Oorwinning van Jónatan. Saul verbied die leër om voor die aand iets te eet.
1 EN op 'n dag het Jónatan, die seun van Saul, aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van die Filistyne wat daar oorkant is. Maar aan sy vader het hy dit nie te kenne gegee nie.
2 En Saul het gesit op die grens van Gíbea onder die granaatboom wat by Migron staan; en die manskappe by hom was omtrent seshonderd man.
3 En Ahía, die seun van Ahítub, die broer van Íkabod, die seun van Pínehas, die seun van Eli, die priester van die Here in Silo, het die skouerkleed gedra. Maar die manskappe het nie geweet dat Jónatan weggegaan het nie.
4 Nou was daar tussen die passe waar Jónatan wou deurgaan na die wagpos van die Filistyne, 'n spits rots oorkant en 'n spits rots duskant, en die naam van die een was Boses en die naam van die ander Sene.
5 Die een spits staan soos 'n pilaar noord teenoor Migmas, en die ander een suid teenoor Geba.
6 Jónatan dan het aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van daardie onbesnedenes; miskien sal die Here vir ons optree, want by die Here is daar geen verhindering om deur baie of deur min te verlos nie.
7 Toe sê sy wapendraer vir hom: Doen alles wat in u hart is, maak soos u wil; hier is ek by u volgens die wens van u hart.
8 Daarop sê Jónatan: Kyk, ons sal na die manne toe oorgaan en ons aan hulle vertoon.
9 As hulle vir ons só sê: Staan stil totdat ons by julle kom! dan moet ons op ons plek bly staan en nie na hulle opklim nie.
10 Maar as hulle só sê: Kom op na ons toe! dan klim ons op, want dan het die Here hulle in ons hand gegee; en dit sal vir ons die teken wees.
11 Toe hulle twee hul aan die wagpos van die Filistyne vertoon, sê die Filistyne: Kyk, daar kom Hebreërs uit die gate uit waar hulle weggekruip het.
12 En die manne van die wagpos het Jónatan en sy wapendraer aangespreek en gesê: Klim op na ons toe, dan sal ons julle 'n les leer! Daarop sê Jónatan aan sy wapendraer: Klim op agter my aan, want die Here het hulle in die hand van Israel gegee.
13 En Jónatan het op sy hande en voete uitgeklim, en sy wapendraer agter hom aan; en hulle het voor Jónatan geval terwyl sy wapendraer agter hom aan van kant maak.
14 Hierdie eerste slag waarin Jónatan en sy wapendraer ongeveer twintig man verslaan het, het plaasgevind op omtrent die helfte van 'n aanvoorsel van 'n stuk land.
15 Toe kom daar 'n skrik in die laer, in die veld en onder al die manskappe; die wagpos en die roofkommando, hulle het ook geskrik, ja, die land het gebewe, sodat dit 'n skrik van God geword het.
16 En toe die spioene van Saul in Gíbea in Benjamin sien dat die menigte daar verward heen en weer golf,
17 sê Saul aan die manskappe wat by hom was: Hou tog 'n monstering en kyk wie van ons af weggegaan het. En by die monstering het geblyk dat Jónatan en sy wapendraer daar nie was nie.
18 Toe sê Saul vir Ahía: Bring die ark van God nader. Want die ark van God was in dié tyd by die kinders van Israel.
19 En terwyl Saul nog met die priester spreek en die rumoer wat in die laer van die Filistyne was, altyddeur groter word, sê Saul vir die priester: Trek jou hand terug!
20 Saul en al die manskappe wat by hom was, is toe saamgeroep, en hulle het by die geveg aangekom; en kyk, die swaard van die een was teen die ander — 'n baie groot verwarring.
21 Selfs die Hebreërs wat die Filistyne soos gister en eergister bygestaan het, wat verspreid met hulle saam in die leër opgetrek het, hulle het ook aangesluit by die Israeliete wat saam met Saul en Jónatan was.
22 Toe al die manne van Israel wat op die gebergte van Efraim weggekruip het, hoor dat die Filistyne vlug, het dié hulle ook in die geveg agternagesit.
23 En die Here het Israel op dié dag verlos. Toe die geveg dan by Bet-Awen verbygaan,
24 en die manne van Israel dié dag aangedryf word, het Saul die manskappe besweer en gesê: Vervloek is die man wat iets eet tot vanaand, sodat ek my op my vyande kan wreek. Daarom het al die manskappe aan niks geproe nie.
25 En al die mense het in 'n bos gekom, en daar was heuning op die veld.
26 Toe die manskappe in die bos kom, was daar oorvloed van heuning; maar niemand het met sy hand aan sy mond geraak nie, omdat die manskappe bevrees was vir die eed.
27 Maar Jónatan het nie gehoor toe sy vader die manskappe besweer het nie en het die punt van die staf wat in sy hand was, uitgesteek en dit in 'n heuningkoek gedoop en sy hand aan sy mond gebring, en sy oë het helder geword.
28 Daarop spreek een van die manskappe hom aan en sê: Jou vader het die manskappe met hierdie dure eed besweer: Vervloek is die man wat vandag iets eet. Daarom is die volk afgemat.
29 En Jónatan sê: My vader stort die land in die ongeluk; kyk tog hoe helder my oë nou is, omdat ek hierdie bietjie heuning geproe het.
30 Hoeveel te meer as die manskappe vandag vry kon eet van die buit van hul vyande wat hulle gevind het! Maar nou is die slagting onder die Filistyne nie groot nie.
31 Maar dié dag het hulle die Filistyne verslaan van Migmas af na Ájalon toe, en die manskappe was baie afgemat.
32 En die manskappe het op die buit afgestorm, en kleinvee en beeste en kalwers geneem en dit op die grond geslag, en die manskappe het dit met bloed en al geëet.
33 Toe daar aan Saul geboodskap is: Kyk, die manskappe besondig hulle teen die Here deur met bloed en al te eet, het hy gesê: Julle handel troueloos; rol nou 'n groot klip na my toe.
34 Verder het Saul gesê: Versprei julle onder die manskappe en sê aan hulle: Bring na my elkeen sy bees en elkeen sy stuk kleinvee, en slag dit hier en eet; maar besondig julle nie teen die Here deur met bloed en al te eet nie. En al die manskappe het elkeen in die nag sy bees met sy hand gebring en dit daar geslag.
35 En Saul het vir die Here 'n altaar gebou; dit was die eerste altaar wat hy vir die Here gebou het.
36 Toe sê Saul: Laat ons in die nag aftrek agter die Filistyne aan, en laat ons onder hulle plunder totdat dit môre lig word; en ons moet nie een onder hulle laat oorbly nie. En hulle antwoord: Doen alles wat goed is in u oë. Maar die priester het gesê: Laat ons hier tot God nader.
37 Toe het Saul God geraadpleeg: Sal ek aftrek agter die Filistyne aan? Sal U hulle in Israel se hand gee? Maar Hy het hom dié dag nie geantwoord nie.
38 En Saul sê: Kom nader hierheen, al die hoofde van die volk, en ondersoek en kyk waarin hierdie sonde vandag begaan is.
39 Want so waar as die Here leef wat Israel verlos, al was dit ook in my seun Jónatan, dan moet hy sekerlik sterwe! Maar niemand uit al die manskappe het hom geantwoord nie.
40 Daarop sê hy aan die hele Israel: Julle moet eenkant staan, en ek en my seun Jónatan sal eenkant staan. En die manskappe antwoord Saul: Doen wat goed is in u oë.
41 Toe sê Saul aan die Here: God van Israel, gee tog die waarheid! En Jónatan en Saul is aangewys, maar die manskappe het vry uitgegaan.
42 En Saul sê: Werp die lot tussen my en my seun Jónatan. En Jónatan is aangewys.
43 Daarop vra Saul vir Jónatan: Gee my tog te kenne wat jy gedoen het. En Jónatan het hom te kenne gegee en gesê: Ek het net 'n bietjie heuning geproe met die punt van die staf wat in my hand was; hier is ek, ek sal sterwe.
44 Toe sê Saul: Mag God aan my so doen en so daaraan toedoen, jy moet sekerlik sterwe, Jónatan!
45 Maar die manskappe het aan Saul gesê: Moet Jónatan sterwe wat hierdie groot verlossing in Israel bewerk het? Volstrek nie! So waar as die Here leef, geen haar van sy hoof sal op die aarde val nie! Want met God het hy dit vandag gedoen. So het die volk dan Jónatan losgekoop, dat hy nie gesterf het nie.
46 Daarna het Saul agter die Filistyne teruggetrek, en die Filistyne het na hulle plek gegaan.
Oorloë van Saul. Sy geslag.
47 SO het Saul dan die koningskap oor Israel verkry en oorlog gevoer rondom teen al sy vyande: teen Moab en teen die kinders van Ammon en teen Edom en teen die konings van Soba en teen die Filistyne; en oral waarheen hy hom gewend het, het hy straf geoefen.
48 En hy het hom dapper gedra: hy het Ámalek verslaan en Israel gered uit die hand van sy berower.
49 En die seuns van Saul was Jónatan en Jiswi en Malkisúa, en die naam van sy twee dogters: die naam van die oudste was Merab, en die naam van die jongste Migal.
50 En die naam van Saul se vrou was Ahínoam, 'n dogter van Ahímaäs; en die naam van sy leërowerste was Abner, die seun van Ner, die oom van Saul.
51 En Kis was die vader van Saul, en Ner, die vader van Abner, was die seun van Abíël.
52 Die oorlog teen die Filistyne was hewig al die dae van Saul; en waar Saul ook 'n held of 'n dapper man sien, het hy hom by hom opgeneem.
1 В один день сказал Ионафан, сын Саулов, слуге оруженосцу своему: ступай, перейдем к отряду Филистимскому, что на той стороне. А отцу своему не сказал об этом.2 Саул же находился в окраине Гивы, под гранатовым деревом, что в Мигроне. С ним было около шестисот человек народа 3 Глава 14. [3]1 Цар 4:21;22:9. и Ахия, сын Ахитува, брата Иохаведа, сына Финееса, сына Илия, священник Господа в Силоме, носивший ефод. Народ же не знал, что Ионафан пошел. 4 Между переходами, по которым Ионафан искал пробраться к отряду Филистимскому, была острая скала с одной стороны и острая скала с другой: имя одной Боцец, а имя другой Сене; 5 одна скала выдавалась с севера к Михмасу, другая с юга к Гиве. 6 [6]2 Пар 14:11. И сказал Ионафан слуге оруженосцу своему: ступай, перейдем к отряду этих необрезанных; может быть, Господь поможет нам, ибо для Господа нетрудно спасти чрез многих или немногих. 7 И отвечал оруженосец: делай все, что на сердце у тебя; иди, вот я с тобою, куда тебе угодно. 8 И сказал Ионафан: вот, мы перейдем к этим людям и станем на виду у них; 9 если они так скажут нам: «остановитесь, пока мы подойдем к вам», то мы остановимся на своих местах и не взойдем к ним; 10 а если так скажут: «поднимитесь к нам», то мы взойдем, ибо Господь предал их в руки наши; и это будет знаком для нас. 11 Когда оба они стали на виду у отряда Филистимского, то Филистимляне сказали: вот, Евреи выходят из ущелий, в которых попрятались они. 12 И закричали люди, составлявшие отряд, к Ионафану и оруженосцу его, говоря: взойдите к нам, и мы вам скажем нечто. Тогда Ионафан сказал оруженосцу своему: следуй за мною, ибо Господь предал их в руки Израиля. 13 И начал всходить Ионафан, цепляясь руками и ногами, и оруженосец его за ним. И падали Филистимляне пред Ионафаном, а оруженосец добивал их за ним. 14 И пало от этого первого поражения, нанесенного Ионафаном и оруженосцем его, около двадцати человек, на половине поля, обрабатываемого парою волов в день. 15 [15]Исх 14:25;23:27. И произошел ужас в стане на поле и во всем народе; передовые отряды и опустошавшие землю пришли в трепет [и не хотели сражаться]; дрогнула вся земля, и был ужас великий от Господа. 16 И увидели стражи Саула в Гиве Вениаминовой, что толпа рассеивается и бежит туда и сюда. 17 И сказал Саул к народу, бывшему с ним: пересмотрите и узнайте, кто из наших вышел. И пересмотрели, и вот нет Ионафана и оруженосца его. 18 [18]1 Цар 4:3. И сказал Саул Ахии: «принеси кивот14:18 В греческом переводе: ефод. Божий», ибо кивот Божий в то время был с сынами Израильскими. 19 Саул еще говорил к священнику, как смятение в стане Филистимском более и более [распространялось и] увеличивалось. Тогда сказал Саул священнику: сложи руки твои. 20 [20]Суд 7:22.Зах 14:13. И воскликнул Саул и весь народ, бывший с ним, и пришли к месту сражения, и вот, там меч каждого обращен был против ближнего своего; смятение было очень великое. 21 Тогда и Евреи, которые вчера и третьего дня были у Филистимлян и которые повсюду ходили с ними в стане, пристали к Израильтянам, находившимся с Саулом и Ионафаном; 22 [22]1 Цар 13:6. и все Израильтяне, скрывавшиеся в горе Ефремовой, услышав, что Филистимляне побежали, также пристали к своим в сражении. 23 И спас Господь в тот день Израиля; битва же простерлась даже до Беф-Авена. [Всех людей было с Саулом до десяти тысяч, и битва происходила по всему городу на горе Ефремовой.]
24 Люди Израильские были истомлены в тот день; а Саул [весьма безрассудно] заклял народ, сказав: проклят, кто вкусит хлеба до вечера, доколе я не отомщу врагам моим. И никто из народа не вкусил пищи. 25 И пошел весь народ в лес, и был там на поляне мед. 26 [26]Втор 32:13. И вошел народ в лес, говоря: вот, течет мед. Но никто не протянул руки своей ко рту своему, ибо народ боялся заклятия. 27 Ионафан же не слышал, когда отец его заклинал народ, и, протянув конец палки, которая была в руке его, обмокнул ее в сот медовый и обратил рукою к устам своим, и просветлели глаза его. 28 И сказал ему один из народа, говоря: отец твой заклял народ, сказав: «проклят, кто сегодня вкусит пищи»; от этого народ истомился. 29 И сказал Ионафан: смутил отец мой землю; смотрите, у меня просветлели глаза, когда я вкусил немного этого меду; 30 если бы поел сегодня народ из добычи, какую нашел у врагов своих, то не большее ли было бы поражение Филистимлян? 31 И поражали Филистимлян в тот день от Михмаса до Аиалона, и народ очень истомился. 32 И кинулся народ на добычу, и брали овец, волов и телят, и заколали на земле, и ел народ с кровью. 33 [33]Втор 12:16,23. И возвестили Саулу, говоря: вот, народ грешит пред Господом, ест с кровью. И сказал Саул: вы согрешили; привалите ко мне теперь большой камень. 34 Потом сказал Саул: пройдите между народом и скажите ему: пусть каждый приводит ко мне своего вола и каждый свою овцу, и заколайте здесь и ешьте, и не грешите пред Господом, не ешьте с кровью. И приводили все из народа, каждый своею рукою, вола своего [и свою овцу] ночью, и заколали там. 35 [35]Нав 22:10.Суд 6:24. И устроил Саул жертвенник Господу: то был первый жертвенник, поставленный им Господу. 36 И сказал Саул: пойдем в погоню за Филистимлянами ночью и оберем их до рассвета и не оставим у них ни одного человека. И сказали: делай все, что хорошо в глазах твоих. Священник же сказал: приступим здесь к Богу. 37 [37]Нав 7:1.1 Цар 28:6. И вопросил Саул Бога: идти ли мне в погоню за Филистимлянами? предашь ли их в руки Израиля? Но Он не отвечал ему в тот день. 38 Тогда сказал Саул: пусть подойдут сюда все начальники народа и разведают и узнают, на ком грех ныне? 39 ибо, — жив Господь, спасший Израиля, — если окажется и на Ионафане, сыне моем, то и он умрет непременно. Но никто не отвечал ему из всего народа. 40 И сказал Саул всем Израильтянам: станьте вы по одну сторону, а я и сын мой Ионафан станем по другую сторону. И отвечал народ Саулу: делай, что хорошо в глазах твоих. 41 [41]Нав 7:16. И сказал Саул: Господи, Боже Израилев! [отчего Ты ныне не отвечал рабу Твоему? моя ли в том вина, или сына моего Ионафана? Господи, Боже Израилев!] дай знамение. [Если же она в народе Твоем Израиле, дай ему освящение.] И уличены были Ионафан и Саул, а народ вышел правым. 42 Тогда сказал Саул: бросьте жребий между мною и между Ионафаном, сыном моим, [и кого объявит Господь, тот да умрет. И сказал народ Саулу: да не будет так! Но Саул настоял. И бросили жребий между ним и Ионафаном, сыном его,] и пал жребий на Ионафана. 43 [43]Нав 7:19. И сказал Саул Ионафану: расскажи мне, что сделал ты? И рассказал ему Ионафан и сказал: я отведал концом палки, которая в руке моей, немного меду; и вот, я должен умереть. 44 [44]3 Цар 2:23. И сказал Саул: пусть то и то сделает мне Бог, и еще больше сделает; ты, Ионафан, должен сегодня умереть! 45 [45]1 Цар 11:13. Но народ сказал Саулу: Ионафану ли умереть, который доставил столь великое спасение Израилю? Да не будет этого! Жив Господь, и волос не упадет с головы его на землю, ибо с Богом он действовал ныне. И освободил народ Ионафана, и не умер он. 46 И возвратился Саул от преследования Филистимлян; Филистимляне же пошли в свое место.
47 И утвердил Саул свое царствование над Израилем, и воевал со всеми окрестными врагами своими, с Моавом и с Аммонитянами, и с Едомом [и с Вефором] и с царями Совы и с Филистимлянами, и везде, против кого ни обращался, имел успех. 48 [48]1 Цар 15:2–3. И устроил войско, и поразил Амалика, и освободил Израиля от руки грабителей его. 49 [49]1 Пар 8:33. Сыновья у Саула были: Ионафан, Иессуи и Мелхисуа; а имена двух дочерей его: имя старшей — Мерова, а имя младшей — Мелхола. 50 [50]1 Цар 17:55;26:5. Имя же жены Сауловой — Ахиноамь, дочь Ахимааца; а имя начальника войска его — Авенир, сын Нира, дяди Саулова. 51 [51]1 Цар 9:1. Кис, отец Саулов, и Нир, отец Авенира, были сыновьями Авиила. 52 И была упорная война против Филистимлян во все время Саулово. И когда Саул видел какого-либо человека сильного и воинственного, брал его к себе.