Verdere verdeling van die land.
1 DAAROP het die hele vergadering van die kinders van Israel in Silo byeengekom en daar die tent van samekoms opgeslaan, aangesien die land voor hulle onderwerp was.
2 Maar daar was onder die kinders van Israel nog sewe stamme oor wie se erfenis hulle nie verdeel het nie.
3 Toe sê Josua aan die kinders van Israel: Hoe lank sal julle jul so traag hou om die land in besit te gaan neem wat die Here, die God van julle vaders, aan julle gegee het?
4 Bring tot drie man uit elke stam, dat ek hulle kan uitstuur, en dat hulle kan klaarmaak en die land deurgaan en dit beskrywe met die oog op hulle erfdeel; dan moet hulle na my toe kom
5 en dit onder mekaar in sewe dele verdeel: Juda moet sy gebied in die suide behou, en die huis van Josef moet sy gebied in die noorde behou.
6 Maar julle moet die land in sewe dele beskrywe en die beskrywing hier na my toe bring; dan sal ek vir julle die lot werp, hier voor die aangesig van die Here onse God.
7 Want die Leviete het geen aandeel onder julle nie, omdat die priesterskap van die Here hulle erfdeel is; en Gad en Ruben en die halwe stam van Manasse het hulle erfdeel ontvang oorkant die Jordaan in die ooste, wat Moses, die kneg van die Here, hulle gegee het.
8 Die manne het toe klaargemaak en gegaan; en by hulle vertrek het Josua hulle bevel gegee om die land te beskrywe, met die woorde: Gaan heen, trek rond in die land en beskrywe dit, en kom na my terug; dan sal ek hier vir julle die lot werp voor die aangesig van die Here in Silo.
9 En die manne het gegaan en die land deurgetrek en dit in 'n boek beskrywe, volgens die stede, in sewe dele, en na Josua gekom in die laer van Silo.
10 Toe het Josua vir hulle die lot gewerp in Silo, voor die aangesig van die Here; en Josua het die land daar onder die kinders van Israel verdeel volgens hulle afdelings.
Die erfdeel van Benjamin.
11 EN die lot het opgekom van die stam van die kinders van Benjamin volgens hulle geslagte; en die gebied wat vir hulle deur die lot aangewys is, het uitgekom tussen die kinders van Juda en die kinders van Josef;
12 en hulle lyn aan die noordekant was: van die Jordaan af; dan loop die lyn op na die noordelike hang van Jérigo, en dit loop op in die gebergte in westelike rigting en loop dood by die woestyn van Bet-Awen;
13 en daarvandaan loop die lyn oor na Lus, na die suidelike hang van Lus, dit is Bet-el; verder loop die lyn af na Atrot-Addar, op die gebergte wat suid lê van Bet-Horon-Onder;
14 dan buig die lyn om en swaai na die westekant, teen suid, van die gebergte wat suid teenoor Bet-Horon lê; verder loop dit dood by Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Jeárim, die stad van die kinders van Juda; dit is die westekant;
15 en die suidekant begin by die uiteinde van Kirjat-Jeárim; en die lyn loop aan in die weste en dan na die waterfontein van Neftóag;
16 dan loop die lyn af na die uiteinde van die berg wat teenoor die dal Ben-Hinnom, noordelik in die dal van die Refaïete lê; dan loop dit af na die dal Hinnom, na die suidelike hang van die Jebusiete, en loop af na die fontein Rogel;
17 verder buig dit noord om en loop aan na die fontein Semes; dan loop dit aan na die klipkrale wat teenoor die hoogte van Adúmmim lê, en loop af na die klip van Bohan, die seun van Ruben;
18 dan gaan dit oor na die hang teenoor die Áraba in noordelike rigting en loop af na die Áraba;
19 verder loop die lyn oor na die hang van Bet-Hogla in noordelike rigting; dan loop die lyn dood by die noordelike tong van die Soutsee, aan die mond van die Jordaan in die suide; dit is die suidelike lyn;
20 en die Jordaan begrens dit aan die oostekant. Dit is die erfdeel van die kinders van Benjamin na hulle geslagte, volgens sy lyne rondom.
21 En die stede van die stam van die kinders van Benjamin, volgens hulle geslagte, was: Jérigo en Bet-Hogla en Emek-Kesis,
22 en Bet-Áraba en Semaráim en Bet-el,
23 en Haäwim en Para en Ofra,
24 en Kefar-Haämmóni en Ofni en Gaba: twaalf stede met hulle dorpe;
25 Gíbeon en Rama en Béërot,
26 en Mispe en Kefíra en Mosa,
27 en Rekem en Jírpeël en Táreala,
28 en Sela, Elef en Jebúsi, dit is Jerusalem, Gíbeat, Kirjat: veertien stede met hulle dorpe. Dit is die erfdeel van die kinders van Benjamin volgens hulle geslagte.
1 Глава 18. [1]Нав 21:2.3 Цар 13:2. Все общество сынов Израилевых собралось в Силом, и поставили там скинию собрания, ибо земля была покорена ими. 2 Из сынов же Израилевых оставалось семь колен, которые еще не получили удела своего. 3 И сказал Иисус сынам Израилевым: долго ли вы будете нерадеть о том, чтобы пойти и взять в наследие землю, которую дал вам Господь Бог отцов ваших? 4 дайте от себя по три человека из колена; я пошлю их, и они встав пройдут по земле и опишут ее, как надобно разделить им на уделы, и придут ко мне; 5 пусть разделят ее на семь уделов; Иуда пусть остается в пределе своем на юге, а дом Иосифов пусть остается в пределе своем на севере; 6 а вы распишите землю на семь уделов и представьте мне сюда: я брошу вам жребий здесь пред лицем Господа Бога нашего; 7 [7]Иез 44:28.Чис 32:33.Втор 3:12. а левитам нет части между вами, ибо священство Господне есть удел их; Гад же, Рувим и половина колена Манассиина получили удел свой за Иорданом к востоку, который дал им Моисей, раб Господень. 8 Эти люди встали и пошли. Иисус же пошедшим описывать землю дал такое приказание: пойдите, обойдите землю, опишите ее и возвратитесь ко мне; а я здесь брошу вам жребий пред лицем Господним, в Силоме. 9 [9]2 Цар 24:8. Они пошли, прошли по земле, [осмотрели ее] и описали ее, по городам ее, на семь уделов, в книге, и пришли к Иисусу в стан, в Силом. 10 Иисус бросил им жребий в Силоме пред Господом, и разделил там Иисус землю сынам Израилевым по участкам их.
11 [11]Втор 33:12. [Первый] жребий вышел колену сынов Вениаминовых, по племенам их. Предел их по жребию шел между сынами Иуды и между сынами Иосифа; 12 [12]Нав 7:2. предел их на северной стороне начинается у Иордана, и проходит предел сей подле Иерихона с севера, и восходит на гору к западу, и оканчивается в пустыне Бефавен; 13 [13]Быт 12:8.Нав 16:2.3 Цар 9:17. оттуда предел идет к Лузу, к южной стороне Луза, иначе Вефиля, и нисходит предел к Атароф-Адару, к горе, которая на южной стороне Беф-Орона нижнего; 14 [14]Нав 15:9,60. потом предел поворачивает и склоняется к морской стороне на юг от горы, которая на юге пред Беф-Ороном, и оканчивается у Кириаф-Ваала, иначе Кириаф-Иарима, города сынов Иудиных. Это западная сторона. 15 Южною же стороною от Кириаф-Иарима идет предел к морю и доходит до источника вод Нефтоаха; 16 [16]Нав 15:7. потом предел нисходит к концу горы, которая пред долиною сына Енномова, на долине Рефаимов, к северу, и нисходит долиною Еннома к южной стороне Иевуса, и идет к Ен-Рогелу; 17 [17]Нав 22:10. потом поворачивает от севера и идет к Ен-Шемешу, и идет к Гелилофу, который против возвышенности Адуммима, и нисходит к камню Богана, сына Рувимова; 18 потом проходит близ равнины к северу и нисходит на равнину; 19 [19]Нав 15:2. отсюда проходит предел подле Беф-Хоглы к северу, и оканчивается предел у северного залива моря Соленого, у южного конца Иордана. Вот предел южный. С восточной же стороны пределом служит Иордан. 20 Вот удел сынов Вениаминовых, с пределами его со всех сторон, по племенам их. 21 Города колену сынов Вениаминовых, по племенам их, принадлежали сии: Иерихон, Беф-Хогла и Емек-Кециц, 22 Беф-Арава, Цемараим и Вефиль, 23 [23]Втор 2:23. Аввим, Фара и Офра, 24 [24]3 Цар 15:22. Кефар-Аммонай, Афни и Гева: двенадцать городов с их селами. 25 [25]Нав 9:17. Гаваон, Рама и Бероф, 26 Мицфе, Кефира и Моца, 27 Рекем, Ирфеил и Фарала, 28 [28]Неем 11:4. Цела, Елеф и Иевус, иначе Иерусалим, Гивеаф и Кириаф: четырнадцать городов с их селами. Вот удел сынов Вениаминовых, по племенам их.