Pular para o conteúdo
Publicidade

Jó 31

SYNOD

Job hou verlaas nog sy onskuld staande.

1 EK het 'n verbond gesluit met my : hoe sou ek dan ag gegee het op 'n jonkvrou?

2 Wat tog is die lot wat God daarbo beskik, en die erfdeel van die Almagtige uit die hoogtes

3 is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die werkers van ongeregtigheid nie?

4 Sien nie my weë nie, en tel Hy nie al my voetstappe nie?

5 As ek met leuens omgegaan het en my voet gehardloop het na bedrog:

6 laat Hy my dan weeg op 'n regte weegskaal, sodat God my onskuld kan weet!

7 As my gang afgewyk het van die weg en my hart agter my aangegaan het en aan my hande 'n vlek gekleef het

8 laat my dan saai en iemand anders eet, en laat my uitspruitsels ontwortel word.

9 As my hart verlok was oor 'n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste

10 laat dan my vrou vir iemand anders maal en ander hulle oor haar buig.

11 Want dit is 'n skandelike daad, en dit is 'n strafbare misdaad.

12 Ja, dit is 'n vuur wat tot by die plek van vertering toe vreet en al my opbrings sou ontwortel.

13 As ek gering geag het die reg van my slaaf of van my slavin toe hulle 'n geskil met my gehad het

14 wat sou ek dan doen as God opstaan? En wat Hom antwoord as Hy ondersoek doen?

15 Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie? En het Een ons nie in die geboorte toeberei nie?

16 As ek die armes 'n versoek geweier het en die van die weduwee laat versmag het

17 en my stukkie brood alleen geëet het sonder om die wees daarvan te laat saameet;

18 (veelmeer het hy van my jeug af by my grootgeword soos by 'n vader, en van my moeder se skoot af het ek haar gelei!)

19 as ek iemand sien omkom het sonder klere en dat daar geen bedekking vir die behoeftige was nie;

20 as sy lendene my nie geseën en hy hom nie warm gemaak het van die skeersel van my lammers nie;

21 as ek my hand teen 'n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het

22 laat dan my skouer uit sy gewrig val en my arm van sy pyp afgebreek word.

23 Want die ondergang wat God bewerk, was 'n skrik vir my; en weens sy hoogheid was ek onmagtig.

24 As ek op goud my hoop gestel het en vir die fyn goud gesê het: My vertroue!

25 As ek bly gewees het, omdat my vermoë groot was en my hand baie verwerf het;

26 as ek die sonlig aangesien het wanneer dit helder skyn en die maan wat so pragtig daarheen gaan,

27 en my hart heimlik verlei is, en ek met my hand hulle 'n kus toegewerp het

28 ook dit sou 'n strafbare misdaad wees, want ek sou God daarbo verloën het.

29 As ek bly was oor die ongeluk van my hater en uitgejubel het toe onheil hom getref het;

30 (ja, ek het my verhemelte nie toegelaat om te sondig nie, om deur 'n vloek sy lewe te vorder nie!)

31 as die mense in my tent nie gesê het: Wie kan iemand vind wat van sy vleesspys nie versadig is nie?

32 ( die vreemdeling het nie buitekant vernag nie; my deure het ek oopgemaak na die pad toe!)

33 as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek,

34 omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie!

35 Ag, as iemand my maar wou aanhoor! Kyk hier my handtekening (laat die Almagtige my antwoord!) en die skrif wat my teëparty geskrywe het!

36 Waarlik, op my skouer sou ek dit dra; ek sou dit my ombind as 'n krans.

37 Die getal van my voetstappe sou ek Hom te kenne gee; as 'n vors sou ek na Hom toe aankom.

38 As my saailand my aanklaag en sy vore almal saam ween;

39 as ek sy opbrings geëet het sonder betaling en die lewe van sy eienaars uitgeblaas het

40 laat dan distels in plaas van koring uitspruit en onkruid in plaas van gars.

Hier eindig die woorde van Job.

1 Глава 31. [1]Быт 34:1–2.Сир 9:5.Мф 5:28. Завет положил я с глазами моими, чтобы не помышлять мне о девице. 2 Какая же участь мне от Бога свыше? И какое наследие от Вседержителя с небес? 3 Не для нечестивого ли гибель, и не для делающего ли зло напасть? 4 [4]Иов 23:10;34:21.Пс 138:3. Не видел ли Он путей моих, и не считал ли всех моих шагов? 5 Если я ходил в суете, и если нога моя спешила на лукавство, 6 пусть взвесят меня на весах правды, и Бог узнает мою непорочность. 7 [7]Пс 7:4. Если стопы мои уклонялись от пути и сердце мое следовало за глазами моими, и если что-либо нечистое пристало к рукам моим, 8 [8]Лев 26:16.Втор 28:30,38. то пусть я сею, а другой ест, и пусть отрасли мои искоренены будут. 9 [9]Иов 24:15. Если сердце мое прельщалось женщиною и я строил ковы у дверей моего ближнего, 10 [10]Втор 28:30. пусть моя жена мелет на другого, и пусть другие издеваются над нею, 11 [11]Быт 38:24.Лев 20:10. потому что это преступление, это беззаконие, подлежащее суду; 12 [12]Ис 47:14. это огонь, поядающий до истребления, который искоренил бы все добро мое. 13 [13]Еф 6:9.Кол 4:1. Если я пренебрегал правами слуги и служанки моей, когда они имели спор со мною, 14 то что стал бы я делать, когда бы Бог восстал? И когда бы Он взглянул на меня, что мог бы я отвечать Ему? 15 Не Он ли, Который создал меня во чреве, создал и его и равно образовал нас в утробе? 16 [16]1 Ин 3:17.Иак 2:15–16. Отказывал ли я нуждающимся в их просьбе и томил ли глаза вдовы? 17 [17]Лк 14:13. Один ли я съедал кусок мой, и не ел ли от него и сирота? 18 [18]Иов 29:16.Сир 4:10. Ибо с детства он рос со мною, как с отцом, и от чрева матери моей я руководил вдову. 19 [19]Ис 58:7. Если я видел кого погибавшим без одежды и бедного без покрова, 20 [20]Втор 24:13. не благословляли ли меня чресла его, и не был ли он согрет шерстью овец моих? 21 [21]Ис 58:4. Если я поднимал руку мою на сироту, когда видел помощь себе у ворот, 22 [22]Зах 11:17. то пусть плечо мое отпадет от спины, и рука моя пусть отломится от локтя, 23 [23]Быт 50:19. ибо страшно для меня наказание от Бога: пред величием Его не устоял бы я. 24 [24]Пс 61:11.Мк 10:24. Полагал ли я в золоте опору мою и говорил ли сокровищу: ты надежда моя? 25 Радовался ли я, что богатство мое было велико, и что рука моя приобрела много? 26 [26]Втор 4:19.Иез 8:16. Смотря на солнце, как оно сияет, и на луну, как она величественно шествует, 27 [27]3 Цар 19:18. прельстился ли я в тайне сердца моего, и целовали ли уста мои руку мою? 28 [28]Тит 1:16. Это также было бы преступление, подлежащее суду, потому что я отрекся бы тогда от Бога Всевышнего. 29 [29]Притч 24:17. Радовался ли я погибели врага моего и торжествовал ли, когда несчастье постигало его? 30 Не позволял я устам моим грешить проклятием души его. 31 Не говорили ли люди шатра моего: о, если бы мы от мяс его не насытились? 32 [32]Быт 19:2.Рим 12:13.Евр 13:2. Странник не ночевал на улице; двери мои я отворял прохожему. 33 [33]Быт 3:8.Ос 6:7. Если бы я скрывал проступки мои, как человек, утаивая в груди моей пороки мои, 34 то я боялся бы большого общества, и презрение одноплеменников страшило бы меня, и я молчал бы и не выходил бы за двери. 35 О, если бы кто выслушал меня! Вот мое желание, чтобы Вседержитель отвечал мне, и чтобы защитник мой составил запись. 36 Я носил бы ее на плечах моих и возлагал бы ее, как венец; 37 объявил бы ему число шагов моих, сблизился бы с ним, как с князем. 38 Если вопияла на меня земля моя и жаловались на меня борозды ее; 39 [39]Иак 5:11. если я ел плоды ее без платы и отягощал жизнь земледельцев, 40 то пусть вместо пшеницы вырастает волчец и вместо ячменя куколь. Слова Иова кончились.

Veja também