Dawid ontvang berig van die dood van Saul.
1 EN ná die dood van Saul, toe Dawid terug was van die verslaan van die Amalekiete en Dawid twee dae in Siklag gebly het,
2 kom daar op die derde dag 'n man uit die leër, van Saul af, met geskeurde klere en grond op sy hoof. En toe hy by Dawid kom, val hy op die grond en buig hom neer.
3 En Dawid sê vir hom: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord hom: Ek het ontvlug uit die leër van Israel.
4 Verder sê Dawid vir hom: Wat het gebeur? Vertel my tog. Toe antwoord hy: Die manskappe het uit die geveg gevlug, en baie van die manskappe het ook geval en gesterwe; ja, ook Saul en sy seun Jónatan is dood.
5 En Dawid vra die jongman wat hom die boodskap gebring het: Hoe weet jy dat Saul en sy seun Jónatan dood is?
6 Daarop sê die jongman wat hom die boodskap gebring het: Ek was bygeval op die gebergte Gilbóa, en kyk, Saul het op sy spies geleun, terwyl die strydwaens en perderuiters hom agternasit;
7 en hy het agter hom omgekyk en my gesien en my geroep, en ek het gesê: Hier is ek.
8 Toe vra hy my: Wie is jy? En ek antwoord hom: Ek is 'n Amalekiet.
9 Daarop sê hy vir my: Kom staan tog by my en maak my van kant, omdat 'n duiseling my bevang het; want my lewe is nog heeltemal in my.
10 En ek het by hom gaan staan en hom van kant gemaak, want ek het geweet dat hy ná sy val nie sou leef nie; en ek het die kroon wat op sy hoof en die armband wat om sy arm was, geneem en dit hier na my heer gebring.
11 Toe gryp Dawid sy klere en skeur dit; net so al die manne wat by hom was.
12 En hulle het gerouklaag en geween en gevas tot die aand toe oor Saul en oor sy seun Jónatan en oor die volk van die Here en oor die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard geval het.
13 Verder sê Dawid aan die jongman wat hom die boodskap gebring het: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord: Ek is die seun van 'n vreemde man, 'n Amalekiet.
14 En Dawid sê vir hom: Hoe? Jy was nie bevrees om jou hand uit te steek om die gesalfde van die Here om te bring nie?
15 Daarop roep Dawid een van die jongmanne en sê: Kom nader, val op hom aan! En dié het hom neergeslaan, dat hy gesterf het.
16 En Dawid het vir hom gesê: Jou bloed is op jou hoof, want jou mond getuig teen jou, omdat jy sê: Ek het die gesalfde van die Here gedood.
Klaaglied van Dawid oor Saul en Jónatan.
17 TOE het Dawid hierdie klaaglied aangehef oor Saul en oor sy seun Jónatan,
18 en hy het beveel om die kinders van Juda die Booglied te leer; kyk, dit is geskrywe in die Boek van die Opregte.
19 Die sieraad, o Israel — op jou hoogtes lê dit verslaan. Hoe het die helde geval!
20 Vertel dit nie in Gat, verkondig dit nie op die strate van Áskelon nie, sodat die dogters van die Filistyne hulle nie verheug, die dogters van die onbesnedenes nie jubel nie!
21 Berge van Gilbóa, mag op julle geen dou en geen reën en geen velde van offergawes wees nie! Want daar is die skild van die helde weggegooi, die skild van Saul, sonder dat dit met olie gesalf is.
22 Sonder die bloed van die gesneuweldes, sonder die vet van die helde het die boog van Jónatan nie agteruitgewyk en die swaard van Saul nie leeg teruggekeer nie.
23 Saul en Jónatan, die bemindes en lieflikes, is in hulle lewe en in hulle dood nie geskeie nie. Vinniger as arende was hulle, sterker as leeus.
24 Dogters van Israel, ween oor Saul, wat julle weelderig beklee het met skarlaken, wat goue versiersels aangebring het op julle gewaad.
25 Hoe het die helde geval diep in die geveg! Jónatan lê verslaan op jou hoogtes.
26 Ek is benoud om jou ontwil, my broer Jónatan! Jy was vir my baie lieflik; jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van vroue.
27 Hoe het die helde geval en die oorlogswapens verlore gegaan!
1 Глава 1. [1]1 Цар 27:6;30:17. По смерти Саула, когда Давид возвратился от поражения Амаликитян и пробыл в Секелаге два дня, 2 [2]Быт 37:34.1 Цар 4:12.Иов 2:12. вот, на третий день приходит человек из стана Саулова; одежда на нем разодрана и прах на голове его. Придя к Давиду, он пал на землю и поклонился [ему]. 3 И сказал ему Давид: откуда ты пришел? И сказал тот: я убежал из стана Израильского. 4 [4]2 Цар 4:10. И сказал ему Давид: что произошло? расскажи мне. И тот сказал: народ побежал со сражения, и множество из народа пало и умерло, и умерли и Саул и сын его Ионафан. 5 И сказал Давид отроку, рассказывавшему ему: как ты знаешь, что Саул и сын его Ионафан умерли? 6 И сказал отрок, рассказывавший ему: я случайно пришел на гору Гелвуйскую, и вот, Саул пал на свое копье, колесницы же и всадники настигали его. 7 Тогда он оглянулся назад и, увидев меня, позвал меня. 8 И я сказал: вот я. Он сказал мне: кто ты? И я сказал ему: я — Амаликитянин. 9 Тогда он сказал мне: подойди ко мне и убей меня, ибо тоска смертная объяла меня, душа моя все еще во мне. 10 И я подошел к нему и убил его, ибо знал, что он не будет жив после своего падения; и взял я [царский] венец, бывший на голове его, и запястье, бывшее на руке его, и принес их к господину моему сюда. 11 [11]1 Цар 4:12.2 Цар 3:31. Тогда схватил Давид одежды свои и разодрал их, также и все люди, бывшие с ним, [разодрали одежды свои,] 12 и рыдали и плакали, и постились до вечера о Сауле и о сыне его Ионафане, и о народе Господнем и о доме Израилевом, что пали они от меча. 13 И сказал Давид отроку, рассказывавшему ему: откуда ты? И сказал он: я — сын пришельца Амаликитянина. 14 [14]1 Цар 10:1;24:7.Пс 104:15. Тогда Давид сказал ему: как не побоялся ты поднять руку, чтобы убить помазанника Господня? 15 [15]2 Цар 4:10,12. И призвал Давид одного из отроков и сказал ему: подойди, убей его. 16 И тот убил его, и он умер. И сказал к нему Давид: кровь твоя на голове твоей, ибо твои уста свидетельствовали на тебя, когда ты говорил: я убил помазанника Господня.
17 И оплакал Давид Саула и сына его Ионафана сею плачевною песнью, 18 [18]Быт 49:8.Нав 10:13. и повелел научить сынов Иудиных луку, как написано в книге Праведного, и сказал: 19 краса твоя, о Израиль, поражена на высотах твоих! как пали сильные! 20 [20]1 Цар 17:23.Суд 11:34;14:19. Не рассказывайте в Гефе, не возвещайте на улицах Аскалона, чтобы не радовались дочери Филистимлян, чтобы не торжествовали дочери необрезанных. 21 [21]1 Цар 31:1. Горы Гелвуйские! да [не сойдет] ни роса, ни дождь на вас, и да не будет на вас полей с плодами, ибо там повержен щит сильных, щит Саула, как бы не был он помазан елеем. 22 [22]1 Цар 14:6. Без крови раненых, без тука сильных лук Ионафана не возвращался назад, и меч Саула не возвращался даром. 23 Саул и Ионафан, любезные и согласные в жизни своей, не разлучились и в смерти своей; быстрее орлов, сильнее львов они были. 24 Дочери Израильские! плачьте о Сауле, который одевал вас в багряницу с украшениями и доставлял на одежды ваши золотые уборы. 25 Как пали сильные на брани! Сражен Ионафан на высотах твоих. 26 [26]2 Цар 9:1.1 Цар 18:1. Скорблю о тебе, брат мой Ионафан; ты был очень дорог для меня; любовь твоя была для меня превыше любви женской. 27 Как пали сильные, погибло оружие бранное!