Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Crônicas 22

SYNOD

Ahásia, koning van Juda, word deur Jehu omgebring.

1 TOE maak die inwoners van Jerusalem Ahásia, sy jongste seun, koning in sy plek; want die bende wat met die Arabiere in die laer gekom het, het al die oueres gedood. En Ahásia, die seun van Joram, die koning van Juda, het koning geword.

2 Twee-en-twintig jaar was Ahásia oud toe hy koning geword het, en een jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Atália, die dogter van Omri.

3 Hy het ook gewandel in die weë van die huis van Agab, want sy moeder was sy raadgeefster om goddeloos te handel.

4 En hy het gedoen wat verkeerd was in die van die Here soos die huis van Agab, want húlle was sy raadgewers die dood van sy vader, hom tot 'n verderf.

5 Hy het ook volgens hulle raad gewandel en met Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, saamgetrek in die oorlog teen Hásael, die koning van Aram, by Ramot in Gílead; maar die Arameërs het Joram gewond.

6 En hy het teruggekom om hom in Jísreël te laat genees van die wonde wat hom toegebring is by Rama in die oorlog teen Hásael, die koning van Aram; en Ahásia, die seun van Joram, die koning van Juda, het afgekom om Joram, die seun van Agab, in Jísreël te besoek, want hy was siek.

7 Maar die ondergang van Ahásia was van God, dat hy na Joram moes kom; en daar aangekom, het hy saam met Joram uitgetrek teen Jehu, die seun van Nimsi, wat die Here gesalf het om die huis van Agab uit te roei.

8 En toe Jehu die strafgerig voltrek aan die huis van Agab, het hy die owerstes van Juda en die seuns van die broers van Ahásia, die dienaars van Ahásia, aangetref en hulle gedood.

9 Daarna het hy Ahásia gesoek, en hulle het hom gevang terwyl hy in Samaría wegkruip en hom na Jehu gebring; en hulle het hom gedood en hom begrawe, want hulle het gesê: Hy is die seun van Jósafat, wat die Here met sy hele hart gesoek het. En daar was niemand in die huis van Ahásia wat in staat was om te regeer nie.

Die goddelose Atália oorweldig die troon van Juda. Jójada, die priester, herstel die geslag van Dawid.

10 TOE Atália, die moeder van Ahásia, sien dat haar seun dood was, het sy haar gereedgemaak en die hele koninklike geslag van die huis van Juda omgebring.

11 Maar Jósabat, die dogter van die koning, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring; en Jósabat, die dogter van koning Joram, die vrou van die priester Jójada want sy was die suster van Ahásia het hom vir Atália weggesteek, sodat sy hom nie gedood het nie.

12 En hy was by hulle in die huis van God ses jaar lank verborge, terwyl Atália oor die land regeer.

1 Глава 22. [1]4 Цар 8:24. И поставили царем жители Иерусалима Охозию, меньшего сына его, вместо него, так как всех старших избило полчище, приходившее с Аравитянами к стану, и воцарился Охозия, сын Иорама, царя Иудейского.

2 [2]4 Цар 8:26;11:1. Двадцати двух лет был Охозия, когда воцарился, и один год царствовал в Иерусалиме; имя матери его Гофолия, дочь Амврия. 3 [3]4 Цар 8:27. Он также ходил путями дома Ахавова, потому что мать его была советницею ему на беззаконные дела. 4 И делал он неугодное в очах Господних, подобно дому Ахавову, потому что он был ему советником, по смерти отца его, на погибель ему. 5 [5]4 Цар 8:28.Нав 20:8. Также следуя их совету, он пошел с Иорамом, сыном Ахавовым, царем Израильским, на войну против Азаила, царя Сирийского, в Рамоф Галаадский. И ранили Сирияне Иорама, 6 [6]4 Цар 8:29;9:15–16. и возвратился он в Изреель лечиться от ран, которые причинили ему в Раме, когда он воевал с Азаилом, царем Сирийским. И Охозия, сын Иорама, царь Иудейский, пришел посетить Иорама, сына Ахавова, в Изреель, потому что тот был болен. 7 [7]3 Цар 12:15;19:16.4 Цар 9:6. И от Бога было это на погибель Охозии, что он пришел к Иораму: ибо, по приходе своем, он вышел с Иорамом против Ииуя, сына Намессиева, которого помазал Господь на истребление дома Ахавова. 8 [8]3 Цар 19:17.4 Цар 9:24. Когда совершал Ииуй суд над домом Ахава, тогда он нашел князей Иудейских и сыновей братьев Охозии, служивших Охозии, и умертвил их. 9 [9]4 Цар 9:27–28. И [велел] он искать Охозию, и взяли его, когда он скрывался в Самарии, и привели его к Ииую, и умертвили его, и похоронили его, ибо говорили: он сын Иосафата, который взыскал Господа от всего сердца своего. И не осталось в доме Охозии, кто мог бы царствовать. 10 [10]4 Цар 11:1. Ибо Гофолия, мать Охозии, увидев, что умер сын ее, встала и истребила все царское племя дома Иудина. 11 [11]4 Цар 11:2. Но Иосавеф, дочь царя, взяла Иоаса, сына Охозии, и похитила его из среды царских сыновей умерщвляемых, и поместила его и кормилицу его в спальной комнате; и таким образом Иосавеф, дочь царя Иорама, жена Иодая священника, сестра Охозии, скрыла Иоаса от Гофолии, и она не умертвила его. 12 И был он у них в доме Божием скрываем шесть лет; Гофолия же царствовала над землею.

Veja também