Die wet is onmagtig om te red, maar dit lei na Christus en die geloof.
1 o, ONVERSTANDIGE Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig?
2 Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?
3 Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?
4 Het julle verniet so baie gely? As dit maar verniet was!
5 Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?
6 Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
7 Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham.
8 En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word.
9 Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.
10 Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.
11 En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe.
12 Maar die wet is nie uit die geloof nie, maar die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.
13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons 'n vloek te word — want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan 'n hout hang —
14 sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.
15 Broeders, ek spreek menslikerwys: selfs 'n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie.
16 Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus.
17 Maar ek sê dít: die wet wat vierhonderd-en-dertig jaar later gekom het, maak die verbond wat deur God in Christus vantevore bekragtig is, nie kragteloos om die belofte tot niet te maak nie.
18 Want as die erfenis uit die wet is, dan is dit nie meer uit die belofte nie. Maar God het dit aan Abraham deur 'n belofte genadiglik geskenk.
19 Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge, totdat die saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom; en dit is deur engele beskik deur tussenkoms van 'n middelaar.
20 En die middelaar is nie net vir een nie; maar God is een.
21 Is die wet dan teen die beloftes van God? Nee, stellig nie! Want as daar 'n wet gegee was wat krag het om lewend te maak, dan sou die geregtigheid werklik uit die wet wees.
22 Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word.
23 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.
24 Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.
25 Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder 'n tugmeester nie.
26 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;
27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.
28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.
29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
1 О, несмысленные Галаты! кто прельстил вас не покоряться истине, вас, у которых перед глазами предначертан был Иисус Христос, как бы у вас распятый? 2 Глава 3. [2]Деян 2:38;10:43. Сие только хочу знать от вас: через дела ли закона вы получили Духа, или через наставление в вере? 3 [3]Гал 5:7. Так ли вы несмысленны, что, начав духом, теперь оканчиваете плотью? 4 Столь многое потерпели вы неужели без пользы? О, если бы только без пользы! 5 Подающий вам Духа и совершающий между вами чудеса через дела ли закона сие производит, или через наставление в вере? 6 [6]Быт 15:6.Иак 2:23.Рим 4:3. Так Авраам поверил Богу, и это вменилось ему в праведность. 7 [7]Ин 8:39. Познайте же, что верующие суть сыны Авраама. 8 [8]Быт 12:3. И Писание, провидя, что Бог верою оправдает язычников, предвозвестило Аврааму: в тебе благословятся все народы. 9 Итак верующие благословляются с верным Авраамом, 10 [10]Втор 27:26.Иер 11:3. а все, утверждающиеся на делах закона, находятся под клятвою. Ибо написано: проклят всяк, кто не исполняет постоянно всего, что написано в книге закона. 11 [11]Авв 2:4.Рим 1:17.Евр 10:38. А что законом никто не оправдывается пред Богом, это ясно, потому что праведный верою жив будет. 12 [12]Лев 18:5. А закон не по вере; но кто исполняет его, тот жив будет им. 13 [13]Втор 21:23.1 Пет 2:24.Рим 8:3. Христос искупил нас от клятвы закона, сделавшись за нас клятвою (ибо написано: проклят всяк, висящий на древе), 14 [14]Ис 44:5.Деян 3:25. дабы благословение Авраамово через Христа Иисуса распространилось на язычников, чтобы нам получить обещанного Духа верою.
15 [15]Евр 9:17. Братия! говорю по рассуждению человеческому: даже человеком утвержденного завещания никто не отменяет и не прибавляет к нему. 16 [16]Быт 12:7;15:5. Но Аврааму даны были обетования и семени его. Не сказано: и потомкам, как бы о многих, но как об одном: и семени твоему, которое есть Христос. 17 [17]Исх 12:40.Деян 7:6. Я говорю то, что завета о Христе, прежде Богом утвержденного, закон, явившийся спустя четыреста тридцать лет, не отменяет та́к, чтобы обетование потеряло силу. 18 [18]Рим 8:17.Гал 2:21. Ибо если по закону наследство, то уже не по обетованию; но Аврааму Бог даровал оное по обетованию.
19 [19]Исх 19:3.Деян 7:38. Для чего же закон? Он дан после по причине преступлений, до времени пришествия семени, к которому относится обетование, и преподан через Ангелов, рукою посредника. 20 Но посредник при одном не бывает, а Бог один. 21 Итак закон противен обетованиям Божиим? Никак! Ибо если бы дан был закон, могущий животворить, то подлинно праведность была бы от закона; 22 [22]Рим 3:9. но Писание всех заключило под грехом, дабы обетование верующим дано было по вере в Иисуса Христа. 23 А до пришествия веры мы заключены были под стражею закона, до того времени, как надлежало открыться вере. 24 [24]Рим 10:4. Итак закон был для нас детоводителем ко Христу, дабы нам оправдаться верою; 25 по пришествии же веры, мы уже не под руководством детоводителя. 26 [26]Ин 1:12.Рим 8:15. Ибо все вы сыны Божии по вере во Христа Иисуса; 27 [27]Рим 6:3. все вы, во Христа крестившиеся, во Христа облеклись. 28 [28]Ин 17:21.Рим 10:12. Нет уже Иудея, ни язычника; нет раба, ни свободного; нет мужеского пола, ни женского: ибо все вы одно во Христе Иисусе. 29 [29]Еф 3:6. Если же вы Христовы, то вы семя Авраамово и по обетованию наследники.