Pular para o conteúdo
Publicidade

Isaías 44

SYNOD

1 MAAR luister nou, my kneg Jakob, en Israel wat Ek uitverkies het!

2 So die Here, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het!

3 Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.

4 En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope.

5 Die een sal : Ek behoort aan die Here; en die ander sal die naam van Jakob uitroep; en die ander sal met sy hand skrywe: Ek behoort aan die Here, en hom met die erenaam Israel noem.

Nietigheid van die afgode.

6 SO die Here, die Koning van Israel en sy Losser, die Here van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.

7 En wie roep soos Ek laat hom dit dan te kenne gee en aan My voorlê vandat Ek die volk van die ou tyd gegrond het? En laat hulle die toekomstige dinge en wat sal gebeur, te kenne gee.

8 Wees nie verskrik nie, en moenie bewe nie! Het Ek jou dit nie lank tevore laat hoor en te kenne gegee nie? En júlle is my getuies! Is daar 'n God buiten My? Ja, daar is geen rotssteen nie; Ek ken geeneen nie.

9 Hulle wat gesnede beelde maak, is almal nietigheid, en hulle lieflinge bring geen voordeel nie; en hulle getuies dié sien niks en weet niks, sodat hulle beskaamd staan.

10 Wie maak 'n god en giet 'n beeld wat geen voordeel aanbring nie?

11 Kyk, al sy aanhangers sal beskaamd staan; en die ambagsmanne is uit die mense! Laat hulle almal bymekaarkom, gaan staan, verskrik wees, tesame beskaamd staan!

12 Die ystersmid het 'n byl en werk in die gloed; en hy maak hom met hamers en bewerk hom met sy sterk arm; daarby word hy honger en het geen krag nie; drink hy geen water nie, dan word hy moeg.

13 Die timmerman span 'n lyn; hy trek hom af met 'n potlood; hy bewerk hom met skawe en teken hom met 'n passer en maak hom na die beeltenis van 'n man, na die skoonheid van 'n mens, om in 'n huis te woon.

14 Een gaan sederbome afkap, en hy neem 'n steeneik of 'n eikeboom en laat een vir hom opgroei onder die bome van die bos. Hy het 'n pynboom geplant, en die reën het dit grootgemaak.

15 Dan dien dit die mens as brandhout, en hy neem daarvan en maak hom warm; ook steek hy dit aan die brand en bak brood; ook maak hy daar 'n god van en buig hom daarvoor neer; hy maak daar 'n gesnede beeld van en kniel daarvoor neer.

16 Die helfte daarvan het hy in die vuur verbrand: by die een helfte eet hy vleis, hy maak braaivleis klaar en word versadig; ook maak hy hom warm en : Ha, ek het warm geword, ek het vuur gesien!

17 En van wat oor is, maak hy 'n god, sy gesnede beeld; hy kniel daarvoor neer en buig hom en aanbid dit en : Red my, want u is my god!

18 Hulle weet nie en verstaan nie, want hulle is toegesmeer, sodat hulle nie sien nie, hulle harte, sodat hulle nie verstaan nie;

19 en niemand neem dit ter harte nie, en daar is geen kennis of verstand om te nie: Die helfte daarvan het ek verbrand in die vuur, en ook het ek op die kole daarvan brood gebak; ek het vleis gebraai en geëet; en sal ek van die oorblyfsel daarvan 'n gruwel maak? Sal ek neerkniel voor 'n stuk hout?

20 Hy wat hom besig hou met as, 'n bedroë hart het hom verlei; sodat hy sy siel nie kan red, of kan nie: Is daar geen leuen in my regterhand nie?

21 Dink aan hierdie dinge, o Jakob en Israel! Want jy is my kneg; Ek het jou geformeer; jy is my kneg, Israel! Jy sal deur My nie vergeet word nie.

22 Ek delg jou oortredinge uit soos 'n newel en jou sondes soos 'n wolk; keer terug na My, want Ek het jou verlos.

23 Jubel, o hemele, want die Here het dit gedoen. Juig, dieptes van die aarde! Breek uit in gejubel, o berge, bosse en al die bome daarin! Want die Here het Jakob verlos, en Hy sal Homself verheerlik aan Israel.

Kores die gesalfde van die Here.

24 SO die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die Here wat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die aarde uitsprei wie was met My?

25 wat die tekens van die leuenprofete vernietig en die waarsêers tot dwase maak; wat die wyse agteruit laat wyk en hulle kennis domheid maak;

26 wat die woord van sy kneg vervul en die voorsegging van sy boodskappers volbring; wat van Jerusalem : Dit moet bewoon word; en van die stede van Juda: Hulle moet herbou word, en Ek sal sy puinhope oprig;

27 wat vir die diepte : Verdroog! en jou riviere sal Ek laat verdroog;

28 wat van Kores : Hy is my herder, en hy sal alles volbring wat My behaag deurdat hy van Jerusalem : Dit moet gebou word, en die tempel moet gegrond word.

1 Глава 44. [1]Ис 43:10. А ныне слушай, Иаков, раб Мой, и Израиль, которого Я избрал. 2 [2]Иер 30:10;46:27. Так говорит Господь, создавший тебя и образовавший тебя, помогающий тебе от утробы матерней: не бойся, раб Мой, Иаков, и возлюбленный [Израиль], которого Я избрал; 3 [3]Иоил 2:28.Ин 7:38.Деян 2:17. ибо Я изолью воды на жаждущее и потоки на иссохшее; излию дух Мой на племя твое и благословение Мое на потомков твоих. 4 [4]Пс 1:3. И будут расти между травою, как ивы при потоках вод. 5 [5]Ам 9:12.Откр 3:12. Один скажет: «я Господень», другой назовется именем Иакова; а иной напишет рукою своею: «я Господень», и прозовется именем Израиля.

6 [6]Ис 41:4;48:12.Откр 1:17;22:13. Так говорит Господь, Царь Израиля, и Искупитель его, Господь Саваоф: Я первый и Я последний, и кроме Меня нет Бога, 7 [7]Ис 42:9.4 Цар 19:25.Деян 17:26. ибо кто как Я? Пусть он расскажет, возвестит и в порядке представит Мне всё с того времени, как Я устроил народ древний, или пусть возвестят наступающее и будущее. 8 [8]Втор 4:35.Ис 45:5. Не бойтесь и не страшитесь: не издавна ли Я возвестил тебе и предсказал? И вы Мои свидетели. Есть ли Бог кроме Меня? нет другой твердыни, никакой не знаю. 9 Делающие идолов все ничтожны, и вожделеннейшие их не приносят никакой пользы, и они сами себе свидетели в том. Они не видят и не разумеют, и потому будут посрамлены. 10 [10]Ис 2:8;45:16. Кто сделал бога и вылил идола, не приносящего никакой пользы? 11 Все участвующие в этом будут постыжены, ибо и художники сами из людей же; пусть все они соберутся и станут; они устрашатся, и все будут постыжены. 12 [12]Ис 40:19;41:6–7. Кузнец делает из железа топор и работает на угольях, молотами обделывает его и трудится над ним сильною рукою своею до того, что становится голоден и бессилен, не пьет воды и изнемогает. 13 [13]Прем 13:11.Иер 10:3. Плотник [выбрав дерево] протягивает по нему линию, остроконечным орудием делает на нем очертание, потом обделывает его резцом и округляет его, и выделывает из него образ человека красивого вида, чтобы поставить его в доме. 14 Он рубит себе кедры, берет сосну и дуб, которые выберет между деревьями в лесу, садит ясень, а дождь возращает его. 15 И это служит человеку топливом, и часть из этого употребляет он на то, чтобы ему было тепло, и разводит огонь, и печет хлеб. И из того же делает бога, и поклоняется ему, делает идола, и повергается перед ним. 16 Часть дерева сожигает в огне, другою частью варит мясо в пищу, жарит жаркое и ест досыта, а также греется и говорит: «хорошо, я согрелся; почувствовал огонь». 17 [17]Ис 42:17. А из остатков от того делает бога, идола своего, поклоняется ему, повергается перед ним и молится ему, и говорит: «спаси меня, ибо ты бог мой». 18 [18]Лк 10:21. Не знают и не разумеют они: Он закрыл глаза их, чтобы не видели, и сердца их, чтобы не разумели. 19 И не возьмет он этого к своему сердцу, и нет у него столько знания и смысла, чтобы сказать: «половину его я сжег в огне и на угольях его испек хлеб, изжарил мясо и съел; а из остатка его сделаю ли я мерзость? буду ли поклоняться куску дерева?» 20 Он гоняется за пылью; обманутое сердце ввело его в заблуждение, и он не может освободить души своей и сказать: «не обман ли в правой руке моей?» 21 Помни это, Иаков и Израиль, ибо ты раб Мой; Я образовал тебя: раб Мой ты, Израиль, не забывай Меня. 22 [22]Ис 43:25. Изглажу беззакония твои, как туман, и грехи твои, как облако; обратись ко Мне, ибо Я искупил тебя. 23 [23]Ис 49:13.Иез 6:3. Торжествуйте, небеса, ибо Господь соделал это. Восклицайте, глубины земли; шумите от радости, горы, лес и все деревья в нем; ибо искупил Господь Иакова и прославится в Израиле.

24 [24]Пс 103:2.Ис 40:22.Иер 51:15. Так говорит Господь, искупивший тебя и образовавший тебя от утробы матерней: Я Господь, Который сотворил все, один распростер небеса и Своею силою разостлал землю, 25 [25]Иов 5:12–13.1 Кор 1:19. Который делает ничтожными знамения лжепророков и обнаруживает безумие волшебников, мудрецов прогоняет назад и знание их делает глупостью, 26 [26]Ис 14:32.Иер 31:4. Который утверждает слово раба Своего и приводит в исполнение изречение Своих посланников, Который говорит Иерусалиму: «ты будешь населен», и городам Иудиным: «вы будете построены, и развалины его Я восстановлю», 27 [27]Исх 14:21.Нав 3:16. Который бездне говорит: «иссохни!» и реки твои Я иссушу, 28 [28]3 Цар 13:2.Ис 49:13.Дан 6:28. Который говорит о Кире: пастырь Мой, и он исполнит всю волю Мою и скажет Иерусалиму: «ты будешь построен!» и храму: «ты будешь основан!»

Veja também