Pular para o conteúdo
Publicidade

Apocalipse 1

SYNOD

Naam en onderwerp van die boek.

1 DIE openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,

2 wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het.

3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.

Opdrag aan die sewe gemeentes van die provinsie Asië.

4 JOHANNES aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is,

5 en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed

6 en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

7 Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

8 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Jesus verskyn aan Johannes op Patmos. Bevel om op te skrywe wat hy sien, en dit te stuur aan die sewe gemeentes.

9 EK, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.

10 Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my 'n groot stem gehoor, soos van 'n basuin,

11 wat : Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in 'n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Éfese en Smirna en Pérgamus en Thiatíre en Sardis en Filadelfía en Laodicéa.

12 Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,

13 en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met 'n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met 'n goue gordel.

14 Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy soos 'n vuurvlam,

15 en sy voete soos blink koper wat gloei soos in 'n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.

16 En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en 'n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.

17 En toe ek Hom sien, val ek soos 'n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste

18 en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

19 Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is sowel as die wat gaan gebeur;

20 die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes.

1 Откровение Иисуса Христа, которое дал Ему Бог, чтобы показать рабам Своим, чему надлежит быть вскоре. И Он показал, послав оное через Ангела Своего рабу Своему Иоанну, 2 который свидетельствовал слово Божие и свидетельство Иисуса Христа и что он видел. 3 Глава 1. [3]Лк 11:28. Блажен читающий и слушающие слова пророчества сего и соблюдающие написанное в нем; ибо время близко.

4 [4]Исх 3:14.Откр 4:5. Иоанн семи церквам, находящимся в Асии: благодать вам и мир от Того, Который есть и был и грядет, и от семи духов, находящихся перед престолом Его, 5 [5]Пс 88:38.1 Пет 1:19.1 Ин 1:7.1 Кор 15:20.Кол 1:18.Евр 9:14. и от Иисуса Христа, Который есть свидетель верный, первенец из мертвых и владыка царей земных. Ему, возлюбившему нас и омывшему нас от грехов наших Кровию Своею 6 [6]Исх 19:6.1 Пет 2:9. и соделавшему нас царями и священниками Богу и Отцу Своему, слава и держава во веки веков, аминь. 7 [7]Ис 3:14.Зах 12:10.Мф 24:30.Иуд 1:14. Се, грядет с облаками, и узрит Его всякое око и те, которые пронзили Его; и возрыдают пред Ним все племена земные. Ей, аминь.

8 [8]Ис 41:4.Откр 2:8. Я есмь Альфа и Омега, начало и конец, говорит Господь, Который есть и был и грядет, Вседержитель.

9 [9]Рим 8:17. Я, Иоанн, брат ваш и соучастник в скорби и в царствии и в терпении Иисуса Христа, был на острове, называемом Патмос, за слово Божие и за свидетельство Иисуса Христа. 10 [10]Ис 44:6;48:12. Я был в духе в день воскресный, и слышал позади себя громкий голос, как бы трубный, который говорил: Я есмь Альфа и Омега, Первый и Последний; 11 то, что видишь, напиши в книгу и пошли церквам, находящимся в Асии: в Ефес, и в Смирну, и в Пергам, и в Фиатиру, и в Сардис, и в Филадельфию, и в Лаодикию. 12 [12]Исх 25:37.Зах 4:2. Я обратился, чтобы увидеть, чей голос, говоривший со мною; и обратившись, увидел семь золотых светильников 13 [13]Иез 1:26.Дан 10:5,16.Мф 28:18. и, посреди семи светильников, подобного Сыну Человеческому, облеченного в подир1:13 Подир — длинная одежда Иудейских первосвященников и царей. и по персям опоясанного золотым поясом: 14 [14]Дан 7:9. глава Его и волосы белы, как белая во́лна, как снег; и очи Его, как пламень огненный; 15 [15]Иез 43:2.Дан 10:6. и ноги Его подобны халколивану, как раскаленные в печи, и голос Его, как шум вод многих. 16 [16]Ис 49:2.Мф 28:18.Еф 6:17.Откр 2:16. Он держал в деснице Своей семь звезд, и из уст Его выходил острый с обеих сторон меч; и лице Его, как солнце, сияющее в силе своей. 17 [17]Дан 8:18. И когда я увидел Его, то пал к ногам Его, как мертвый. И Он положил на меня десницу Свою и сказал мне: не бойся; Я есмь Первый и Последний, 18 [18]Иов 12:14.Ис 22:22.Откр 3:7. и живый; и был мертв, и се, жив во веки веков, аминь; и имею ключи ада и смерти. 19 Итак напиши, что ты видел, и что есть, и что будет после сего. 20 [20]Мал 2:7. Тайна семи звезд, которые ты видел в деснице Моей, и семи золотых светильников есть сия: семь звезд суть Ангелы семи церквей; а семь светильников, которые ты видел, суть семь церквей.

Veja também