Rede en gebed van Salomo by die inwyding van die tempel.
1 TOE het Salomo gesê: Die Here het gesê dat Hy in donkerheid wil woon.
2 Maar ék het vir U 'n woonhuis gebou, en 'n vaste plek vir U om ewig in te bly.
3 Daarop draai die koning sy aangesig om en seën die hele vergadering van Israel, terwyl die hele vergadering van Israel staan.
4 En hy sê: Geloofd sy die Here, die God van Israel, wie se hande volbring het wat sy mond tot my vader Dawid gespreek en gesê het:
5 Van die dag af dat Ek my volk uit Egipteland uitgelei het, het Ek geen stad verkies uit al die stamme van Israel om 'n huis te bou, dat my Naam daar sou wees nie; en Ek het geen man verkies om vors oor my volk Israel te wees nie.
6 Maar Ek het Jerusalem verkies, dat my Naam daar sou wees, en Ek het Dawid verkies om oor my volk Israel te wees.
7 Toe dit dan in die hart van my vader Dawid was om 'n huis te bou vir die Naam van die Here, die God van Israel,
8 het die Here aan my vader Dawid gesê: Dat dit in jou hart was om vir my Naam 'n huis te bou — daarin het jy goed gehandel dat dit in jou hart was.
9 Alleen maar, jý sal die huis nie bou nie, maar jou seun wat uit jou lendene sal voortkom, dié sal vir my Naam die huis bou.
10 En die Here het sy woord vervul wat Hy gespreek het; sodat ek opgestaan het in die plek van my vader Dawid, en ek sit op die troon van Israel soos die Here gespreek het; en ek het die huis gebou vir die Naam van die Here, die God van Israel,
11 en die ark waarin die verbond van die Here is, wat Hy met die kinders van Israel gesluit het, daar neergesit.
12 Toe het hy gaan staan voor die altaar van die Here teenoor die hele vergadering van Israel en sy hande uitgebrei;
13 want Salomo het 'n koperverhoog gemaak en dit in die middel van die voorhof opgestel; vyf el was sy lengte en vyf el sy breedte en drie el sy hoogte; en hy het daarop gaan staan en neergesink op sy knieë teenoor die hele vergadering van Israel en sy hande na die hemel uitgebrei
14 en gesê: Here, God van Israel, daar is in die hemel of op die aarde geen God soos U nie, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir u knegte wat voor u aangesig wandel met hulle hele hart,
15 wat vir u kneg, my vader Dawid, u belofte aan hom gehou het; ja, met u mond het U dit gespreek en met u hand volbring soos dit vandag is.
16 Hou nou ook, Here, God van Israel, die belofte wat U aan u kneg, my vader Dawid, gedoen het, naamlik: Daar sal vir jou nooit 'n man voor my aangesig ontbreek wat sal sit op die troon van Israel nie, as jou seuns net op hulle weg ag gee, deur te wandel in my wet soos jy voor my aangesig gewandel het.
17 Laat dan nou, Here, God van Israel, u woord tog bewaarheid word wat U tot u kneg Dawid gespreek het.
18 Maar sou God werklik by die mense op die aarde woon? Die hemel, ja, die hoogste hemel kan U nie bevat nie, hoeveel minder hierdie huis wat ek gebou het!
19 Wend U dan tot die gebed van u kneg en tot sy smeking, Here my God, deur te luister na die geroep en die gebed wat u kneg voor u aangesig bid;
20 sodat u oë oop mag wees dag en nag oor hierdie huis, oor die plek waar U van gesê het dat U u Naam daar wil vestig, sodat U mag luister na die gebed wat u kneg na hierdie plek toe sal bid.
21 Luister dan na die smekinge van u kneg en van u volk Israel wat hulle na hierdie plek toe sal bid; ja, mag U hoor uit u woonplek, uit die hemel; en as U hoor, vergewe dan.
22 As iemand teen sy naaste sondig en hulle hom 'n eed oplê om hom tot selfvervloeking te bring en hy voor u altaar in hierdie huis kom sweer,
23 wil U dan hoor uit die hemel en handel en aan u knegte reg verskaf deur die skuldige te vergelde en sy wandel op sy hoof te lê, en die regverdige regverdig te verklaar deur hom te gee na sy geregtigheid.
24 En as u volk Israel verslaan word voor 'n vyand, omdat hulle teen U gesondig het, en hulle hul bekeer en u Naam bely en bid en smeek voor u aangesig in hierdie huis,
25 wil U dan hoor uit die hemel en die sonde van u volk Israel vergewe en hulle terugbring na die land wat U aan hulle en hulle vaders gegee het.
26 As die hemel toegesluit is, dat daar geen reën is nie, omdat hulle teen U gesondig het, maar hulle na hierdie plek toe bid en u Naam bely, van hulle sonde hul bekeer, omdat U hulle verootmoedig,
27 wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u knegte en van u volk Israel vergewe — want U leer hulle die goeie weg waar hulle in moet wandel — en gee reën op u land wat U aan u volk as 'n erfenis gegee het.
28 As daar hongersnood in die land is, as daar pes is, as daar brandkoring of heuningdou, sprinkane of kaalvreters is, as sy vyande hom in sy land vol stede dit benoud maak, watter plaag of watter siekte ook al,
29 enige gebed, enige smeking wat enige mens of u hele volk Israel sal doen, as elkeen sy plaag en sy smart ken, sodat hy sy hande na hierdie huis toe uitbrei —
30 wil U dan hoor uit die hemel, u vaste woonplek, en vergewe en aan elkeen gee volgens al sy weë, U wat sy hart ken — want U alleen ken die hart van die mensekinders —
31 sodat hulle U kan vrees om te wandel in u weë al die dae wat hulle leef in die land wat U aan ons vaders gegee het.
32 Ja, ook na die uitlander wat nie uit u volk Israel is nie en uit 'n ver land kom om u grote Naam en u sterke hand en u uitgestrekte arm ontwil, as hulle kom en na hierdie huis toe bid,
33 wil U dan hoor uit die hemel, uit u vaste woonplek, en doen volgens alles waaroor die uitlander U sal aanroep, sodat al die volke van die aarde u Naam mag ken en U vrees soos u volk Israel, en mag gewaar word dat u Naam uitgeroep is oor hierdie huis wat ek gebou het.
34 As u volk uittrek in die oorlog teen sy vyande op die pad waarop U hulle stuur, en hulle bid tot U in die rigting van hierdie stad wat U verkies het, en van die huis wat ek vir u Naam gebou het,
35 wil dan uit die hemel hulle gebed hoor en hulle smeking, en aan hulle hul reg verskaf.
36 As hulle teen U sondig — want daar is geen mens wat nie sondig nie — en U op hulle toornig is en hulle aan 'n vyand oorgee en hulle veroweraars hulle as gevangenes wegvoer na 'n land, ver of naby,
37 en hulle dit ter harte neem in die land waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, en hulle hul bekeer en U smeek in die land van hulle gevangenskap en sê: Ons het gesondig, ons het verkeerd gehandel, en ons was goddeloos —
38 en hulle hul tot U bekeer met hul hele hart en met hul hele siel in die land van hul gevangenskap, van die wat hulle weggevoer het, en hulle bid in die rigting van hulle land wat U aan hulle vaders gegee het, en van die stad wat U verkies het, en van die huis wat ek vir u Naam gebou het,
39 wil dan uit die hemel, uit u vaste woonplek, hulle gebed en hulle smekinge hoor en aan hulle hul reg verskaf en u volk vergewe wat hulle teen U gesondig het.
40 My God, mag u oë tog nou oop wees en u ore luister na die gebed van hierdie plek.
41 Staan dan nou op na u rusplek, Here God, U en die ark van u sterkte! Laat u priesters, Here God, met heil bekleed wees, en laat u gunsgenote hulle verheug in die goeie.
42 Here God, wys u gesalfde nie af nie; dink aan die gunsbewyse aan u kneg Dawid!
1 Глава 6. [1]3 Цар 8:12. Тогда сказал Соломон: Господь сказал, что Он благоволит обитать во мгле, 2 а я построил дом в жилище Тебе, [Святой,] место для вечного Твоего пребывания. 3 [3]2 Цар 6:18.3 Цар 8:14,55. И обратился царь лицем своим и благословил все собрание Израильтян, — все собрание Израильтян стояло, — 4 [4]3 Цар 8:15. и сказал: благословен Господь, Бог Израилев, Который, что́ сказал устами Своими Давиду, отцу моему, исполнил ныне рукою Своею! Он говорил: 5 [5]2 Цар 7:6.3 Цар 8:16. «с того дня, как Я вывел народ Мой из земли Египетской, Я не избрал города ни в одном из колен Израилевых для построения дома, в котором пребывало бы имя Мое, и не избрал человека, который был бы правителем народа Моего Израиля, 6 но избрал Иерусалим, чтобы там пребывало имя Мое, и избрал Давида, чтоб он был над народом Моим, Израилем». 7 [7]2 Цар 7:2.3 Цар 8:17.1 Пар 17:1. И было на сердце у Давида, отца моего, построить дом имени Господа, Бога Израилева. 8 Но Господь сказал Давиду, отцу моему: «у тебя есть на сердце построить храм имени Моему; хорошо, что это на сердце у тебя. 9 [9]3 Цар 8:19.Прем 9:8. Однако не ты построишь храм, а сын твой, который произойдет из чресл твоих, — он построит храм имени Моему». 10 [10]3 Цар 8:20. И исполнил Господь слово Свое, которое изрек: я вступил на место Давида, отца моего, и воссел на престоле Израилевом, как сказал Господь, и построил дом имени Господа Бога Израилева. 11 И я поставил там ковчег, в котором завет Господа, заключенный Им с сынами Израилевыми.
12 [12]3 Цар 8:22.1 Езд 9:5. И стал Соломон у жертвенника Господня впереди всего собрания Израильтян, и воздвиг руки свои, — 13 [13]3 Цар 8:22.2 Мак 2:8.Еф 3:14. ибо Соломон сделал медный амвон длиною в пять локтей и шириною в пять локтей, а вышиною в три локтя, и поставил его среди двора; и стал на нем, и преклонил колени впереди всего собрания Израильтян, и воздвиг руки свои к небу, — 14 [14]2 Мак 2:10.3 Цар 8:23. и сказал: Господи Боже Израилев! Нет Бога, подобного Тебе, ни на небе, ни на земле. Ты хранишь завет и милость к рабам Твоим, ходящим пред Тобою всем сердцем своим: 15 Ты исполнил рабу Твоему Давиду, отцу моему, что Ты говорил ему; что изрек Ты устами Твоими, то в день сей исполнил рукою Твоею. 16 [16]3 Цар 8:25.2 Цар 7:16. И ныне, Господи Боже Израилев! исполни рабу Твоему Давиду, отцу моему, то, что Ты сказал ему, говоря: не прекратится у тебя [муж,] сидящий пред лицем Моим на престоле Израилевом, если только сыновья твои будут наблюдать за путями своими, ходя по закону Моему так, как ты ходил предо Мною. 17 [17]3 Цар 8:17. И ныне, Господи Боже Израилев! да будет верно слово Твое, которое Ты изрек рабу Твоему Давиду. 18 [18]3 Цар 8:27.2 Пар 2:6.Ис 66:1. Поистине, Богу ли жить с человеками на земле? Если небо и небеса небес не вмещают Тебя, тем менее храм сей, который построил я. 19 Но призри на молитву раба Твоего и на прошение его, Господи Боже мой! услышь воззвание и молитву, которою раб Твой молится пред Тобою. 20 [20]3 Цар 8:29.Втор 12:5;31:11. Да будут очи Твои отверсты на храм сей днем и ночью, на место, где Ты обещал положить имя Твое, чтобы слышать молитву, которою раб Твой будет молиться на месте сем. 21 [21]3 Цар 8:30. Услышь моления раба Твоего и народа Твоего Израиля, какими они будут молиться на месте сем; услышь с места обитания Твоего, с небес, услышь и помилуй! 22 [22]3 Цар 8:31.Исх 22:11. Когда кто согрешит против ближнего своего, и потребуют от него клятвы, чтоб он поклялся, и будет совершаться клятва пред жертвенником Твоим в храме сем, 23 [23]3 Цар 8:32. тогда Ты услышь с неба и соверши суд над рабами Твоими, воздай виновному, возложив поступок его на голову его, и оправдай правого, воздав ему по правде его. 24 [24]3 Цар 8:33–34.Втор 28:25. Когда поражен будет народ Твой Израиль неприятелем за то, что согрешил пред Тобою, и они обратятся к Тебе, и исповедают имя Твое, и будут просить и молиться пред Тобою в храме сем, 25 тогда Ты услышь с неба, и прости грех народа Твоего Израиля, и возврати их в землю, которую Ты дал им и отцам их. 26 [26]Лев 26:19.Втор 11:17.3 Цар 8:35. Когда заключится небо и не будет дождя за то, что они согрешили пред Тобою, и будут молиться на месте сем, и исповедают имя Твое, и обратятся от греха своего, потому что Ты смирил их, 27 тогда Ты услышь с неба и прости грех рабов Твоих и народа Твоего Израиля, указав им добрый путь, по которому идти им, и пошли дождь на землю Твою, которую Ты дал народу Твоему в наследие. 28 [28]2 Пар 20:9. Голод ли будет на земле, будет ли язва моровая, будет ли ветер палящий или ржа, саранча или червь, будут ли теснить его неприятели его на земле владений его, будет ли какое бедствие, какая болезнь, 29 всякую молитву, всякое прошение, какое будет от какого-либо человека или от всего народа Твоего Израиля, когда они почувствуют каждый бедствие свое и горе свое и прострут руки свои к храму сему, 30 Ты услышь с неба — места обитания Твоего, и прости, и воздай каждому по всем путям его, как Ты знаешь сердце его, — ибо Ты один знаешь сердце сынов человеческих, — 31 чтобы они боялись Тебя и ходили путями Твоими во все дни, доколе живут на земле, которую Ты дал отцам нашим. 32 [32]3 Цар 8:41.Ис 55:5–6. Даже и иноплеменник, который не от народа Твоего Израиля, когда он придет из земли далекой ради имени Твоего великого и руки Твоей могущественной и мышцы Твоей простертой, и придет и будет молиться у храма сего, 33 Ты услышь с неба, с места обитания Твоего, и сделай все, о чем будет взывать к Тебе иноплеменник, чтобы все народы земли узнали имя Твое, и чтобы боялись Тебя, как народ Твой Израиль, и знали, что Твоим именем называется дом сей, который построил я. 34 Когда выйдет народ Твой на войну против неприятелей своих путем, которым Ты пошлешь его, и будет молиться Тебе, обратившись к городу сему, который избрал Ты, и к храму, который я построил имени Твоему, 35 тогда услышь с неба молитву их и прошение их и сделай, что потребно для них. 36 [36]3 Цар 8:46.Притч 20:9.Еккл 7:20.3 Езд 8:35.1 Ин 1:8. Когда они согрешат пред Тобою, — ибо нет человека, который не согрешил бы, — и Ты прогневаешься на них, и предашь их врагу, и отведут их пленившие их в землю далекую или близкую, 37 [37]Дан 9:13.Чис 14:40. и когда они в земле, в которую будут пленены, войдут в себя и обратятся и будут молиться Тебе в земле пленения своего, говоря: мы согрешили, сделали беззаконие, мы виновны, 38 [38]1 Цар 7:6.3 Цар 8:47–48. и обратятся к Тебе всем сердцем своим и всею душою своею в земле пленения своего, куда отведут их в плен, и будут молиться, обратившись к земле своей, которую Ты дал отцам их, и к городу, который избрал Ты, и к храму, который я построил имени Твоему, — 39 [39]Пс 33:16. тогда услышь с неба, с места обитания Твоего, молитву их и прошение их, и сделай, что потребно для них, и прости народу Твоему, в чем он согрешил пред Тобою. 40 Боже мой! да будут очи Твои отверсты и уши Твои внимательны к молитве на месте сем. 41 [41]Чис 10:36.Пс 131:8–9. И ныне, Господи Боже, стань на место покоя Твоего, Ты и ковчег могущества Твоего. Священники Твои, Господи Боже, да облекутся во спасение, и преподобные Твои да насладятся благами. 42 [42]2 Цар 7:13,15. Господи Боже! не отврати лица помазанника Твоего, помяни милости к Давиду, рабу Твоему.