Aansporing tot selfvernedering en gebed.
1 Alef. EK is die man wat ellende gesien het deur die roede van sy grimmigheid.
2 My het Hy gelei en laat wandel in duisternis sonder lig.
3 Ja, altyd weer draai Hy die hele dag sy hand teen my.
4 Bet. Hy het my vlees en my vel laat wegteer, my gebeente verbreek.
5 Hy het my met 'n bouwerk omsingel van gif en moeite.
6 Hy het my in donker plekke laat sit soos die wat lankal dood is.
7 Gimel. Hy het my toegemuur, sodat ek nie kan uitkom nie, my koperboeie swaar gemaak.
8 Al skreeu ek ook en al roep ek om hulp, Hy laat my gebed onverhoord.
9 Hy het my weë toegemuur met gekapte klip, my paaie onbegaanbaar gemaak.
10 Dalet. Hy is 'n beer wat my voorlê, 'n leeu in skuilplekke.
11 Hy het my weë laat wegdraai en my verskeur, my tot 'n woesteny gemaak.
12 Hy het sy boog gespan en my as 'n teiken vir die pyl opgestel.
13 He. Hy het die pyle uit sy pylkoker in my niere laat ingaan.
14 Ek het 'n belagging geword vir my hele volk, hulle spotlied die hele dag.
15 Hy het my met bitter kruie versadig, my genoeg wildeals laat drink.
16 Wau. En Hy het my die tande op gruisklippertjies laat stukkend byt, my in die as neergedruk.
17 En U het my siel van die vrede verstoot, ek het die goeie vergeet.
18 Ja, ek het gesê: My roem het vergaan en my hoop op die Here.
19 Sajin. Dink aan my ellende en my omswerwing, aan die wildeals en die gif.
20 As my siel terdeë daaraan dink, buig hy hom neer in my.
21 Dit sal ek ter harte neem, daarom sal ek hoop:
22 Get. dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie;
23 hulle is elke môre nuut; u trou is groot.
24 Die Here is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop.
25 Tet. Goed is die Here vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek.
26 Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die Here.
27 Dit is goed vir 'n man dat hy die juk in sy jeug dra.
28 Jod. Laat hom eensaam sit en swyg, as Hy hom dit opgelê het.
29 Laat hy sy mond in die stof steek — miskien is daar hoop!
30 Laat hy die wang gee vir die wat hom slaan, laat hy genoeg kry van smaad.
31 Kaf. Want die Here sal nie vir ewig verstoot nie.
32 Maar as Hy bedroef het, ontferm Hy Hom na die grootheid van sy goedertierenhede;
33 want nie van harte verdruk of bedroef Hy die mensekinders nie.
34 Lamed. Dat hulle al die gevangenes van die aarde onder hul voete vertrap,
35 dat hulle die reg van 'n man verdraai voor die aangesig van die Allerhoogste,
36 dat hulle 'n mens onregverdig behandel in sy regsaak — het die Here dit nie gesien nie?
37 Mem. Wie spreek daar, en dit gebeur? Het die Here dit nie beveel nie?
38 Gaan uit die mond van die Allerhoogste nie kwaad sowel as goed nie?
39 Wat klaag 'n mens in sy lewe? Laat elkeen klaag oor sy sondes.
40 Noen. Laat ons ons weë naspeur en deursoek en ons tot die Here bekeer;
41 laat ons ons hart saam met die hande ophef tot God in die hemel en sê:
42 Óns het oortree en ons was wederstrewig — Ú het nie vergewe nie.
43 Samek. U het U in toorn gehul en ons agtervolg, U het gedood sonder verskoning.
44 U het Uself in 'n wolk gehul, sodat daar geen gebed kon deurdring nie;
45 U het ons 'n uitvaagsel en 'n wegwerpsel onder die volke gemaak.
46 Pe. Al ons vyande het hulle mond teen ons oopgerek;
47 skrik en kuil het ons deel geword, ondergang en verbreking.
48 My oog loop af in waterstrome oor die verbreking van die dogter van my volk.
49 Ajin. My oog vloei rusteloos weg sonder ophou,
50 totdat die Here uit die hemel neersien en aanskou.
51 My oog gee my pyn oor al die dogters van my stad.
52 Sade. Hulle het my soos 'n voël rondgejaag, die wat sonder oorsaak my vyande is;
53 hulle het my lewe in 'n kuil tot niet gemaak en klippe op my gegooi.
54 Water het oor my hoof gestroom, ek het gesê: Dit is klaar met my!
55 Kof. Ek roep u Naam aan, Here, uit die onderste kuil.
56 U hoor my stem; verberg u oor nie vir my ontboeseming, vir my hulpgeroep nie.
57 U kom nader die dag as ek U aanroep, U sê: Wees nie bevrees nie!
58 Resj. U, Here, verdedig my regsaak, U verlos my lewe.
59 U sien, Here, my verdrukking; verskaf my tog reg.
60 U sien al hulle wraaksug, al hulle planne teen my.
61 Sjin. U hoor hulle smaadrede, Here, al hulle planne teen my,
62 die lippe van my teëstanders en hulle bedenksels die hele dag teen my.
63 Aanskou tog hulle sit en hulle opstaan, ek is hulle spotlied.
64 Tau. U sal hulle vergeld vir wat hulle gedoen het, Here.
65 U sal hulle gee verblinding van hart, u vervloeking oor hulle.
66 U sal hulle in toorn vervolg en hulle verdelg van onder die hemel van die Here uit.
Lamentações dos aflitos
1 Eu sou o homem que Jó 19.21;Sl 88.7,15-16;Jr 15.17-18viu a aflição causada pela vara do seu furor.
2 Ele guiou-me e fez-me andar Jó 30.26;Is 59.9;Jr 4.23nas trevas e não na luz.
3 Certamente, fez Sl 38.2;Is 5.25virar e revirar a sua mão contra mim o dia todo.
4 Gastou Sl 31.9-10;38.2-8;102.3-5a minha carne e a minha pele, quebrou-me Sl 51.8;Is 38.13;Jr 50.17os ossos.
5 Jó 19.8Levantou trincheiras contra mim e cercou-me de Lm 3.19;Sl 69.21;Jr 23.15fel e de trabalho.
6 Fez-me habitar em Sl 88.5-6;143.3lugares tenebrosos, como os que estão mortos para sempre.
7 Jó 3.23;19.8Cercou-me de uma sebe, de sorte que eu não posso sair; Jr 40.4agravou os meus grilhões.
8 Quando grito e clamo por socorro, Jó 30.20;Sl 22.2ele exclui a minha oração.
9 Os 2.6Fechou os meus caminhos com pedras lavradas, fez Is 63.17tortas as minhas veredas.
10 Fez-me como Os 13.8;Am 5.18-19urso de emboscada, como leão em esconderijos.
11 Desviou os meus caminhos Jó 16.12-13;Jr 15.3e fez-me em pedaços; tornou-me em desolação.
12 Lm 2.4;Sl 7.12-13Armou o seu arco e pôs-me como alvo Jó 6.4;7.20à seta.
13 Meteu nos meus rins as flechas da sua Jr 5.16aljava.
14 Estou feito um Sl 22.6-7;123.3-4;Jr 20.7objeto de escárnio para todo o meu povo e Lm 3.63;Jó 30.9o assunto da sua canção, o dia todo.
15 Encheu-me de Lm 3.19;Rt 1.20;Jr 9.15amargura, fartou-me de absinto.
16 Sl 3.7;58.6Quebrou-me os dentes com Pv 20.17pedrinhas, cobriu-me de Jr 6.26cinzas.
17 Is 59.11;Jr 12.12Alongaste da paz a minha alma; estou esquecido da prosperidade.
18 Eu disse: Já pereceu de Jeová a minha força e Jó 17.15;Ez 37.11a minha expectação.
19 Lembra-te da minha aflição e do meu andar errante, Lm 3.5,15;Jr 9.15do absinto e do fel.
20 A minha alma ainda os conserva Jó 21.6;Hb 10.34na memória e Sl 42.5-6,11;43.5;44.25está abatida dentro de mim.
21 Torno a trazer isso à mente; portanto, tenho Sl 130.7esperança.
22 As Sl 78.38;Jr 3.12;30.11misericórdias de Jeová são a causa de não sermos consumidos, Ml 3.6porque não falham as suas misericórdias.
23 Sf 3.5Novas são cada manhã; grande é a tua fidelidade.
24 A minha Sl 16.5;73.26porção é Jeová, diz a minha alma; portanto, Sl 33.18esperarei nele.
25 Bom é Jeová Sl 27.14;Is 25.9para os que esperam por ele, para a alma Is 26.9que o busca.
26 Boa coisa é Sl 52.9;1Pe 1.13esperar e Sl 40.1;Is 30.15aguardar, em silêncio, a salvação de Jeová.
27 Bom é para o homem Ec 12.1levar o jugo na sua mocidade.
28 Que Lm 2.10;Sl 39.2,9se assente ele, sozinho, e fique calado, porque Jeová o pôs sobre ele.
29 Ponha a sua boca Jó 16.15;40.4no pó, a ver se há Jr 31.17esperança.
30 Dê a sua Jó 16.10;Is 50.6face ao que o fere; farte-se de opróbrio
31 Pois o Senhor Sl 77.7,10;94.14;Is 54.7-10não rejeitará para sempre.
32 Embora entristeça, contudo, terá Sl 78.38;106.43-45;Os 11.8compaixão segundo a multidão das suas misericórdias.
33 Porquanto Jr 31.20;Ez 33.11não aflige, nem oprime os filhos dos homens.
34 O Is 14.17esmagar debaixo dos pés todos os presos da terra,
35 o perverter o Sl 140.12;Pv 17.15direito de um homem diante do Altíssimo,
36 o Jr 22.3;Hc 1.13subverter ao homem no seu pleito não são do agrado do Senhor.
37 Quem é o que diz uma coisa Sl 33.9-11;Pv 19.21;21.30que se realiza, quando o Senhor o não mandar?
38 Acaso, não é da boca do Altíssimo Jó 2.10;Is 45.7;Jr 32.42que saem o mal e o bem?
39 Por que Jr 30.15;Mq 7.9;Hb 12.5-6se queixa o vivente? Por que se queixa o varão do castigo dos seus pecados?
Esperança de auxílio pela misericórdia de Deus
40 Sl 119.59;139.23-24;2Co 13.5Esquadrinhemos e provemos os nossos caminhos e voltemos a Jeová.
41 Sl 25.1;28.2;141.2Levantemos os nossos corações com as mãos a Deus, que está nos céus.
42 Nós Ne 9.26;Jr 14.20;Dn 9.5transgredimos e nos rebelamos; tu 2Rs 24.4;Jr 5.7,9não nos perdoaste.
43 Cobriste-nos Lm 2.21de ira e Lm 3.66;Sl 83.15nos perseguiste; mataste-nos Lm 2.2,17,21e não mostraste piedade.
44 Lm 2.1;Sl 97.2Cobriste-nos de nuvens, para que Lm 3.8;Zc 7.13a nossa oração não passe.
45 Puseste-nos como Lm 3.45;4.15;1Co 4.13escória e refugo no meio dos povos.
46 Todos os nossos inimigos Lm 2.16;Jó 30.9-10;Sl 22.6-8abriram contra nós a sua boca.
47 Is 24.17-18;Jr 48.43-44O pavor e a cova são vindos sobre nós, a assolação e a destruição.
48 Dos meus Lm 1.16;2.11,18;Sl 119.136;Jr 9.1,18olhos correm rios de água, por causa da destruição da filha do meu povo.
49 Os meus olhos derramam lágrimas Sl 77.2;Jr 14.17e não cessam, sem haver intermissão,
50 até que Jeová Lm 5.1;Sl 80.14;Is 63.15olhe e veja lá do céu.
51 Os meus Jr 14.18olhos afligem a minha alma por causa de todos os filhos da minha cidade.
52 1Sm 26.20;Sl 11.1;124.7Como ave, me caçaram os que, Sl 35.7,19sem causa, são os meus inimigos.
53 Cortaram-me a vida na Jr 37.16masmorra e puseram sobre mim uma pedra.
54 Correram águas Sl 69.2;Jn 2.3-5sobre a minha cabeça; eu disse: Estou cortado!
55 Jr 38.9;Jn 2.2;At 16.24-25Da mais profunda masmorra invoquei o teu nome, Jeová.
56 Jó 34.28;Sl 116.12Ouviste a minha voz; Sl 55.1não escondas o teu ouvido ao meu suspiro, ao meu clamor.
57 Sl 145.18Chegaste-nos no dia em que te invoquei; disseste: Is 41.10,14Não temas.
58 Jr 50.34Pleiteaste, Senhor, as causas da minha alma; Sl 34.22remiste a minha vida.
59 Jr 18.19-20Viste, Jeová, o mal que sofri; Sl 26.1;43.1julga tu a minha causa.
60 Sl 10.14;Jr 11.20Viste toda a sua vingança e todos os seus Jr 18.18desígnios contra mim.
61 Êx 2.24Ouviste, Jeová, Lm 5.1;Sl 74.18;89.50;Sf 2.8o seu opróbrio e todos os seus desígnios contra mim;
62 Sl 59.7,12;140.3;Ez 36.3os lábios dos que se levantam contra mim e a sua meditação contra mim o dia todo.
63 Observa-os, Sl 139.2ao sentarem-se e ao levantarem-se; Lm 3.14;Jó 30.9eu sou a sua canção.
64 Tu, Jeová, Sl 28.4;Jr 51.6,24,56lhes darás a recompensa segundo a obra das suas mãos.
65 Dar-lhes-ás Êx 14.8;Dt 2.30;Is 6.10dureza de coração, dar-lhes-ás a tua maldição.
66 Em ira os Lm 3.43;Êx 14.28;Sl 35.6perseguirás, e os destruirás de debaixo dos céus Sl 8.3;Is 66.1de Jeová.