1 MAAR toe Jósafat, die koning van Juda, behoue na sy huis in Jerusalem terugkom,
2 het die siener Jehu, die seun van Hanáni, uitgegaan hom tegemoet, en aan koning Jósafat gesê: Moet 'n mens die goddelose help, en het u lief die wat die Here haat? Daarom kom daar nou 'n toorn op u van die Here.
3 Tog is daar goeie dinge by u gevind, want u het die heilige boomstamme uit die land uitgeroei en u hart daarop gerig om God te soek.
4 En Jósafat het in Jerusalem gewoon, en hy het weer uitgegaan onder die volk, van Berséba af tot by die gebergte van Efraim, en hulle laat terugkeer tot die Here, die God van hulle vaders.
5 En hy het regters aangestel in die land, in al die versterkte stede van Juda, in elke stad.
6 En hy het aan die regters gesê: Kyk wat julle doen, want julle spreek nie reg vir die mens nie, maar vir die Here; en Hy is by julle in die regspraak.
7 Mag die skrik vir die Here dan nou op julle wees; handel nougeset, want by die Here onse God is geen onreg of partydigheid of aanneming van geskenke nie.
8 En ook in Jerusalem het Jósafat sommige van die Leviete en van die priesters en van die familiehoofde uit Israel aangestel vir die gereg van die Here en vir regsake. En hulle het in Jerusalem teruggekom.
9 En hy het hulle bevel gegee en gesê: So moet julle handel in die vrees van die Here, met getrouheid en met 'n volkome hart.
10 En by al die regsake wat voor julle kom vanweë julle broers wat in hulle stede woon, oor moord, oor wette en gebooie en insettinge en verordeninge, moet julle hulle waarsku, sodat hulle hul nie skuldig maak teen die Here en 'n toorn oor julle en oor julle broers kom nie; so moet julle handel, dat julle jul nie skuldig maak nie.
11 En kyk, Amárja, die hoofpriester, is oor julle vir enige saak van die Here, en Sebádja, die seun van Ismael, die bevelhebber van die huis van Juda, vir enige saak van die koning, en as opsigters staan die Leviete tot julle beskikking; julle moet sterk wees en dit doen. En mag die Here met die goeies wees!
1 И возвращался Иосафат, царь Иудейский, в мире в дом свой в Иерусалим. 2 Глава 19. [2]3 Цар 16:1. И выступил навстречу ему Ииуй, сын Анании, прозорливец, и сказал царю Иосафату: следовало ли тебе помогать нечестивцу и любить ненавидящих Господа? За это на тебя гнев от лица Господня. 3 [3]3 Цар 14:13.2 Пар 12:12.Неем 9:8. Впрочем и доброе найдено в тебе, потому что ты истребил кумиры в земле [Иудейской] и расположил сердце свое к тому, чтобы взыскать Бога.
4 И жил Иосафат в Иерусалиме. И опять стал он обходить народ свой от Вирсавии до горы Ефремовой, и обращал их к Господу, Богу отцов их. 5 [5]Втор 16:18. И поставил судей на земле по всем укрепленным городам Иудеи в каждом городе, 6 [6]Втор 1:17.Пс 81:2.Прем 6:4. и сказал судьям: смотрите, что вы делаете, вы творите не суд человеческий, но суд Господа; и Он с вами в деле суда. 7 [7]Втор 10:17.Иов 34:19.Прем 6:7.Сир 35:12.Деян 10:34.1 Пет 1:17.Рим 2:11.Гал 2:6.Еф 6:9.Кол 3:25. Итак да будет страх Господень на вас: действуйте осмотрительно, ибо нет у Господа Бога нашего неправды, ни лицеприятия, ни мздоимства. 8 И в Иерусалиме приставил Иосафат некоторых из левитов и священников и глав поколений у Израиля — к суду Господню и к тяжбам. И возвратились в Иерусалим. 9 И дал им повеление, говоря: так действуйте в страхе Господнем, с верностью и с чистым сердцем: 10 [10]Втор 17:8. во всяком деле спорном, какое поступит к вам от братьев ваших, живущих в городах своих, о кровопролитии ли, или о законе, заповеди, уставах и обрядах, наставляйте их, чтобы они не провинились пред Господом, и не было бы гнева Его на вас и на братьев ваших; так действуйте, — и вы не погрешите. 11 [11]Зах 3:7. И вот Амария, первосвященник, над вами во всяком деле Господнем, а Зевадия, сын Исмаилов, князь дома Иудина, во всяком деле царя, и надзиратели левиты пред вами. Будьте тверды и действуйте, и будет Господь с добрым.