Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Crônicas 15

SYNOD

Asa skaf die afgodery af.

1 TOE het die Gees van God op Asárja, die seun van Oded, gekom;

2 en hy het uitgegaan om Asa te ontmoet en vir hom gesê: Luister na my, Asa en die hele Juda en Benjamin! Die Here is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.

3 En daar was baie dae dat Israel sonder die ware God was en sonder 'n lerende priester en sonder wet.

4 Maar as hulle in die nood hul tot die Here, die God van Israel, bekeer het en Hom gesoek het, het Hy Hom deur hulle laat vind.

5 En in dié tye was daar geen vrede vir wie uit- of ingegaan het nie, maar groot beroering oor al die inwoners van die lande;

6 en nasie het teen nasie en stad teen stad gebots, omdat God hulle deur allerhande nood in verwarring gebring het.

7 Wees julle dan sterk, en laat julle hande nie slap hang nie, want daar is loon volgens julle werk.

8 En toe Asa hierdie woorde en die profesie hoor wat Asárja, die seun van Oded, gespreek het, het hy moed geskep en die verfoeisels verwyder uit die hele land Juda en Benjamin en uit die stede wat hy op die gebergte van Efraim ingeneem het; en die altaar van die Here wat voor die voorportaal van die Here was, het hy herstel.

9 Daarop vergader hy die hele Juda en Benjamin, ook die vreemdelinge wat uit Efraim en Manasse en uit Símeon by hulle was; want uit Israel het hulle in menigte na hom oorgeloop toe hulle sien dat die Here sy God met hom was.

10 En hulle het in Jerusalem byeengekom, in die derde maand van die vyftiende jaar van die regering van Asa,

11 en dieselfde dag aan die Here geoffer van die buit wat hulle ingebring het, sewehonderd beeste en seweduisend stuks kleinvee.

12 En hulle het die verbond aangegaan om die Here, die God van hulle vaders, met hul hele hart en met hul hele siel te soek.

13 En elkeen wat die Here, die God van Israel, nie soek nie, sou gedood word, klein en groot, manne sowel as vroue.

14 En hulle het vir die Here gesweer met 'n groot stem en met gejuig en met trompette en basuine.

15 En die hele Juda was verheug oor die eed, want hulle het met hul hele hart gesweer en met hul hele wil Hom gesoek; en Hy het Hom deur hulle laat vind, en die Here het hulle rus verskaf rondom.

16 Ja, selfs het hy Máäga, die moeder van koning Asa, afgesit as gebiedster, omdat sy 'n afgryslike voorwerp vir Asjéra gemaak het; en Asa het die afgryslike voorwerp omgekap en stukkend gestamp en in die dal Kidron verbrand.

17 Die hoogtes is wel nie uit Israel verwyder nie, maar Asa se hart was volkome al sy dae.

18 En hy het die heilige gawes van sy vader en sy eie heilige gawes in die huis van God ingebring: silwer en goud en allerhande voorwerpe.

19 En daar was geen oorlog tot in die vyf-en-dertigste jaar van die regering van Asa nie.

1 Тогда на Азарию, сына Одедова, сошел Дух Божий, 2 Глава 15. [2]Втор 20:1;31:16–17.Ис 55:6. и вышел он навстречу Асе и сказал ему: послушайте меня, Аса и весь Иуда и Вениамин: Господь с вами, когда вы с Ним; и если будете искать Его, Он будет найден вами; если же оставите Его, Он оставит вас. 3 [3]Ос 3:4.Ам 8:11. Многие дни Израиль будет без Бога истинного, и без священника учащего, и без закона; 4 [4]Прем 1:2. но когда он обратится в тесноте своей к Господу Богу Израилеву и взыщет Его, Он даст им найти Себя. 5 В те времена не будет мира ни выходящему, ни входящему, ибо великие волнения будут у всех жителей земель; 6 [6]Мф 24:6. народ будет сражаться с народом, и город с городом, потому что Бог приведет их в смятение всякими бедствиями. 7 [7]Лк 21:19.1 Кор 15:58.Гал 6:9. Но вы укрепитесь, и пусть не ослабевают руки ваши, потому что есть возмездие за дела ваши.

8 Когда услышал Аса слова сии и пророчество [Азарии], сына Одеда пророка, то ободрился и изверг мерзости языческие из всей земли Иудиной и Вениаминовой и из городов, которые он взял на горе Ефремовой, и обновил жертвенник Господень, который пред притвором Господним. 9 И собрал всего Иуду и Вениамина и живущих с ними переселенцев от Ефрема и Манассии и Симеона; ибо многие от Израиля перешли к нему, когда увидели, что Господь, Бог его, с ним. 10 И собрались в Иерусалим в третий месяц, в пятнадцатый год царствования Асы; 11 и принесли в день тот жертву Господу из добычи, которую привели, из крупного скота семьсот и из мелкого семь тысяч; 12 [12]Нав 24:24–25.Втор 6:5. и вступили в завет, чтобы взыскать Господа Бога отцов своих от всего сердца своего и от всей души своей; 13 [13]2 Пар 22:9. а всякий, кто не станет искать Господа Бога Израилева, должен умереть, малый ли он или большой, мужчина ли или женщина. 14 И клялись Господу громогласно и с восклицанием и при звуке труб и рогов. 15 И радовались все Иудеи сей клятве, потому что от всего сердца своего клялись и со всем усердием взыскали Его, и Он дал им найти Себя. И дал им Господь покой со всех сторон. 16 [16]3 Цар 15:13. И Мааху, мать свою, царь Аса лишил царского достоинства за то, что она сделала истукан для дубравы. И ниспроверг Аса истукан ее, и изрубил в куски, и сжег на долине Кедрона. 17 [17]3 Цар 15:14;22:43.Лк 1:6. Хотя высоты не были отменены у Израиля, но сердце Асы было вполне предано Господу во все дни его. 18 [18]2 Пар 5:1. И внес он посвященное отцом его и свое посвящение в дом Божий, серебро и золото и сосуды. 19 И не было войны до тридцать пятого года царствования Асы.

Veja também