Pular para o conteúdo
Publicidade

Josué 12

SYNOD

Opsomming van die konings wat Israel verslaan het.

1 EN dit is die konings van die land wat die kinders van Israel verslaan en wie se land hulle in besit geneem het oos van die Jordaan, teen sonop; van die Arnonrivier af tot by die berg Hermon, en die hele Vlakte teen die ooste:

2 Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon gewoon het, wat geheers het van Ároër af wat aan die kant van die Arnonrivier : van die middel van die rivier af en oor die helfte van Gílead tot by die Jabbokrivier, die grens van die kinders van Ammon;

3 en oor die Vlakte tot by die Kínnerotsee, na die ooste toe, en tot by die See van die Vlakte, die Soutsee, oostelik in die rigting van Bet-Hajésimot en teen die suide onderaan die hange van Pisga;

4 en die grondgebied van Og, die koning van Basan, uit 'n oorblyfsel van die Refaïete, wat in Ástarot en Edréï gewoon het,

5 en wat geheers het oor die gebergte Hermon en oor Salka en oor die hele Basan tot by die grens van die Gesuriete en die Maägatiete, en tot die helfte van Gílead, die grondgebied van Sihon, die koning van Hesbon.

6 Moses, die kneg van die Here, en die kinders van Israel het hulle verslaan; en Moses, die kneg van die Here, het dit as 'n besitting gegee aan die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse.

7 En dit is die konings van die land wat Josua en die kinders van Israel verslaan het, duskant die Jordaan na die weste toe: van Baäl-Gad in die laagte van die Líbanon af tot by die Kaal Berg wat oploop na Seïr toe; en Josua het dit as 'n besitting aan die stamme van Israel gegee volgens hulle afdelings

8 op die Gebergte en in die Laeveld en in die Vlakte en aan die hange en in die woestyn en in die Suidland: die Hetiete, Amoriete en Kanaäniete, die Feresiete, Hewiete en Jebusiete:

9 die koning van Jérigo, een; die koning van Ai wat langsaan Bet-el , een;

10 die koning van Jerusalem, een; die koning van Hebron, een;

11 die koning van Jarmut, een; die koning van Lagis, een;

12 die koning van Eglon, een; die koning van Geser, een;

13 die koning van Debir, een; die koning van Geder, een;

14 die koning van Horma, een; die koning van Arad, een;

15 die koning van Libna, een; die koning van Adúllam, een;

16 die koning van Makkéda, een; die koning van Bet-el, een;

17 die koning van Tappúag, een; die koning van Hefer, een;

18 die koning van Afek, een; die koning van Lassáron, een;

19 die koning van Madon, een; die koning van Hasor, een;

20 die koning van Simron-Meron, een; die koning van Agsaf, een;

21 die koning van Táänag, een; die koning van Megíddo, een;

22 die koning van Kedes, een; die koning van Jókneam, by die Karmel, een;

23 die koning van Dor, op die hoëveld van Dor, een; die koning van die heidene by Gilgal, een;

24 die koning van Tirsa, een al die konings saam, een-en-dertig.

1 Глава 12. [1]Чис 21:13. Вот цари той земли, которых поразили сыны Израилевы и которых землю взяли в наследие по ту сторону Иордана к востоку солнца, от потока Арнона до горы Ермона, и всю равнину к востоку: 2 [2]Чис 21:24.Ис 16:2.Быт 32:22. Сигон, царь Аморрейский, живший в Есевоне, владевший от Ароера, что при береге потока Арнона, и от средины потока, половиною Галаада, до потока Иавока, предела Аммонитян, 3 [3]Чис 33:49;34:11.Быт 14:3. и равниною до самого моря Хиннерефского к востоку и до моря равнины, моря Соленого, к востоку по дороге к Беф-Иешимофу, а к югу местами, лежащими при подошве Фасги; 4 [4]Нав 13:12.Втор 1:4. сопредельный ему Ог, царь Васанский, последний из Рефаимов, живший в Астарофе и в Едреи, 5 [5]Втор 3:13.1 Цар 27:8. владевший горою Ермоном и Салхою и всем Васаном, до предела Гессурского и Маахского, и половиною Галаада, до предела Сигона, царя Есевонского. 6 [6]Чис 21:24;32:33. Моисей, раб Господень, и сыны Израилевы убили их; и дал ее Моисей, раб Господень, в наследие колену Рувимову и Гадову и половине колена Манассиина.

7 [7]Нав 10:40. И вот цари [Аморрейской] земли, которых поразил Иисус и сыны Израилевы по эту сторону Иордана к западу, от Ваал-Гада на долине Ливанской до Халака, горы, простирающейся к Сеиру, которую отдал Иисус коленам Израилевым в наследие, по разделению их, 8 на горе, на низменных местах, на равнине, на местах, лежащих при горах, и в пустыне и на юге, Хеттеев, Аморреев, Хананеев, Ферезеев, Евеев и Иевусеев: 9 [9]Нав 6:1;8:29. один царь Иерихона, один царь Гая, что близ Вефиля, 10 [10]Нав 10:1. один царь Иерусалима, один царь Хеврона, 11 [11]Нав 10:3. один царь Иармуфа, один царь Лахиса, 12 [12]Нав 10:33. один царь Еглона, один царь Газера, 13 [13]Нав 10:39. один царь Давира, один царь Гадера, 14 один царь Хормы, один царь Арада, 15 один царь Ливны, один царь Одоллама, 16 [16]Нав 10:28. один царь Македа, один царь Вефиля, 17 [17]3 Цар 4:10. один царь Таппуаха, один царь Хефера. 18 Один царь Афека, один царь Шарона, 19 один царь Мадона, один царь Асора, 20 [20]Нав 11:1. один царь Шимрон-Мерона, один царь Ахсафа, 21 один царь Фаанаха, один царь Мегиддона, 22 один царь Кедеса, один царь Иокнеама при Кармиле, 23 один царь Дора при Нафаф-Доре, один царь Гоима в Галгале, 24 один царь Фирцы. Всех царей тридцать один.

Veja também