Pular para o conteúdo
Publicidade

Números 3

TB

Telling van die Leviete.

1 EN dit is die nakomelinge van Aäron en Moses op die dag toe die Here met Moses op die berg Sinai gespreek het.

2 En dit is die name van die seuns van Aäron: die eersgeborene Nadab, daarna Abíhu, Eleásar en Ítamar.

3 Dit is die name van die seuns van Aäron, die gesalfde priesters, wat hy aangestel het om die priesteramp te bedien.

4 Maar Nadab en Abíhu het gesterwe voor die aangesig van die Here toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van die Here in die woestyn Sinai gebring het, en hulle het geen kinders gehad nie; maar Eleásar en Ítamar het die priesteramp bedien voor die van hulle vader Aäron.

5 En die Here het met Moses gespreek en gesê:

6 Laat die stam van Levi nader kom, en stel hulle voor die priester Aäron, dat hulle hom kan dien.

7 En hulle moet sy diens waarneem en die diens van die hele vergadering voor die tent van samekoms, om die dienswerk van die tabernakel te verrig.

8 En hulle moet sorg vir al die gereedskap van die tent van samekoms en vir die diens van die kinders van Israel, om die dienswerk van die tabernakel te verrig.

9 En jy moet die Leviete aan Aäron en sy seuns gee; hulle is heeltemal aan hom gegee uit die kinders van Israel.

10 Maar Aäron en sy seuns moet jy aanstel, dat hulle hul priesteramp kan waarneem; en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.

11 En die Here het met Moses gespreek en gesê:

12 Kyk, Ek self het die Leviete geneem onder die kinders van Israel uit in die plek van al die eersgeborenes wat die moederskoot open, uit die kinders van Israel, dat die Leviete myne kan wees.

13 Want al die eersgeborenes is myne: op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek al die eersgeborenes in Israel vir My geheilig, mense sowel as diere; hulle moet myne wees. Ek is die Here.

14 En die Here het met Moses gespreek in die woestyn Sinai en gesê:

15 Tel die seuns van Levi volgens hulle families, volgens hulle geslagte; almal wat manlik is, van 'n maand oud en daarbo dié moet jy tel.

16 En Moses het hulle volgens die bevel van die Here getel soos dit hom beveel is.

17 En dit was die seuns van Levi volgens hulle name: Gerson en Kehat en Merári.

18 En dit is die name van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte: Libni en Símeï.

19 En die seuns van Kehat volgens hulle geslagte: Amram en Jishar, Hebron en Ússiël.

20 En die seuns van Merári volgens hulle geslagte: Magli en Musi. Dit is die geslagte van die Leviete volgens hulle families.

21 Aan Gerson behoort die geslag van die Libniete en die geslag van die Simeïete. Dit is die geslagte van die Gersoniete.

22 Hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik was, van 'n maand oud en daarbo húlle geteldes was seweduisend-vyfhonderd.

23 Die geslagte van die Gersoniete moet laer opslaan agter die tabernakel aan die westekant.

24 En owerste oor die familie van die Gersoniete moet Éljasaf, die seun van Lael, wees.

25 En die seuns van Gerson moet by die tent van samekoms versorg: die tabernakel en die tent, sy dekkleed en die bedekking vir die ingang van die tent van samekoms;

26 en die behangsels van die voorhof en die bedekking vir die ingang van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, en sy lyne alles wat by sy bediening behoort.

27 En aan Kehat het behoort die geslag van die Amramiete en die geslag van die Jishariete en die geslag van die Hebroniete en die geslag van die Ussiëliete. Dit is die geslagte van die Kehatiete.

28 Volgens die getal van almal wat manlik is, van 'n maand oud en daarbo, was daar agtduisend-seshonderd wat die diens van die heiligdom waargeneem het.

29 Die geslagte van die seuns van Kehat moet laer opslaan aan die kant van die tabernakel, aan die suidekant.

30 En owerste oor die familie vir die geslagte van die Kehatiete moet wees Elísafan, die seun van Ússiël.

31 En hulle moet versorg: die ark en die tafel en die kandelaar en die altare en die gereedskap van die heiligdom waarmee hulle diens doen, en die voorhangsel en alles wat by die bediening daarvan behoort.

32 En die hoof van die owerstes van Levi moet wees Eleásar, die seun van Aäron, die priester, die opsigter oor die wat die diens van die heiligdom waarneem.

33 Aan Merári het behoort die geslag van die Magliete en die geslag van die Musiete. Dit is die geslagte van Merári.

34 En hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik is, van 'n maand oud en daarbo, was sesduisend-tweehonderd.

35 En die owerste van die familie vir die geslagte van Merári moet wees Súriël, die seun van Abihail; hulle moet laer opslaan aan die kant van die tabernakel, aan die noordekant.

36 En die toesig van die seuns van Merári wat hulle te besorg het moet wees oor die style van die tabernakel en sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke en al die gereedskap sowel as die hele diens wat daarby behoort;

37 en die pilare van die voorhof rondom en hulle voetstukke en hulle penne en hulle lyne.

38 En die wat voor die tabernakel laer opslaan, aan die oostekant, voor die tent van samekoms, teen sonop, moet wees Moses en Aäron met sy seuns wat die diens van die heiligdom waarneem, naamlik die diens vir die kinders van Israel; en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.

39 Al die geteldes van die Leviete wat Moses en Aäron volgens die bevel van die Here, volgens hulle geslagte getel het, almal wat manlik was, van 'n maand oud en daarbo, was twee-en-twintigduisend.

40 En die Here het aan Moses gesê: Tel al die manlike eersgeborenes van die kinders van Israel, van 'n maand oud en daarbo, en neem die getal van hulle name op.

41 En jy moet vir My Ek is die Here die Leviete neem in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die kinders van Israel.

42 En Moses het, soos die Here hom beveel het, al die eersgeborenes onder die kinders van Israel getel.

43 En al die manlike eersgeborenes volgens die getal name, van 'n maand oud en daarbo, volgens hulle geteldes, was twee-en-twintigduisend-tweehonderd-drie-en-sewentig.

44 En die Here het met Moses gespreek en gesê:

45 Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee, sodat die Leviete myne kan wees. Ek is die Here.

46 Wat aangaan die loskoping van die tweehonderd-drie-en-sewentig wat oor is bo die Leviete, uit die eersgeborenes van die kinders van Israel,

47 moet jy per hoof vyf sikkels neem; volgens die sikkel van die heiligdom moet jy dit neem; die sikkel is twintig gera.

48 En jy moet die geld as losprys van die wat onder hulle oor is, aan Aäron en sy seuns gee.

49 Daarop het Moses die loskoopgeld geneem van die wat oor was bo die wat deur die Leviete losgekoop was;

50 van die eersgeborenes van die kinders van Israel het hy die geld geneem, duisend-driehonderd-vyf-en-sestig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom.

51 En Moses het die loskoopgeld aan Aäron en sy seuns gegee volgens die bevel van die Here, soos die Here Moses beveel het.

Os filhos de Arão e os levitas são escolhidos para o serviço do tabernáculo

1 Êx 6.20-27Estas, pois, são as gerações de Arão e de Moisés, no dia em que Jeová falou com Moisés no monte Sinai. 2 Nm 26.60Estes são os nomes dos filhos de Arão: Nadabe, o primogênito, Abiú, Eleazar e Itamar. 3 Estes são os nomes dos filhos de Arão, dos sacerdotes que foram ungidos, a quem ele consagrou para exercerem as funções do sacerdócio. 4 Nm 26.61;Lv 10.1-2Nadabe e Abiú morreram diante de Jeová, quando ofereceram fogo estranho diante dele no deserto de Sinai, e não tiveram filhos; e Eleazar e Itamar exerceram as funções do sacerdócio na presença de seu pai Arão.

5 Disse Jeová a Moisés: 6 Nm 8.6-22;18.1-7;Dt 10.8Faze chegar a tribo de Levi e coloca-os diante do sacerdote Arão, para o servirem. 7 Eles cumprirão o que lhe é devido a ele e a toda a congregação perante a tenda da revelação, para fazerem o serviço do tabernáculo. 8 Guardarão todos os móveis da tenda da revelação e cumprirão com o que está prescrito aos filhos de Israel, para fazerem o serviço do tabernáculo. 9 Nm 18.6Darás os levitas a Arão e a seus filhos; certamente, eles lhe são dados da parte dos filhos de Israel. 10 Designarás a Arão e a seus filhos, Êx 29.9os quais guardarão o seu sacerdócio; o Nm 1.51estrangeiro que se chegar será morto.

11 Disse mais Jeová a Moisés: 12 Eu, eis Nm 3.45;8.14que eu tenho tomado os levitas dentre os filhos de Israel em lugar de todo Êx 13.2primogênito que abre a madre entre os filhos de Israel, e os levitas serão meus; 13 pois todos os primogênitos são meus. No dia em que feri todos os primogênitos na terra do Egito, consagrei para mim todos os primogênitos em Israel, desde o homem até o animal; serão meus. Eu sou Jeová.

14 Disse ainda Jeová a Moisés, no deserto de Sinai: 15 Nm 1.47Conta os filhos de Levi pelas casas de seus pais, pelas suas famílias; contarás a todo o homem de idade de um mês e daí para cima. 16 Moisés os contou segundo a palavra de Jeová, assim como lhe foi ordenado. 17 Êx 6.16-22Estes são os filhos de Levi pelos seus nomes: Gérson, Coate e Merari. 18 Estes são os nomes dos filhos de Gérson pelas suas famílias: Libni e Simei. 19 Os filhos de Coate pelas suas famílias: Anrão, Jizar, Hebrom e Uziel. 20 Os filhos de Merari pelas suas famílias: Mali e Musi. Estas são as famílias dos levitas segundo as casas de seus pais.

21 De Gérson era a família dos libnitas e a dos simeítas; estas são as famílias dos gersonitas. 22 Os que foram contados deles, segundo o número de todos os homens, desde a idade de um mês e daí para cima, sim, todos os que deles foram contados eram sete mil e quinhentos. 23 As famílias dos gersonitas acampar-se-ão atrás do tabernáculo, ao ocidente. 24 O príncipe da casa do pai dos gersonitas será Eliasafe, filho de Lael. 25 Os filhos de Gérson terão a seu cargo, na tenda da revelação, o tabernáculo, a tenda e sua coberta, o anteparo para a porta da tenda da revelação, 26 as cortinas do átrio, o anteparo para a entrada do átrio que está junto ao tabernáculo e junto ao altar em redor e as suas cordas para todo o seu serviço.

27 De Coate era a família dos anramitas, e a família dos jizaritas, e a família dos hebronitas, e a família dos uzielitas; estas são as famílias dos coatitas. 28 Segundo o número de todos os homens, desde a idade dum mês e daí para cima, foram oito mil e seiscentos, que tiveram a seu cargo o santuário. 29 As famílias dos filhos de Coate acampar-se-ão ao lado do tabernáculo, para a banda do sul. 30 O príncipe da casa do pai das famílias dos coatitas será Elisafã, filho de Uziel. 31 Eles terão a seu cargo a arca, a mesa, o candeeiro, os altares, e os utensílios do santuário com os quais exercem as funções do seu ministério, e o anteparo, e todo o seu serviço. 32 Eleazar, filho do sacerdote Arão, será o príncipe dos príncipes dos levitas e terá a superintendência dos que têm a seu cargo o santuário.

33 De Merari era a família dos malitas e a família dos musitas; estas são as famílias de Merari. 34 Os que foram contados deles, segundo o número de todos os homens, desde a idade dum mês e daí para cima, eram seis mil e duzentos. 35 O príncipe da casa do pai das famílias de Merari era Zuriel, filho de Abiail; eles se acamparão ao lado do tabernáculo, para a banda do norte. 36 Por designação, os filhos de Merari terão a seu cargo as peças do tabernáculo, as suas travessas, as suas colunas, as suas bases e todos os seus pertences, e todo o seu serviço, 37 as colunas do átrio ao redor, as suas bases, os seus pregos e as suas cordas.

38 Os que se acamparem diante do tabernáculo, para a banda do oriente, diante da tenda da revelação, para o nascente, serão Moisés, e Arão, e seus filhos, que têm a seu cargo o santuário, para cumprirem o que está prescrito aos filhos de Israel; o Nm 1.51estrangeiro que se chegar será morto. 39 Todos os que foram contados dos levitas, aos quais contaram Moisés e Arão, segundo o mandamento de Jeová, pelas suas famílias, todos os homens, desde a idade dum mês e daí para cima, eram Nm 3.43;4.48;26.62vinte e dois mil.

40 Disse mais Jeová a Moisés: Contarás todos os primogênitos dos filhos de Israel, desde a idade dum mês e daí para cima, e tomarás o número dos seus nomes. 41 Tomarás os levitas para mim (eu sou Jeová) em lugar de todos os primogênitos entre os filhos de Israel e o gado dos levitas em lugar de todos os primogênitos entre o gado dos filhos de Israel. 42 Moisés contou, como Jeová lhe ordenou, todos os primogênitos entre os filhos de Israel. 43 Todos os primogênitos, segundo o número dos nomes, desde a idade dum mês e daí para cima, dos que foram contados, eram Nm 3.39vinte e dois mil e duzentos e setenta e três.

44 Disse Jeová a Moisés: 45 Nm 3.12Toma os levitas em lugar de todos os primogênitos entre os filhos de Israel e o gado dos levitas em lugar do gado deles; os levitas serão meus. Eu sou Jeová. 46 Nm 18.15-16;Êx 13.13,15Pela redenção dos duzentos e setenta e três dos primogênitos dos filhos de Israel, que excedem o número dos levitas, 47 receberás cinco siclos por cabeça; recebê-los-ás Êx 30.13segundo o siclo do santuário (o siclo tem vinte óbolos) 48 e darás a Arão e a seus filhos o dinheiro com o qual são remidos os que são demais entre eles. 49 Moisés recebeu o dinheiro da redenção dos que excederam o número dos que foram remidos em lugar dos levitas; 50 dos primogênitos dos filhos de Israel recebeu ele o dinheiro: mil e trezentos e sessenta e cinco siclos, segundo o siclo do santuário. 51 Moisés deu o dinheiro da redenção a Arão e a seus filhos, segundo a palavra de Jeová, como Jeová ordenou a Moisés.

Veja também