1 VERDER het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die Here.
2 En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam Here het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.
3 Ook het Ek my verbond met hulle opgerig om hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle vreemdelingskap waarin hulle vertoef het;
4 en Ék het ook gehoor die gekerm van die kinders van Israel wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word, en Ek het aan my verbond gedink.
5 Daarom, sê aan die kinders van Israel: Ek is die Here, en Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur 'n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte;
6 en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle 'n God wees. En julle sal erken dat Ek die Here julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit.
7 En Ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as 'n besitting gee, Ek, die Here.
8 Moses het toe so met die kinders van Israel gespreek, maar hulle het nie na Moses geluister nie, uit ongeduldigheid en weens die harde diens.
9 Verder het die Here met Moses gespreek en gesê:
10 Gaan spreek met Farao, die koning van Egipte, dat hy die kinders van Israel uit sy land moet laat uittrek.
11 Maar Moses het voor die aangesig van die Here gespreek en gesê: As die kinders van Israel na my nie geluister het nie, hoe sal Farao dan na my luister terwyl ek onbesnede van lippe is?
12 Daarop het die Here met Moses en Aäron gespreek en hulle met 'n boodskap gestuur na die kinders van Israel en na Farao, die koning van Egipte, om die kinders van Israel uit Egipteland uit te lei.
Geslagsregister van Moses en Aäron.
13 DIT is die hoofde van hulle families. Die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel: Henog en Pallu, Hesron en Karmi; dit is die geslagte van Ruben.
14 En die seuns van Símeon: Jémuel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kanaänitiese vrou; dit is die geslagte van Símeon.
15 En dit is die name van die seuns van Levi volgens hulle afstamming: Gerson en Kehat en Merári. En die lewensjare van Levi was honderd-sewen-en-dertig jaar.
16 Die seuns van Gerson: Libni en Símeï volgens hulle geslagte.
17 En die seuns van Kehat: Amram en Jishar en Hebron en Ússiël; en die lewensjare van Kehat was honderd-drie-en-dertig jaar.
18 En die seuns van Merári: Magli en Musi. Dit is die geslagte van Levi volgens hulle afstamming.
19 En Amram het Jogébed, sy tante, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom Aäron en Moses gebaar. En die lewensjare van Amram was honderd-sewen-en-dertig jaar.
20 En die seuns van Jishar: Korag en Nefeg en Sigri.
21 En die seuns van Ússiël: Mísael, Élsafan en Sitri.
22 En Aäron het Eliséba, die dogter van Ammínadab, die suster van Nagson, vir hom as vrou geneem; en sy het vir hom gebaar: Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar.
23 En die seuns van Korag: Assir en Élkana en Abíasaf. Dit is die geslagte van die Koragiete.
24 En Eleásar, die seun van Aäron, het vir hom een van die dogters van Pútiël as vrou geneem; en sy het vir hom Pínehas gebaar. Dit is die familiehoofde van die Leviete volgens hulle geslagte.
25 Dit is Aäron en Moses aan wie die Here gesê het: Lei die kinders van Israel uit Egipteland volgens hulle leërskare.
26 Dit is hulle wat met Farao, die koning van Egipte, gespreek het om die kinders van Israel uit Egipte uit te lei. Dit is Moses en Aäron.
Moses en die towenaars van Egipte.
27 DIE dag toe die Here met Moses gespreek het in Egipteland,
28 het die Here Moses aangespreek met die woorde: Ek is die Here. Sê aan Farao, die koning van Egipte, alles wat Ek met jou spreek.
29 Toe sê Moses voor die aangesig van die Here: Ek is onbesnede van lippe! Hoe sal Farao dan na my luister?
1 Глава 6. [1]Исх 11:1;12:33;13:3. И сказал Господь Моисею: теперь увидишь ты, что Я сделаю с фараоном; по действию руки крепкой он отпустит их; по действию руки крепкой даже выгонит их из земли своей. 2 [2]Исх 15:3. И говорил Бог Моисею и сказал ему: Я Господь. 3 [3]Быт 17:1;26:24;28:13. Являлся Я Аврааму, Исааку и Иакову с именем «Бог Всемогущий», а с именем Моим «Господь»6:3 Иегова. не открылся им; 4 и Я поставил завет Мой с ними, чтобы дать им землю Ханаанскую, землю странствования их, в которой они странствовали. 5 [5]Исх 2:24.Лев 26:42. И Я услышал стенание сынов Израилевых о том, что Египтяне держат их в рабстве, и вспомнил завет Мой. 6 Итак скажи сынам Израилевым: Я Господь, и выведу вас из-под ига Египтян, и избавлю вас от рабства их, и спасу вас мышцею простертою и судами великими; 7 [7]Быт 17:7. и приму вас Себе в народ и буду вам Богом, и вы узнаете, что Я Господь, Бог ваш, изведший вас [из земли Египетской] из-под ига Египетского; 8 [8]Иез 47:14. и введу вас в ту землю, о которой Я, подняв руку Мою, клялся дать ее Аврааму, Исааку и Иакову, и дам вам ее в наследие. Я Господь. 9 Моисей пересказал это сынам Израилевым; но они не послушали Моисея по малодушию и тяжести работ. 10 И сказал Господь Моисею, говоря: 11 войди, скажи фараону, царю Египетскому, чтобы он отпустил сынов Израилевых из земли своей. 12 [12]Исх 4:10.Ис 6:5. И сказал Моисей пред Господом, говоря: вот, сыны Израилевы не слушают меня; как же послушает меня фараон? а я не словесен. 13 И говорил Господь Моисею и Аарону, и давал им повеления к сынам Израилевым и к фараону, царю Египетскому, чтобы вывести сынов Израилевых из земли Египетской.
14 [14]Быт 46:9.Чис 26:5.1 Пар 5:1,3. Вот начальники поколений их: сыны Рувима, первенца Израилева: Ханох и Фаллу, Хецрон и Харми: это семейства Рувимовы. 15 [15]1 Пар 4:24. Сыны Симеона: Иемуил и Иамин, и Огад, и Иахин, и Цохар, и Саул, сын Хананеянки: это семейства Симеона. 16 [16]1 Пар 6:1;23:6.Чис 3:17;26:57. Вот имена сынов Левия по родам их: Гирсон и Кааф и Мерари. А лет жизни Левия было сто тридцать семь. 17 [17]Чис 3:18.1 Пар 6:17;23:7. Сыны Гирсона: Ливни и Шимеи с семействами их. 18 [18]Чис 3:19. Сыны Каафовы: Амрам и Ицгар, и Хеврон, и Узиил. А лет жизни Каафа было сто тридцать три года. 19 [19]Чис 26:57. Сыны Мерари: Махли и Муши. Это семейства Левия по родам их. 20 [20]Исх 2:1–2.Чис 26:59.1 Пар 6:3;23:13.Деян 7:20.Евр 11:23. Амрам взял Иохаведу, тетку свою, себе в жену, и она родила ему Аарона и Моисея [и Мариам, сестру их]. А лет жизни Амрама было сто тридцать семь. 21 [21]Чис 16:1. Сыны Ицгаровы: Корей и Нефег и Зихри. 22 [22]Лев 10:4. Сыны Узииловы: Мисаил и Елцафан и Сифри. 23 [23]Чис 3:2. Аарон взял себе в жену Елисавету, дочь Аминадава, сестру Наассона, и она родила ему Надава и Авиуда, Елеазара и Ифамара. 24 [24]1 Пар 6:22. Сыны Корея: Асир, Елкана и Авиасаф: это семейства Кореевы. 25 [25]Чис 25:7.1 Пар 6:4. Елеазар, сын Аарона, взял себе в жену одну из дочерей Футииловых, и она родила ему Финееса. Вот начальники поколений левитских по семействам их. 26 [26]Деян 7:37. Аарон и Моисей, это — те, которым сказал Господь: выведите сынов Израилевых из земли Египетской по ополчениям их. 27 Они-то говорили фараону, царю Египетскому, чтобы вывести сынов Израилевых из Египта; это — Моисей и Аарон. 28 Итак в то время, когда Господь говорил Моисею в земле Египетской, 29 Господь сказал Моисею, говоря: Я Господь! скажи фараону, царю Египетскому, всё, что Я говорю тебе. 30 [30]Исх 4:10;6:12. Моисей же сказал пред Господом: вот, я несловесен: как же послушает меня фараон?