Pular para o conteúdo
Publicidade

Êxodo 18

SYNOD

Die besoek van Jetro.

1 TOE Jetro, die priester van Mídian, Moses se skoonvader, hoor alles wat God aan Moses en aan sy volk Israel gedoen het dat die Here Israel uit Egipte uitgelei het

2 het Jetro, Moses se skoonvader, Sippóra, die vrou van Moses, geneem nadat hy haar teruggestuur het

3 en haar twee seuns. (Die naam van die een was Gersom, want hy het gesê: Ek het 'n vreemdeling geword in 'n vreemde land;

4 en die naam van die ander was Eliëser; want, het hy gesê, die God van my vader is my hulp en het my van Farao se swaard verlos.)

5 En Jetro, Moses se skoonvader, het met sy seuns en sy vrou na Moses gekom in die woestyn waar hy by die berg van God met die laer gestaan het.

6 En hy het Moses laat weet: Ek, jou skoonvader Jetro, kom na jou met jou vrou en haar twee seuns saam met haar.

7 Daarop gaan Moses uit, sy skoonvader tegemoet, en hy het gebuig en hom gesoen; en hulle het na mekaar se welstand gevra en in die tent ingegaan.

8 Moses vertel toe aan sy skoonvader alles wat die Here aan Farao en aan die Egiptenaars, ter wille van Israel, gedoen het; al die moeilikheid wat hulle op die pad oorgekom het, en dat die Here hulle verlos het.

9 En Jetro het hom verheug oor al die goeie wat die Here aan Israel gedoen het, dat Hy hulle uit die hand van die Egiptenaars verlos het.

10 Daarop Jetro: Geseënd is die Here wat julle verlos het uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van Farao, wat die volk onder die hand van die Egiptenaars uit verlos het.

11 Nou weet ek dat die Here groter is as al die gode, naamlik in die saak waarin hulle vermetel was teen hulle.

12 Daarop het Jetro, Moses se skoonvader, 'n brandoffer en slagoffers geneem tot eer van God. En Aäron en al die oudstes van Israel het gekom om saam met Moses se skoonvader brood te eet voor die aangesig van God.

13 En die volgende dag het Moses gesit om reg te spreek vir die volk; en die volk het voor Moses gestaan van die môre tot die aand toe.

14 En toe Moses se skoonvader sien alles wat hy vir die volk doen, hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy alleen, en die hele volk staan voor jou van die môre tot die aand toe?

15 En Moses antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom om God te raadpleeg.

16 As hulle 'n saak het, kom hulle na my; en dan moet ek regspreek tussen die partye en die insettinge van God en sy wette bekend maak.

17 Maar Moses se skoonvader vir hom: Die ding wat jy doen, is nie goed nie.

18 Jy sal heeltemal uitgeput raak, jy sowel as hierdie volk wat by jou is. Want die saak is te swaar vir jou; jy kan dit nie alleen doen nie.

19 Luister nou na my; ek sal jou raad gee, en God sal met jou wees. Wat jou betref, wees jy die verteenwoordiger van die volk by God en bring jy die sake voor God,

20 en onderrig hulle in die insettinge en die wette, en maak hulle die weg bekend waarop hulle moet gaan, en die werk wat hulle moet doen.

21 Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel dié aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien;

22 en laat hulle voortdurend oor die volk die regspraak uitoefen: al die groot sake moet hulle na jou bring, maar in al die klein sake moet hulle self regspreek. Maak dit so ligter vir jou, en laat hulle saam met jou dra.

23 As jy dit doen en God dit jou beveel, kan jy dit uithou en sal ook al hierdie mense tevrede na hulle woonplek gaan.

24 Moses het toe geluister na sy skoonvader en alles gedoen wat hy gesê het

25 Moses het bekwame manne uit die hele Israel gekies en hulle as hoofde oor die volk aangestel owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien.

26 En hulle het voortdurend oor die volk die regspraak uitgeoefen: die moeilike sake het hulle na Moses gebring, maar in al die klein sake self reggespreek.

27 Toe het Moses sy skoonvader laat gaan, en hy het na sy land getrek.

1 Глава 18. [1]Исх 2:16. И услышал Иофор, священник Мадиамский, тесть Моисеев, о всем, что сделал Бог для Моисея и для Израиля, народа Своего, когда вывел Господь Израиля из Египта, 2 [2]Исх 2:21;4:20. и взял Иофор, тесть Моисеев, Сепфору, жену Моисееву, пред тем возвращенную, 3 [3]Исх 2:22. и двух сынов ее, из которых одному имя Гирсам, потому что говорил Моисей: я пришлец в земле чужой; 4 [4]Исх 2:15. а другому имя Елиезер, потому что [говорил он] Бог отца моего был мне помощником и избавил меня от меча фараонова. 5 [5]Исх 3:1. И пришел Иофор, тесть Моисея, с сыновьями его и женою его к Моисею в пустыню, где он расположился станом у горы Божией, 6 [6]Чис 10:29. и дал знать Моисею: я, тесть твой Иофор, иду к тебе, и жена твоя, и два сына ее с нею. 7 Моисей вышел навстречу тестю своему, и поклонился [ему], и целовал его, и после взаимного приветствия они вошли в шатер. 8 И рассказал Моисей тестю своему о всем, что сделал Господь с фараоном и со [всеми] Египтянами за Израиля, и о всех трудностях, какие встретили их на пути, и как избавил их Господь [из руки фараона и из руки Египтян]. 9 Иофор радовался о всех благодеяниях, которые Господь явил Израилю, когда избавил его из руки Египтян [и из руки фараона], 10 и сказал Иофор: благословен Господь, Который избавил вас из руки Египтян и из руки фараоновой, Который избавил народ сей из-под власти Египтян; 11 [11]Исх 1:13;15:11.1 Пар 17:25. ныне узнал я, что Господь велик паче всех богов, в том самом, чем они превозносились над Израильтянами. 12 [12]Втор 12:7. И принес Иофор, тесть Моисеев, всесожжение и жертвы Богу; и пришел Аарон и все старейшины Израилевы есть хлеба с тестем Моисеевым пред Богом.

13 На другой день сел Моисей судить народ, и стоял народ пред Моисеем с утра до вечера. 14 И видел [Иофор,] тесть Моисеев, всё, что он делает с народом, и сказал: что это такое делаешь ты с народом? для чего ты сидишь один, а весь народ стоит пред тобою с утра до вечера? 15 И сказал Моисей тестю своему: народ приходит ко мне просить суда у Бога; 16 когда случается у них какое дело, они приходят ко мне, и я сужу между тем и другим и объявляю [им] уставы Божии и законы Его. 17 Но тесть Моисеев сказал ему: не хорошо это ты делаешь: 18 [18]Втор 1:9. ты измучишь и себя и народ сей, который с тобою, ибо слишком тяжело для тебя это дело: ты один не можешь исправлять его; 19 итак послушай слов моих; я дам тебе совет, и будет Бог с тобою: будь ты для народа посредником пред Богом и представляй Богу дела [его]; 20 научай их уставам [Божиим] и законам [Его], указывай им путь [Его], по которому они должны идти, и дела, которые они должны делать; 21 [21]Чис 11:16.Втор 1:13.2 Пар 19:5–6. ты же усмотри [себе] из всего народа людей способных, боящихся Бога, людей правдивых, ненавидящих корысть, и поставь [их] над ним тысяченачальниками, стоначальниками, пятидесятиначальниками и десятиначальниками [и письмоводителями]; 22 пусть они судят народ во всякое время и о всяком важном деле доносят тебе, а все малые дела судят сами: и будет тебе легче, и они понесут с тобою бремя; 23 если ты сделаешь это, и Бог повелит тебе, то ты можешь устоять, и весь народ сей будет отходить в свое место с миром. 24 И послушал Моисей слов тестя своего и сделал всё, что он говорил [ему]; 25 [25]Чис 11:16.Втор 1:15.1 Пар 27:1. и выбрал Моисей из всего Израиля способных людей и поставил их начальниками народа, тысяченачальниками, стоначальниками, пятидесятиначальниками и десятиначальниками [и письмоводителями], 26 [26]Втор 1:17. и судили они народ во всякое время; о [всех] делах важных доносили Моисею, а все малые дела судили сами. 27 [27]Чис 10:30. И отпустил Моисей тестя своего, и он пошел в землю свою.

Veja também