Pular para o conteúdo
Publicidade

Atos 11

SYNOD

Petrus verantwoord hom voor die gemeente waarom hy Cornelius gedoop het.

1 EN die apostels en die broeders wat in Judéa was, het gehoor dat die heidene ook die woord van God aangeneem het.

2 En toe Petrus opgaan na Jerusalem, het die wat uit die besnydenis was, met hom getwis

3 en gesê: By onbesnede manne het jy in die huis gegaan en saam met hulle geëet.

4 En Petrus het begin en vir hulle die loop van die saak uiteengesit en gesê:

5 Ek was in die stad Joppe in die gebed, en in 'n verrukking van sinne het ek 'n gesig gesien: 'n voorwerp het uit die hemel neergedaal soos 'n groot laken wat aan die vier hoeke uit die hemel neergelaat word, en dit het tot by my gekom.

6 En toe ek die daarop hou en dit waarneem, sien ek die viervoetige diere van die aarde en die wilde en die kruipende diere en die voëls van die hemel.

7 En ek hoor 'n stem vir my : Staan op, Petrus, slag en eet!

8 Maar ek antwoord: Nooit nie, Here, want niks onheiligs of onreins het ooit in my mond ingegaan nie.

9 En die stem het die tweede keer my uit die hemel geantwoord: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.

10 En dit het drie maal gebeur en alles is weer opgetrek in die hemel.

11 En dadelik staan daar drie manne voor die huis waar ek in was, wat van Cesaréa na my gestuur was.

12 En die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moes gaan sonder om te twyfel. En saam met my het ook hierdie ses broeders gegaan, en ons het in die huis van die man ingegaan.

13 En hy het ons vertel hoe hy die engel in sy huis sien staan het en vir hom : Stuur manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word;

14 hy sal woorde tot jou spreek waardeur jy en jou hele huis gered sal word.

15 En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin.

16 En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.

17 As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder?

18 En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk.

Die evangelie word in Antiochíë verkondig.

19 DIE wat dan verstrooi was deur die verdrukking wat oor Stéfanus ontstaan het, het die land deurgegaan tot by Fenícië en Ciprus en Antiochíë sonder om tot iemand die woord te spreek, behalwe tot die Jode alleen.

20 En daar was sommige van hulle, Cipriese en Cirenése manne, wat in Antiochíë gekom het en met die Griekssprekende Jode gepraat en die evangelie van die Here Jesus verkondig het.

21 En die hand van die Here was met hulle, en 'n groot getal het gelowig geword en hulle tot die Here bekeer.

22 En die berig hiervan het die gemeente wat in Jerusalem was, ter ore gekom en hulle het Bárnabas afgestuur om die land deur te gaan tot by Antiochíë.

23 Toe hy daar kom en die genade van God sien, was hy bly en het almal vermaan om met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly;

24 want hy was 'n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en 'n aansienlike skare is aan die Here toegebring.

25 Toe vertrek Bárnabas na Tarsus om Saulus te soek, en toe hy hom kry, het hy hom na Antiochíë gebring.

26 En hulle het 'n hele jaar lank in die gemeente saam vergader en aan 'n aansienlike skare onderwys gegee; en die dissipels is in Antiochíë vir die eerste keer Christene genoem.

27 En in dié dae het daar profete van Jerusalem na Antiochíë afgekom.

28 En een van hulle met die naam van Ágabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar 'n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser Claudius.

29 En die dissipels het besluit dat iedereen van hulle na sy vermoë iets sou stuur tot versorging van die broeders wat in Judéa woon.

30 En dit het hulle ook gedoen en dit deur Bárnabas en Saulus aan die ouderlinge gestuur.

1 Глава 11. [1]Деян 10:44. Услышали Апостолы и братия, бывшие в Иудее, что и язычники приняли слово Божие. 2 И когда Петр пришел в Иерусалим, обрезанные упрекали его, 3 говоря: ты ходил к людям необрезанным и ел с ними. 4 Петр же начал пересказывать им по порядку, говоря: 5 в городе Иоппии я молился, и в исступлении видел видение: сходил некоторый сосуд, как бы большое полотно, за четыре угла спускаемое с неба, и спустилось ко мне. 6 Я посмотрел в него и, рассматривая, увидел четвероногих земных, зверей, пресмыкающихся и птиц небесных. 7 И услышал я голос, говорящий мне: встань, Петр, заколи и ешь. 8 Я же сказал: нет, Господи, ничего скверного или нечистого никогда не входило в уста мои. 9 И отвечал мне голос вторично с неба: что Бог очистил, того ты не почитай нечистым. 10 Это было трижды, и опять поднялось всё на небо. 11 И вот, в тот самый час три человека стали перед домом, в котором я был, посланные из Кесарии ко мне. 12 [12]Деян 10:20;15:7. Дух сказал мне, чтобы я шел с ними, нимало не сомневаясь. Пошли со мною и сии шесть братьев, и мы пришли в дом того человека. 13 Он рассказал нам, как он видел в доме своем Ангела (святого), который стал и сказал ему: пошли в Иоппию людей и призови Симона, называемого Петром; 14 он скажет тебе слова, которыми спасешься ты и весь дом твой. 15 [15]Деян 2:2. Когда же начал я говорить, сошел на них Дух Святый, как и на нас вначале. 16 [16]Мф 3:11.Мк 1:8.Деян 1:5;19:4. Тогда вспомнил я слово Господа, как Он говорил: «Иоанн крестил водою, а вы будете крещены Духом Святым». 17 Итак, если Бог дал им такой же дар, как и нам, уверовавшим в Господа Иисуса Христа, то кто же я, чтобы мог воспрепятствовать Богу? 18 Выслушав это, они успокоились и прославили Бога, говоря: видно, и язычникам дал Бог покаяние в жизнь.

19 [19]Деян 8:1. Между тем рассеявшиеся от гонения, бывшего после Стефана, прошли до Финикии и Кипра и Антиохии, никому не проповедуя слово, кроме Иудеев. 20 Были же некоторые из них Кипряне и Киринейцы, которые, придя в Антиохию, говорили Еллинам, благовествуя Господа Иисуса. 21 [21]Деян 5:14. И была рука Господня с ними, и великое число, уверовав, обратилось к Господу. 22 Дошел слух о сем до церкви Иерусалимской, и поручили Варнаве идти в Антиохию. 23 [23]Деян 14:22. Он, прибыв и увидев благодать Божию, возрадовался и убеждал всех держаться Господа искренним сердцем; 24 ибо он был муж добрый и исполненный Духа Святаго и веры. И приложилось довольно народа к Господу. 25 [25]Деян 9:30. Потом Варнава пошел в Тарс искать Савла и, найдя его, привел в Антиохию. 26 Целый год собирались они в церкви и учили немалое число людей, и ученики в Антиохии в первый раз стали называться Христианами.

27 [27]Деян 13:1;15:32. В те дни пришли из Иерусалима в Антиохию пророки. 28 [28]Деян 21:10. И один из них, по имени Агав, встав, предвозвестил Духом, что по всей вселенной будет великий голод, который и был при кесаре Клавдии. 29 [29]Деян 24:17. Тогда ученики положили, каждый по достатку своему, послать пособие братьям, живущим в Иудее, 30 [30]Рим 15:25.2 Кор 8:4;9:8. что и сделали, послав собранное к пресвитерам через Варнаву и Савла.

Veja também