Pular para o conteúdo
Publicidade

Atos 14

SYNOD

Die evangelie word verkondig in Ikónium, Listre en Derbe. Seën en vervolging. Terugkeer na Antiochíë.

1 EN op dieselfde wyse het hulle in Ikónium in die sinagoge van die Jode ingegaan en so gespreek dat 'n groot menigte Jode sowel as Grieke gelowig geword het.

2 Maar die ongehoorsame Jode het die gemoedere van die heidene teen die broeders opgehits en verbitter.

3 Hulle het toe 'n geruime tyd daar deurgebring en vrymoediglik gespreek in die Here, wat aan die woord van sy genade getuienis gegee het deur te beskik dat tekens en wonders deur hulle hande plaasvind.

4 En die menigte van die stad was verdeeld, en sommige het met die Jode en ander met die apostels saamgegaan.

5 Maar toe daar onder die heidene en ook onder die Jode, saam met hulle owerstes, 'n beweging ontstaan het om hulle te mishandel en te stenig,

6 het hulle dit gewaargeword en gevlug na die stede van Likaónië, Listre en Derbe en die omstreke.

7 En daar het hulle die evangelie verkondig.

8 En in Listre het daar 'n man gesit wat magteloos was aan sy voete, kreupel van sy geboorte af, en hy het nooit geloop nie.

9 Hy het geluister terwyl Paulus spreek; en Paulus het die op hom gehou, en, toe hy sien dat hy geloof het om gesond te word,

10 met 'n groot stem gesê: Staan regop op jou voete! En hy het opgespring en begin rondloop.

11 En toe die skare sien wat Paulus gedoen het, verhef hulle hul stem en in Likaónies: Die gode het soos mense geword en neergedaal na ons toe.

12 En hulle het vir Bárnabas Júpiter genoem, en vir Paulus Mercurius, omdat hy die woordvoerder was.

13 En die priester van Júpiter wie se tempel voor hulle stad was, het stiere en kranse na die poorte gebring en wou saam met die skare offer.

14 Maar toe die apostels, Bárnabas en Paulus, dit hoor, het hulle hul klere geskeur en onder die skare ingespring en geroep

15 en gesê: Manne, waarom doen julle hierdie dinge? Ons is net sulke mense soos julle, en ons verkondig die evangelie dat julle jul van hierdie nietige dinge moet bekeer tot die lewende God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het.

16 Hy het in die tye wat verby is, toegelaat dat al die nasies in hulle eie weë sou wandel,

17 al het Hy Homself nie onbetuig gelaat nie, deur goed te doen, van die hemel vir ons reën en vrugbare tye te gee en ons harte met voedsel en vrolikheid te vervul.

18 Selfs met hierdie woorde het hulle met moeite die skare verhinder om aan hulle te offer.

19 Maar daar het Jode van Antiochíë en Ikónium aangekom, en hulle het, nadat hulle die skare omgepraat het, Paulus gestenig en hom buitekant die stad gesleep, met die gedagte dat hy dood was.

20 Maar toe die dissipels hom omring, het hy opgestaan en in die stad gekom en die volgende dag saam met Bárnabas na Derbe vertrek.

21 En nadat hulle aan daardie stad die evangelie verkondig en 'n aantal dissipels gemaak het, het hulle teruggegaan na Listre en Ikónium en Antiochíë,

22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te : Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.

23 En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.

24 Toe gaan hulle deur Pisídië en kom in Pamfílië;

25 en nadat hulle die woord in Perge verkondig het, het hulle afgegaan na Attálië.

26 En daarvandaan het hulle weggevaar na Antiochíë, waar hulle aan die genade van God opgedra was vir die werk wat hulle volbring het.

27 En toe hulle daar kom en die gemeente saamgeroep het, het hulle verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het, en dat Hy 'n deur van geloof vir die heidene geopen het.

28 En hulle het daar by die dissipels 'n geruime tyd deurgebring.

1 В Иконии они вошли вместе в Иудейскую синагогу и говорили так, что уверовало великое множество Иудеев и Еллинов. 2 А неверующие Иудеи возбудили и раздражили против братьев сердца язычников. 3 Глава 14. [3]Мк 16:20. Впрочем они пробыли здесь довольно времени, смело действуя о Господе, Который, во свидетельство слову благодати Своей, творил руками их знамения и чудеса. 4 Между тем народ в городе разделился: и одни были на стороне Иудеев, а другие на стороне Апостолов. 5 Когда же язычники и Иудеи со своими начальниками устремились на них, чтобы посрамить и побить их камнями, 6 [6]Мф 10:23. они, узнав о сем, || удалились в Ликаонские города Листру и Дервию и в окрестности их, 7 и там благовествовали.

8 В Листре некоторый муж, не владевший ногами, сидел, будучи хром от чрева матери своей, и никогда не ходил. 9 Он слушал говорившего Павла, который, взглянув на него и увидев, что он имеет веру для получения исцеления, 10 [10]Ис 35:6. сказал громким голосом: тебе говорю во имя Господа Иисуса Христа: стань на ноги твои прямо. И он тотчас вскочил и стал ходить. 11 Народ же, увидев, что сделал Павел, возвысил свой голос, говоря по-ликаонски: боги в образе человеческом сошли к нам. 12 И называли Варнаву Зевсом, а Павла Ермием, потому что он начальствовал в слове. 13 Жрец же идола Зевса, находившегося перед их городом, приведя к воротам волов и принеся венки, хотел вместе с народом совершить жертвоприношение. 14 Но Апостолы Варнава и Павел, услышав о сем, разодрали свои одежды и, бросившись в народ, громогласно говорили: 15 [15]Быт 1:1.Пс 145:6.Сир 18:1.Ам 2:4.Деян 10:26.Откр 14:7. мужи! что́ вы это делаете? И мы подобные вам человеки, и благовествуем вам, чтобы вы обратились от сих ложных к Богу Живому, Который сотворил небо и землю, и море, и все, что в них, 16 Который в прошедших родах попустил всем народам ходить своими путями, 17 [17]Пс 64:10.Мф 5:45.Рим 1:19–20. хотя и не переставал свидетельствовать о Себе благодеяниями, подавая нам с неба дожди и времена плодоносные и исполняя пищею и веселием сердца наши. 18 И, говоря сие, они едва убедили народ не приносить им жертвы и идти каждому домой. Между тем, как они, оставаясь там, учили, 19 [19]2 Кор 11:25. из Антиохии и Иконии пришли некоторые Иудеи и, когда Апостолы смело проповедывали, убедили народ отстать от них, говоря: они не говорят ничего истинного, а все лгут. И, возбудив народ, побили Павла камнями и вытащили за город, почитая его умершим. 20 Когда же ученики собрались около него, он встал и пошел в город, а на другой день удалился с Варнавою в Дервию.

21 Проповедав Евангелие сему городу и приобретя довольно учеников, они обратно проходили Листру, Иконию и Антиохию, 22 [22]Пс 33:20.Мф 7:14.Лк 13:24.2 Тим 3:12.Откр 14:12. утверждая души учеников, увещевая пребывать в вере и поучая, что многими скорбями надлежит нам войти в Царствие Божие. 23 Рукоположив же им пресвитеров к каждой церкви, они помолились с постом и предали их Господу, в Которого уверовали. 24 Потом, пройдя через Писидию, пришли в Памфилию, 25 и, проповедав слово Господне в Пергии, сошли в Атталию; 26 [26]Деян 16:2. а оттуда отплыли в Антиохию, откуда были преданы благодати Божией на дело, которое и исполнили.

27 Прибыв туда и собрав церковь, они рассказали всё, что сотворил Бог с ними и как Он отверз дверь веры язычникам. 28 И пребывали там немалое время с учениками.

Veja também