Pligte van vroue en mans.
1 NET so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word
2 as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het.
3 Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,
4 maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van 'n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.
5 Want so het vroeër ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, en hulle was aan hul eie mans onderdanig,
6 soos Sara gehoorsaam was aan Abraham en hom heer genoem het; wie se kinders julle geword het as julle goed doen en geen enkele verskrikking vrees nie.
7 Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is — sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.
Broederliefde, geduld, verdrukking.
8 EN eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.
9 Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.
10 Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.
11 Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.
12 Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.
13 En wie is dit wat julle kwaad sal aandoen as julle navolgers is van die goeie?
14 Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.
15 Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees;
16 met behoud van 'n goeie gewete, sodat in die saak waarin hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, húlle beskaam mag word wat julle goeie lewenswandel in Christus belaster.
17 Want dit is beter, as die wil van God dit eis, dat julle ly wanneer julle goed doen as wanneer julle kwaad doen.
18 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring — Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;
19 in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis,
20 wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;
21 waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as 'n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as 'n bede tot God om 'n goeie gewete — deur die opstanding van Jesus Christus
22 wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.
Os deveres das mulheres cristãs
1 1Pe 2.18; cp.1Pe 3.7Igualmente vós, mulheres, Ef 5.22sede sujeitas a vossos maridos, para que, se ainda alguns há que não obedecem à palavra, pelo procedimento das mulheres, 1Co 9.19sejam estes ganhos sem a palavra, 2 considerando o vosso procedimento casto e com temor. 3 1Tm 2.9; cp.Is 3.18ss.Não seja o seu adorno o enfeite exterior dos cabelos entrançados, das guarnições de renda de ouro ou da compostura dos vestidos, 4 mas seja Rm 7.22o homem que está escondido no coração, no vestido incorruptível de um espírito manso e tranquilo, que é de grande estima diante de Deus. 5 Pois assim se adornavam também, noutro tempo, as santas mulheres 1Tm 5.5; cp.1Pe 1.3que esperavam em Deus, estando sujeitas a seus maridos, 6 como Sara obedeceu a Abraão, Gn 18.12chamando-lhe senhor, da qual vos tornais filhas, se fazeis o bem cp.1Pe 3.14e não temeis perturbação alguma.
O amor fraternal. A paciência segundo o exemplo de Cristo
7 Ef 5.25;Cl 3.19Igualmente vós, maridos, vivei com elas segundo a ciência, como sendo 1Ts 4.4vaso mulheril mais fraco, dando-lhes honra como a herdeiras juntamente convosco da graça da vida, para que as vossas orações não sejam impedidas.
8 Finalmente, Rm 12.16sede todos de um mesmo sentimento, compassivos, cp.1Pe 1.22amando-vos como irmãos, Ef 4.32misericordiosos, cp.Ef 4.2;Fp 2.3;1Pe 5.5humildes,
9 Rm 12.17;1Ts 5.15não retribuindo mal por mal, nem 1Pe 2.23; cp.1Co 4.12injúria por injúria; mas, pelo contrário, Lc 6.28;Rm 12.14;1Co 4.12bendizendo, porque 1Pe 2.21para isso fostes chamados, a fim de que recebais Gl 3.14;Hb 6.14; cp.Hb 12.17bênção por herança. 10 Pois:
Sl 34.12Quem quer amar a vida
e ver os dias bons
refreie a sua língua do mal,
e os seus lábios não falem engano.
11 Aparte-se do mal, faça o bem,
busque a paz e vá após ela.
12 Porque os olhos do Senhor estão sobre os justos,
e os seus ouvidos, atentos às súplicas deles,
mas o rosto do Senhor está sobre os que fazem o mal.
13 Pv 16.7Quem é o que vos fará mal, se fordes zelosos do bem? 14 Mas, se 1Pe 2.19ss.;4.15s.padecerdes por causa da justiça, Tg 5.11bem-aventurados sois. Is 8.12s.; cp.1Pe 3.6Não temais as ameaças, nem vos perturbeis, 15 mas santificai nos vossos corações a cp.1Pe 1.3Cristo como Senhor, estando sempre prontos a cp.Cl 4.6dar uma resposta a todo aquele que vos pedir razão da 1Pe 1.3esperança que há em vós, mas 2Tm 2.25com mansidão e 1Pe 1.17temor, 16 tendo uma 1Pe 3.21;1Tm 1.5;Hb 13.18boa consciência, para que, naquilo em que cp.1Pe 2.12,15falam mal de vós, fiquem envergonhados aqueles que vituperam o vosso bom procedimento em Cristo. 17 Pois 1Pe 2.20;4.15s.é melhor, 1Pe 1.6;2.15;4.19; cp.At 18.21se Deus assim o quiser, que padeçais fazendo o bem do que fazendo o mal. 18 Assim 1Pe 2.21também Cristo morreu Hb 9.26,28;10.10uma só vez pelos pecados, o justo pelos injustos, para Rm 5.2;Ef 3.12nos levar a Deus, sendo, na verdade, morto 1Pe 4.1;Cl 1.22na carne, mas vivificado no Espírito, 19 no qual também foi 1Pe 4.6pregar aos espíritos em prisão, 20 os quais, noutro tempo, foram desobedientes, quando a Rm 2.4longanimidade de Deus Gn 6.3,5,13s.esperava nos dias de Noé, enquanto se fabricava Hb 11.7a arca, na qual poucas pessoas, isto é, 2Pe 2.5; cp.Gn 8.18oito cp.1Pe 1.9,22;2.25;4.19almas, se salvaram através das águas. 21 Tt 3.5; cp.At 16.33Essa água, figurando o batismo, agora vos salva, Hb 9.14;10.22não a purificação da imundícia da carne, mas a questão a respeito de uma 1Pe 3.16;1Tm 1.5;Hb 13.18boa consciência para com Deus, pela 1Pe 1.3ressurreição de Jesus Cristo, 22 Mc 16.19que está à mão direita de Deus, Hb 4.14;6.20tendo subido ao céu, ficando-lhe submissos Rm 8.38s.; cp.Hb 1.6anjos, autoridades e poderes.