Tola en Jaïr is rigters.
1 EN ná Abiméleg het Tola, die seun van Pua, die seun van Dodo, 'n man uit Íssaskar, opgetree om Israel te verlos; en hy het gewoon in Samir op die gebergte van Efraim.
2 En hy het Israel drie-en-twintig jaar lank gerig; en hy het gesterwe en is in Samir begrawe.
3 En ná hom het Jaïr, die Gileadiet, opgetree, en hy het Israel twee-en-twintig jaar lank gerig.
4 En hy het dertig seuns gehad, wat op dertig jong esels gery en dertig stede gehad het; dié word tot vandag toe die Jaïrsdorpe genoem wat in die land Gílead lê.
5 En Jaïr het gesterwe en is in Kamon begrawe.
Verdrukking deur Filistyne en Ammoniete. Bekering en vergewing.
6 EN die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, en hulle het die Baäls en die Astártes gedien, en die gode van Aram en die gode van Sidon en die gode van Moab en die gode van die kinders van Ammon en die gode van die Filistyne, en hulle het die Here verlaat en Hom nie gedien nie.
7 Daarom het die toorn van die Here ontvlam teen Israel, en Hy het hulle verkoop in die hand van die Filistyne en in die hand van die kinders van Ammon.
8 En hulle het die kinders van Israel verpletter en verdruk in daardie jaar, agttien jaar lank, al die kinders van Israel wat oorkant die Jordaan gewoon het in die land van die Amoriete, wat in Gílead was.
9 Daarby het die kinders van Ammon die Jordaan oorgetrek om ook teen Juda en Benjamin en die huis van Efraim te veg, sodat Israel dit baie benoud gehad het.
10 Toe roep die kinders van Israel die Here aan en sê: Ons het teen U gesondig, want ons het onse God verlaat en die Baäls gedien.
11 Maar die Here het aan die kinders van Israel gesê: Het Ek julle nie van die Egiptenaars en van die Amoriete, van die kinders van Ammon en van die Filistyne —
12 en toe die Sidoniërs en Amalekiete en Maoniete julle verdruk en julle My aangeroep het — julle uit hulle hand verlos nie?
13 Maar julle het My verlaat en ander gode gedien; daarom sal Ek julle nie meer verlos nie.
14 Gaan heen en roep die gode aan wat julle verkies het; laat dié julle verlos in die tyd van julle benoudheid.
15 Toe sê die kinders van Israel aan die Here: Ons het gesondig; maak met ons net soos dit goed is in u oë; verlos ons tog net vandag.
16 En hulle het die vreemde gode uit hulle midde verwyder en die Here gedien; toe het Hy ongeduldig geword oor die moeite van Israel.
17 En die kinders van Ammon is byeengeroep en het laer opgeslaan in Gílead; maar die kinders van Israel het bymekaargekom en laer opgeslaan by Mispa.
18 Toe sê die manskappe, die vorste van Gílead, die een aan die ander: Wie is die man wat sal begin om te veg teen die kinders van Ammon? Hy sal hoof wees oor al die inwoners van Gílead.
1 После Авимелеха восстал для спасения Израиля Фола, сын Фуи, сына Додова, из колена Иссахарова. Он жил в Шамире на горе Ефремовой. 2 Он был судьею Израиля двадцать три года, и умер, и погребен в Шамире. 3 Глава 10. [3]Быт 31:21.Чис 32:1. После него восстал Иаир из Галаада и был судьею Израиля двадцать два года. 4 [4]Суд 5:10. У него было тридцать [два] сына, ездивших на тридцати [двух] молодых ослах, и тридцать [два] города было у них; их до сего дня называют селениями Иаира, что в земле Галаадской. 5 И умер Иаир, и погребен в Камоне.
6 [6]Суд 2:11,13.1 Цар 7:3. Сыны Израилевы продолжали делать злое пред очами Господа и служили Ваалам и Астартам, и богам Арамейским, и богам Сидонским, и богам Моавитским, и богам Аммонитским, и богам Филистимским; а Господа оставили и не служили Ему. 7 [7]Суд 2:14.1 Цар 12:9. И воспылал гнев Господа на Израиля, и Он предал их в руки Филистимлян и в руки Аммонитян; 8 они теснили и мучили сынов Израилевых с того года восемнадцать лет, всех сынов Израилевых по ту сторону Иордана в земле Аморрейской, которая в Галааде. 9 Наконец Аммонитяне перешли Иордан, чтобы вести войну с Иудою и Вениамином и с домом Ефремовым. И весьма тесно было сынам Израиля. 10 [10]Суд 3:9. И возопили сыны Израилевы к Господу, и говорили: согрешили мы пред Тобою, потому что оставили Бога нашего и служили Ваалам. 11 И сказал Господь сынам Израилевым: не угнетали ли вас Египтяне, и Аморреи, и Аммонитяне, и Филистимляне, 12 и Сидоняне, и Амаликитяне, и Моавитяне, и когда вы взывали ко Мне, не спасал ли Я вас от рук их? 13 [13]Втор 32:15.Иер 2:13.3 Цар 18:27. А вы оставили Меня и стали служить другим богам; за то Я не буду уже спасать вас: 14 пойдите, взывайте к богам, которых вы избрали, пусть они спасают вас в тесное для вас время. 15 И сказали сыны Израилевы Господу: согрешили мы; делай с нами все, что Тебе угодно, только избавь нас ныне. 16 [16]Быт 35:4.Суд 2:18. И отвергли от себя чужих богов и стали служить [только] Господу. И не потерпела душа Его страдания Израилева. 17 [17]Суд 11:11. Аммонитяне собрались и расположились станом в Галааде; собрались также сыны Израилевы и стали станом в Массифе. 18 [18]Суд 11:6. Народ и князья Галаадские сказали друг другу: кто начнет войну против Аммонитян, тот будет начальником всех жителей Галаадских.