Heil en seën vir die volk van die Here in die verre toekoms.
1 GODSPRAAK. Die woord van die Here oor Israel. Die Here spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in sy binneste formeer:
2 Kyk, Ek maak Jerusalem vir al die volke rondom tot 'n beker van bedwelming, en ook teen Juda sal dit wees tydens die beleëring teen Jerusalem.
3 En in dié dag maak Ek Jerusalem tot 'n baie swaar klip vir al die volke: elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seermaak; en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word.
4 In dié dag, spreek die Here, sal Ek al die perde met verwarring slaan en hulle ruiters met waansin; maar oor die huis van Juda sal Ek my oë oophou, terwyl Ek al die perde van die volke met blindheid slaan.
5 Dan sal die stamhoofde van Juda in hulle hart sê: Die inwoners van Jerusalem is vir my 'n sterkte deur die Here van die leërskare, hulle God.
6 In dié dag sal Ek die stamhoofde van Juda maak soos 'n pan met vuur onder 'n hoop hout en soos 'n brandende fakkel onder gerwe — hulle sal regs en links al die volke rondom verteer; maar Jerusalem sal nog bewoond wees op sy plek in Jerusalem.
7 En die Here sal eers die tente van Juda verlos, sodat die roem van die huis van Dawid en die roem van die inwoners van Jerusalem dié van Juda nie sal oortref nie.
8 In dié dag sal die Here die inwoners van Jerusalem rondom beskut, en die struikelende onder hulle sal in dié dag wees soos Dawid, en die huis van Dawid soos 'n hemelse wese, soos die Engel van die Here voor hulle uit.
9 Ook sal Ek in dié dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te verdelg.
10 Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n eersgebore kind.
11 In dié dag sal die rouklag groot wees in Jerusalem, soos die rouklag van Hadad-Rimmon in die laagte van Megíddo.
12 En die land sal rouklaag by geslagte, elke geslag afsonderlik; die geslag van die huis van Dawid afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag van die huis van Natan afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik;
13 die geslag van die huis van Levi afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag van Símeï afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik.
14 Al die ander geslagte — elke geslag afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik.
1 Глава 12. [1]Пс 101:26;103:2.Ис 42:5. Пророческое слово Господа об Израиле. Господь, распростерший небо, основавший землю и образовавший дух человека внутри него, говорит: 2 [2]Ис 51:17,22. вот, Я сделаю Иерусалим чашею исступления для всех окрестных народов, и также для Иуды во время осады Иерусалима. 3 [3]Мф 10:22.Лк 20:18. И будет в тот день, сделаю Иерусалим тяжелым камнем для всех племен; все, которые будут поднимать его, надорвут себя, а соберутся против него все народы земли. 4 [4]Втор 11:12.3 Цар 8:29.Пс 33:16. В тот день, говорит Господь, Я поражу всякого коня бешенством и всадника его безумием, а на дом Иудин отверзу очи Мои; всякого же коня у народов поражу слепотою. 5 И скажут князья Иудины в сердцах своих: сила моя — жители Иерусалима в Господе Саваофе, Боге их. 6 В тот день Я сделаю князей Иудиных, как жаровню с огнем между дровами и как горящий светильник среди снопов, и они истребят все окрестные народы, справа и слева, и снова населен будет Иерусалим на своем месте, в Иерусалиме. 7 [7]Ам 9:11. И спасет Господь сначала шатры Иуды, чтобы величие дома Давидова и величие жителей Иерусалима не возносилось над Иудою. 8 [8]Ис 40:31.Лк 1:69.2 Кор 5:20. В тот день защищать будет Господь жителей Иерусалима, и самый слабый между ними в тот день будет как Давид, а дом Давида будет как Бог, как Ангел Господень перед ними. 9 И будет в тот день, Я истреблю все народы, нападающие на Иерусалим. 10 [10]Иоил 2:28.Деян 2:18.Ин 19:37.Ам 8:10. А на дом Давида и на жителей Иерусалима изолью дух благодати и умиления, и они воззрят на Него, Которого пронзили, и будут рыдать о Нем, как рыдают об единородном сыне, и скорбеть, как скорбят о первенце. 11 [11]2 Пар 35:22. В тот день поднимется большой плач в Иерусалиме, как плач Гададриммона в долине Мегиддонской. 12 И будет рыдать земля, каждое племя особо: племя дома Давидова особо, и жены их особо; племя дома Нафанова особо, и жены их особо; 13 [13]Лк 3:31. племя дома Левиина особо, и жены их особо; племя Симеоново особо, и жены их особо. 14 Все остальные племена — каждое племя особо, и жены их особо.