrus6:14 Petrus Kaya demektir. İsaʼnın Simunʼa verdiği ad. adını verdiği Simun ve onun kardeşi Andreas,
Yakub ve Yuhanna,
Filipus ve Bartalmay,
15 Matta ve Tomas,
Alpay oğlu Yakub ve lakabı "Yurtsever" olan Simun,
16 Yakub oğlu Yahuda ve İsaʼya ihanet eden Yahuda İskariyot.
İsa vaaz ediyor ve şifa veriyor
17 İsa onlarla birlikte aşağı inip düzlükte durdu. Öğrencileri büyük bir kalabalık halinde oradaydılar. Ayrıca bütün Yahudiyeʼden, Yeruşalimʼden, Sur ve Sayda şehirlerinin çevresindeki deniz kenarından çok sayıda insan vardı. 18 İsaʼyı dinlemeye ve hastalıklarından şifa bulmaya gelmişlerdi. Şeytani ruhlar yüzünden sıkıntı çekenler de iyileşiyordu. 19 Bütün kalabalık İsaʼya dokunmaya çalışıyordu. Çünkü Oʼndan güç akıyor ve herkese şifa veriyordu.
20 İsa başını kaldırıp öğrencilerine bakarak şöyle konuşmaya başladı:
"Ne mutlu size, fakirler!
Çünkü Allahʼın Krallığı sizindir.
21 Ne mutlu size, şimdi açlık çekenler!
Çünkü doyacaksınız.
Ne mutlu size, şimdi ağlayanlar!
Çünkü yüzünüz gülecek.
22 İnsan Oğluʼna bağlı olduğunuz için
insanlar sizden nefret ettikleri,
sizi aralarından kovup aşağıladıkları
ve adınızı kötüledikleri zaman, ne mutlu size!
23 O gün sevinin, sevinçten zıplayın, çünkü gökte ödülünüz büyük olacak. Bilin ki, size kötü davrananların ataları peygamberlere aynısını yaptılar.
24 Ama vay halinize, siz zenginler!
Çünkü daha şimdiden rahata kavuştunuz.
25 Vay halinize, şimdi karnı tok olanlar!
Çünkü açlık çekeceksiniz.
Vay halinize, şimdi yüzü gülenler!
Çünkü yas tutup ağlayacaksınız.
26 Herkes sizi övdüğü zaman vay halinize!
Çünkü ataları, sahte peygamberlere de aynısını yaptılar."
Düşmanlarınızı sevin!
27 "Ama, beni dinleyen sizlere söylüyorum, düşmanlarınızı sevin! Sizden nefret edenlere iyilik yapın. 28 Size lanet edenler için bereket dileyin. Size hakaret edenler için dua edin. 29 Bir yanağınıza şamar atana öbür yanağınızı da çevirin. Paltonuzu zorla alan kişiye gömleğinizi de verin. 30 Sizden bir şey dileyen herkese verin. Biri malınızı almışsa, geri istemeyin. 31 İnsanların size nasıl davranmasını istiyorsanız, siz de onlara öyle davranın.
32 Eğer sadece sizi sevenleri severseniz, bu size ne övgü kazandırır? Günahkârlar bile kendilerini sevenleri sever. 33 Eğer sadece size iyilik yapanlara iyilik yaparsanız, bu size ne övgü kazandırır? Günahkârlar bile aynısını yaparlar. 34 Eğer sadece geri almayı umut ettiğiniz kişilere ödünç verirseniz, bu size ne övgü kazandırır? Günahkârlar da verdiklerini geri almak şartıyla diğer günahkârlara ödünç verirler. 35 Ama siz düşmanlarınızı sevin, iyilik yapın, hiçbir şey beklemeden ödünç verin. O zaman ödülünüz büyük olacak. O zaman yüce Allahʼın oğulları olacaksınız. Çünkü O da nankör ve kötü kişilere iyilik eder. 36 Babanız nasıl merhametliyse, siz de merhametli olun."
Başkalarını yargılamayın!
37 "Başkasını yargılamayın ki siz de yargılanmayasınız. Suçlu çıkarmayın ki siz de suçlu çıkarılmayasınız. Bağışlayın ki siz de bağışlanasınız. 38 Verin, size de verilecek. Sizin kucağınıza sıkı bastırılmış, güzelce silkelenmiş, dolup taşan bol bir ölçüyle dökecekler. Çünkü hangi ölçekle ölçerseniz, aynı ölçekle size de ölçülecek."
39 Bir de onlara şu benzetmeyi anlattı: "Kör adam başka bir kör adama yol gösterebilir mi? İkisi de çukura düşmez mi? 40 Öğrenci öğretmeninden üstün değildir. Ama eğitimini tamamlayan herkes öğretmeni gibi olur.
41 Neden başkasının gözündeki çöpü görüyorsun da, kendi gözündeki kütüğü görmüyorsun? 42 Kendi gözündeki kütüğü görmüyorsan, kardeşine nasıl ‘Kardeş, izin ver, gözündeki çöpü çıkarayım’ diyebilirsin? Seni ikiyüzlü seni! Önce kendi gözündeki kütüğü çıkar. O zaman daha iyi görür ve kardeşinin gözündeki çöpü çıkarabilirsin."
İyi ağaç iyi meyve verir
43 "Kötü meyve veren iyi ağaç da, iyi meyve veren kötü ağaç da yoktur. 44 Çünkü her ağaç kendi meyvesinden tanınır. İnsanlar dikenlerden incir, çalılardan da üzüm toplamazlar. 45 İyi insan iyilik dolu kalbinden iyi olanı çıkarır. Kötü insan da kötülük dolu kalbinden kötü olanı çıkarır. İnsanın kalbinde ne varsa, ağzından da o çıkar."
Hayatın sağlam temeli, İsaʼnın sözünü dinlemektir
46 "Neden beni ‘Efendimiz, Efendimiz!’ diye çağırıyorsunuz, ama size söylediğim şeyleri yapmıyorsunuz? 47 Bana gelen, sözlerimi işiten ve onları hayatında yerine getiren herkesin nasıl bir kişiye benzediğini size anlatayım. 48 Böyle kişi ev yapan biri gibidir. Derin kazıp kaya üstüne temel atar. Sel basınca ve kabaran sular o eve çarpınca, onu yerinden oynatamaz, çünkü ev sağlam yapılmıştır. 49 Öte yandan sözlerimi dinleyip de yerine getirmeyen kişi, temel atmadan toprak üzerinde ev yapana benzer. Kabaran sular o eve çarpınca ev hemen yıkılır. Evin yıkılışı da korkunç olur."