Straf oor die priesters aangekondig.
1 EN nou, priesters, tot julle kom hierdie gebod.
2 As julle nie gehoor gee nie, en as julle dit nie ter harte neem om my Naam eer te bewys nie, sê die Here van die leërskare, dan sal Ek die vloek onder julle stuur en julle seëninge in 'n vloek verander; ja, Ek het dit alreeds vervloek, omdat julle niks ter harte neem nie.
3 Kyk, Ek sal julle nakomelingskap bedreig, en Ek sal mis op julle gesigte strooi, die mis van julle feeste; en hulle sal julle na die mishoop dra.
4 En julle sal gewaar word dat Ek julle hierdie gebod gestuur het, dat dit my verbond kan wees met Levi, sê die Here van die leërskare.
5 My verbond met hom was die lewe en die vrede; en Ek het dié aan hom gegee tot vrees; en hy het My gevrees en vir my Naam gebewe.
6 Betroubare regsleer was in sy mond, en onreg is op sy lippe nie gevind nie; in vrede en opregtheid het hy met My gewandel, en baie mense het hy van ongeregtigheid teruggebring.
7 Want die lippe van 'n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is 'n boodskapper van die Here van die leërskare.
8 Maar júlle het van die weg afgewyk, julle het baie deur jul onderrig laat struikel, julle het die verbond met Levi verbreek, sê die Here van die leërskare.
9 So maak Ek julle dan ook veragtelik en gering by die hele volk, omdat julle my weë nie hou nie en partydig handel by die regspraak.
10 Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie geskape nie? Waarom handel ons dan troueloos met mekaar, deur die verbond van ons vaders te ontheilig?
11 Juda het troueloos gehandel, en 'n gruwel is in Israel en in Jerusalem gepleeg; want Juda het die heiligdom van die Here, wat Hy liefhet, ontheilig, en hy het die dogter van 'n uitlandse god getrou.
12 Mag die Here van die man wat so iets doen, uitroei hom wat roep en hom wat antwoord gee uit die tente van Jakob, en hom wat 'n offer aan die Here van die leërskare bring.
13 En boonop doen julle dít: julle bedek die altaar van die Here met trane, met geween en versugting, omdat Hy Hom nie meer wend na die offer nie en dit van julle hand nie aanneem as welgevallig nie.
14 En julle vra: Waarom? Omdat die Here getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond.
15 Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het 'n geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie.
16 Want Ek haat egskeiding, sê die Here, die God van Israel, en dat 'n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die Here van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.
Die dag van die Here.
17 JULLE vermoei die Here met julle woorde. Nogtans vra julle: Waarmee vermoei ons Hom? Deurdat julle sê: Elkeen wat kwaad doen, is goed in die oë van die Here, en in hulle het Hy 'n behae; of waar is anders die God van die reg?
Repreensão dos sacerdotes ímpios
1 Agora, para vós, Ml 2.7-8;Ml 1.6ó sacerdotes, é este mandamento. 2 Se Lv 26.14-15;Dt 28.15não ouvirdes e se não aplicardes o vosso coração a dar glória ao meu nome, diz Jeová dos Exércitos, enviarei sobre vós Dt 28.16-20a maldição e amaldiçoarei as vossas bênçãos; já as tenho Ml 3.9amaldiçoado, porque não aplicais a isso o vosso coração. 3 Eis que Lv 26.16;Dt 28.38reprovarei a semente por causa de vós Na 3.6e atirar-vos-ei à cara com o esterco, sim, com o esterco Êx 29.14dos vossos sacrifícios; e juntamente com ele sereis levados. 4 Sabereis que vos enviei este mandamento, para que Nm 3.45;18.21a minha aliança fosse com Levi, diz Jeová dos Exércitos. 5 A minha aliança com ele foi de vida e de Nm 25.12paz; eu lhas dei para que me temesse, Nm 25.7-8,13e ele me temeu e teve medo do meu nome. 6 A Sl 119.142,151,160lei da verdade esteve na sua boca, e a injustiça não se achou nos seus lábios; ele andou Dt 33.8-9;Sl 37.37comigo em paz e em equidade e da iniquidade Jr 23.22apartou a muitos. 7 Pois os lábios do sacerdote devem guardar Lv 10.11;Ne 8.7a ciência, e da sua boca devem os homens Nm 27.21;Dt 17.8-11procurar a lei; porque ele é o mensageiro de Jeová dos Exércitos. 8 Mas vós vos tendes Ml 3.7desviado do caminho; e tendes feito a muitos Jr 18.15tropeçar na lei; tendes Ez 44.10corrompido a aliança de Levi, diz Jeová dos Exércitos. 9 Portanto, também eu vos tenho feito Ml 1.7,12desprezíveis e Ez 7.26vis diante de todo o povo, assim como vós não tendes observado os meus caminhos, mas vos tendes deixado levar de Dt 1.17;Mq 3.11respeitos humanos na lei.
Os casamentos com mulheres estranhas e o divórcio são ilícitos
10 Não temos todos nós Is 63.16;64.8;Jr 31.9um mesmo pai? Não nos criou um mesmo Deus? Por que nos havemos Jr 9.4-5aleivosamente, cada um com seu irmão, profanando a Êx 19.4-6;24.3,7,8aliança de nossos pais? 11 Judá se tem havido Jr 3.7-9aleivosamente; e uma abominação se comete em Israel e em Jerusalém; porque Judá tem Ed 9.1-2profanado a santidade de Jeová, a qual ele ama, e se casou com a filha dum deus estranho. 12 No caso do homem que fizer isso, Ez 24.21;Os 9.12Jeová exterminará das tendas de Jacó o que vela, e o que responde, e o Ml 1.10,13que faz ofertas a Jeová dos Exércitos. 13 Ainda fazeis mais isto: cobris de lágrimas, de choro e de gemidos o altar de Jeová, de sorte que ele Jr 11.14;14.12não olha mais para a oferta, nem a aceitará com prazer da vossa mão. 14 Todavia dizeis: Por quê? Porque Jeová tem sido testemunha entre ti e a mulher da tua mocidade, contra a qual te hás havido Ml 3.5;Jr 9.2aleivosamente, sendo ela a tua companheira e a mulher da tua aliança. 15 Não fez ele Gn 2.24;Mt 19.4-5somente um, ainda que lhe sobrava o espírito? E por que somente esse um? Ele buscava Rt 4.12;1Sm 2.20uma semente pia. Portanto, guardai o vosso espírito, e não se haja alguém Êx 20.14;Lv 20.10aleivosamente contra a mulher da sua mocidade. 16 Pois aborreço Dt 24.1;Mt 5.31;19.6-8o divórcio, diz Jeová, Deus de Israel, e aquele que cobre de Sl 73.6;Is 59.6violência os seus vestidos, diz Jeová dos Exércitos. Portanto, guardai o vosso espírito, para que não vos hajais aleivosamente.
17 Tendes Is 43.22,24enfadado a Jeová com as vossas palavras. Todavia dizeis: Em que o temos enfadado? Nisto que dizeis: Is 5.20;Sf 1.12Todo o que faz o mal é bom aos olhos de Jeová, e nestes tais ele Jó 9.24se deleita; ou onde está o Deus do Is 5.19;Jr 17.15juízo?