Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Tessalonicenses 2

TB

Hoe Paulus sy bediening onder die Thessalonicense uitgeoefen het.

1 JULLE weet tog self, broeders, dat ons ingang by julle nie tevergeefs was nie;

2 maar alhoewel ons vantevore, soos julle weet, in Filíppi gely het en mishandel is, het ons in onse God vrymoedigheid gehad om aan julle die evangelie van God te verkondig onder veel stryd.

3 Want ons vermaning was nie uit dwaling of uit onsuiwerheid of uit bedrog nie;

4 maar soos ons deur God waardig geag is dat die evangelie aan ons toevertrou sou word, so spreek ons, nie om mense te behaag nie, maar God wat ons harte beproef.

5 Want ons het, soos julle weet, ons nooit met vleitaal opgehou of met bedekte hebsug nie. God is getuie.

6 Ook het ons nie eer van mense, òf van julle òf van ander gesoek nie, al kon ons as apostels van Christus met gesag optree.

7 Maar ons was vriendelik onder julle soos 'n pleegmoeder haar kinders koester.

8 Terwyl ons so na julle verlang het, was dit ons aangenaam om aan julle nie alleen die evangelie van God mee te deel nie, maar ook ons eie lewe, omdat julle vir ons dierbaar geword het.

9 Julle onthou tog, broeders, ons arbeid en inspanning; want terwyl ons nag en dag gewerk het om niemand van julle te beswaar nie, het ons die evangelie van God aan julle verkondig.

10 Julle is getuies, en God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo,

11 hoe ons, soos julle weet, net soos 'n vader sy kinders, elkeen van julle vermaan en bemoedig het

12 en betuig het dat julle waardiglik moet wandel voor God wat julle tot sy koninkryk en heerlikheid roep.

13 Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem het nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo.

14 Want julle, broeders, het navolgers geword van die gemeentes van God wat in Christus Jesus is in Judéa, omdat julle ook dieselfde dinge gely het van julle eie stamgenote net soos hulle van die Jode,

15 wat ook die Here Jesus en hulle eie profete gedood en ons vervolg het en God nie behaag nie en teen alle mense gekant is,

16 deurdat hulle ons verhinder om tot die heidene te spreek dat hulle gered kan word, sodat hulle die maat van hulle sondes gedurig vol kan maak. Maar die toorn het oor hulle gekom tot die einde toe.

Begeerte van Paulus om die Thessalonicense weer te sien. Sy blydskap en wense toe Timótheüs hom die berigte gebring het.

17 MAAR nadat ons, broeders, 'n kort tydjie van julle geskeie was in persoon, nie met die hart nie het ons met groot verlange ons des te meer beywer om julle aangesig te sien.

18 Daarom wou ons na julle toe kom, ek Paulus, meer as een maal; maar die Satan het ons verhinder.

19 Want wie anders as julle is ons hoop of blydskap of kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus by sy wederkoms?

20 Want julle is ons eer en blydskap.

A pregação de Paulo

1 Pois vós mesmos sabeis, irmãos, que a nossa 1Ts 1.9entrada entre vós 2Ts 1.10não se tornou ; 2 mas, tendo antes padecido e sido Fp 1.30;At 14.5maltratado, como sabeis, em vd.At 16.22-24Filipos, tivemos a confiança em nosso Deus para vd.At 17.1-9vos falar o vd.Rm 1.1evangelho de Deus, em muitas vd.Fp 1.30lutas. 3 Pois a nossa At 13.15exortação não provém de 2Ts 2.11erro, nem de 1Ts 4.7imundícia, nem se baseia em 2Co 4.2dolo; 4 2Co 2.17mas, assim como temos sido aprovados por Deus, para que se vd.Gl 2.7nos confiasse o evangelho, assim falamos, vd.Gl 1.10não como aqueles que agradam a homens, mas a Deus, que vd.Rm 8.27prova os nossos corações. 5 Pois nunca usamos de palavras de adulação, como sabeis, nem pretexto de At 20.33; cp.2Pe 2.3avareza; 1Ts 2.10; vd.Rm 1.9Deus é testemunha; 6 Jo 5.41,44; cp.2Co 4.5buscando glória de homens, quer de vós, quer de outros, embora podendo, como vd.1Co 9.1s.apóstolos de Cristo, ser-vos pesados; 7 antes, nos fizemos 2Tm 2.24brandos no meio de vós, cp.1Ts 2.11;Gl 4.19como a mãe que acaricia seus filhos. 8 Assim, tendo-vos tanta afeição, de boa vontade desejamos vd.2Co 12.15; cp.1Jo 3.16comunicar-vos não somente o vd.Rm 1.1evangelho de Deus, mas também as nossas vidas, porque vos fizestes de nós muito amados. 9 Pois vos lembrais, irmãos, de nosso 2Ts 3.8; cp.Fp 4.16trabalho e fadiga; vd.At 18.3trabalhando noite e dia para não sermos 2Co 11.9; cp.1Co 9.4s.pesados a nenhum de vós, vos pregamos o evangelho de Deus. 10 Vós sois testemunhas vd.1Ts 2.5e também Deus de 1Ts 1.5; cp.2Co 1.12quão santa, justa e irrepreensivelmente nos comportamos para convosco, que credes, 11 assim como sabeis de que modo tratávamos a cada um de vós, vd.1Co 4.14; cp.1Ts 2.7como um pai a seus filhos, cp.1Ts 5.14exortando-vos e animando-vos 12 e vd.Lc 16.28;1Ts 4.6instando vd.Ef 4.1que andásseis de uma maneira digna de Deus, que vos 1Ts 5.24;2Ts 2.14; vd.Rm 8.28chama ao seu reino e à sua 1Pe 5.10; cp.2Co 4.6glória.

Os tessalonicenses sofrem perseguição

13 Por isso, nós também vd.Rm 1.8; cp.1Ts 1.2damos graças a Deus sem cessar, porquanto, ao receberdes a Hb 4.2; cp.Rm 10.17palavra de Deus, que de nós ouvistes, cp.Gl 4.14; vd.Mt 10.20não a aceitastes como palavra de homens, mas (segundo ela realmente é) como palavra de Deus, cp.Hb 4.12a qual também opera em vós, que credes. 14 Pois vós, irmãos, vos haveis feito 1Ts 1.6imitadores das vd.1Co 7.17; cp.10.32igrejas de Deus vd.Gl 1.22na Judeia em Cristo Jesus; porque At 17.5; cp.1Ts 3.4;2Ts 1.4s.padecestes as mesmas coisas dos vossos compatriotas cp.Hb 10.33s.que eles padeceram dos judeus, 15 Lc 24.20;At 2.23os quais mataram o Senhor Jesus e At 7.52; vd.Mt 5.12os profetas, e nos expulsaram, e não agradam a Deus, e são contrários a todos os homens, 16 At 9.23;13.45,50;14.2,5,19;17.5,13;18.12;21.21-22,27;25.2,7proibindo-nos de falar aos gentios 1Co 10.33para que estes sejam salvos, a fim de Gn 15.16;Dn 8.23;Mt 23.32encherem sempre a medida de seus pecados. vd.1Ts 1.10A ira, porém, caiu sobre eles até o fim.

Paulo se interessa por eles

17 Mas nós, irmãos, privados de vós por um pouco de vd.1Co 5.3tempo, 1Ts 3.10de vista, não de coração, tanto mais procuramos, com grande desejo, ver a vossa face. 18 Porquanto cp.Rm 15.22quisemos ir ter convosco (pelo menos eu, Paulo, Fp 4.16não uma vez, mas duas), e vd.Mt 4.10Satanás Rm 15.22; cp.Rm 1.13nos impediu. 19 Pois qual é a nossa esperança, Fp 4.1gozo ou coroa de glória diante do Senhor Jesus na sua 1Ts 3.13;4.15;5.23; vd.Mt 16.27;Mc 8.38;Jo 21.22vinda? Porventura, não o sois vós também? 20 Sim, sois vós a 2Co 1.14nossa glória e o nosso gozo.

Veja também

1 Tessalonicenses
Ver todos os capítulos de 1 Tessalonicenses