1 KAN jy prooi jag vir die leeuin? Of die honger van die jong leeus stil maak
2 as hulle neerbuig in die lêplekke, klaarsit in die skuilplek om te loer?
3 Wie berei vir die kraai sy spys as sy kleintjies roep tot God, ronddwaal by gebrek aan voedsel?
4 Weet jy die tyd as die steenbokke lam? Neem jy dit waar as die takbokooie voortbring?
5 Tel jy die maande wat hulle dragtig is? En weet jy die tyd dat hulle lam?
6 Hulle buig hul krom, bring hulle kleintjies voort — weg is hulle weë!
7 Hulle kleintjies word sterk, word groot in die veld, loop weg en kom na hulle nie terug nie.
8 Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie het die bande van die woestyn-esel losgemaak?
9 Vir hom het Ek die wildernis sy huis gemaak en die brak land sy woonplek.
10 Hy lag oor die gewoel van die stad; die geskreeu van die drywer hoor hy nie.
11 Die omgewing van die berge is sy weiveld; en al wat groen is, soek hy uit.
12 Sal die buffel gewillig wees om jou te dien? Of sal hy vernag by jou krip?
13 Kan jy die buffel aan die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die laagtes agter jou eg?
14 Sal jy op hom vertrou, omdat sy krag groot is? En aan hom jou arbeid oorlaat?
15 Kan jy op hom reken, dat hy jou gesaaide sal inbring en bymekaarmaak op jou dorsvloer?
16 Die vlerk van die volstruis klap vrolik. Is dit 'n sagaardige vleuel en veer?
17 Want sy laat haar eiers op die grond lê en hou hulle warm op die grond;
18 en vergeet dat 'n voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld dit kan vertrap.
19 Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs — sy is nie bekommerd nie.
20 Want God het haar die wysheid ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand nie.
21 Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter.
22 Gee jy aan die perd sterkte? Beklee jy sy nek met maanhare?
23 Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is 'n verskrikking.
24 Hy grawe in die laagte en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet.
25 Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie.
26 Op hom rammel die pylkoker, die flikkerende spies en lans.
27 Onstuimig en wild verslind hy die grond en staan nie stil as die basuin klink nie.
28 By elke basuinstoot sê hy: Heag! En van ver ruik hy die oorlog, die donderroep van die leërowerstes en die oorlogsgeskreeu.
29 Sweef die valk opwaarts deur jou verstand en sprei sy vlerke uit na die suide toe?
30 Of vlieg die adelaar hoog op jou bevel en bou hy hoog sy nes?
31 Op die rots woon hy en vernag hy, op die rotspunt en bergvesting.
32 Daarvandaan loer hy op voedsel, sy oë kyk in die verte.
33 Ook slurp sy kleintjies bloed, en waar gesneuweldes lê, daar is hy.
Sal Job dan langer met God twis?
34 EN die Here het Job geantwoord en gesê:
35 Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord!
36 Toe het Job die Here geantwoord en gesê:
37 Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond.
38 Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie.
1 Знаешь ли ты время, когда рождают дикие козы на скалах, и замечал ли роды ланей? 2 можешь ли расчислить месяцы беременности их? и знаешь ли время родов их? 3 Они изгибаются, рождая детей своих, выбрасывая свои ноши; 4 дети их приходят в силу, растут на поле, уходят и не возвращаются к ним. 5 Кто пустил дикого осла на свободу, и кто разрешил узы онагру, 6 Глава 39. [6]Пс 106:34. которому степь Я назначил домом и солончаки — жилищем? 7 Он посмевается городскому многолюдству и не слышит криков погонщика, 8 по горам ищет себе пищи и гоняется за всякою зеленью. 9 Захочет ли единорог служить тебе и переночует ли у яслей твоих? 10 Можешь ли веревкою привязать единорога к борозде, и станет ли он боронить за тобою поле? 11 Понадеешься ли на него, потому что у него сила велика, и предоставишь ли ему работу твою? 12 Поверишь ли ему, что он семена твои возвратит и сложит на гумно твое? 13 Ты ли дал красивые крылья павлину и перья и пух страусу? 14 Он оставляет яйца свои на земле, и на песке согревает их, 15 и забывает, что нога может раздавить их и полевой зверь может растоптать их; 16 он жесток к детям своим, как бы не своим, и не опасается, что труд его будет напрасен; 17 потому что Бог не дал ему мудрости и не уделил ему смысла; 18 а когда поднимется на высоту, посмевается коню и всаднику его. 19 Ты ли дал коню силу и облек шею его гривою? 20 Можешь ли ты испугать его, как саранчу? Храпение ноздрей его — ужас; 21 роет ногою землю и восхищается силою; идет навстречу оружию; 22 он смеется над опасностью и не робеет и не отворачивается от меча; 23 колчан звучит над ним, сверкает копье и дротик; 24 [24]Притч 21:31. в порыве и ярости он глотает землю и не может стоять при звуке трубы; 25 при трубном звуке он издает голос: гу! гу! и издалека чует битву, громкие голоса вождей и крик. 26 Твоею ли мудростью летает ястреб и направляет крылья свои на полдень? 27 По твоему ли слову возносится орел и устрояет на высоте гнездо свое? 28 Он живет на скале и ночует на зубце утесов и на местах неприступных; 29 оттуда высматривает себе пищу: глаза его смотрят далеко; 30 птенцы его пьют кровь, и где труп, там и он. 31 И продолжал Господь и сказал Иову: 32 будет ли состязающийся со Вседержителем еще учить? Обличающий Бога пусть отвечает Ему. 33 И отвечал Иов Господу и сказал: 34 вот, я ничтожен; что буду я отвечать Тебе? Руку мою полагаю на уста мои. 35 Однажды я говорил, — теперь отвечать не буду, даже дважды, но более не буду.