Geregtigheid te oefen, is beter as om te vas.
1 EN in die vierde jaar van koning Daríus het die woord van die Here tot Sagaría gekom, op die vierde dag van die negende maand, in die maand Kislew.
2 Bet-el het toe Saréser en Regem-Meleg met sy manne gestuur om die aangesig van die Here om genade te smeek
3 deur aan die priesters wat by die huis van die Here van die leërskare was, en aan die profete die vraag te stel: Moet ek in die vyfde maand ween met vas soos ek nou al so baie jare gedoen het?
4 Daarop het die woord van die Here van die leërskare tot my gekom en gesê:
5 Spreek tot die hele volk van die land en tot die priesters dit: As julle, nou sewentig jaar lank, in die vyfde en in die sewende maand gevas en getreur het, het julle toe werklik ter wille van My gevas?
6 En as julle eet en as julle drink, is dit dan nie júlle wat eet en júlle wat drink nie?
7 Is dit nie so met die woorde wat die Here deur die diens van die vroeëre profete verkondig het nie, toe Jerusalem en sy omliggende stede nog bewoond en rustig was, en ook die Suidland en die Laeveld nog bewoond was?
8 Verder het die woord van die Here tot Sagaría gekom en gesê:
9 So het die Here van die leërskare gespreek en gesê: Spreek 'n eerlike vonnis uit en bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander.
10 En moet nie die weduwee en die wees, die vreemdeling en die arme verdruk nie en kwaad in julle hart teenoor mekaar bedink nie.
11 Maar hulle het geweier om te luister en wederstrewig die skouer afgewend en hulle ore toegestop om nie te hoor nie.
12 Ook het hulle hul hart soos 'n diamant gemaak, om nie die wet te verneem nie en die woorde wat die Here van die leërskare deur sy Gees, deur die diens van die vroeëre profete gestuur het nie. So het daar dan van die Here van die leërskare 'n groot toorn gekom.
13 Daarom, soos Hy geroep en hulle nie gehoor het nie — so sal hulle roep, maar Ek nie hoor nie, het die Here van die leërskare gesê.
14 Maar Ek sal hulle wegstorm onder al die nasies wat hulle nie geken het nie, terwyl die land agter hulle verwoes is, sodat niemand meer heen en weer trek nie. So het hulle dan die kostelike land tot 'n wildernis gemaak.
1 В четвертый год царя Дария было слово Господне к Захарии, в четвертый день девятого месяца, Хаслева, 2 когда Вефиль послал Сарецера и Регем-Мелеха и спутников его помолиться пред лицем Господа 3 Глава 7. [3]4 Цар 25:8.Зах 8:19. и спросить у священников, которые в доме Господа Саваофа, и у пророков, говоря: «плакать ли мне в пятый месяц и поститься, как я делал это уже много лет?» 4 И было ко мне слово Господа Саваофа: 5 [5]Ис 58:5.Зах 8:19. скажи всему народу земли сей и священникам так: когда вы постились и плакали в пятом и седьмом месяце, притом уже семьдесят лет, для Меня ли вы постились? для Меня ли? 6 И когда вы едите и когда пьете, не для себя ли вы едите, не для себя ли вы пьете? 7 Не те же ли слова провозглашал Господь через прежних пророков, когда еще Иерусалим был населен и покоен, и города вокруг него, южная страна и низменность, были населены? 8 И было слово Господне к Захарии: 9 [9]Зах 8:16. так говорил тогда Господь Саваоф: произво́дите суд справедливый и оказывайте милость и сострадание каждый брату своему; 10 [10]Исх 22:22.Лев 19:33.Ис 1:23.Иер 5:28.Зах 8:19. вдовы́ и сироты́, пришельца и бедного не притесняйте и зла друг против друга не мыслите в сердце вашем. 11 [11]Ис 42:20.Зах 1:4.Евр 3:8. Но они не хотели внимать, отворотились от Меня, и уши свои отяготили, чтобы не слышать. 12 [12]Иер 5:3.Ис 48:8. И сердце свое окаменили, чтобы не слышать закона и слов, которые посылал Господь Саваоф Духом Своим через прежних пророков; за то и постиг их великий гнев Господа Саваофа. 13 [13]Притч 1:28.Ис 1:15.Иер 11:11.Иез 8:18. И было: как Он взывал, а они не слушали, так и они взывали, а Я не слушал, говорит Господь Саваоф. 14 И Я развеял их по всем народам, которых они не знали, и земля сия опустела после них, так что никто не ходил по ней ни взад, ни вперед, и они сделали вожделенную страну пустынею.