Laaste vermaninge. Groete.
1 BROEDERS, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie.
2 Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.
3 Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself.
4 Maar laat elkeen sy eie werk op die proef stel; en dan sal hy grond vir roem hê alleen wat homself betref en nie wat die ander betref nie.
5 Want elkeen sal sy eie pak dra.
6 Maar laat hom wat in die Woord onderwys ontvang, meedeel van alle goeie dinge aan hom wat onderwys gee.
7 Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.
8 Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.
9 En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.
10 Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.
11 Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe.
12 Almal wat 'n mooi vertoning in die vlees wil maak, dié dwing julle om julle te laat besny net om nie ter wille van die kruis van Christus vervolg te word nie.
13 Want ook hulle wat besny word, hou self nie die wet nie; maar hulle wil hê dat julle besny moet word, sodat hulle in julle vlees kan roem.
14 Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.
15 Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar 'n nuwe skepsel.
16 En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!
17 Verder moet niemand my moeite aandoen nie, want ek dra die littekens van die Here Jesus in my liggaam.
18 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees, broeders! Amen.
1 Глава 6. [1]1 Кор 10:12. Братия! если и впадет человек в какое согрешение, вы, духовные, исправляйте такового в духе кротости, наблюдая каждый за собою, чтобы не быть искушенным. 2 [2]Ин 13:34.1 Фес 5:14. Носи́те бремена друг друга, и таким образом исполните закон Христов. 3 [3]1 Кор 8:2. Ибо кто почитает себя чем-нибудь, будучи ничто, тот обольщает сам себя. 4 Каждый да испытывает свое дело, и тогда будет иметь похвалу только в себе, а не в другом, 5 [5]Рим 14:12.1 Кор 3:8. ибо каждый понесет свое бремя.
6 [6]Рим 15:27.1 Кор 9:7. Наставляемый словом, делись всяким добром с наставляющим. 7 [7]Рим 2:6. Не обманывайтесь: Бог поругаем не бывает. Что посеет человек, то и пожнет: 8 сеющий в плоть свою от плоти пожнет тление, а сеющий в дух от духа пожнет жизнь вечную. 9 [9]Мф 24:13.2 Фес 3:13. Делая добро, да не унываем, ибо в свое время пожнем, если не ослабеем. 10 Итак, доколе есть время, будем делать добро всем, а наипаче своим по вере.
11 Видите, как много написал я вам своею рукою. 12 Желающие хвалиться по плоти принуждают вас обрезываться только для того, чтобы не быть гонимыми за крест Христов, 13 ибо и сами обрезывающиеся не соблюдают закона, но хотят, чтобы вы обрезывались, дабы похвалиться в вашей плоти. 14 [14]Рим 6:6. А я не желаю хвалиться, разве только крестом Господа нашего Иисуса Христа, которым для меня мир распят, и я для мира. 15 [15]Гал 5:6.Кол 3:11. Ибо во Христе Иисусе ничего не значит ни обрезание, ни необрезание, а новая тварь. 16 [16]Флп 3:16. Тем, которые поступают по сему правилу, мир им и милость, и Израилю Божию. 17 [17]2 Кор 4:10. Впрочем никто не отягощай меня, ибо я ношу язвы Господа Иисуса на теле моем.
18 Благодать Господа нашего Иисуса Христа со духом вашим, братия. Аминь.