Die onafwendbare oordeel.
1 DIE woorde van Amos, een van die skaapboere uit Tekóa, wat hy gesien het aangaande Israel in die dae van Ussía, koning van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel, twee jaar voor die aardbewing.
2 En hy het gesê: Die Here brul uit Sion en verhef sy stem uit Jerusalem, sodat die weivelde van die herders treur en die top van Karmel verdor.
3 So sê die Here: Oor drie oortredinge van Damaskus, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle Gílead met ysterdorssleë gedors het.
4 Daarom sal Ek 'n vuur slinger in die huis van Hásael, en dit sal die paleise van Bénhadad verteer.
5 En Ek sal die grendel van Damaskus verbreek en die inwoners uit die laagte van Awen uitroei en die wat die septer dra, uit Bet-Eden, en die volk van Aram sal in ballingskap gaan na Kir, sê die Here.
6 So sê die Here: Oor drie oortredinge van Gasa, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle 'n ganse bevolking in ballingskap weggevoer het om dit aan Edom uit te lewer.
7 Daarom sal Ek 'n vuur slinger in die muur van Gasa, en dit sal sy paleise verteer.
8 En Ek sal die inwoners uit Asdod uitroei en die wat die septer dra, uit Áskelon; en Ek sal my hand teen Ekron uitstrek, en die oorblyfsel van die Filistyne sal omkom, sê die Here Here.
9 So sê die Here: Oor drie oortredinge van Tirus, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle 'n ganse bevolking as ballinge aan Edom uitgelewer het en nie gedink het aan die broederverbond nie.
10 Daarom sal Ek 'n vuur slinger in die muur van Tirus, en dit sal sy paleise verteer.
11 So sê die Here: Oor drie oortredinge van Edom, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hy sy broer met die swaard agtervolg het en sy jammergevoel verstik het, sodat sy toorn altyd verskeur en hy gedurigdeur sy grimmigheid behou.
12 Daarom sal Ek 'n vuur slinger in Teman, en dit sal die paleise van Bosra verteer.
13 So sê die Here: Oor drie oortredinge van die kinders van Ammon, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die swanger vroue van Gílead oopgesny het om hulle grondgebied uit te brei.
14 Daarom sal Ek 'n vuur aansteek in die muur van Rabba, en dit sal sy paleise verteer, met krygsgeskreeu op die dag van stryd, in 'n storm op die dag van die orkaan.
15 En hulle koning sal in ballingskap gaan, hy en sy vorste tesame, sê die Here.
1 Глава 1. [1]Ис 1:1.4 Цар 14:23.Зах 14:5. Слова Амоса, одного из пастухов Фекойских, которые он слышал в видении об Израиле во дни Озии, царя Иудейского, и во дни Иеровоама, сына Иоасова, царя Израильского, за два года перед землетрясением.
2 [2]Иер 25:30.Иоил 3:16. И сказал он: Господь возгремит с Сиона и даст глас Свой из Иерусалима, и восплачут хижины пастухов, и иссохнет вершина Кармила. 3 [3]2 Цар 12:31.4 Цар 13:7.Ис 41:15. Так говорит Господь: за три преступления Дамаска и за четыре не пощажу его, потому что они молотили Галаад железными молотилами. 4 [4]Иер 49:27. И пошлю огонь на дом Азаила, и пожрет он чертоги Венадада. 5 [5]Иер 49:24,26.4 Цар 16:9. И сокрушу затворы Дамаска, и истреблю жителей долины Авен и держащего скипетр — из дома Еденова, и пойдет народ Арамейский в плен в Кир, говорит Господь. 6 [6]2 Пар 21:17. Так говорит Господь: за три преступления Газы и за четыре не пощажу ее, потому что они вывели всех в плен, чтобы предать их Едому. 7 И пошлю огонь в стены Газы, и пожрет чертоги ее. 8 [8]2 Пар 26:6. И истреблю жителей Азота и держащего скипетр в Аскалоне, и обращу руку Мою на Екрон, и погибнет остаток Филистимлян, говорит Господь Бог. 9 [9]Иез 27:3. Так говорит Господь: за три преступления Тира и за четыре не пощажу его, потому что они передали всех пленных Едому и не вспомнили братского союза. 10 [10]Ис 23:1.Иер 47:4.Иез 26:3. Пошлю огонь в стены Тира, и пожрет чертоги его. 11 [11]Авд 1:10. Так говорит Господь: за три преступления Едома и за четыре не пощажу его, потому что он преследовал брата своего мечом, подавил чувства родства, свирепствовал постоянно во гневе своем и всегда сохранял ярость свою. 12 И пошлю огонь на Феман, и пожрет чертоги Восора. 13 [13]Быт 19:38.Иер 49:1. Так говорит Господь: за три преступления сынов Аммоновых и за четыре не пощажу их, потому что они рассекали беременных в Галааде, чтобы расширить пределы свои. 14 [14]Иер 49:2. И запалю огонь в стенах Раввы, и пожрет чертоги ее, среди крика в день брани, с вихрем в день бури. 15 [15]Иер 49:3. И пойдет царь их в плен, он и князья его вместе с ним, говорит Господь.