Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Samuel 4

SYNOD

Isbóset word vermoor. Dawid wreek sy dood.

1 TOE die seun van Saul hoor dat Abner in Hebron gesterf het, het sy hande slap geword, en die hele Israel was verskrik.

2 En die seun van Saul het twee manne, owerstes van bendes, gehad: die naam van die een was Báëna en die naam van die ander Regab, seuns van Rimmon, die Béërotiet, uit die kinders van Benjamin, want Béërot is ook by Benjamin gereken.

3 En die Béërotiete het na Gittáim gevlug en was daar vreemdelinge tot vandag toe.

4 En Jónatan, die seun van Saul, het 'n seun gehad, lam aan altwee voete. Hy was vyf jaar oud toe die tyding aangaande Saul en Jónatan uit Jísreël gekom het, en sy oppasser het hom opgetel en gevlug; maar terwyl sy in haar haastigheid vlug, het hy geval en lam geword; en sy naam was Mefibóset.

5 En die seuns van Rimmon, die Béërotiet, Regab en Báëna, het gegaan en by die huis van Isbóset gekom op die warmste van die dag toe hy in sy middagslaap .

6 En hulle het daar ingekom tot binne-in die huis om koring te gaan haal en hom in die onderlyf gesteek; en Regab en sy broer Báëna het ontvlug.

7 Hulle het naamlik die huis ingegaan, terwyl hy op sy bed in sy slaapkamer , en hom doodgeslaan en sy hoof afgekap; en hulle het sy hoof saamgeneem en die hele nag deur geloop met die pad van die Vlakte

8 en die hoof van Isbóset na Dawid in Hebron gebring en aan die koning gesê: Hier is die hoof van Isbóset, die seun van Saul, u vyand wat u lewe gesoek het; maar die Here het aan my heer die koning vandag wraak gegee op Saul en sy nageslag.

9 Maar Dawid het Regab en sy broer Báëna, die seuns van Rimmon, die Béërotiet, geantwoord en aan hulle gesê: So waar as die Here leef wat my siel uit alle benoudheid verlos het,

10 hom wat aan my berig gebring en gesê het: Kyk, Saul is dood! terwyl hy in sy eie was soos een wat 'n goeie boodskap bring het ek gegryp en hom in Siklag gedood, aan wie ek eintlik boodskappersloon moes gegee het;

11 hoeveel te meer sal ek dan nou nie, as goddelose mense 'n regverdige man in sy huis op sy bed vermoor, sy bloed van julle hand eis en julle van die aarde verdelg nie?

12 Toe het Dawid die jongmanne bevel gegee, en dié het hulle gedood en hul hande en voete afgekap en hulle opgehang by die dam in Hebron; maar die hoof van Isbóset het hulle geneem en dit begrawe in die graf van Abner in Hebron.

1 Глава 4. [1]Ис 13:7.Иер 50:43. И услышал [Иевосфей,] сын Саулов, что умер Авенир в Хевроне, и опустились руки его, и весь Израиль смутился.

2 [2]Нав 18:25. У [Иевосфея,] сына Саулова, два было предводителя войска; имя одного Баана и имя другого Рихав, сыновья Реммона Беерофянина, из потомков Вениаминовых, ибо и Беероф причислялся к Вениамину. 3 [3]1 Цар 31:7. И убежали Беерофяне в Гиффаим и остались там пришельцами до сего дня. 4 [4]2 Цар 9:3.1 Цар 29:11.1 Пар 9:40. У Ионафана, сына Саулова, был сын хромой. Пять лет было ему, когда пришло известие о Сауле и Ионафане из Изрееля, и нянька, взяв его, побежала. И когда она бежала поспешно, то он упал, и сделался хромым. Имя его Мемфивосфей. 5 [5]2 Цар 2:8. И пошли сыны Реммона Беерофянина, Рихав и Баана, и пришли в самый жар дня к дому Иевосфея; а он спал на постели в полдень. 6 [А привратник дома, очищавший пшеницу, задремал и уснул] и Рихав и Баана, брат его, вошли внутрь дома, как бы для того, чтобы взять пшеницы; и поразили его в живот и убежали. 7 Когда они вошли в дом, [Иевосфей] лежал на постели своей, в спальной комнате своей; и они поразили его, и умертвили его, и отрубили голову его, и взяли голову его с собою, и шли пустынною дорогою всю ночь; 8 и принесли голову Иевосфея к Давиду в Хеврон и сказали царю: вот голова Иевосфея, сына Саула, врага твоего, который искал души твоей; ныне Господь отмстил за господина моего царя Саулу [врагу твоему] и потомству его. 9 [9]Быт 48:16. И отвечал Давид Рихаву и Баане, брату его, сыновьям Реммона Беерофянина, и сказал им: жив Господь, избавивший душу мою от всякой скорби! 10 [10]2 Цар 1:4. если того, кто принес мне известие, сказав: «вот, умер Саул, [и Ионафан]», и кто считал себя радостным вестником, я схватил и убил его в Секелаге, вместо того, чтобы дать ему награду, 11 то теперь, когда негодные люди убили человека невинного в его доме на постели его, неужели я не взыщу крови его от руки вашей и не истреблю вас с земли? 12 [12]2 Цар 1:15;3:32. И приказал Давид слугам, и убили их, и отрубили им руки и ноги, и повесили их над прудом в Хевроне. А голову Иевосфея взяли и погребли во гробе Авенира, в Хевроне.

Veja também