Pular para o conteúdo
Publicidade

Isaías 37

SYNOD

Jesaja tree op.

1 EN toe koning Hiskía dit hoor, het hy sy klere geskeur en hom met 'n roukleed bedek en in die huis van die Here gegaan.

2 Daarna stuur hy Éljakim, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en die oudstes van die priesters, met rouklere bedek, na die profeet Jesaja, die seun van Amos.

3 En hulle vir hom: So Hiskía: Vandag is 'n dag van benoudheid en straf en lastering; want die kinders het tot by die geboorte gekom, maar daar is geen krag om te baar nie.

4 Miskien sal die Here u God die woorde hoor van die rábsake wat deur sy heer, die koning van Assirië, gestuur is om die lewende God te smaad, en sal Hy hom straf oor die woorde wat die Here u God gehoor het; hef dan 'n gebed op vir die oorblyfsel wat nog aanwesig is.

5 En toe die dienaars van koning Hiskía by Jesaja kom,

6 Jesaja vir hulle: So moet julle jul heer antwoord: So spreek die Here: Vrees nie vir die woorde wat jy gehoor het, waarmee die dienaars van die koning van Assirië My gelaster het nie.

7 Kyk, Ek sal 'n gees in hom gee, dat hy 'n gerug hoor en na sy land terugtrek; en Ek sal hom in sy land deur die swaard laat val.

8 Daarop het die rábsake teruggegaan en die koning van Assirië aangetref terwyl hy besig was om teen Libna te veg; want hy het gehoor dat hy van Lagis af weggetrek het.

9 En toe hy van Tirháka, die koning van Kus, hoor : Hy het uitgetrek om teen u te veg toe hy dit hoor, stuur hy boodskappers na Hiskía met die opdrag:

10 So moet julle aan Hiskía, die koning van Juda, : Laat u God op wie u vertrou, u nie bedrieg nie deur te : Jerusalem sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie.

11 Kyk, u het self gehoor wat die konings van Assirië aan al die lande gedoen het deur dit met die banvloek te tref, en sou ú gered word?

12 Het die gode van die nasies wat my vaders uitgeroei het, hulle gered Gosan en Haran en Resef en die kinders van Eden wat in Telássar was?

13 Waar is die koning van Hamat en die koning van Arpad en die koning van die stad Sefarváim, van Hena en Iwa?

14 En toe Hiskía die brief uit die hand van die boodskappers ontvang en dit gelees het, het hy opgegaan na die huis van die Here; en Hiskía het dit uitgesprei voor die aangesig van die Here.

15 En Hiskía het tot die Here gebid en gesê:

16 oHere van die leërskare, God van Israel wat op die gérubs troon! U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde; Ú het die hemel en die aarde gemaak.

17 oHere, neig u oor en luister! Here, open u en kyk en hoor al die woorde van Sánherib, wat hy gestuur het om die lewende God te smaad!

18 Waarlik, Here, die konings van Assirië het al die lande en hulle gebied verwoes

19 en hulle gode in die vuur gegooi; want dit was geen gode nie, maar werk van mensehande, hout en klip daarom kon hulle dié vernietig.

20 Here onse God, verlos ons dan nou uit sy hand, sodat al die koninkryke van die aarde kan weet dat U, Here, dit alleen is.

21 Toe laat Jesaja, die seun van Amos, vir Hiskía weet: So spreek die Here, die God van Israel: Wat jy tot My gebid het aangaande Sánherib, die koning van Assirië, het Ek gehoor.

22 Dit is die woord wat die Here oor hom gespreek het: Die jonkvrou, die dogter van Sion, verag jou, bespot jou; agter jou skud die dogter van Jerusalem die hoof.

23 Wie het jy gesmaad en gelaster? En teen wie het jy die stem verhef en jou hoogmoedig opgehef? Teen die Heilige van Israel!

24 Deur jou dienaars het jy die Here gesmaad en gesê: Met die menigte van my strydwaens het ek geklim op die hoogte van die berge, die uithoeke van die Líbanon, en ek wil sy statige seders, die keur van sy sipresse, omkap en deurdring tot sy uiterste hoogte, sy bos wat is soos 'n tuin.

25 Ék het gegrawe en water gedrink en laat met die sool van my voete al die strome van Egipte opdroog.

26 Het jy dit nie gehoor nie? Van lankal het Ek dit berei, van die dae van die voortyd af dit beskik. Nou het Ek dit laat kom, dat jy versterkte stede tot puinhope kom verwoes.

27 En hulle inwoners was magteloos, het verskrik en beskaamd gestaan; hulle was soos plante van die veld en groen grassies, soos gras van die dakke en 'n koringland voordat dit are skiet.

28 Maar Ek ken jou sit en jou uitgang en jou ingang en hoe jy teen My raas.

29 Omdat jy teen My raas en jou trotsheid opgekom het in my ore, daarom sal Ek my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het.

30 En dit sal vir jou die teken wees: Eet hierdie jaar wat vanself opslaan, en in die tweede jaar wat dan nog opkom; maar in die derde jaar saai en oes, en plant wingerde en eet die vrugte daarvan.

31 Dan sal die vrygeraaktes wat oorgebly het van die huis van Juda, weer wortel skiet ondertoe en vrugte dra boontoe.

32 Want uit Jerusalem sal 'n oorblyfsel uitgaan en vrygeraaktes van die berg Sion. Die ywer van die Here van die leërskare sal dit doen.

33 Daarom, so die Here aangaande die koning van Assirië: Hy sal in hierdie stad nie inkom en daar geen pyl in skiet nie en dit met geen skild aanval en daar geen wal teen opwerp nie.

34 Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan; maar in hierdie stad sal hy nie inkom nie, spreek die Here.

35 En Ek sal hierdie stad beskut om dit te verlos, om My en om my kneg Dawid ontwil.

36 Toe het die engel van die Here uitgetrek en in die laer van Assirië honderd-vyf-en-tagtigduisend verslaan. En toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak was dit almal dooie liggame.

37 En Sánherib, die koning van Assirië, het opgebreek en weggetrek en teruggegaan en in Ninevé gebly.

38 En toe hy hom neerbuig in die tempel van sy god Nisrog, het sy seuns Adramméleg en Saréser hom met die swaard neergeslaan. Maar hulle het ontvlug na die land Árarat; en sy seun Esar-Haddon het koning geword in sy plek.

1 Глава 37. [1]4 Цар 19:1. Когда услышал это царь Езекия, то разодрал одежды свои и покрылся вретищем, и пошел в дом Господень; 2 и послал Елиакима, начальника дворца, и Севну писца, и старших священников, покрытых вретищами, к пророку Исаии, сыну Амосову. 3 [3]4 Цар 19:3.Ос 13:13. И они сказали ему: так говорит Езекия: день скорби и наказания и посрамления день сей, ибо младенцы дошли до отверстия утробы матерней, а силы нет родить. 4 Может быть, услышит Господь Бог твой слова Рабсака, которого послал царь Ассирийский, господин его, хулить Бога живаго и поносить словами, какие слышал Господь, Бог твой; вознеси же молитву об оставшихся, которые находятся еще в живых.

5 И пришли слуги царя Езекии к Исаии. 6 И сказал им Исаия: так скажите господину вашему: так говорит Господь: не бойся слов, которые слышал ты, которыми поносили Меня слуги царя Ассирийского. 7 Вот, Я пошлю в него дух, и он услышит весть, и возвратится в землю свою, и Я поражу его мечом в земле его.

8 И возвратился Рабсак и нашел царя Ассирийского воюющим против Ливны; ибо он слышал, что тот отошел от Лахиса. 9 [9]4 Цар 19:9. И услышал он о Тиргаке, царе Ефиопском; ему сказали: вот, он вышел сразиться с тобою. Услышав это, он послал послов к Езекии, сказав: 10 так скажите Езекии, царю Иудейскому: пусть не обманывает тебя Бог твой, на Которого ты уповаешь, думая: «не будет отдан Иерусалим в руки царя Ассирийского». 11 Вот, ты слышал, что сделали цари Ассирийские со всеми землями, положив на них заклятие; ты ли уцелеешь? 12 Боги народов, которых разорили отцы мои, спасли ли их, спасли ли Гозан и Харан, и Рецеф, и сынов Едена, что в Фалассаре? 13 [13]Ис 36:19. Где царь Емафа и царь Арпада, и царь города Сепарваима, Ены и Иввы?

14 [14]4 Цар 19:14. И взял Езекия письмо из руки послов и прочитал его, и пошел в дом Господень, и развернул его Езекия пред лицем Господним; 15 и молился Езекия пред лицем Господним и говорил: 16 [16]Пс 79:2.Ис 42:5.Деян 4:24. Господи Саваоф, Боже Израилев, сидящий на херувимах! Ты один Бог всех царств земли; Ты сотворил небо и землю. 17 Приклони, Господи, ухо Твое и услышь; открой, Господи, очи Твои и воззри, и услышь слова Сеннахирима, который послал поносить Тебя, Бога живаго. 18 Правда, о, Господи! цари Ассирийские опустошили все страны и земли их 19 и побросали богов их в огонь; но это были не боги, а изделие рук человеческих, дерево и камень, потому и истребили их. 20 [20]2 Пар 20:12. И ныне, Господи Боже наш, спаси нас от руки его; и узнают все царства земли, что Ты, Господи, Бог один.

21 [21]4 Цар 19:20. И послал Исаия, сын Амосов, к Езекии сказать: так говорит Господь, Бог Израилев: о чем ты молился Мне против Сеннахирима, царя Ассирийского, 22 вот слово, которое Господь изрек о нем: презрит тебя, посмеется над тобою девствующая дочь Сиона, покачает вслед тебя головою дочь Иерусалима. 23 Кого ты порицал и поносил? и на кого возвысил голос и поднял так высоко глаза твои? на Святаго Израилева. 24 [24]Иер 22:27. Чрез рабов твоих ты порицал Господа и сказал: «со множеством колесниц моих я взошел на высоту гор, на ребра Ливана, и срубил рослые кедры его, отличные кипарисы его, и пришел на самую вершину его, в рощу сада его; 25 [25]4 Цар 19:24. и откапывал я, и пил воду; и осушу ступнями ног моих все реки Египетские». 26 Разве не слышал ты, что Я издавна сделал это, в древние дни предначертал это, а ныне выполнил тем, что ты опустошаешь крепкие города, превращая их в груды развалин? 27 [27]Пс 36:2;128:6. И жители их сделались маломощны, трепещут и остаются в стыде; они стали как трава на поле и нежная зелень, как порост на кровлях и опаленный хлеб, прежде нежели выколосился. 28 [28]Иер 48:30. Сядешь ли ты, выйдешь ли, войдешь ли, Я знаю всё, знаю и дерзость твою против Меня. 29 За твою дерзость против Меня и за то, что надмение твое дошло до ушей Моих, Я вложу кольцо Мое в ноздри твои и удила Мои в рот твой, и возвращу тебя назад тою же дорогою, которою ты пришел. 30 И вот, тебе, Езекия, знамение: ешьте в этот год выросшее от упавшего зерна, и на другой год самородное; а на третий год сейте и жните, и садите виноградные сады, и ешьте плоды их. 31 [31]Иез 12:16.Ам 2:9. И уцелевший в доме Иудином остаток пустит опять корень внизу и принесет плод вверху, 32 [32]4 Цар 19:31.Ис 9:7. ибо из Иерусалима произойдет остаток, и спасенное от горы Сиона. Ревность Господа Саваофа соделает это. 33 [33]4 Цар 19:32. Посему так говорит Господь о царе Ассирийском: «не войдет он в этот город и не бросит туда стрелы́, и не приступит к нему со щитом, и не насыплет против него вала. 34 По той же дороге, по которой пришел, возвратится, а в город сей не войдет, говорит Господь. 35 [35]4 Цар 20:6. Я буду охранять город сей, чтобы спасти его ради Себя и ради Давида, раба Моего». 36 [36]4 Цар 19:35.Сир 48:24.Ис 10:12.1 Мак 7:41.2 Мак 8:19;15:22.2 Пар 32:21. И вышел Ангел Господень и поразил в стане Ассирийском сто восемьдесят пять тысяч человек. И встали поутру, и вот, всё тела мертвые. 37 И отступил, и пошел, и возвратился Сеннахирим, царь Ассирийский, и жил в Ниневии. 38 [38]Тов 1:21. И когда он поклонялся в доме Нисроха, бога своего, Адрамелех и Шарецер, сыновья его, убили его мечом, а сами убежали в землю Араратскую. И воцарился Асардан, сын его, вместо него.

Veja também