1 EN toe dit alles ten einde was, het al die aanwesige Israeliete na die stede van Juda uitgetrek en die klippilare verbrysel en die heilige boomstamme omgekap en die hoogtes en die altare uit die hele Juda en Benjamin en in Efraim en Manasse afgebreek totdat hulle dit vernietig het. Daarna het al die kinders van Israel teruggegaan, elkeen na sy besitting, na hulle stede toe.
Hiskía reël die diens van die Leviete.
2 EN Hiskía het die afdelings van die priesters en die Leviete vasgestel volgens hulle afdelings, elkeen volgens sy diens — as priesters of as Leviete vir die brandoffers en dankoffers, om te dien en te loof en te prys in die poorte van die laers van die Here.
3 En die bydrae van die koning uit sy goed vir die brandoffers was: die môre- en die aandbrandoffers en die brandoffers vir die sabbatte en die nuwemane en die feestye, soos voorgeskrywe is in die wet van die Here.
4 En hy het die volk, die inwoners van Jerusalem, bevel gegee om die aandeel van die priesters en die Leviete te gee, sodat hulle aan die wet van die Here al hulle krag kon wy.
5 En toe die bevel verbrei is, het die kinders van Israel baie eerstelinge van koring, mos en olie en heuning en van elke opbrings van die land ingelewer en die tiendes van alles in menigte ingebring.
6 En die kinders van Israel en Juda wat in die stede van Juda woonagtig was, hulle het ook die tiendes ingebring van beeste en kleinvee en die tiendes van die heilige gawes wat aan die Here hulle God geheilig was, en dit op hope neergelê.
7 In die derde maand het hulle die hope begin opstapel, en in die sewende maand was hulle daarmee gereed.
8 Toe Jehiskía en die owerstes kom en die hope sien, het hulle die Here en sy volk Israel geseën.
9 En toe Jehiskía by die priesters en die Leviete ondersoek doen na die hope,
10 het die hoëpriester Asárja, van die huis van Sadok, met hom gespreek en gesê: Vandat hulle die offergawe na die huis van die Here begin bring het, eet ons tot versadiging en hou nog oorvloedig oor; want die Here het sy volk geseën, sodat ons hierdie menigte oorgehou het.
11 Toe gee Jehiskía bevel om kamers in die huis van die Here in te rig; en hulle het dit ingerig
12 en die offergawes en die tiendes en die heilige gawes getrou ingebring; en daaroor was Konánja, die Leviet, as hoof aangestel, en sy broer Símeï as tweede.
13 En Jéhiël en Asásja en Nahat en Ásahel en Jérimot en Jósabad en Éliël en Jismágja en Mahat en Benája was opsigters, onder toesig van Konánja en sy broer Símeï, volgens die bevel van koning Jehiskía en Asárja, die vors oor die huis van God.
14 En Korē, die seun van Jimna, die Leviet, die poortwagter teen die ooste, was oor die vrywillige gawes aan God, om die offergawe aan die Here en die hoogheilige gawes uit te deel.
15 En onder sy leiding was Eden en Mínjamin en Jésua en Semája, Amárja en Segánja, om getrou uit te deel in die stede van die priesters aan hulle broers volgens die afdelings, aan groot sowel as klein;
16 behalwe die manspersone wat in hulle geslagsregister opgeneem was, van drie jaar oud en daarbo, almal naamlik wat in die huis van die Here gekom het, na die eis van elke dag, om te dien in hulle ampsverpligtinge volgens hulle afdelings.
17 En wat die geslagsregister van die priesters betref, dit was ingerig volgens families; maar dié van die Leviete, van twintig jaar oud en daarbo, volgens hulle ampsverpligtinge in hulle afdelings.
18 En hulle moes in die geslagsregister opgeneem word met al hulle kindertjies, hul vroue en hul seuns en hul dogters, naamlik die hele stand; want volgens hulle getrouheid was hulle werksaam met die heilige dinge.
19 Ook vir die seuns van Aäron, die priesters, buite op die weiveld van hulle stede, was daar in elke stad afsonderlik manne wat met hulle name aangewys was om aan elke manspersoon onder die priesters en aan elkeen van die Leviete wat in die geslagsregister opgeneem was, dele te gee.
20 En so het Jehiskía in die hele Juda gedoen: hy het gedoen wat goed en reg en trou was voor die aangesig van die Here sy God.
21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met sy hele hart gehandel en voorspoed gehad.
1 Глава 31. [1]4 Цар 18:4.Втор 7:5. И по окончании всего этого, пошли все Израильтяне, там находившиеся, в города Иудейские и разбили статуи, срубили посвященные дерева, и разрушили высоты и жертвенники во всей Иудее и в земле Вениаминовой, Ефремовой и Манассииной, до конца. И потом возвратились все сыны Израилевы, каждый во владение свое, в города свои. 2 [2]1 Пар 24:19. И поставил Езекия череды священников и левитов, по их распределению, каждого при деле своем, священническом или левитском, при всесожжении и при жертвах мирных, для службы, для хваления и славословия, у ворот дома Господня. 3 [3]Чис 28:2–3. И определил царь часть из имущества своего на всесожжения: на всесожжения утренние и вечерние, и на всесожжения в субботы и в новомесячия, и в праздники, как написано в законе Господнем. 4 [4]Чис 18:8.Неем 13:10. И повелел он народу, живущему в Иерусалиме, давать определенное содержание священникам и левитам, чтоб они были ревностны в законе Господнем.
5 [5]Исх 23:19;34:26.Лев 2:14. Когда обнародовано было это повеление, тогда нанесли сыны Израилевы множество начатков хлеба, вина, и масла, и меду, и всяких произведений полевых; и десятин из всего нанесли множество. 6 [6]Чис 31:28. И Израильтяне и Иудеи, живущие по городам Иудейским, также представили десятины из крупного и мелкого скота и десятины из пожертвований, посвященных Господу Богу их; и наложили груды, груды. 7 В третий месяц начали класть груды, и в седьмой месяц кончили. 8 И пришли Езекия и вельможи, и увидели груды, и благодарили Господа и народ Его Израиля. 9 И спросил Езекия священников и левитов об этих грудах. 10 И отвечал ему Азария первосвященник из дома Садокова и сказал: с того времени, как начали носить приношения в дом Господень, мы ели досыта, и многое осталось, потому что Господь благословил народ Свой. Из оставшегося составилось такое множество. 11 И приказал Езекия приготовить комнаты при доме Господнем. И приготовили. 12 И перенесли туда приношения, и десятины, и пожертвования, со всею точностью. И был начальником при них Хонания левит, и Симей, брат его, вторым. 13 А Иехиил и Азазия, и Нахаф и Асаил, и Иеримоф и Иозавад, и Елиел и Исмахия, и Махаф и Бенания были смотрителями под рукою Хонании и Симея, брата его, по распоряжению царя Езекии и Азарии, начальника при доме Божием. 14 [14]Лев 2:3.Чис 18:9. Коре, сын Имны, левит, привратник на восточной стороне, был при добровольных приношениях Богу, для выдачи принесенного Господу и важнейших из вещей посвященных. 15 И под его ведением находились Еден, и Миниамин, и Иешуа, и Шемаия, и Амария и Шехания в городах священнических, чтобы верно раздавать братьям своим части, как большому, так и малому, 16 сверх списка их, всем мужеского пола от трех лет и выше, всем ходящим в дом Господа для дел ежедневных, для служения их, по должностям их и по отделам их, 17 и внесенным в список священникам, по поколениям их, и левитам от двадцати лет и выше, по должностям их, по отделам их, 18 и внесенным в список, со всеми малолетними их, с женами их и с сыновьями их и с дочерями их, — всему обществу, ибо они со всею верностью посвятили себя на священную службу. 19 И для сынов Аароновых, священников в селениях вокруг городов их, при каждом городе поставлены были мужи поименованные, чтобы раздавать участки всем мужеского пола у священников и всем внесенным в список у левитов.
20 [20]4 Цар 18:3,5. Вот что сделал Езекия во всей Иудее, — и он делал доброе, и справедливое, и истинное пред лицем Господа Бога своего. 21 [21]4 Цар 18:6.2 Пар 26:5. И во всем, что он предпринимал на служение дому Божию и для соблюдения закона и заповедей, помышляя о Боге своем, он действовал от всего сердца своего и имел успех.