Die wyding van die priesters.
1 EN dit is die saak wat jy vir hulle moet doen om hulle te heilig, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien: Neem een jong bul en twee ramme wat sonder gebrek is,
2 en ongesuurde brood en ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk. Van fyn koringmeel moet jy dit maak.
3 En sit dit in een mandjie, en bring dit aan in die mandjie saam met die bul en die twee ramme.
4 Dan moet jy Aäron en sy seuns laat nader kom na die ingang van die tent van samekoms en hulle met water was.
5 En neem die klere en beklee Aäron met die rok en die mantel van die skouerkleed en die skouerkleed self en die borstas, en bind hom die band van die skouerkleed om.
6 En sit die tulband op sy hoof, en bevestig die heilige kroon aan die tulband.
7 Neem dan die salfolie en giet dit op sy hoof en salf hom.
8 Ook sy seuns moet jy laat nader kom, en laat hulle die rokke aantrek,
9 en omgord hulle met die gordel, Aäron en sy seuns, en bind vir hulle musse om, dat hulle die priesteramp kan besit as 'n ewige insetting. So moet jy dan Aäron en sy seuns as priesters aanstel.
10 En jy moet die bul aanbring voor die tent van samekoms; en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die kop van die bul lê.
11 En slag die bul voor die aangesig van die Here by die ingang van die tent van samekoms.
12 Dan moet jy van die bloed van die bul neem en dit met jou vinger aan die horings van die altaar stryk; en al die orige bloed moet jy aan die onderkant van die altaar uitgiet.
13 En neem al die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere en die vet wat daaraan is, en steek dit op die altaar aan die brand.
14 Maar die vleis van die bul en sy vel en sy mis moet jy buitekant die laer met vuur verbrand. Dit is 'n sondoffer.
15 Neem dan die een ram, en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê;
16 daarna moet jy die ram slag en sy bloed neem en dit rondom teen die altaar uitgooi.
17 En die ram moet jy in sy stukke verdeel, en was sy binnegoed en pote en sit dit by die orige stukke en by die kop.
18 Jy moet dan die hele ram op die altaar aan die brand steek. Dit is 'n brandoffer aan die Here; 'n lieflike geur, 'n vuuroffer is dit aan die Here.
19 Dan moet jy die ander ram neem, en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê;
20 jy moet dan die ram slag en van sy bloed neem en dit stryk aan die regteroorlel van Aäron en aan die regteroorlel van sy seuns, ook aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet. En die orige bloed moet jy rondom teen die altaar uitgooi.
21 Dan moet jy van die bloed wat aan die altaar is, neem en van die salfolie en dit sprinkel op Aäron en op sy klere sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns saam met hom, dat hy heilig kan wees en sy klere sowel as sy seuns en die klere van sy seuns saam met hom.
22 En neem van die ram die vet en die vetstert, ook die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere met die vet wat daaraan is, en die regterboud — want dit is 'n wydingsram —
23 en een ronde brood en een oliebroodkoek en een platkoek uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die Here is.
24 En lê dit alles op die hande van Aäron en op die hande van sy seuns, en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die Here.
25 Neem dit dan uit hulle hand en steek dit op die altaar aan die brand, bo-op die brandoffer, as lieflike geur voor die aangesig van die Here. Dit is 'n vuuroffer aan die Here.
26 En neem die bors van die wydingsram van Aäron en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die Here; daarna moet dit jou deel wees.
27 En jy moet die bors van die beweegoffer heilig en die boud van die hefoffer, wat beweeg en gehef is van die wydingsram, wat vir Aäron en sy seuns geld.
28 En dit moet vir Aäron en sy seuns wees tot 'n ewige insetting van die kant van die kinders van Israel, want dit is 'n hefoffer; en dit sal 'n hefoffer wees van die kant van die kinders van Israel, van hulle dankoffers — hulle hefoffer aan die Here.
29 En die heilige klere van Aäron moet vir sy seuns ná hom wees, om hulle daarin te salf en as priesters aan te stel.
30 Die een van sy seuns wat in sy plek priester word, wat in die tent van samekoms sal ingaan om in die heiligdom te dien, moet dit sewe dae lank aantrek.
31 En jy moet die wydingsram neem en sy vleis in 'n heilige plek kook.
32 Dan moet Aäron en sy seuns die ram se vleis eet en die brood wat in die mandjie is, by die ingang van die tent van samekoms.
33 En hulle moet dié dinge eet waarmee versoening bewerk is toe hulle as priesters aangestel en geheilig is; maar 'n onbevoegde mag daarvan nie eet nie, want dit is heilig.
34 En as daar van die vleis van die wydingsoffer of van die brood tot die môre toe oorbly, moet jy wat oor is, met vuur verbrand; dit mag nie geëet word nie, want dit is heilig.
35 So moet jy dan met Aäron en sy seuns doen net soos Ek jou beveel het. Sewe dae lank moet hulle wyding duur.
36 Jy moet ook daagliks 'n sondofferbul tot versoening berei en die altaar ontsondig deur daarvoor versoening te doen; en jy moet dit salf om dit te heilig.
37 Sewe dae lank moet jy versoening doen vir die altaar en dit heilig. So sal dan die altaar hoogheilig word: elkeen wat aan die altaar raak, word heilig.
Die daaglikse brandoffers.
38 EN dit is wat jy op die altaar moet berei: twee jaaroud lammers gereeld elke dag.
39 Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei,
40 met 'n tiende van 'n efa fynmeel, gemeng met 'n kwart-hin uitgestampte olie, en as drankoffer 'n kwart-hin wyn vir die een lam.
41 En die ander lam moet jy teen die aand berei. Jy moet dit klaarmaak volgens die môrespysoffer en volgens die drankoffer wat daarby behoort, tot 'n lieflike geur. Dit is 'n vuuroffer aan die Here.
42 Dit moet 'n voortdurende brandoffer vir julle geslagte wees, by die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die Here, waar Ek met julle sal saamkom om daar met jou te spreek.
43 En daar sal Ek met die kinders van Israel saamkom en die tent sal deur my heerlikheid geheilig word.
44 So sal Ek dan die tent van samekoms en die altaar heilig. Ek sal Aäron en sy seuns ook heilig om vir My die priesteramp te bedien.
45 En Ek sal onder die kinders van Israel woon en vir hulle 'n God wees;
46 en hulle sal weet dat Ek die Here hulle God is wat hulle uit Egipteland uitgelei het om in hulle midde te woon. Ek is die Here hulle God.
1 Глава 29. [1]Лев 9:2. Вот что должен ты совершить над ними, чтобы посвятить их во священники Мне: возьми одного тельца из волов, и двух овнов без порока, 2 и хлебов пресных, и опресноков, смешанных с елеем, и лепешек пресных, помазанных елеем: из муки пшеничной сделай их, 3 и положи их в одну корзину, и принеси их в корзине, и вместе тельца и двух овнов. 4 [4]Исх 30:20;40:12. Аарона же и сынов его приведи ко входу в скинию собрания и омой их водою. 5 И возьми [священные] одежды, и облеки Аарона в хитон и в верхнюю ризу, в ефод и в наперсник, и опояшь его по ефоду; 6 и возложи ему на голову кидар и укрепи диадиму святыни на кидаре; 7 и возьми елей помазания, и возлей ему на голову, и помажь его. 8 И приведи также сынов его и облеки их в хитоны; 9 [9]Исх 28:41. и опояшь их поясом, Аарона и сынов его, и возложи на них повязки и будет им принадлежать священство по уставу на веки; и наполни руки Аарона и сынов его. 10 [10]Лев 1:3. И приведи тельца пред скинию собрания, и возложат Аарон и сыны его руки свои на голову тельца [пред Господом у дверей скинии собрания]; 11 и заколи тельца пред лицем Господним при входе в скинию собрания; 12 возьми крови тельца и возложи перстом твоим на роги жертвенника, а всю [остальную] кровь вылей у основания жертвенника; 13 [13]Лев 3:3. возьми весь тук, покрывающий внутренности, и сальник с печени, и обе почки и тук, который на них, и воскури на жертвеннике; 14 [14]Лев 4:12.Чис 19:5.Евр 13:11. а мясо тельца и кожу его и нечистоты его сожги на огне вне стана: это — жертва за грех. 15 [15]Лев 8:18. И возьми одного овна, и возложат Аарон и сыны его руки свои на голову овна; 16 [16]Евр 9:12,19. и заколи овна, и возьми крови его, и покропи на жертвенник со всех сторон; 17 рассеки овна на части, вымой [в воде] внутренности его и голени его, и положи их на рассеченные части его и на голову его; 18 и сожги всего овна на жертвеннике. Это всесожжение Господу, благоухание приятное, жертва Господу.
19 [19]Лев 1:4. Возьми и другого овна, и возложат Аарон и сыны его руки свои на голову овна; 20 и заколи овна, и возьми крови его, и возложи на край правого уха Ааронова и на край правого уха сынов его, и на большой палец правой руки их, и на большой палец правой ноги их; и покропи кровью на жертвенник со всех сторон; 21 [21]Исх 30:30. и возьми крови, которая на жертвеннике, и елея помазания, и покропи на Аарона и на одежды его, и на сынов его, и на одежды сынов его с ним, — и будут освящены, он и одежды его, и сыны его и одежды их с ним. 22 [22]Лев 3:3;7:37. И возьми от овна тук и курдюк, и тук, покрывающий внутренности, и сальник с печени, и обе почки и тук, который на них, правое плечо [потому что это овен вручения священства], 23 и один круглый хлеб, одну лепешку на елее и один опреснок из корзины, которая пред Господом, 24 [24]Исх 35:22. и положи все на руки Аарону и на руки сынам его, и принеси это, потрясая пред лицем Господним; 25 и возьми это с рук их и сожги на жертвеннике со всесожжением, в благоухание пред Господом: это жертва Господу. 26 [26]Лев 8:29. И возьми грудь от овна вручения, который для Аарона, и принеси ее, потрясая пред лицем Господним, — и это будет твоя доля; 27 и освяти грудь приношения, которая потрясаема была и плечо возношения, которое было возносимо, от овна вручения, который для Аарона и для сынов его, — 28 [28]Исх 27:21. и будет это Аарону и сынам его в участок вечный от сынов Израилевых, ибо это — возношение; возношение должно быть от сынов Израилевых при мирных жертвах [сынов Израилевых], возношение их Господу. 29 А священные одежды, которые для Аарона, перейдут после него к сынам его, чтобы в них помазывать их и вручать им священство; 30 семь дней должен облачаться в них [великий] священник из сынов его, заступающий его место, который будет входить в скинию собрания для служения во святилище. 31 Овна же вручения возьми и свари мясо его на месте святом; 32 [32]Лев 8:31;24:9.Мф 12:4.Мк 2:26.Лк 6:4. и пусть съедят Аарон и сыны его мясо овна сего из корзины, у дверей скинии собрания, 33 ибо чрез это совершено очищение для вручения им священства и для посвящения их; посторонний не должен есть сего, ибо это святыня; 34 если останется от мяса вручения и от хлеба до утра, то сожги остаток на огне: не должно есть его, ибо это святыня. 35 И поступи с Аароном и с сынами его во всем так, как Я повелел тебе; в семь дней наполняй руки их. 36 И тельца за грех приноси каждый день для очищения, и жертву за грех совершай на жертвеннике для очищения его, и помажь его для освящения его; 37 семь дней очищай жертвенник, и освяти его, и будет жертвенник святыня великая: все, прикасающееся к жертвеннику, освятится.
38 [38]Чис 28:3. Вот что будешь ты приносить на жертвеннике: двух агнцев однолетних [без порока] каждый день постоянно [в жертву всегдашнюю]; 39 [39]Чис 28:4. одного агнца приноси поутру, а другого агнца приноси вечером, 40 и десятую часть ефы пшеничной муки, смешанной с четвертью гина битого елея, а для возлияния четверть гина вина, для одного агнца; 41 другого агнца приноси вечером: с мучным даром, подобным утреннему, и с таким же возлиянием приноси его в благоухание приятное, в жертву Господу. 42 Это — всесожжение постоянное в роды ваши пред дверями скинии собрания пред Господом, где буду открываться вам, чтобы говорить с тобою; 43 [43]Пс 77:60.Иез 37:27.Зах 2:10. там буду открываться сынам Израилевым, и освятится место сие славою Моею. 44 И освящу скинию собрания и жертвенник; и Аарона и сынов его освящу, чтобы они священнодействовали Мне; 45 [45]Лев 26:12.2 Кор 6:16. и буду обитать среди сынов Израилевых, и буду им Богом, 46 и узнают, что Я Господь, Бог их, Который вывел их из земли Египетской, чтобы Мне обитать среди них. Я Господь, Бог их.