Dawid word koning oor Juda, en Isbóset koning oor Israel.
1 EN daarna het Dawid die Here geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek in een van die stede van Juda? En die Here het hom geantwoord: Trek op. Toe sê Dawid: Waarheen moet ek optrek? En Hy antwoord: Na Hebron.
2 En Dawid het daarheen opgetrek, en ook sy twee vroue, Ahínoam uit Jísreël, en Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet.
3 Dawid het ook sy manne wat by hom was, laat optrek, elkeen met sy huisgesin, en hulle het in die stede van Hebron gaan woon.
4 Daarna het die manne van Juda gekom en Dawid daar as koning oor die huis van Juda gesalf. Toe hulle aan Dawid meedeel en sê: Dit is die manne van Jabes in Gílead wat Saul begrawe het,
5 stuur Dawid boodskappers na die manne van Jabes in Gílead om aan hulle te sê: Mag julle geseënd wees deur die Here, dat julle hierdie guns bewys het aan julle heer, aan Saul, en hom begrawe het.
6 Mag die Here julle dan nou guns en trou bewys, en ek self bewys ook hierdie goedheid aan julle, omdat julle hierdie ding gedoen het.
7 En nou, laat julle hande sterk wees, en wees wakker manne; want julle heer Saul is dood. Daarby het die huis van Juda my ook as koning oor hulle gesalf.
8 Maar Abner, die seun van Ner, die leërowerste van Saul, het Isbóset, die seun van Saul, geneem en hom oorgebring na Mahanáim
9 en hom koning gemaak oor Gílead en oor die Asuriete en oor Jísreël en oor Efraim en oor Benjamin en oor die hele Israel.
10 Veertig jaar oud was Isbóset, die seun van Saul, toe hy koning geword het oor Israel, en hy het twee jaar geregeer; net die huis van Juda het Dawid gevolg.
11 En die getal dae wat Dawid koning was in Hebron oor die huis van Juda, was sewe jaar en ses maande.
Burgeroorlog. Slag by Gíbeon.
12 EN Abner, die seun van Ner, met die dienaars van Isbóset, die seun van Saul, het uitgetrek uit Mahanáim na Gíbeon.
13 Joab, die seun van Serúja, en die dienaars van Dawid het ook uitgetrek. En toe hulle mekaar ontmoet by die dam van Gíbeon, het hulle gaan sit aan weerskante van die dam.
14 En Abner sê vir Joab: Laat die jongmanne hulle tog regmaak en voor ons speel. En Joab sê: Laat hulle regmaak.
15 Toe het hulle opgestaan, en twaalf is vir Benjamin afgetel, naamlik vir Isbóset, die seun van Saul; en twaalf van die dienaars van Dawid.
16 Maar die een het die ander aan die hoof gegryp, en die een se swaard was in die sy van die ander, sodat hulle saam geval het; daarom noem hulle dié plek Veld van Swaardskerptes, wat by Gíbeon is.
17 En dieselfde dag het die geveg buitengewoon hewig geword, maar Abner en die manne van Israel is verslaan voor die dienaars van Dawid.
18 En daar was drie seuns van Serúja: Joab en Abísai en Ásahel; en Ásahel was lig op sy voete soos een van die gemsbokke wat in die veld is.
19 En Ásahel het Abner agternagejaag sonder om in sy koers regs of links agter Abner weg te draai.
20 Toe kyk Abner agter hom om en sê: Is dit jy, Ásahel? En hy antwoord: Dit is ek.
21 En Abner sê vir hom: Draai uit na jou regter- of linkerhand en gryp vir jou een van die jongmanne en neem sy uitrusting vir jou. Maar Ásahel wou nie agter hom wegdraai nie.
22 En Abner sê nog 'n keer vir Ásahel: Jy moet padgee agter my; waarom moet ek jou teen die grond slaan? Hoe sou ek dan my aangesig kan ophef voor jou broer Joab?
23 Maar hy het geweier om weg te draai. Toe steek Abner hom met die agterent van die spies in die onderlyf, sodat die spies agter hom uitkom en hy daar neerval en op die plek sterwe. En almal het bly staan wat aankom by die plek waar Ásahel geval en gesterwe het.
24 Maar Joab en Abísai het Abner agternagejaag, en die son het ondergegaan toe hulle by die heuwel Amma kom wat teenoor Giag lê, aan die pad na die woestyn van Gíbeon.
25 En die kinders van Benjamin het agter Abner byeengekom en saam een skare geword, en hulle het gaan staan op die top van 'n sekere heuwel.
26 Toe roep Abner na Joab en sê: Moet die swaard dan vir ewig verteer? Weet jy nie dat dit oplaas bitter sal wees nie? En hoe lank sal jy nie aan die manskappe sê dat hulle moet omdraai agter hulle broers vandaan nie?
27 En Joab antwoord: So waar as God leef, waarlik, as jy nie gespreek het nie, sou die manskappe môre eers weggetrek het, elkeen agter sy broer vandaan.
28 Toe blaas Joab op die ramshoring, en al die manskappe het stilgestaan en Israel nie langer agternagejaag en nie verder meer geveg nie.
29 Daarop het Abner en sy manne daardie hele nag die Vlakte deurgegaan en deur die Jordaan getrek en deur die hele Bitron en in Mahanáim aangekom.
30 En Joab het omgedraai agter Abner weg en al die manskappe versamel. En van Dawid se dienaars is negentien man en Ásahel vermis.
31 Maar die dienaars van Dawid het van Benjamin, naamlik onder die manne van Abner, geslaan — driehonderd-en-sestig man het gesterwe.
32 En hulle het Ásahel opgetel en hom in die graf van sy vader, wat in Betlehem was, begrawe; en Joab en sy manne het die hele nag deur getrek, sodat dit vir hulle in Hebron lig geword het.
1 Глава 2. [1]1 Цар 23:2;30:7–8. После сего Давид вопросил Господа, говоря: идти ли мне в какой-либо из городов Иудиных? И сказал ему Господь: иди. И сказал Давид: куда идти? И сказал Он: в Хеврон. 2 [2]1 Цар 25:42. И пошел туда Давид и обе жены его, Ахиноама Изреелитянка и Авигея, бывшая жена Навала, Кармилитянка. 3 И людей, бывших с ним, привел Давид, каждого с семейством его, и поселились в городе Хевроне. 4 [4]1 Цар 31:11.1 Мак 2:57. И пришли мужи Иудины и помазали там Давида на царство над домом Иудиным. И донесли Давиду, что жители Иависа Галаадского погребли Саула.
5 [5]1 Цар 15:13. И отправил Давид послов к жителям Иависа Галаадского, сказать им: благословенны вы у Господа за то, что оказали эту милость господину своему Саулу, [помазаннику Господню,] и погребли его [и Ионафана, сына его], 6 и ныне да воздаст вам Господь милостью и истиною; и я сделаю вам благодеяние за то, что вы это сделали; 7 ныне да укрепятся руки ваши, и будьте мужественны; ибо господин ваш Саул умер, а меня помазал дом Иудин царем над собою. 8 [8]1 Цар 14:50;17:55. Но Авенир, сын Ниров, начальник войска Саулова, взял Иевосфея, сына Саулова, и привел его в Маханаим, 9 [9]Чис 32:40.Нав 19:18. и воцарил его над Галаадом, и Ашуром, и Изреелем, и Ефремом, и Вениамином, и над всем Израилем. 10 Сорок лет было Иевосфею, сыну Саулову, когда он воцарился над Израилем, и царствовал два года. Только дом Иудин остался с Давидом. 11 [11]2 Цар 5:5. Всего времени, в которое Давид царствовал в Хевроне над домом Иудиным, было семь лет и шесть месяцев. 12 [12]Нав 9:3;21:17. И вышел Авенир, сын Ниров, и слуги Иевосфея, сына Саулова, из Маханаима в Гаваон. 13 [13]Иер 41:12. Вышел и Иоав, сын Саруи, со слугами Давида, и встретились у Гаваонского пруда, и засели те на одной стороне пруда, а эти на другой стороне пруда. 14 И сказал Авенир Иоаву: пусть встанут юноши и поиграют пред нами. И сказал Иоав: пусть встанут. 15 И встали и пошли числом двенадцать Вениамитян со стороны Иевосфея, сына Саулова, и двенадцать из слуг Давидовых. 16 Они схватили друг друга за голову, вонзили меч один другому в бок и пали вместе. И было названо это место Хелкаф-Хаццурим, что в Гаваоне. 17 И произошло в тот день жесточайшее сражение, и Авенир с людьми Израильскими был поражен слугами Давида. 18 [18]1 Пар 2:16. И были там три сына Саруи: Иоав, и Авесса, и Асаил. Асаил же был легок на ноги, как серна в поле. 19 И погнался Асаил за Авениром и преследовал его, не уклоняясь ни направо, ни налево от следов Авенира. 20 И оглянулся Авенир назад и сказал: ты ли это, Асаил? Тот сказал: я. 21 И сказал ему Авенир: уклонись направо или налево, и выбери себе одного из отроков и возьми себе его вооружение. Но Асаил не захотел отстать от него. 22 И повторил Авенир еще, говоря Асаилу: отстань от меня, чтоб я не поверг тебя на землю; тогда с каким лицем явлюсь я к Иоаву, брату твоему? 23 [23]2 Цар 3:27. [и где это бывает? возвратись к брату твоему Иоаву.] Но тот не захотел отстать. Тогда Авенир, поворотив копье, поразил его в живот; копье прошло насквозь его, и он упал там же и умер на месте. Все проходившие чрез то место, где пал и умер Асаил, останавливались. 24 И преследовали Иоав и Авесса Авенира. Солнце уже зашло, когда они пришли к холму Амма, что против Гиаха, на дороге к пустыне Гаваонской. 25 И собрались Вениамитяне вокруг Авенира и составили одно ополчение, и стали на вершине одного холма. 26 И воззвал Авенир к Иоаву, и сказал: вечно ли будет пожирать меч? Или ты не знаешь, что последствия будут горестные? И доколе ты не скажешь людям, чтобы они перестали преследовать братьев своих? 27 И сказал Иоав: жив Бог! если бы ты не говорил иначе, то еще утром перестали бы люди преследовать братьев своих. 28 [28]2 Цар 18:16. И затрубил Иоав трубою, и остановился весь народ, и не преследовали более Израильтян; сражение прекратилось. 29 Авенир же и люди его шли равниною всю ту ночь и перешли Иордан, и прошли весь Битрон, и пришли в Маханаим. 30 И возвратился Иоав от преследования Авенира и собрал весь народ, и недоставало из слуг Давидовых девятнадцати человек кроме Асаила. 31 Слуги же Давидовы поразили Вениамитян и людей Авенировых; пало их триста шестьдесят человек. 32 И взяли Асаила и похоронили его во гробе отца его, что в Вифлееме. Иоав же с людьми своими шел всю ночь и на рассвете прибыл в Хеврон.