Pular para o conteúdo
Publicidade

Ester 2

TB

Ahasvéros trou met Ester, 'n Jodin, wat 'n sameswering teen die koning openbaar maak namens Mórdegai.

1 TOE die dinge die woede van koning Ahasvéros bedaar het, het hy aan Vasti gedink en aan wat sy gedoen het en wat oor haar besluit is.

2 Toe die jongmanne van die koning wat hom dien: Laat hulle vir die koning jongmeisies soek wat mooi van aansien is;

3 en laat die koning beamptes aanstel in al die provinsies van sy koninkryk, dat hulle al die jongmeisies wat mooi van aansien is, bymekaar laat kom in die vesting Susan, in die vrouehuis, onder toesig van Hegai, die hofdienaar van die koning, die bewaker van die vroue; en laat hulle skoonheidsmiddele aan hulle gee.

4 En die jongmeisie wat die koning geval, moet in die plek van Vasti koningin word. Hierdie woord dan was goed in die van die koning, en hy het so gedoen.

5 Daar was 'n Joodse man in die vesting Susan met die naam van Mórdegai, die seun van Jaïr, die seun van Símeï, die seun van Kis, 'n Benjaminiet,

6 wat uit Jerusalem weggevoer was onder die ballinge wat in ballingskap moes gaan saam met Jegónja, die koning van Juda, wat Nebukadnésar, die koning van Babel, weggevoer het.

7 En hy was die opvoeder van Hadássa, dit is Ester, die dogter van sy oom, want sy het geen vader of moeder gehad nie; en die jongmeisie was skoon van gestalte en mooi van aansien, en by die dood van haar vader en haar moeder het Mórdegai haar as sy dogter aangeneem.

8 En toe die bevel van die koning en sy wet bekend gemaak is, en baie meisies in die vesting Susan onder toesig van Hegai byeengebring is, het hulle Ester ook saamgeneem na die paleis van die koning, onder toesig van Hegai, die bewaker van die vroue.

9 En die meisie het hom geval en guns by hom gevind; daarom het hy gou gemaak om haar die nodige skoonheidsmiddele en die regte ete te gee en haar die sewe uitgesoekte meisies uit die paleis van die koning te verskaf; en hy het haar met haar meisies verplaas na die beste gedeelte van die vrouehuis.

10 Ester het haar volk en haar afkoms nie te kenne gegee nie, omdat Mórdegai haar beveel het om dit nie te vertel nie.

11 En Mórdegai het dag vir dag voor die voorhof van die vrouehuis gewandel om te verneem na die welstand van Ester en wat met haar sou gebeur.

12 En as die beurt van elke meisie aankom om na koning Ahasvéros in te gaan, nadat twaalf maande lank met haar volgens die wet vir die vroue gehandel is want so lank het die dae van hulle voorbereiding geduur: ses maande lank met mirre-olie en ses maande met balsem en ander skoonheidsmiddele van die vroue

13 as die meisie dan so na die koning ingaan, word alles wat sy , aan haar gegee, dat dit saam met haar uit die vrouehuis na die koninklike paleis kan gaan.

14 As sy in die aand ingaan en in die môre terugkom na die tweede vrouehuis onder toesig van Saäsgas, die hofdienaar van die koning wat die byvroue bewaak, dan mag sy nie weer by die koning ingaan nie, behalwe as die koning behae in haar vind en sy by die naam geroep word.

15 Toe die beurt van Ester, die dogter van Abígail, die oom van Mórdegai, wat haar as sy dogter aangeneem het, kom om in te gaan na die koning, het sy niks verlang nie, behalwe wat Hegai, die hofdienaar van die koning wat die vroue bewaak, gesê het; en Ester het guns gevind in die van almal wat haar gesien het.

16 Ester is toe by koning Ahasvéros in sy koninklike paleis opgeneem in die tiende maand, dit is die maand Tebet, in die sewende jaar van sy regering.

17 En die koning het Ester liefgekry meer as al die vroue, en sy het guns en welwillendheid voor hom gevind meer as al die jongmeisies; en hy het die koninklike kroon op haar hoof gesit en haar koningin gemaak in die plek van Vasti.

18 En die koning het 'n groot maaltyd aangerig vir al sy vorste en sy dienaars, die maaltyd van Ester; en hy het 'n vrye dag bepaal vir die provinsies en geskenke gegee, eg koninklik!

19 En toe die jongmeisies vir die tweede keer versamel is, terwyl Mórdegai in die poort van die koning sit

20 Ester het haar afkoms en haar volk nie te kenne gegee nie, soos Mórdegai haar beveel het; en Ester het die bevel van Mórdegai opgevolg soos toe sy by hom opgevoed is

21 in dié dae dan, terwyl Mórdegai in die poort van die koning sit, het Bigtan en Teres, twee hofdienaars van die koning, drumpelwagters, kwaad geword en getrag om die hand aan koning Ahasvéros te slaan.

22 Maar Mórdegai het dit te wete gekom en dit aan koningin Ester meegedeel; en Ester het dit uit naam van Mórdegai aan die koning gesê.

23 Toe die saak ondersoek en so bevind is, is hulle twee aan 'n galg opgehang; en dit is in die Kroniekboek voor die koning beskrywe.

Assuero casa com Ester

1 Depois dessas coisas, Et 7.10quando a ira do rei Assuero era aplacada, lembrou-se de Vasti, e do que ela tinha feito, e Et 1.19-20do que tinha sido decretado contra ela. 2 Então, disseram os servos do rei que lhe ministravam: Busquem-se para o rei moças virgens e formosas. 3 Designe o rei em Et 1.1-2todas as províncias do seu reino oficiais que ajuntem e tragam todas as moças virgens e formosas ao castelo de Susã, à casa das mulheres, à custódia de Et 2.8,15Hegai, eunuco do rei, guarda das mulheres; e Et 2.9,12deem-se-lhes os seus cosméticos. 4 Seja rainha em lugar de Vasti a donzela que agrade ao rei. Isso pareceu bem ao rei; e assim fez.

5 Havia certo judeu, benjamita, no castelo de Susã, por nome Et 3.2Mordecai, filho de Jair, filho de Simei, filho de Quis, 6 2Rs 24.14-15que tinha sido levado de Jerusalém com os exilados que foram deportados com Jeconias, rei de Judá, a quem Nabucodonosor, rei de Babilônia, levou cativo. 7 Criou ele a Hadassa, isto é, Et 2.15Ester, filha de seu tio, pois não tinha ela nem pai nem mãe e era donzela de bela presença e formosa. Tendo falecido seu pai e sua mãe, Mordecai a tinha adotado por filha.

8 Quando se tornaram conhecidas as palavras do rei e a sua lei e Et 2.3quando muitas donzelas foram ajuntadas e levadas ao castelo de Susã, à custódia de Et 2.3,15Hegai, foi levada também Ester à casa do rei, à custódia de Hegai, guarda das mulheres. 9 A donzela agradou-lhe e alcançou o favor dele, que se apressou em lhe dar Et 2.3,12os cosméticos e os seus quinhões, como também as sete donzelas escolhidas da casa do rei. Colocou-a com as donzelas nos melhores cômodos da casa das mulheres. 10 Et 2.20Ester não tinha declarado o seu povo nem a sua linhagem, pois Mordecai lhe tinha ordenado que o não declarasse. 11 Todos os dias passeava Mordecai diante do átrio da casa das mulheres, para saber como Ester se achava e o que lhe sucederia.

12 Ora, quando chegava o tempo de vir cada donzela por sua ordem ao rei Assuero, depois que lhe tinha sido feito segundo a lei das mulheres por doze meses (pois assim se cumpriam os dias do seu uso de cosméticos, a saber, seis meses do uso de óleo de mirra e seis meses do uso de perfumes e de cosméticos em uso entre as mulheres), 13 então, dessa maneira vinha a donzela ao rei, sendo-lhe dado tudo quanto ela desejava, para levar consigo da casa das mulheres para a casa do rei. 14 À tarde, ela entrava e, pela manhã, voltava para a segunda casa das mulheres, à custódia de Saasgaz, eunuco do rei, guarda das concubinas. Ela não voltava mais ao rei, a menos que o rei a desejasse e fosse chamada por nome. 15 Ora, quando chegou o tempo de ir ao rei, Ester, Et 2.7;Et 9.29filha de Abiail, tio de Mordecai, que a tinha adotado por filha, ela não pediu nada afora o que aconselhou Et 2.3,8Hegai, eunuco do rei, guarda das mulheres. Ester achou graça aos olhos de todos quantos a contemplavam.

16 Ester foi levada ao rei Assuero, à casa real, no décimo mês, que é o mês de tebete, no sétimo ano do seu reinado. 17 O rei amou a Ester mais do que a todas as mulheres, e ela alcançou graça e favor diante dele mais do que todas as virgens; de sorte que Et 1.11lhe pôs sobre a cabeça a coroa real e a fez rainha em lugar de Vasti. 18 Então, Et 1.3deu o rei a todos os seus príncipes e aos seus servos um grande banquete, banquete em honra de Ester; concedeu alívio às províncias e fez donativos Et 1.7segundo a liberalidade digna dum rei.

Mordecai descobre uma conspiração

19 Et 2.3-4Quando, pela segunda vez, se ajuntavam virgens, Mordecai Et 2.21;3.2estava sentado na porta do rei. 20 Et 2.10Ester ainda não tinha manifestado a sua linhagem nem o seu povo, como Mordecai lhe havia ordenado, pois cumpria a ordem de Mordecai, Et 2.7como quando estava sendo criada em casa dele. 21 Naqueles dias, enquanto Mordecai estava sentado na porta do rei, indignaram-se os dois eunucos do rei, Et 6.2Bigtã e Teres, guardas da porta, e procuraram tirar a vida ao rei Assuero. 22 Isso veio ao conhecimento de Mordecai, Et 6.1-2que o revelou à rainha Ester; e Ester deu disso parte ao rei em nome de Mordecai. 23 Investigou-se o negócio, achou-se ser verdade, e ambos foram pendurados numa forca. Isso foi Et 10.2escrito no livro das crônicas perante o rei.

Veja também