Élifas wil weet of dit wysheid is om te spreek soos Job; om die godsvrug af te breek met woorde.
1 TOE het Élifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:
2 Sal 'n wyse man met winderige wetenskap antwoord gee en sy buik vul met oostewind —
3 deur te pleit met woorde wat nie baat en met beweringe waarmee hy niks uitrig nie?
4 Ja, jý breek die Godsvrees af en verstoor die stille oordenking voor die aangesig van God.
5 Want jou ongeregtigheid gee onderrig aan jou mond, en jy kies die taal van die listiges.
6 Jou eie mond veroordeel jou, en nie ek nie; ja, jou eie lippe getuig teen jou.
7 Is jy die eerste as mens gebore en voor die heuwels in die wêreld gebring?
8 Het jy in die raad van God afgeluister en die wysheid na jou toe getrek?
9 Wat weet jy wat ons nie weet nie? Wat verstaan jy wat in ons nie is nie?
10 Ook is daar grys hare, ook bejaardes onder ons, ryker in dae as jou vader.
11 Is die vertroostinge van God vir jou te min, en 'n woord met sagtheid jou toegespreek?
Is 'n mens dan só regverdig, dat hy God mag aanspreek soos Job gedoen het?
12 WAAROM sleep jou hart jou weg? En waarom flikker jou oë so —
13 dat jy jou toorn rig teen God en sulke woorde uit jou mond laat uitgaan?
14 Wat is die mens, dat hy rein sou wees? En hy wat uit 'n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees?
15 Kyk, in sy heiliges stel Hy geen vertroue nie; ja, die hemele is nie rein in sy oë nie;
16 hoeveel minder die afskuwelike en ontaarde, die mens wat onreg drink soos water!
17 Ek wil jou inlig, luister na my; en wat ek gesien het, wil ek vertel;
18 wat die wyse manne verkondig sonder om iets te verberg, van hulle vaders af oorgelewer;
19 aan hulle alleen was die land gegee, en geen vreemdeling het nog onder hulle deurgetrek nie.
Die goddelose is nie voorspoedig soos Job beweer het nie: hy is 'n prooi van 'n verontruste gewete en donker voorgevoelens.
20 AL sy dae leef die goddelose in angs, ja, al die jare deur wat vir die tiran bepaal is.
21 Skrikgeluide is in sy ore; in volle vrede oorval die verwoester hom.
22 Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard.
23 Hy dwaal rond en soek brood. Waar is dit? Hy weet dat gereed is, ophande, die dag van duisternis.
24 Benoudheid en angs verskrik hom; dit oorweldig hom soos 'n koning wat gereed staan vir die aanval,
25 omdat hy sy hand uitgesteek het teen God en die Almagtige getrotseer het
26 (hy het Hom stormgeloop met uitgerekte nek, met die dik bulte van sy skilde);
27 omdat hy sy gesig met sy vet oordek en 'n vetlaag op sy heupe gevorm het,
28 en verdelgde stede bewoon het, huise wat nie bewoon moes word nie, wat bestem was om puinhope te bly.
Bowendien word die goddelose getref deur allerhande rampe en teleurstellinge.
29 HY bly nie ryk en sy vermoë hou nie stand nie, en hulle besitting buig nie soos koringare na die aarde toe nie.
30 Hy ontvlug nie die duisternis nie, die vlam laat sy spruit verdroog, en hy vergaan deur die geblaas van die mond van God.
31 Laat hom nie vertrou op nietigheid nie — hy kom bedroë uit! — want nietigheid sal sy vergelding wees.
32 Voor sy tyd word dit vervul, en sy palmtak bly nie meer groen nie.
33 Hy skud sy onryp druiwe af soos 'n wingerdstok en gooi sy bloeisel af soos 'n olyfboom.
34 Want die bende van die goddelose is onvrugbaar, en vuur verteer die tente van omkopery.
35 Hulle is swanger van moeite en baar onheil; en hulle skoot bring bedrog voort.
1 Глава 15. [1]Иов 4:1;22:1. И отвечал Елифаз Феманитянин и сказал: 2 станет ли мудрый отвечать знанием пустым и наполнять чрево свое ветром палящим, 3 оправдываться словами бесполезными и речью, не имеющею никакой силы? 4 Да, ты отложил и страх и за малость считаешь речь к Богу. 5 Нечестие твое настроило так уста твои, и ты избрал язык лукавых. 6 [6]Мф 12:37. Тебя обвиняют уста твои, а не я, и твой язык говорит против тебя. 7 [7]Притч 8:25. Разве ты первым человеком родился и прежде холмов создан? 8 [8]Ис 40:13.Иер 23:18. Разве совет Божий ты слышал и привлек к себе премудрость? 9 [9]Иов 13:2. Что знаешь ты, чего бы не знали мы? что разумеешь ты, чего не было бы и у нас? 10 И седовласый и старец есть между нами, днями превышающий отца твоего. 11 Разве малость для тебя утешения Божии? И это неизвестно тебе? 12 К чему порывает тебя сердце твое, и к чему так гордо смотришь? 13 Что устремляешь против Бога дух твой и устами твоими произносишь такие речи? 14 [14]Быт 6:5.3 Цар 8:46.2 Пар 6:36. Что такое человек, чтоб быть ему чистым, и чтобы рожденному женщиною быть праведным? 15 [15]Иов 4:18. Вот, Он и святым Своим не доверяет, и небеса нечисты в очах Его: 16 [16]Кол 2:13. тем больше нечист и растлен человек, пьющий беззаконие, как воду. 17 Я буду говорить тебе, слушай меня; я расскажу тебе, что видел, 18 что слышали мудрые и не скрыли слышанного от отцов своих, 19 которым одним отдана была земля, и среди которых чужой не ходил. 20 [20]Притч 28:1.Ис 48:22. Нечестивый мучит себя во все дни свои, и число лет закрыто от притеснителя; 21 [21]Лев 26:36. звук ужасов в ушах его; среди мира идет на него губитель. 22 Он не надеется спастись от тьмы; видит пред собою меч. 23 [23]Иов 18:11.Пс 108:10. Он скитается за куском хлеба повсюду; знает, что уже готов, в руках у него день тьмы. 24 Устрашает его нужда и теснота; одолевает его, как царь, приготовившийся к битве, 25 [25]Лев 26:21. за то, что он простирал против Бога руку свою и противился Вседержителю, 26 устремлялся против Него с гордою выею, под толстыми щитами своими; 27 [27]Втор 32:15–16.Пс 16:10;118:70. потому что он покрыл лице свое жиром своим и обложил туком лядвеи свои. 28 И он селится в городах разоренных, в домах, в которых не живут, которые обречены на развалины. 29 Не пребудет он богатым, и не уцелеет имущество его, и не распрострется по земле приобретение его. 30 [30]Иов 4:9.2 Фес 2:8. Не уйдет от тьмы; отрасли его иссушит пламя и дуновением уст своих увлечет его. 31 Пусть не доверяет суете заблудший, ибо суета будет и воздаянием ему. 32 [32]Иов 22:16.Пс 54:24;72:19.Еккл 7:17. Не в свой день он скончается, и ветви его не будут зеленеть. 33 Сбросит он, как виноградная лоза, недозрелую ягоду свою и, как маслина, стряхнет цвет свой. 34 [34]Ис 9:19. Так опустеет дом нечестивого, и огонь пожрет шатры мздоимства. 35 [35]Пс 7:15.Ис 59:4. Он зачал зло и родил ложь, и утроба его приготовляет обман.