Instelling van die paasfees.
1 EN die Here het met Moses en Aäron in Egipteland gespreek en gesê:
2 Hierdie maand moet vir julle die begin van die maande wees; dit moet vir julle die eerste van die maande van die jaar wees.
3 Spreek tot die hele vergadering van Israel en sê: Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen 'n lam neem volgens die families, 'n lam vir 'n huisgesin.
4 Maar as 'n huisgesin te klein is vir 'n lam, dan moet hy en sy buurman wat die naaste aan sy huis is, dit neem volgens die sieletal; na wat elkeen gewoond is om te eet, moet julle die getal op die lam bereken.
5 Julle moet 'n lam hê sonder gebrek, 'n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem.
6 En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand.
7 En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel, aan die huise waarin hulle dit eet.
8 En hulle moet die vleis in dieselfde nag eet, oor die vuur gebraai; saam met ongesuurde brode moet hulle dit met bitter kruie eet.
9 Julle moet daarvan nie eet as dit rou is en as dit in water gaar gekook is nie, maar oor die vuur gebraai, die kop en pootjies saam met die binnegoed.
10 Julle mag daar ook niks van laat oorbly tot die môre toe nie; maar wat daarvan tot die môre oorbly, moet julle met vuur verbrand.
11 En só moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. 'n Pasga van die Here is dit.
12 Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die Here.
13 Maar die bloed sal vir julle 'n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie.
14 En hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees, en julle moet dit as 'n fees tot eer van die Here vier. Julle moet dit in julle geslagte as 'n ewige insetting vier.
15 Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder. Want elkeen wat gesuurde brood eet, van die eerste dag af tot die sewende toe, dié siel moet uit Israel uitgeroei word.
16 En op die eerste dag moet daar 'n heilige samekoms wees; ook op die sewende dag moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees. Daar mag géén werk op dié dae gedoen word nie; net wat deur elkeen geëet moet word, dit alleen mag deur julle berei word.
17 Onderhou dan die ongesuurde brode, want op daardie selfde dag het Ek julle leërs uit Egipteland uitgelei. Daarom moet julle hierdie dag in julle geslagte as 'n ewige insetting hou.
18 In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, in die aand, moet julle ongesuurde brode eet, tot op die een-en-twintigste dag van die maand, in die aand.
19 Sewe dae lank mag daar geen suurdeeg in julle huise gevind word nie. Want elkeen wat iets eet met suurdeeg in, dié siel moet uit die vergadering van Israel uitgeroei word, of hy al 'n vreemdeling is of 'n kind van die land.
20 Julle mag niks eet met suurdeeg in nie. In al julle woonplekke moet julle ongesuurde brode eet.
21 Moses het toe al die oudstes van Israel laat roep en aan hulle gesê: Gaan haal vir julle kleinvee vir julle families en slag die pasga.
22 En neem 'n bossie hisop en steek dit in die bloed wat in die skottel is, en stryk aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte van die bloed wat in die skottel is. Maar niemand van julle mag uit die deur van sy huis uitgaan tot die môre toe nie.
23 Want die Here sal deurtrek om die Egiptenaars swaar te tref. Maar wanneer Hy die bloed sien aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte, sal die Here by die deur verbygaan en die verderwer nie toelaat om in julle huise in te gaan om te slaan nie.
24 Onderhou dan hierdie saak as 'n insetting vir jou en jou kinders tot in ewigheid.
25 En as julle in die land kom wat die Here aan julle sal gee soos Hy beloof het, moet julle hierdie diens onderhou.
26 En as julle kinders julle vra: Wat beteken die diens daar?
27 dan moet julle sê: Dit is 'n paasoffer aan die Here, wat by die huise van die kinders van Israel in Egipte verbygegaan het, toe Hy die Egiptenaars getref maar ons huise gered het. Toe het die volk in aanbidding neergebuig.
28 En die kinders van Israel het gegaan en dit gedoen. Soos die Here Moses en Aäron beveel het, so het hulle gedoen.
29 En middernag het die Here al die eersgeborenes in Egipteland getref, van die eersgeborene van Farao af wat op sy troon gesit het, tot die eersgeborene van die gevangene toe wat in die gevangenis was, en al die eersgeborenes van die diere.
30 Toe staan Farao in die nag op, hy en al sy dienaars en al die Egiptenaars, en daar was 'n groot gejammer in Egipte, want daar was geen huis waar geen dooie in was nie.
31 Daarop het hy Moses en Aäron in die nag laat roep en gesê: Maak julle klaar, trek weg onder my volk uit, julle sowel as die kinders van Israel, en gaan dien die Here soos julle gespreek het.
32 Neem ook julle kleinvee en julle beeste saam soos julle gespreek het, en gaan weg en seën my ook.
33 En die Egiptenaars het by die volk sterk aangehou — om hulle gou uit die land uit te stuur. Want hulle het gesê: Ons is almal dood!
34 Toe neem die volk hulle deeg voordat dit ingesuur was, met hulle bakskottels, in hulle mantels toegebind, op die skouers.
35 En die kinders van Israel het gehandel volgens die woord van Moses: hulle het van die Egiptenaars silwergoed en goue goed en klere geëis;
36 en die Here het aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars, en dié het hulle versoek ingewillig. So het hulle dan die Egiptenaars berowe.
37 En die kinders van Israel het van Raämses na Sukkot weggetrek, omtrent seshonderdduisend te voet, die manne buiten die kinders.
38 En 'n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste — 'n groot hoeveelheid vee.
39 En hulle het van die deeg wat hulle uit Egipte gebring het, ongesuurde koeke gebak; want dit was nie ingesuur nie, omdat hulle uit Egipte uitgedryf is, sodat hulle nie kon vertoef nie en ook geen padkos vir hulle klaargemaak het nie.
40 En die tyd wat die kinders van Israel in Egipte gewoon het, was vierhonderd-en-dertig jaar.
41 En ná verloop van vierhonderd-en-dertig jaar, op daardie selfde dag, het al die leërskare van die Here uit Egipteland uitgetrek.
42 Dit is 'n nag om plegtig onderhou te word tot eer van die Here, omdat Hy hulle uit Egipteland uitgelei het. Dit is dié nag van die Here om plegtig onderhou te word by al die kinders van Israel in hulle geslagte.
Die insetting van die pasga.
43 VERDER het die Here aan Moses en Aäron gesê: Dit is die insetting van die pasga: Géén uitlander mag daarvan eet nie.
44 Maar elke slaaf wat 'n man met geld gekoop het, dié moet hy besny; dan kan hy daarvan eet.
45 Geen vreemde inwoner of huurling mag daarvan eet nie.
46 In een huis moet dit geëet word; jy mag niks van die vleis uit die huis buitentoe bring nie; en julle mag geen been daarvan breek nie.
47 Die hele vergadering van Israel moet dit hou.
48 En as 'n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die Here die pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos 'n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie.
49 Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef.
50 En al die kinders van Israel het dit gedoen. Soos die Here Moses en Aäron beveel het, so het hulle gedoen.
51 En op daardie selfde dag het die Here die kinders van Israel, volgens hulle leërafdelings, uit Egipteland uitgelei.
1 И сказал Господь Моисею и Аарону в земле Египетской, говоря: 2 Глава 12. [2]Чис 9:1.Исх 13:4.Нав 4:19. месяц сей да будет у вас началом месяцев, первым да будет он у вас между месяцами года. 3 [3]Ин 1:29.1 Кор 5:7. Скажите всему обществу [сынов] Израилевых: в десятый день сего месяца пусть возьмут себе каждый одного агнца по семействам, по агнцу на семейство; 4 а если семейство так мало, что не съест агнца, то пусть возьмет с соседом своим, ближайшим к дому своему, по числу душ: по той мере, сколько каждый съест, расчислитесь на агнца. 5 Агнец у вас должен быть без порока, мужеского пола, однолетний; возьмите его от овец, или от коз, 6 [6]Исх 16:12.Лев 23:5.Втор 16:6. и пусть он хранится у вас до четырнадцатого дня сего месяца: тогда пусть заколет его все собрание общества Израильского вечером, 7 и пусть возьмут от крови его и помажут на обоих косяках и на перекладине дверей в домах, где будут есть его; 8 [8]Чис 9:11. пусть съедят мясо его в сию самую ночь, испеченное на огне; с пресным хлебом и с горькими травами пусть съедят его; 9 [9]Втор 16:7. не ешьте от него недопеченного, или сваренного в воде, но ешьте испеченное на огне, голову с ногами и внутренностями; 10 [10]Исх 23:18;34:25. не оставляйте от него до утра [и кости его не сокрушайте], но оставшееся от него до утра сожгите на огне. 11 [11]Лк 12:35.Еф 6:14.1 Пет 1:13. Ешьте же его так: пусть будут чресла ваши препоясаны, обувь ваша на ногах ваших и посохи ваши в руках ваших, и ешьте его с поспешностью: это — Пасха Господня. 12 [12]Пс 135:10.Евр 11:28.Чис 33:4. А Я в сию самую ночь пройду по земле Египетской и поражу всякого первенца в земле Египетской, от человека до скота, и над всеми богами Египетскими произведу суд. Я Господь. 13 И будет у вас кровь знамением на домах, где вы находитесь, и увижу кровь и пройду мимо вас, и не будет между вами язвы губительной, когда буду поражать землю Египетскую. 14 [14]Рим 10:4. И да будет вам день сей памятен, и празднуйте в оный праздник Господу во [все] роды ваши; как установление вечное празднуйте его. 15 [15]Исх 23:15;34:18. Семь дней ешьте пресный хлеб; с самого первого дня уничтожьте квасное в домах ваших, ибо кто будет есть квасное с первого дня до седьмого дня, душа та истреблена будет из среды Израиля. 16 И в первый день да будет у вас священное собрание, и в седьмой день священное собрание: никакой работы не должно делать в них; только что́ есть каждому, одно то́ можно делать вам. 17 Наблюдайте опресноки, ибо в сей самый день Я вывел ополчения ваши из земли Египетской, и наблюдайте день сей в роды ваши, как установление вечное. 18 [18]Иез 45:21.Лев 23:5.Чис 28:16. С четырнадцатого дня первого месяца, с вечера ешьте пресный хлеб до вечера двадцать первого дня того же месяца; 19 семь дней не должно быть закваски в домах ваших, ибо кто будет есть квасное, душа та истреблена будет из общества [сынов] Израилевых, пришлец ли то, или природный житель земли той. 20 [20]Втор 16:4.1 Кор 5:8. Ничего квасного не ешьте; во всяком местопребывании вашем ешьте пресный хлеб.
21 И созвал Моисей всех старейшин [сынов] Израилевых и сказал им: выберите и возьмите себе агнцев по семействам вашим и заколите пасху; 22 и возьмите пучок иссопа, и обмочите в кровь, которая в сосуде, и помажьте перекладину и оба косяка дверей кровью, которая в сосуде; а вы никто не выходите за двери дома своего до утра. 23 [23]Евр 11:28. И пойдет Господь поражать Египет, и увидит кровь на перекладине и на обоих косяках, и пройдет Господь мимо дверей, и не попустит губителю войти в домы ваши для поражения. 24 Храните сие, как закон для себя и для сынов своих на веки. 25 Когда войдете в землю, которую Господь даст вам, как Он говорил, соблюдайте сие служение. 26 [26]Исх 10:2;13:8.Втор 6:20. И когда скажут вам дети ваши: что это за служение? 27 [27]1 Кор 11:26. скажите [им]: это пасхальная жертва Господу, Который прошел мимо домов сынов Израилевых в Египте, когда поражал Египтян, и домы наши избавил. И преклонился народ и поклонился. 28 И пошли сыны Израилевы и сделали: как повелел Господь Моисею и Аарону, так и сделали.
29 [29]Пс 77:51;104:36;134:8;135:10.Прем 18:5. В полночь Господь поразил всех первенцев в земле Египетской, от первенца фараона, сидевшего на престоле своем, до первенца узника, находившегося в темнице, и все первородное из скота. 30 И встал фараон ночью сам и все рабы его и весь Египет; и сделался великий вопль [во всей земле] Египетской, ибо не было дома, где не было бы мертвеца. 31 И призвал [фараон] Моисея и Аарона ночью и сказал [им]: встаньте, выйдите из среды народа моего, как вы, так и сыны Израилевы, и пойдите, совершите служение Господу [Богу вашему], как говорили вы; 32 и мелкий и крупный скот ваш возьмите, как вы говорили; и пойдите и благословите меня. 33 И понуждали Египтяне народ, чтобы скорее выслать его из земли той; ибо говорили они: мы все помрем.
34 И понес народ тесто свое, прежде нежели оно вскисло; квашни их, завязанные в одеждах их, были на плечах их. 35 [35]Исх 3:22. И сделали сыны Израилевы по слову Моисея и просили у Египтян вещей серебряных и вещей золотых и одежд. 36 [36]Исх 3:21.Пс 104:37. Господь же дал милость народу [Своему] в глазах Египтян: и они давали ему, и обобрал он Египтян. 37 [37]Чис 33:3.Нав 24:6.Пс 135:11–12. И отправились сыны Израилевы из Раамсеса в Сокхоф до шестисот тысяч пеших мужчин, кроме детей; 38 и множество разноплеменных людей вышли с ними, и мелкий и крупный скот, стадо весьма большое. 39 И испекли они из теста, которое вынесли из Египта, пресные лепешки, ибо оно еще не вскисло, потому что они выгнаны были из Египта и не могли медлить, и даже пищи не приготовили себе на дорогу.
40 [40]Быт 15:13. Времени же, в которое сыны Израилевы [и отцы их] обитали в Египте [и в земле Ханаанской], было четыреста тридцать лет. 41 По прошествии четырехсот тридцати лет, в этот самый день вышло все ополчение Господне из земли Египетской ночью. 42 Это — ночь бдения Господу за изведение их из земли Египетской; эта самая ночь — бдение Господу у всех сынов Израилевых в роды их.
43 [43]Исх 7:8.2 Кор 6:16.Еф 2:12. И сказал Господь Моисею и Аарону: вот устав Пасхи: никакой иноплеменник не должен есть ее; 44 а всякий раб, купленный за серебро, когда обрежешь его, может есть ее; 45 [45]Гал 4:7. поселенец и наемник не должен есть ее. 46 [46]Чис 9:12.Ин 19:36. В одном доме должно есть ее, [не оставляйте от нее до утра,] не выносите мяса вон из дома и костей ее не сокрушайте. 47 Все общество [сынов] Израиля должно совершать ее. 48 [48]1 Кор 11:28. Если же поселится у тебя пришлец и захочет совершить Пасху Господу, то обрежь у него всех мужеского пола, и тогда пусть он приступит к совершению ее и будет как природный житель земли; а никакой необрезанный не должен есть ее; 49 [49]Лев 24:22.Гал 3:28. один закон да будет и для природного жителя и для пришельца, поселившегося между вами.
50 И сделали все сыны Израилевы: как повелел Господь Моисею и Аарону, так и сделали. 51 В этот самый день Господь вывел сынов Израилевых из земли Египетской по ополчениям их.