1 WAAR het u beminde heengegaan, o skoonste onder die vroue? Waarheen het u beminde hom gewend, dat ons hom saam met u kan soek?
2 My beminde het afgeloop na sy tuin, na die balsembeddings om hom te vermaak in die tuine en om lelies te versamel.
3 Ek is my beminde s’n, en my beminde is myne — hy wat herder is onder die lelies.
4 Mooi is u, my vriendin, soos Tirsa, lieflik soos Jerusalem, verskriklik soos slagordes met vaandels.
5 Draai u oë van my af weg, want hulle verskrik my; u hare is soos 'n kudde bokke wat van Gílead afgolf.
6 U tande is soos 'n kudde skaapooie wat van die drinkplek af opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie.
7 U slape is soos 'n granaatskyf deur u sluier heen.
8 Daar is sestig koninginne en tagtig byvroue en jonkvroue sonder getal.
9 Een, dié is my duif, my volmaakte, die enigste vir haar moeder; sy is die uitverkorene vir die een wat haar gebaar het. Die dogters het haar gesien en haar gelukkig geprys, die koninginne en die byvroue, en haar geroem:
10 Wie is dit wat daar opkom soos die dageraad, mooi soos die maan, rein soos die son, verskriklik soos slagordes met vaandels?
11 Ek het afgeloop na die neutetuin om te kyk na die uitspruitsels in die dal, om te kyk of die wingerdstok uitloop, die granate blom.
12 Voordat ek dit geweet het, het my verlange my verplaas op die waens van my edele volk.
13 Kom terug, kom terug, Sulammitiese, kom terug, kom terug, dat ons u kan aansien. Wat sien julle aan die Sulammitiese? Iets soos die koordans van Mahanáim.
1 «Куда пошел возлюбленный твой, прекраснейшая из женщин? куда обратился возлюбленный твой? мы поищем его с тобою». 2 Глава 6. [2]Песн 5:9. Мой возлюбленный пошел в сад свой, в цветники ароматные, чтобы пасти в садах и собирать лилии. 3 [3]Песн 2:16. Я принадлежу возлюбленному моему, а возлюбленный мой — мне; он пасет между лилиями.
4 [4]Иез 16:14.2 Кор 10:4.Еф 6:10. Прекрасна ты, возлюбленная моя, как Фирца, любезна, как Иерусалим, грозна, как полки со знаменами. 5 Уклони очи твои от меня, потому что они волнуют меня. 6 [6]Песн 4:2. Волосы твои — как стадо коз, сходящих с Галаада; зубы твои — как стадо овец, выходящих из купальни, из которых у каждой пара ягнят, и бесплодной нет между ними; 7 [7]Песн 4:3. как половинки гранатового яблока — ланиты твои под кудрями твоими. 8 [8]2 Кор 11:2. Есть шестьдесят цариц и восемьдесят наложниц и девиц без числа, 9 [9]Песн 2:14.1 Кор 6:17.Еф 4:5;5:26. но единственная — она, голубица моя, чистая моя; единственная она у матери своей, отличенная у родительницы своей. Увидели ее девицы, и — превознесли ее, царицы и наложницы, и — восхвалили ее. 10 [10]Песн 3:6. Кто эта, блистающая, как заря, прекрасная, как луна, светлая, как солнце, грозная, как полки со знаменами? 11 Я сошла в ореховый сад посмотреть на зелень долины, поглядеть, распустилась ли виноградная лоза, расцвели ли гранатовые яблоки? 12 Не знаю, как душа моя влекла меня к колесницам знатных народа моего.