Tweede plaag: die paddas.
1 VERDER het die Here met Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek die Here: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.
2 En as jy weier om hulle te laat trek, kyk, dan sal Ek jou hele grondgebied met paddas teister,
3 sodat die Nyl van paddas sal wemel. En hulle sal opklim en in jou huis kom en in jou slaapkamer en op jou bed; ook in die huis van jou dienaars en onder jou volk, en in jou bakoonde en in jou bakskottels.
4 En die paddas sal teen jou en teen jou volk en teen al jou dienaars opspring.
5 Verder het die Here met Moses gespreek: Sê aan Aäron: Steek jou hand uit met jou staf oor die strome en oor die kanale en oor die waterkuile, en laat die paddas opkom oor Egipteland.
6 En Aäron het sy hand oor die waters van Egipte uitgesteek, en daar het paddas opgekom en Egipteland oordek.
7 Maar die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste en paddas laat opkom oor Egipteland.
8 Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en gesê: Bid tot die Here, dat Hy die paddas van my en van my volk wegneem. Dan sal ek die volk laat trek, dat hulle aan die Here kan offer.
9 Maar Moses sê aan Farao: Aan u die eer bo my! Teen watter tyd moet ek vir u en u dienaars en vir u volk bid, dat die paddas van u en uit u huise uitgeroei word om net in die Nyl oor te bly?
10 En hy antwoord: Teen môre. Toe sê hy: Dit sal wees volgens u woord, dat u kan weet dat daar niemand is soos die Here onse God nie.
11 En die paddas sal u en u huise en u dienaars en u volk verlaat. Net in die Nyl sal hulle oorbly.
12 Toe het Moses en Aäron van Farao af weggegaan; en Moses het tot die Here geroep vanweë die paddas wat Hy oor Farao beskik het.
13 En die Here het gedoen volgens die woord van Moses: die paddas het weggesterwe uit die huise, van die plase af en uit die veld.
14 En hulle het dit by hope bymekaargemaak, en die land het gestink.
15 En toe Farao sien dat daar verligting kom, het hy sy hart verhard en na hulle nie geluister nie, soos die Here gespreek het.
Derde plaag: muskiete.
16 VERDER het die Here met Moses gespreek: Sê aan Aäron: Steek jou staf uit en slaan die stof van die aarde, en dit sal muskiete word in die hele Egipteland.
17 En hulle het so gedoen: Aäron het sy hand met sy staf uitgesteek en die stof van die aarde geslaan, en daar het muskiete gekom op die mense en op die vee. Al die stof van die aarde het muskiete geword in die hele Egipteland.
18 En die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste om die muskiete voort te bring, maar hulle kon nie. So was die muskiete dan op die mense en op die vee.
19 Toe sê die towenaars vir Farao: Dit is die vinger van God! Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie, soos die Here gespreek het.
Vierde plaag: steekvlieë.
20 VERDER het die Here vir Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao — kyk, hy sal na die water toe uitgaan — en sê vir hom: So spreek die Here: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.
21 Want as jy my volk nie laat trek nie, kyk, dan stuur Ek teen jou en teen jou dienaars en teen jou volk en teen jou huise die steekvlieë, sodat die huise van die Egiptenaars vol steekvlieë sal wees, en selfs die grond waar hulle op staan.
22 Maar Ek sal op dié dag met die land Gosen, waarin my volk woon, 'n uitsondering maak, dat daar geen steekvlieë sal wees nie; sodat jy kan weet dat Ek die Here is in die land.
23 En Ek sal 'n verlossing stel tussen my volk en jou volk. Môre sal hierdie teken plaasvind.
24 En die Here het so gedoen: dik swerms steekvlieë het in die huis van Farao en in die huis van sy dienaars en in die hele Egipteland gekom; die land is deur die steekvlieë verwoes.
25 Toe laat Farao Moses en Aäron roep en sê: Gaan heen, offer aan julle God in die land.
26 Maar Moses antwoord: Dit is nie reg om so te doen nie; want wat ons aan die Here onse God offer, is 'n gruwel vir die Egiptenaars. As ons iets wat 'n gruwel is vir die Egiptenaars, voor hulle oë offer, sal hulle ons dan nie stenig nie?
27 Laat ons drie dagreise ver die woestyn intrek, dat ons aan die Here onse God kan offer soos Hy ons sal beveel.
28 Toe sê Farao: Ek sal julle laat trek, dat julle aan die Here julle God kan offer in die woestyn; julle moet maar net nie te ver wegtrek nie. Bid vir my.
29 En Moses antwoord: Kyk, ek gaan van u af weg en sal tot die Here bid, dat die steekvlieë môre Farao, sy dienaars en sy volk mag verlaat. Laat Farao ons net nie langer bedrieg deur die volk nie te laat trek om aan die Here te offer nie.
30 Toe het Moses van Farao af weggegaan en tot die Here gebid.
31 En die Here het gedoen volgens die woord van Moses: Hy het die steekvlieë van Farao, van sy dienaars en sy volk weggeneem. Daar het nie een oorgebly nie.
32 Maar Farao het sy hart ook hierdie keer verhard en die volk nie laat trek nie.
1 Глава 8. [1]Исх 5:1;7:16. И сказал Господь Моисею: пойди к фараону и скажи ему: так говорит Господь: отпусти народ Мой, чтобы он совершил Мне служение; 2 если же ты не согласишься отпустить, то вот, Я поражаю всю область твою жабами; 3 и воскишит река жабами, и они выйдут и войдут в дом твой, и в спальню твою, и на постель твою, и в домы рабов твоих и народа твоего, и в печи твои, и в квашни твои, 4 и на тебя, и на народ твой, и на всех рабов твоих взойдут жабы. 5 [5]Исх 7:19. И сказал Господь Моисею: скажи Аарону [брату твоему]: простри руку твою с жезлом твоим на реки, на потоки и на озера и выведи жаб на землю Египетскую. 6 [6]Пс 77:45;104:30. Аарон простер руку свою на воды Египетские [и вывел жаб]; и вышли жабы и покрыли землю Египетскую. 7 [7]Прем 17:7. То же сделали и волхвы [Египетские] чарами своими и вывели жаб на землю Египетскую. 8 [8]Исх 10:16.3 Цар 13:6. И призвал фараон Моисея и Аарона и сказал: помолитесь [обо мне] Господу, чтоб Он удалил жаб от меня и от народа моего, и я отпущу народ Израильский принести жертву Господу. 9 Моисей сказал фараону: назначь мне сам, когда помолиться за тебя, за рабов твоих и за народ твой, чтобы жабы исчезли у тебя, [у народа твоего,] в домах твоих, и остались только в реке. 10 [10]Исх 9:14;15:11. Он сказал: завтра. Моисей отвечал: будет по слову твоему, дабы ты узнал, что нет никого, как Господь Бог наш; 11 и удалятся жабы от тебя, от домов твоих [и с полей], и от рабов твоих и от твоего народа; только в реке они останутся. 12 Моисей и Аарон вышли от фараона, и Моисей воззвал к Господу о жабах, которых Он навел на фараона. 13 И сделал Господь по слову Моисея: жабы вымерли в домах, на дворах и на полях [их]; 14 и собрали их в груды, и воссмердела земля. 15 [15]Рим 2:4–5.Исх 4:21. И увидел фараон, что сделалось облегчение, и ожесточил сердце свое, и не послушал их, как и говорил Господь.
16 И сказал Господь Моисею: скажи Аарону: простри [рукою] жезл твой и ударь в персть земную, и [будут мошки на людях и на скоте и на фараоне, и в доме его и на рабах его, вся персть земная] сделается мошками по всей земле Египетской. 17 [17]Пс 104:31. Так они и сделали: Аарон простер руку свою с жезлом своим и ударил в персть земную, и явились мошки на людях и на скоте. Вся персть земная сделалась мошками по всей земле Египетской. 18 Старались также и волхвы чарами своими произвести мошек, но не могли. И были мошки на людях и на скоте. 19 [19]Пс 63:10.Мф 12:28.Лк 11:20. И сказали волхвы фараону: это перст Божий. Но сердце фараоново ожесточилось, и он не послушал их, как и говорил Господь.
20 И сказал Господь Моисею: завтра встань рано и явись пред лице фараона. Вот, он пойдет к воде, и ты скажи ему: так говорит Господь: отпусти народ Мой, чтобы он совершил Мне служение [в пустыне]; 21 а если не отпустишь народа Моего, то вот, Я пошлю на тебя и на рабов твоих, и на народ твой, и в домы твои песьих мух, и наполнятся домы Египтян песьими мухами и самая земля, на которой они живут; 22 [22]Исх 9:26. и отделю в тот день землю Гесем, на которой пребывает народ Мой, и там не будет песьих мух, дабы ты знал, что Я Господь [Бог] среди [всей] земли; 23 Я сделаю разделение между народом Моим и между народом твоим. Завтра будет сие знамение [на земле]. 24 [24]Пс 104:31.Прем 16:9. Так и сделал Господь: налетело множество песьих мух в дом фараонов, и в домы рабов его, и на всю землю Египетскую: погибала земля от песьих мух. 25 И призвал фараон Моисея и Аарона и сказал: пойдите, принесите жертву [Господу] Богу вашему в сей земле. 26 [26]Быт 43:32;46:34. Но Моисей сказал: нельзя сего сделать, ибо отвратительно для Египтян жертвоприношение наше Господу, Богу нашему: если мы отвратительную для Египтян жертву станем приносить в глазах их, то не побьют ли они нас камнями? 27 [27]Исх 3:18. мы пойдем в пустыню, на три дня пути, и принесем жертву Господу, Богу нашему, как скажет нам [Господь]. 28 [28]3 Цар 13:6.Деян 8:24. И сказал фараон: я отпущу вас принести жертву Господу Богу вашему в пустыне, только не уходите далеко; помолитесь обо мне [Господу]. 29 Моисей сказал: вот, я выхожу от тебя и помолюсь Господу [Богу], и удалятся песьи мухи от фараона, и от рабов его, и от народа его завтра, только фараон пусть перестанет обманывать, не отпуская народа принести жертву Господу. 30 И вышел Моисей от фараона и помолился Господу. 31 [31]Исх 10:19;14:28. И сделал Господь по слову Моисея и удалил песьих мух от фараона, от рабов его и от народа его: не осталось ни одной. 32 Но фараон ожесточил сердце свое и на этот раз и не отпустил народа.