Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Samuel 11

SYNOD

Dawid pleeg owerspel en moord.

1 EN verloop van die jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, stuur Dawid Joab en sy dienaars saam met hom uit en die hele Israel. En hulle het die land van die kinders van Ammon verniel en Rabba beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het.

2 En teen die aand, toe Dawid van sy bed opgestaan het en op die dak van die paleis wandel, sien hy van die dak af 'n vrou wat besig was om 'n bad te neem; en die vrou was baie mooi van aansien.

3 En Dawid het ondersoek laat doen na die vrou, en hulle het gesê: Is dit nie Bátseba, die dogter van Elíam, die vrou van Uría die Hetiet nie?

4 Daarop stuur Dawid boodskappers en laat haar haal. En toe sy by hom inkom, het hy met haar gemeenskap gehad, terwyl sy haar juis van haar onreinheid gereinig het. Daarna het sy na haar huis teruggegaan.

5 En die vrou het swanger geword en gestuur om Dawid te laat weet: Ek is swanger.

6 En Dawid het Joab laat weet: Stuur Uría, die Hetiet, na my. En Joab het Uría na Dawid gestuur.

7 Toe Uría dan by hom kom, vra Dawid of dit goed gaan met Joab, en of dit goed gaan met die manskappe, en of dit goed gaan met die oorlog.

8 En Dawid vir Uría: Gaan af na jou huis en was jou voete. En toe Uría uit die paleis uitgaan, het 'n geskenk van die koning hom gevolg.

9 Maar Uría het gaan slaap by die ingang van die paleis, by al die dienaars van sy heer, en nie na sy huis afgegaan nie.

10 En daar is aan Dawid meegedeel en gesê: Uría het nie na sy huis afgegaan nie. Toe vra Dawid vir Uría: Kom jy nie van 'n reis af nie? Waarom gaan jy nie af na jou huis nie?

11 En Uría vir Dawid: Die ark en Israel en Juda bly in hutte, en my heer Joab en die dienaars van my heer is gelaer in die oop veld; sou ek dan in my huis ingaan om te eet en te drink en by my vrou te slaap? So waar as u leef en u siel leef, ek sal dit nie doen nie!

12 En Dawid vir Uría: Bly vandag ook hier; dan sal ek jou môre laat gaan. En Uría het dié dag in Jerusalem gebly.

13 Maar die volgende dag het Dawid hom genooi, en hy het voor sy aangesig geëet en gedrink, en hy het hom dronk gemaak. Toe gaan hy in die aand uit om op sy slaapplek by die dienaars van sy heer te gaan slaap; maar na sy huis het hy nie afgegaan nie.

14 En in die môre skrywe Dawid 'n brief aan Joab en stuur dit met Uría weg.

15 En hy het in die brief geskrywe en gesê: Sit Uría op die voorpunt van die hewigste geveg; trek julle dan agter hom terug, dat hy in die slag kan sneuwel.

16 So het Joab dan, terwyl hy die stad verken, Uría op 'n plek gesit waarvan hy geweet het dat daar dapper manne was.

17 En toe die manne van die stad uittrek en met Joab veg, het daar van die manskappe, van die dienaars van Dawid, geval, en Uría, die Hetiet, het ook gesterwe.

18 Daarop stuur Joab om Dawid die hele beloop van die geveg mee te deel.

19 En hy gee die boodskapper bevel en : Net soos jy die hele beloop van die geveg aan die koning klaar vertel het

20 as dan die woede van die koning opkom en hy vir jou : Waarom het julle so naby die stad gekom om te veg? Het julle dan nie geweet dat hulle bo van die muur af sou skiet nie?

21 Wie het Abiméleg, die seun van Jerubbéset, verslaan? Het nie 'n vrou bo van die muur af 'n boonste meulsteen op hom gegooi, sodat hy in Tebes gesterf het nie? Waarom het julle so naby die muur gekom? dan moet jy : U dienaar Uría, die Hetiet, is ook dood!

22 En die boodskapper het gegaan en aangekom en aan Dawid alles vertel wat Joab hom opgedra het.

23 Die boodskapper het naamlik aan Dawid gesê: Die manne was vir ons te sterk en het teen ons uitgetrek die veld in, maar ons het hulle teruggedruk tot by die ingang van die poort.

24 Toe het die boogskutters bo van die muur af op u dienaars geskiet, sodat daar van die koning se dienaars gesterf het, en u dienaar Uría, die Hetiet, is ook dood.

25 Daarop het Dawid aan die boodskapper gesê: So moet jy aan Joab : Laat hierdie saak nie so verkeerd wees in jou nie, want die swaard verteer die een sowel as die ander; veg net dapper teen die stad en verwoes dit. So moet jy hom moed inpraat.

26 Toe die vrou van Uría hoor dat haar man Uría dood was, het sy gerouklaag oor haar heer.

27 Nadat die routyd verby was, het Dawid gestuur en haar in sy huis opgeneem; en sy het sy vrou geword en vir hom 'n seun gebaar. Maar die ding wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die van die Here.

1 Глава 11. [1]1 Пар 19:8. Через год, в то время, когда выходят цари в походы, Давид послал Иоава и слуг своих с ним и всех Израильтян; и они поразили Аммонитян и осадили Равву; Давид же оставался в Иерусалиме.

2 [2]Сир 19:2.Мф 5:28. Однажды под вечер Давид, встав с постели, прогуливался на кровле царского дома и увидел с кровли купающуюся женщину; а та женщина была очень красива. 3 [3]1 Пар 3:5. И послал Давид разведать, кто эта женщина? И сказали ему: это Вирсавия, дочь Елиама, жена Урии Хеттеянина. 4 [4]3 Цар 15:5. Давид послал слуг взять ее; и она пришла к нему, и он спал с нею. Когда же она очистилась от нечистоты своей, возвратилась в дом свой. 5 Женщина эта сделалась беременною и послала известить Давида, говоря: я беременна. 6 И послал Давид сказать Иоаву: пришли ко мне Урию Хеттеянина. И послал Иоав Урию к Давиду. 7 И пришел к нему Урия, и расспросил его Давид о положении Иоава и о положении народа, и о ходе войны. 8 [8]Быт 18:4. И сказал Давид Урии: иди домой и омой ноги свои. И вышел Урия из дома царского, а вслед за ним понесли и царское кушанье. 9 Но Урия спал у ворот царского дома со всеми слугами своего господина, и не пошел в свой дом. 10 И донесли Давиду, говоря: не пошел Урия в дом свой. И сказал Давид Урии: вот, ты пришел с дороги; отчего же не пошел ты в дом свой? 11 И сказал Урия Давиду: ковчег [Божий] и Израиль и Иуда находятся в шатрах, и господин мой Иоав и рабы господина моего пребывают в поле, а я вошел бы в дом свой есть и пить и спать со своею женою! Клянусь твоею жизнью и жизнью души твоей, этого я не сделаю. 12 И сказал Давид Урии: останься здесь и на этот день, а завтра я отпущу тебя. И остался Урия в Иерусалиме на этот день до завтра. 13 И пригласил его Давид, и ел Урия пред ним и пил, и напоил его Давид. Но вечером Урия пошел спать на постель свою с рабами господина своего, а в свой дом не пошел. 14 Поутру Давид написал письмо к Иоаву и послал его с Уриею. 15 [15]2 Цар 12:9.3 Цар 15:5. В письме он написал так: поставьте Урию там, где будет самое сильное сражение, и отступите от него, чтоб он был поражен и умер. 16 Посему, когда Иоав осаждал город, то поставил он Урию на таком месте, о котором знал, что там храбрые люди. 17 И вышли люди из города и сразились с Иоавом, и пало несколько из народа, из слуг Давидовых; был убит также и Урия Хеттеянин. 18 И послал Иоав донести Давиду о всем ходе сражения. 19 И приказал посланному, говоря: когда ты расскажешь царю о всем ходе сражения 20 и увидишь, что царь разгневается и скажет тебе: «зачем вы так близко подходили к городу сражаться? разве вы не знали, что со стены будут бросать на вас? 21 [21]Суд 9:53. кто убил Авимелеха, сына Иероваалова? не женщина ли бросила на него со стены обломок жернова [и поразила его], и он умер в Тевеце? Зачем же вы близко подходили к стене?» тогда ты скажи: и раб твой Урия Хеттеянин также [поражен и] умер. 22 И пошел [посланный от Иоава к царю в Иерусалим], и пришел, и рассказал Давиду обо всем, для чего послал его Иоав, обо всем ходе сражения. [И разгневался Давид на Иоава и сказал посланному: зачем вы близко подходили к городу сражаться? разве вы не знали, что вас поражать будут со стены? кто убил Авимелеха, сына Иероваалова? не женщина ли бросила на него со стены обломок жернова, и он умер в Тевеце? Зачем вы близко подходили к стене?] 23 Тогда посланный сказал Давиду: одолевали нас те люди и вышли к нам в поле, и мы преследовали их до входа в ворота; 24 [24]2 Цар 12:9. тогда стреляли стрелки со стены на рабов твоих, и умерли некоторые из рабов царя; умер также и раб твой Урия Хеттеянин. 25 Тогда сказал Давид посланному: так скажи Иоаву: «пусть не смущает тебя это дело, ибо меч поядает иногда того, иногда сего; усиль войну твою против города и разрушь его». Так ободри его. 26 [26]Втор 34:8. И услышала жена Урии, что умер Урия, муж ее, и плакала по муже своем. 27 [27]Сир 22:11. Когда кончилось время плача, Давид послал, и взял ее в дом свой, и она сделалась его женою и родила ему сына. И было это дело, которое сделал Давид, зло в очах Господа.

Veja também