Pular para o conteúdo
Publicidade

Deuteronômio 2

SYNOD

1 DAARNA het ons gedraai en weggetrek na die woestyn, op pad na die Skelfsee, soos die Here aan my gesê het, en ons het om die gebergte Seïr getrek, baie dae lank.

2 Toe het die Here met my gespreek en gesê:

3 Julle het lank genoeg om hierdie gebergte getrek. Draai noordwaarts weg

4 en gee aan die volk bevel en : Julle gaan trek deur die grondgebied van julle broers die kinders van Esau wat in Seïr woon, en hulle sal vir julle vrees; pas dan goed op;

5 begeef julle nie in die oorlog teen hulle nie, want Ek sal julle van hulle land selfs nie 'n voetbreed gee nie; want Ek het aan Esau die gebergte Seïr as 'n besitting gegee.

6 Voedsel moet julle van hulle vir geld koop, dat julle kan eet; en julle moet ook water van hulle vir geld koop, dat julle kan drink.

7 Want die Here jou God het jou geseën in al die werk van jou hand; Hy ken jou trek deur hierdie groot woestyn; nou veertig jaar lank was die Here jou God met jou; geen ding het jou ontbreek nie.

8 Daarop het ons verder getrek, weg van ons broers, die kinders van Esau wat in Seïr woon, weg van die pad deur die Vlakte, weg van Elat en Éseon-Geber; ons het toe weggedraai en verder getrek op pad na die woestyn van Moab.

9 Toe het die Here vir my gesê: Behandel Moab nie as vyand en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van sy land as besitting gee nie, omdat Ek Ar aan die kinders van Lot as 'n besitting gegee het.

10 Die Emiete het tevore daarin gewoon, 'n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete.

11 Hulle word ook vir Refaïete gehou, soos die Enakiete; maar die Moabiete het hulle Emiete genoem.

12 Ook het die Horiete tevore in Seïr gewoon; maar die kinders van Esau het hulle uit hul besitting verdrywe en voor hulle uit verdelg en in hulle plek gaan woon, net soos Israel gedoen het met die land van sy besitting wat die Here aan hulle gegee het.

13 Maak nou klaar en trek oor die spruit Sered. Toe het ons oor die spruit Sered getrek.

14 En die dae van ons trek van Kades-Barnéa af totdat ons oor die spruit Sered gegaan het, was agt-en-dertig jaar totdat die hele geslag, die krygsmanne, uit die laer omgekom het soos die Here hulle dit gesweer het.

15 So was die hand van die Here dan ook teen hulle om hulle uit die laer te vernietig totdat hulle omgekom het.

16 En toe al die krygsmanne heeltemal onder die volk uit weggesterf het,

17 het die Here met my gespreek en gesê:

18 Jy trek vandag die grens van Moab by Ar oor,

19 en jy sal kom in die nabyheid van die kinders van Ammon; behandel hulle nie as vyande en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van die kinders van Ammon se land as besitting gee nie, omdat Ek dit aan die kinders van Lot as besitting gegee het.

20 Dit word ook as 'n land van Refaïete beskou; Refaïete het tevore daarin gewoon, en die Ammoniete het hulle Samsummiete genoem

21 'n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete maar die Here het dié voor hulle uit verdelg, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het;

22 soos Hy in die geval van die kinders van Esau gedoen het wat in Seïr woon, voor wie Hy die Horiete verdelg het, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het tot vandag toe.

23 Ook het die Kaftoriete wat uit Kaftor afkomstig was, die Awiete wat in dorpe tot by Gasa gewoon het, verdelg en in hulle plek gaan woon.

24 Maak julle klaar, breek op en trek deur die Arnonrivier. Kyk, Ek gee Sihon, die koning van Hesbon, die Amoriet, en sy land in jou hand; begin om in besit te neem, en begeef jou in die oorlog teen hom.

25 Vandag sal Ek begin om die skrik en die vrees vir jou op die volke onder die hele hemel te , sodat hulle, as hulle die tyding aangaande jou hoor, voor jou sal sidder en bewe van angs.

26 Toe het ek boodskappers gestuur uit die woestyn Kedémot na Sihon, die koning van Hesbon, met woorde van vrede om te :

27 Laat my deur jou land gaan; ek sal net padlangs trek; ek sal nie regs of links uitdraai nie.

28 Voedsel moet jy my verkoop vir geld, dat ek kan eet; en water moet jy my gee vir geld, dat ek kan drink; laat my net te voet deurtrek

29 soos die kinders van Esau wat in Seïr woon, en die Moabiete wat in Ar woon, met my gedoen het totdat ek deur die Jordaan trek in die land wat die Here onse God aan ons sal gee.

30 Maar Sihon, die koning van Hesbon, wou ons nie by hom laat deurtrek nie; want die Here jou God het sy gees verhard en sy hart verstok, dat Hy hom in jou hand kon gee soos dit vandag is.

31 En die Here het vir my gesê: Kyk, Ek begin om Sihon en sy land aan jou oor te gee; begin om in besit te neem, om sy land in besit te neem.

32 Toe het Sihon uitgetrek ons tegemoet, hy en sy hele volk, om te veg by Jahas.

33 En die Here onse God het hom aan ons oorgegee, sodat ons hom en sy seuns en sy hele volk verslaan het.

34 En ons het in dié tyd al sy stede ingeneem en elke stad met die banvloek getref, manne en vroue en kinders; ons het niemand laat vryraak nie.

35 Net die vee het ons vir ons geroof en die buit van die stede wat ons ingeneem het.

36 Van Ároër af wat aan die kant van die Arnonrivier , en die stad in die dal, tot by Gílead was daar vir ons geen vesting onneembaar nie die Here onse God het alles aan ons oorgegee.

37 Net naby die land van die kinders van Ammon het jy nie gekom nie: die hele kant van die Jabbokrivier en die stede van die gebergte en alles wat die Here onse God verbied het.

1 Глава 2. [1]Чис 21:4. И обратились мы и отправились в пустыню к Чермному морю, как говорил мне Господь, и много времени ходили вокруг горы Сеира. 2 И сказал мне Господь, говоря: 3 [3]Суд 5:4. полно вам ходить вокруг этой горы, обратитесь к северу; 4 [4]Чис 20:14,21. и народу дай повеление и скажи: вы будете проходить пределы братьев ваших, сынов Исавовых, живущих на Сеире, и они убоятся вас; но остерегайтесь 5 [5]1 Цар 14:47.2 Цар 8:14.3 Цар 11:15. начинать с ними войну, ибо Я не дам вам земли их ни на стопу ноги, потому что гору Сеир Я дал во владение Исаву; 6 пищу покупайте у них за серебро и ешьте; и воду покупайте у них за серебро и пейте; 7 [7]Втор 1:31.Быт 21:22. ибо Господь, Бог твой, благословил тебя во всяком деле рук твоих, покровительствовал тебе во время путешествия твоего по великой [и страшной] пустыне сей; вот, сорок лет Господь, Бог твой, с тобою; ты ни в чем не терпел недостатка. 8 [8]4 Цар 14:22.3 Цар 9:26. И шли мы мимо братьев наших, сынов Исавовых, живущих на Сеире, путем равнины, от Елафа и Ецион-Гавера, и поворотили, и шли к пустыне Моава. 9 [9]2 Пар 20:10. И сказал мне Господь: не вступай во вражду с Моавом и не начинай с ними войны; ибо Я не дам тебе ничего от земли его во владение, потому что Ар отдал Я во владение сынам Лотовым; 10 [10]Быт 14:5.Чис 13:23. прежде жили там Эмимы, народ великий, многочисленный и высокий, как сыны Енаковы, 11 и они считались между Рефаимами, как сыны Енаковы; Моавитяне же называют их Эмимами; 12 [12]Быт 14:6;36:20. а на Сеире жили прежде Хорреи; но сыны Исавовы прогнали их и истребили их от лица своего и поселились вместо их так, как поступил Израиль с землею наследия своего, которую дал им Господь; 13 [13]Чис 21:12. итак встаньте и пройдите долину Заред. И прошли мы долину Заред. 14 [14]Втор 1:46.Чис 14:21,29,33;26:65. С тех пор, как мы пошли в Кадес-Варни и как прошли долину Заред, минуло тридцать восемь лет, и у нас перевелся из среды стана весь род ходящих на войну, как клялся им Господь [Бог]; 15 да и рука Господня была на них, чтоб истреблять их из среды стана, пока не вымерли. 16 Когда же перевелись все ходящие на войну и вымерли из среды народа, 17 тогда сказал мне Господь, говоря: 18 ты проходишь ныне мимо пределов Моава, мимо Ара, 19 [19]Суд 11:13,15.Быт 19:38. и приблизился к Аммонитянам; не вступай с ними во вражду и не начинай с ними войны, ибо Я не дам тебе ничего от земли сынов Аммоновых во владение, потому что Я отдал ее во владение сынам Лотовым; 20 и она считалась землею Рефаимов; прежде жили на ней Рефаимы; Аммонитяне же называют их Замзумимами; 21 [21]Чис 13:23. народ великий, многочисленный и высокий, как сыны Енаковы, и истребил их Господь пред лицем их, и изгнали они их и поселились на месте их, 22 как Он сделал для сынов Исавовых, живущих на Сеире, истребив пред лицем их Хорреев, и они изгнали их, и поселились на месте их, и живут до сего дня; 23 [23]Быт 10:14.Иер 47:4.Ам 9:7. и Аввеев, живших в селениях до самой Газы, Кафторимы, исшедшие из Кафтора, истребили и поселились на месте их. 24 Встаньте, отправьтесь и перейдите поток Арнон; вот, Я предаю в руку твою Сигона, царя Есевонского, Аморреянина, и землю его; начинай овладевать ею, и веди с ним войну; 25 [25]Нав 2:9. с сего дня Я начну распространять страх и ужас пред тобою на народы под всем небом; те, которые услышат о тебе, вострепещут и ужаснутся тебя. 26 [26]Чис 21:21. И послал я послов из пустыни Кедемоф к Сигону, царю Есевонскому, с словами мирными, чтобы сказать: 27 позволь пройти мне землею твоею; я пойду дорогою, не сойду ни направо, ни налево; 28 [28]Чис 20:19. пищу продавай мне за серебро, и я буду есть, и воду для питья давай мне за серебро, и я буду пить, только ногами моими пройду 29 так, как сделали мне сыны Исава, живущие на Сеире, и Моавитяне, живущие в Аре, доколе не перейду чрез Иордан в землю, которую Господь, Бог наш, дает нам. 30 [30]Чис 20:20;21:23.Исх 4:21. Но Сигон, царь Есевонский, не согласился позволить пройти нам через свою землю, потому что Господь, Бог твой, ожесточил дух его и сердце его сделал упорным, чтобы предать его в руку твою, как это видно ныне. 31 [31]Ам 2:9. И сказал мне Господь: вот, Я начинаю предавать тебе Сигона [царя Есевонского, Аморреянина,] и землю его; начинай овладевать землею его. 32 И Сигон [царь Есевонский] со всем народом своим выступил против нас на сражение к Яаце; 33 [33]Чис 21:24. и предал его Господь, Бог наш, [в руки наши,] и мы поразили его и сынов его и весь народ его, 34 [34]Втор 3:6;13:15;20:16. и взяли в то время все города его, и предали заклятию все города, мужчин и женщин и детей, не оставили никого в живых; 35 только взяли мы себе в добычу скот их и захваченное во взятых нами городах. 36 [36]2 Цар 24:5.Чис 21:15. От Ароера, который на берегу потока Арнона, и от города, который на долине, до [горы] Галаада не было города, который был бы неприступен для нас: всё предал Господь, Бог наш, [в руки наши]. 37 Только к земле Аммонитян ты не подходил, ни к местам, [лежащим] близ потока Иавока, ни к городам [которые] на горе, ни ко всему, к чему не повелел [нам] Господь, Бог наш.

Veja também