Pular para o conteúdo
Publicidade

Juízes 5

SYNOD

Lofsang van Debóra.

1 OP dié dag het Debóra en Barak, die seun van Abinóam, gesing en gesê:

2 Omdat aanvoerders aangevoer het in Israel, omdat die volk hom gewillig getoon het prys die Here!

3 Hoor, o konings! Luister, o vorste! Ek, tot eer van die Here wil ek sing, tot eer van die Here, die God van Israel, wil ek psalmsing.

4 Here, toe U uitgetrek het uit Seïr, toe U voortgestap het uit die veld van Edom, het die aarde gebeef, ook het die hemel gedrup, ook het die wolke water gedrup.

5 Berge het gewankel voor die aangesig van die Here uit, hierdie Sinai voor die aangesig van die Here, die God van Israel.

6 In die dae van Samgar, die seun van Anat, in die dae van Jael, was die paaie verlate, en die reisigers het langs sypaaie gegaan.

7 Leiers het ontbreek in Israel, ontbreek; totdat ek, Debóra, opgestaan het, ek, 'n moeder in Israel, opgestaan het.

8 Kies hulle nuwe gode, dan is daar oorlog in die poorte; was daar skild of spies te sien onder veertigduisend in Israel?

9 My hart is vir die aanvoerders van Israel wat hulle gewillig betoon het onder die volk prys die Here!

10 Julle wat op wit eselinne ry, wat op tapyte sit, wandelaars langs die paaie, dink na!

11 Vanweë die stem van die boogskutters tussen die drinkplekke, besing hulle daar die regverdige dade van die Here, die regverdige dade van sy leiding in Israel. Toe het die volk van die Here afgetrek na die poorte toe.

12 Word wakker, word wakker, Debóra! Word wakker, word wakker, hef 'n lied aan! Staan op, Barak! en voer jou gevangenes weg, seun van Abinóam!

13 Toe het die oorblyfsel van die vername manne van die volk afgetrek, toe het die Here vir my afgetrek onder die helde.

14 Uit Efraim, die wat hulle wortel in Ámalek het; Benjamin, agter jou aan onder jou manskappe; uit Magir trek die aanvoerders af, en uit Sébulon die wat met die werwerstaf uittrek;

15 en vorste in Íssaskar met Debóra saam; en Íssaskar soos Barak: in die dal storm hulle op sy voetspore. In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.

16 Waarom het jy tussen die veekrale bly sit en luister na die fluitspel by die troppe vee? In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.

17 Gílead het rustig oorkant die Jordaan gebly; en Dan, waarom vertoef hy by die skepe? Aser het bly sit aan die seekus en aan sy baaie rustig gebly.

18 Sébulon is 'n volk wat sy siel gering ag tot die dood toe; ook Náftali op die hoogvlaktes.

19 Konings het gekom, geveg; toe het die konings van Kanaän geveg by Táänag, by die waters van Megíddo geen stuk silwer het hulle geneem nie.

20 Uit die hemel het die sterre geveg, uit hulle bane het hulle teen Sísera geveg;

21 die spruit Kison het hulle afgedrywe, die spruit van ontmoeting, die spruit Kison! Tree op, my siel, met mag!

22 Toe het die perdepote geklap van die gejaag, die gejaag van hulle geweldiges.

23 Vloek Meros, die Engel van die Here; ja, vervloek sy inwoners, omdat hulle die Here nie tot hulp gekom het nie, die Here tot hulp onder die helde.

24 Mag bo die vroue geseënd wees Jael, die vrou van Heber, die Keniet; geseënd wees bo die vroue in die tent!

25 Water het hy gevra, melk het sy gegee, in 'n sierlike skottel het sy dikmelk gebring.

26 Haar hand steek sy uit na die tentpen en haar regterhand na die werksman se hamer; en sy hamer Sísera, verpletter sy kop en verbrysel en deurboor die slaap van sy hoof.

27 Tussen haar voete sak hy inmekaar, val, daar! Tussen haar voete sak hy inmekaar, val; waar hy inmekaarsak, daar hy morsdood.

28 Deur die venster kyk die moeder van Sísera uit, en sy roep deur die venstertralie: Waarom vertoef sy wa om te kom? Waarom versuim die passe van sy wa-span?

29 Die skranderste van haar vorstinne antwoord haar, ja, sy self antwoord op haar woorde:

30 Hulle het seker buit gevind en verdeel dit: een slavin, twee slavinne vir elke man; 'n buit van bont klere vir Sísera, 'n buit van bont klere, veelkleurige; 'n bont doek, twee veelkleuriges as buit vir my hals.

31 So moet al u vyande, Here, omkom! Maar die wat Hom liefhet, is soos die opgang van die son in sy krag. En die land het veertig jaar lank gerus.

1 В тот день воспела Девора и Варак, сын Авиноамов, сими словами: 2 Израиль отмщен, народ показал рвение; прославьте Господа! 3 Слушайте, цари, внимайте, вельможи: я Господу, я пою, бряцаю Господу Богу Израилеву. 4 Глава 5. [4]Втор 33:2.Пс 67:8. Когда выходил Ты, Господи, от Сеира, когда шел с поля Едомского, тогда земля тряслась, и небо капало, и облака проливали воду; 5 [5]Исх 19:18. горы таяли от лица Господа, даже этот Синай от лица Господа Бога Израилева. 6 [6]Суд 3:31. Во дни Самегара, сына Анафова, во дни Иаили, были пусты дороги, и ходившие прежде путями прямыми ходили тогда окольными дорогами. 7 Не стало обитателей в селениях у Израиля, не стало, доколе не восстала я, Девора, доколе не восстала я, мать в Израиле. 8 [8]1 Цар 13:22. Избрали новых богов, оттого война у ворот. Виден ли был щит и копье у сорока тысяч Израиля? 9 Сердце мое к вам, начальники Израилевы, к ревнителям в народе; прославьте Господа! 10 [10]Суд 10:4. Ездящие на ослицах белых, сидящие на коврах и ходящие по дороге, пойте песнь! 11 Среди голосов собирающих стада при колодезях, там да воспоют хвалу Господу, хвалу вождям Израиля! Тогда выступил ко вратам народ Господень. 12 Воспряни, воспряни, Девора! воспряни, воспряни! воспой песнь! Восстань, Варак! и веди пленников твоих, сын Авиноамов! 13 Тогда немногим из сильных подчинил Он народ; Господь подчинил мне храбрых. 14 [14]Суд 3:15.1 Пар 2:55. От Ефрема пришли укоренившиеся в земле Амалика; за тобою Вениамин, среди народа твоего; от Махира шли начальники, и от Завулона владеющие тростью писца. 15 [15]Быт 49:14. И князья Иссахаровы с Деворою, и Иссахар так же, как Варак, бросился в долину пеший. В племенах Рувимовых большое разногласие. 16 Что сидишь ты между овчарнями, слушая блеяние стад? В племенах Рувимовых большое разногласие. 17 [17]Нав 13:24–25;19:24,40. Галаад живет спокойно за Иорданом, и Дану чего бояться с кораблями? Асир сидит на берегу моря и у пристаней своих живет спокойно. 18 [18]Суд 4:10.Деян 15:26. Завулон народ, обрекший душу свою на смерть, и Неффалим на высотах поля. 19 [19]Пс 75:6. Пришли цари, сразились, тогда сразились цари Ханаанские в Фанаахе у вод Мегиддонских, но не получили нимало серебра. 20 [20]Исх 14:14.Нав 10:11. С неба сражались, звезды с путей своих сражались с Сисарою. 21 [21]Суд 4:7. Поток Киссон увлек их, поток Кедумим, поток Киссон. Попирай, душа моя, силу! 22 [22]Пс 75:7. Тогда ломались копыта конские от побега, от побега сильных его. 23 [23]Суд 2:1. Прокляните Мероз, говорит Ангел Господень, прокляните, прокляните жителей его за то, что не пришли на помощь Господу, на помощь Господу с храбрыми. 24 Да будет благословенна между женами Иаиль, жена Хевера Кенеянина, между женами в шатрах да будет благословенна! 25 [25]Суд 4:19. Воды просил он: молока подала она, в чаше вельможеской принесла молока лучшего. 26 [26]Иудифь 13:8–9. [Левую] руку свою протянула к колу, а правую свою к молоту работников; ударила Сисару, поразила голову его, разбила и пронзила висок его. 27 К ногам ее склонился, пал и лежал, к ногам ее склонился, пал; где склонился, там и пал сраженный. 28 В окно выглядывает и вопит мать Сисарина сквозь решетку: что долго не идет конница его, что медлят колеса колесниц его? 29 Умные из ее женщин отвечают ей, и сама она отвечает на слова свои: 30 верно, они нашли, делят добычу, по девице, по две девицы на каждого воина, в добычу полученная разноцветная одежда Сисаре, полученная в добычу разноцветная одежда, вышитая с обеих сторон, снятая с плеч пленника. 31 [31]Пс 82:18.2 Цар 23:4.Дан 12:3. Так да погибнут все враги Твои, Господи! Любящие же Его да будут как солнце, восходящее во всей силе своей! И покоилась земля сорок лет.

Veja também