Bíleam seën die Israeliete teen sy sin.
1 DAARNA het die kinders van Israel weggetrek en laer opgeslaan in die vlaktes van Moab, oos van die Jordaan van Jérigo.
2 Toe Balak, die seun van Sippor, sien alles wat Israel die Amoriete aangedoen het,
3 het Moab baie bang geword vir die volk, want hulle was talryk; en Moab het beangs geword vanweë die kinders van Israel.
4 Toe sê Moab vir die oudstes van Mídian: Nou sal hierdie menigte opeet alles wat rondom ons is, soos 'n bees die groenigheid van die veld opeet. En Balak, die seun van Sippor, was dié tyd koning van Moab.
5 Daarop het hy boodskappers gestuur na Bíleam, die seun van Beor, in Petor wat by die Eufraat is, in die land van die kinders van sy volk, om hom te roep en te sê: Kyk, daar het 'n volk uit Egipte getrek; kyk, hulle het die oppervlakte van die land oordek en staan gelaer teenoor my.
6 Kom dan tog nou, vervloek hierdie volk vir my, want hulle is magtiger as ek. Miskien sal ek onder hulle 'n slag kan slaan en hulle uit die land verdrywe. Want ek weet, die een wat jy seën, is geseënd; en die een wat jy vervloek, is vervloek.
7 Toe het die oudstes van Moab en die oudstes van Mídian gegaan met waarsêersloon by hulle en by Bíleam gekom en hom die woorde van Balak meegedeel.
8 Daarop antwoord hy hulle: Bly vannag hier oor; dan sal ek julle berig bring soos die Here aan my sal sê. Toe het die vorste van Moab by Bíleam gebly.
9 En God het na Bíleam gekom en gesê: Wie is die manne daar by jou?
10 En Bíleam het God geantwoord: Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab, laat my weet:
11 Kyk, daar het 'n volk uit Egipte getrek en hulle het die oppervlakte van die land oordek. Kom nou, vervloek hulle vir my; miskien sal ek hulle kan beveg en hulle verdrywe.
12 Toe sê God vir Bíleam: Jy mag nie saam met hulle trek nie, jy mag die volk nie vloek nie, want hulle is geseënd.
13 Toe staan Bíleam die môre op, en hy sê aan die vorste van Balak: Gaan na julle land, want die Here het geweier om my saam met julle te laat gaan.
14 En die vorste van Moab het klaargemaak en by Balak gekom en gesê: Bíleam het geweier om saam met ons te gaan.
15 Daarop stuur Balak nog weer vorste wat meer en aansienliker was as die ander;
16 en hulle het by Bíleam gekom en aan hom gesê: So spreek Balak, die seun van Sippor: Laat jou tog nie terughou om na my te kom nie.
17 Want ek sal jou baie hoog vereer en alles wat jy my sê, sal ek doen; daarom kom tog, vervloek hierdie volk vir my.
18 Toe antwoord Bíleam en sê aan die dienaars van Balak: Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van die Here my God nie oortree om klein of groot te doen nie.
19 Nou dan, bly julle tog ook vannag hier, dat ek mag weet wat die Here verder aan my sal sê.
20 En God het in die nag na Bíleam gekom en aan hom gesê: As die manne gekom het om jou te roep, staan dan op, gaan met hulle saam; maar net wat Ek jou sê, dit moet jy doen.
21 Toe maak Bíleam die môre klaar en saal sy eselin op, en hy het weggetrek saam met die vorste van Moab.
22 Maar die toorn van God het ontvlam, omdat hy weggetrek het; en die Engel van die Here het gaan staan in die pad as sy teëparty, terwyl hy op sy esel ry en sy twee dienaars by hom was.
23 En die esel het die Engel van die Here in die pad sien staan, met sy ontblote swaard in sy hand; daarom het die esel uit die pad uitgedraai en die veld ingeloop. Maar Bíleam het die esel geslaan om haar na die pad te stuur.
24 Daarop gaan die Engel van die Here in 'n hol pad tussen die wingerde staan — 'n muur duskant en 'n muur anderkant.
25 En toe die esel die Engel van die Here sien, druk sy haarself teen die muur en druk ook Bíleam se voet teen die muur; daarom het hy haar weer geslaan.
26 En die Engel van die Here het weer verder gegaan en bly staan op 'n nou plek waar geen pad was om regs of links uit te draai nie.
27 Toe die esel die Engel van die Here sien, gaan sy onder Bíleam lê. Daarop het Bíleam baie kwaad geword en die esel met 'n stok geslaan.
28 Maar die Here het die bek van die esel geopen, en sy sê vir Bíleam: Wat het ek jou gedoen, dat jy my nou al drie maal geslaan het?
29 Daarop antwoord Bíleam die esel: Omdat jy die spot met my drywe. Was daar net 'n swaard in my hand — dan het ek jou sekerlik doodgeslaan.
30 En die esel sê vir Bíleam: Is ek nie jou esel waar jy jou lewe lank op gery het tot vandag toe nie? Was dit ooit my gewoonte om so met jou te doen? En hy antwoord: Nee.
31 Toe open die Here die oë van Bíleam, sodat hy die Engel van die Here in die pad sien staan met sy ontblote swaard in sy hand, en hy het gebuig en op sy aangesig neergeval.
32 En die Engel van die Here vra hom: Waarom het jy jou esel nou al drie maal geslaan? Kyk, Ek self het uitgegaan as 'n teëparty, want jou weg loop gevaarlik steil in my oog!
33 Maar die esel het My gesien en nou al drie maal voor My uitgedraai. As sy nie voor My uitgedraai het nie — dan het Ek jou alte seker gedood en haar laat lewe.
34 Toe antwoord Bíleam die Engel van die Here: Ek het gesondig, want ek het nie geweet dat U teenoor my in die pad gestaan het nie. Maar nou, as dit verkeerd is in u oë, sal ek teruggaan.
35 En die Engel van die Here sê vir Bíleam: Gaan saam met die manne, maar net die woord wat Ek jou sê, dit moet jy spreek. So het Bíleam dan met die vorste van Balak saamgegaan.
36 Toe Balak hoor dat Bíleam kom, het hy uitgetrek hom tegemoet na Ir-Moab wat by die grens van die Arnon lê, by die uiteinde van die grondgebied.
37 En Balak sê vir Bíleam: Het ek nie herhaaldelik na jou gestuur om jou te laat roep nie? Waarom het jy nie na my gekom nie? Is ek werklik nie in staat om jou te vereer nie?
38 En Bíleam het Balak geantwoord: Hier het ek na jou gekom. Is ek nou wel in staat om iets te spreek? Die woord wat God in my mond lê, dit sal ek spreek.
39 Bíleam het toe saam met Balak gegaan, en hulle het by Kirjat-Husot gekom.
40 En Balak het beeste en kleinvee geoffer en daarvan aan Bíleam gestuur en aan die vorste wat by hom was.
41 En in die môre het Balak Bíleam geneem en hom op die hoogtes van Baäl laat opklim vanwaar hy die kant van die volk kon sien.
1 Nm 33.48-49Tendo partido os filhos de Israel, acamparam-se nas planícies de Moabe, além do Jordão, na altura de Jericó.
Balaque envia mensageiros a Balaão
2 Balaque, filho de Zipor, viu tudo o que Israel fizera aos amorreus. 3 Êx 15.15Moabe tinha grande medo do povo, porque era muito, e estava angustiado por causa dos filhos de Israel. 4 Disse aos anciãos de Nm 25.15-18;31.1-3Midiã: Agora, esta multidão roerá tudo quanto estiver ao redor de nós, como o boi rói as ervas do campo. Nesse tempo, Balaque, filho de Zipor, era rei de Moabe. 5 Js 24.9Enviou mensageiros a Balaão, filho de Beor, a Nm 23.7;Dt 23.4Petor, que está junto ao rio, à terra dos filhos do seu povo, a chamá-lo, dizendo: Eis que um povo saiu do Egito, cobre a face da terra e estaciona defronte de mim. 6 Nm 22.17;23.7-8Vem, agora, Nm 22.12;24.9amaldiçoar-me a este povo; porque é mais forte do que eu; porventura, prevalecerei, de modo que eu o fira e o expulse da terra; pois sei que será abençoado aquele a quem abençoares, e amaldiçoado, aquele a quem amaldiçoares.
7 Partiram os anciãos de Moabe e os anciãos de Midiã, levando nas mãos com que pagar os Nm 23.23;24.1;Js 13.22encantamentos; foram a Balaão e referiram-lhe as palavras de Balaque. 8 Ele lhes respondeu: Ficai aqui esta noite, e vos trarei a resposta que Jeová me der; os príncipes de Moabe ficaram com Balaão. 9 Veio Deus a Balaão e perguntou-lhe: Quem são estes homens que estão contigo? 10 Respondeu Balaão a Deus: Balaque, filho de Zipor, rei de Moabe, os enviou, para que me dissessem: 11 Eis que o povo que saiu do Egito cobre a face da terra; vem, agora, amaldiçoar-mo; talvez assim poderei pelejar contra ele e expulsá-lo. 12 Tornou Deus a Balaão: Não irás com eles; Nm 23.8;24.9não amaldiçoarás o povo, porque é bendito. 13 Levantando-se Balaão pela manhã, disse aos príncipes de Balaque: Ide para a vossa terra, porque Jeová recusa deixar-me ir convosco. 14 Tendo-se levantado os príncipes de Moabe, voltaram a Balaque e disseram: Balaão recusou vir conosco.
15 Tornou Balaque a enviar príncipes em maior número e de maior qualidade do que aqueles, 16 os quais, chegando a Balaão, lhe disseram: Assim diz Balaque, filho de Zipor: Não te demores em vir a mim, 17 porque grandemente te honrarei e farei tudo o que me disseres. Nm 22.6Vem, pois, amaldiçoar-me este povo. 18 Respondeu Balaão aos servos de Balaque: Nm 22.38;24.13Se Balaque me desse a sua casa cheia de prata e de ouro, eu não poderia ir além da ordem de Jeová, meu Deus, para fazer coisa alguma grande ou pequena. 19 Agora, rogo-vos que fiqueis aqui também esta noite, para que eu saiba o que Jeová me falar mais. 20 Veio Deus a Balaão de noite e disse-lhe: Se os homens te vierem chamar, levanta-te, vai com eles; mas Nm 22.35;23.5,12,16,26;24.13somente aquilo que eu te falar, isso farás.
Balaão e sua jumenta encontram-se com o Anjo de Jeová
21 2Pe 2.15Levantou-se Balaão pela manhã, albardou a sua jumenta e partiu com os príncipes de Moabe. 22 Acendeu-se a ira de Deus, porque ele ia; e o Anjo de Jeová pôs-se-lhe no caminho por adversário. Ora, Balaão ia montado na sua jumenta e tinha dois servos consigo. 23 A jumenta viu o Anjo parado no caminho, com a sua espada desembainhada na mão, desviou-se do caminho e ia pelo campo; Balaão fustigou-a para fazê-la tornar ao caminho. 24 Então, o Anjo de Jeová parou numa azinhaga, entre as vinhas, com uma sebe num e noutro lado. 25 Vendo a jumenta o Anjo de Jeová, coseu-se com o muro e comprimiu o pé de Balaão contra o muro; ele a tornou a fustigar. 26 O Anjo de Jeová passou mais adiante, e parou num lugar estreito, onde não era possível desviar-se nem para a direita nem para a esquerda. 27 Vendo a jumenta o Anjo de Jeová, deitou-se debaixo de Balaão; acendeu-se a ira de Balaão, e fustigou a jumenta com a sua vara. 28 Então, 2Pe 2.16Jeová abriu a boca da jumenta, e ela perguntou a Balaão: Que te fiz eu para que me fustigasses estas três vezes? 29 Respondeu Balaão à jumenta: Porque zombaste de mim; oxalá tivesse eu uma espada na mão, pois eu te haveria matado. 30 Tornou a jumenta a Balaão: Acaso, não sou a tua jumenta, em que cavalgaste toda a tua vida até hoje? Porventura, tem sido o meu costume fazer-te coisa semelhante? Ele respondeu: Não.
A mensagem do Anjo
31 Então, abriu Jeová os olhos de Balaão, e ele viu o Js 5.13-15Anjo de Jeová parado no caminho, com a sua espada desembainhada na mão; inclinou a cabeça e prostrou-se com o rosto em terra. 32 Disse-lhe o Anjo de Jeová: Por que fustigaste a tua jumenta estas três vezes? Eis que eu saí como adversário, porque o teu caminho é perverso diante de mim. 33 A jumenta viu-me e já três vezes se desviou de diante de mim; se ela não se tivesse desviado de mim, certamente, eu te matara e poupara a vida dela. 34 Respondeu Balaão ao Anjo de Jeová: Nm 14.40Pequei, porque não sabia que tu paravas no caminho para te opores a mim; agora, se não for do teu agrado, voltarei. 35 Tornou o Anjo de Jeová a Balaão: Vai com os homens; mas Nm 22.20somente aquilo que eu te disser, isso falarás. Assim, Balaão se foi com os príncipes de Balaque.
Balaque encontra-se com Balaão
36 Tendo Balaque ouvido que Balaão era chegado, saiu-lhe ao encontro até Ir-Moabe, que está nos confins formados pelo Arnom e na fronteira extrema. 37 Perguntou Balaque a Balaão: Porventura, não te enviei mensageiros a chamar-te? Por que não vieste a mim? Não posso eu, na verdade, honrar-te? 38 Respondeu Balaão a Balaque: Eis-me diante de ti; Nm 22.18posso eu, acaso, falar alguma coisa? A palavra que Deus puser na minha boca, essa falarei. 39 Balaão foi com Balaque, e chegaram a Quiriate-Huzote. 40 Balaque sacrificou bois e ovelhas, e enviaram deles a Balaão e aos príncipes que com ele estavam.
Balaque edifica sete altares
41 Pela manhã, tomou Balaque a Balaão, levou-o aos Nm 21.28altos de Baal e dali viu a Nm 23.13parte extrema do povo.