Pular para o conteúdo
Publicidade

Deuteronômio 14

SYNOD

Rein en onrein diere.

1 JULLE is kinders van die Here julle God; julle mag julle ter wille van 'n dooie nie stukkend kerwe of 'n kaalte tussen julle maak nie.

2 Want jy is 'n volk heilig aan die Here jou God, en jou het die Here uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is.

3 Jy mag niks eet wat 'n gruwel is nie.

4 Dit is die diere wat julle mag eet: 'n bees, 'n skaap en 'n bok;

5 'n takbok en 'n gemsbok en 'n gestippelde takbok en 'n steenbok en 'n ribbok en 'n eland en 'n klipspringer;

6 en al die diere wat gesplitste kloue het, en wel heeltemal in twee gesplitste kloue, en herkou onder die diere dié mag julle eet.

7 Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat die gesplitste kloue het: die kameel en die haas en die das, want hulle herkou maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hulle vir julle;

8 ook die vark, want hy het gesplitste kloue, maar is geen herkouer nie onrein is hy vir julle. Van hulle vleis mag julle nie eet en hulle aas mag julle nie aanraak nie.

9 Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het, mag julle eet.

10 Maar alles wat geen vinne en skubbe het nie, mag julle nie eet nie onrein is dit vir julle.

11 Al die rein voëls mag julle eet.

12 Maar dít is wat julle uit hulle nie mag eet nie: die arend en die lammervanger en die aasvoël;

13 en die kuikendief en die valk en die gier na sy soorte;

14 en elke kraai na sy soorte;

15 en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk na sy soorte;

16 en die steenuil en die steunuil en die silweruil;

17 en die pelikaan en die klein-aasvoël en die visvanger;

18 en die groot-sprinkaanvoël en die reier na sy soorte, en die hoep-hoep en die vlermuis.

19 En al die insekte met vlerke moet vir julle onrein wees; hulle mag nie geëet word nie.

20 Al die rein voëls mag julle eet.

21 Julle mag geen aas eet nie; vir die vreemdeling wat in jou poorte is, kan jy dit gee, dat hy dit eet, of jy kan dit aan 'n uitlander verkoop; want jy is 'n heilige volk aan die Here jou God. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.

Die tiendes.

22 JY moet noukeurig die hele opbrings van jou saad wat jaar vir jaar uit die land uitspruit vertien.

23 En jy moet voor die aangesig van die Here jou God op die plek wat Hy sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, die tiendes eet van jou koring, van jou mos en van jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee, dat jy kan leer om die Here jou God altyd te vrees.

24 En as die pad vir jou te lank is, as jy dit nie kan vervoer nie, omdat die plek wat die Here jou God sal uitkies om sy Naam daar te vestig, te ver van jou af is, as die Here jou God jou sal seën,

25 dan moet jy dit tot geld maak en die geld in jou hand bind en na die plek gaan wat die Here jou God sal uitkies.

26 Dan moet jy die geld gee vir alles wat jou siel begeer, vir beeste en kleinvee en wyn en sterk drank en vir alles wat jou siel van jou begeer, en jy moet daar eet voor die aangesig van die Here jou God en vrolik wees, jy en jou huis.

27 Maar die Leviet wat in jou poorte is, hom moet jy nie aan sy lot oorlaat nie, want hy het geen deel of erfenis saam met jou nie.

28 Aan die einde van drie jaar moet jy uitbring al die tiendes van jou opbrings in dié jaar en dit in jou poorte wegsit;

29 dan moet die Leviet kom omdat hy geen deel of erfenis saam met jou het nie en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, en hulle moet eet en versadig word, sodat die Here jou God jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen.

1 Глава 14. [1]Лев 19:27–28.3 Цар 18:28. Вы сыны Господа Бога вашего; не делайте нарезов на теле вашем и не выстригайте волос над глазами вашими по умершем; 2 [2]Втор 7:6;26:18. ибо ты народ святой у Господа Бога твоего, и тебя избрал Господь, чтобы ты был собственным Его народом из всех народов, которые на земле.

3 [3]Деян 10:14. Не ешь никакой мерзости. 4 [4]Лев 11:2. Вот скот, который вам можно есть: волы, овцы, козы, 5 [5]Втор 12:15. олень и серна, и буйвол, и лань, и зубр, и орикс, и камелопард. 6 Всякий скот, у которого раздвоены копыта и на обоих копытах глубокий разрез, и который скот жует жвачку, тот ешьте; 7 [7]Лев 11:4. только сих не ешьте из жующих жвачку и имеющих раздвоенные копыта с глубоким разрезом: верблюда, зайца и тушканчика, потому что, хотя они жуют жвачку, но копыта у них не раздвоены: нечисты они для вас; 8 [8]Ис 65:4. и свиньи, потому что копыта у нее раздвоены, но не жует жвачки: нечиста она для вас; не ешьте мяса их, и к трупам их не прикасайтесь. 9 [9]Лев 11:9. Из всех животных, которые в воде, ешьте всех, у которых есть перья и чешуя; 10 а всех тех, у которых нет перьев и чешуи, не ешьте: нечисто это для вас. 11 Всякую птицу чистую ешьте; 12 [12]Лев 11:13. но сих не должно вам есть из них: орла, грифа и морского орла, 13 и коршуна, и сокола, и кречета с породою их, 14 и всякого ворона с породою его, 15 и страуса, и совы, и чайки, и ястреба с породою его, 16 и филина, и ибиса, и лебедя, 17 и пеликана, и сипа, и рыболова, 18 и цапли, и зуя с породою его, и удода, и нетопыря. 19 Все крылатые пресмыкающиеся нечисты для вас, не ешьте [их]. 20 Всякую птицу чистую ешьте. 21 [21]Исх 23:19;34:26. Не ешьте никакой мертвечины; иноземцу, который случится в жилищах твоих, отдай ее, он пусть ест ее, или продай ему, ибо ты народ святой у Господа Бога твоего. Не вари козленка в молоке матери его.

22 [22]Лев 27:30.Чис 18:21. Отделяй десятину от всего произведения семян твоих, которое приходит с поля [твоего] каждогодно, 23 [23]Втор 12:7.Мф 21:12. и ешь пред Господом, Богом твоим, на том месте, которое изберет Он, чтобы пребывать имени Его там; [приноси] десятину хлеба твоего, вина твоего и елея твоего, и первенцев крупного скота твоего и мелкого скота твоего, дабы ты научился бояться Господа, Бога твоего, во все дни. 24 Если же длинна будет для тебя дорога, так что ты не можешь нести сего, потому что далеко от тебя то место, которое изберет Господь, Бог твой, чтоб положить там имя Свое, и Господь, Бог твой, благословил тебя, 25 [25]Мф 21:12. то променяй это на серебро и возьми серебро в руку твою и приходи на место, которое изберет Господь, Бог твой; 26 [26]Лев 10:9.Втор 27:7. и покупай на серебро сие всего, чего пожелает душа твоя, волов, овец, вина, сикера и всего, чего потребует от тебя душа твоя; и ешь там пред Господом, Богом твоим, и веселись ты и семейство твое. 27 [27]Чис 18:20,24. И левита, который в жилищах твоих, не оставь, ибо нет ему части и удела с тобою. 28 [28]Лев 27:30. По прошествии же трех лет отделяй все десятины произведений твоих в тот год и клади [сие] в жилищах твоих; 29 [29]Притч 10:24–25.2 Кор 9:6. и пусть придет левит, ибо ему нет части и удела с тобою, и пришелец, и сирота, и вдова, которые находятся в жилищах твоих, и пусть едят и насыщаются, дабы благословил тебя Господь, Бог твой, во всяком деле рук твоих, которое ты будешь делать.

Veja também