Die koperaltaar vir die brandoffers.
1 JY moet ook die altaar van akasiahout maak; vyf el moet die lengte wees en vyf el die breedte — vierkantig moet die altaar wees — en drie el sy hoogte.
2 En jy moet sy horings op die vier hoeke maak; sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees; en jy moet dit met koper oortrek.
3 En maak sy potte om die as te verwyder, ook sy skoppe en komme en vurke en vuurpanne. Al dié gereedskap moet jy van koper maak.
4 Jy moet daar 'n traliewerk aan maak, 'n netwerk van koper, en aan die net vier koperringe maak, aan die vier hoeke.
5 En jy moet dit onder die lys van die altaar bevestig, onderaan, sodat die net tot by die helfte van die altaar kom.
6 Jy moet ook draaghoute vir die altaar maak, draaghoute van akasiahout; en trek dit oor met koper.
7 En die draaghoute moet in die ringe gesteek word, sodat die draaghoute aan altwee kante van die altaar is as hulle dit dra.
8 Jy moet dit hol, van planke, maak. Soos dit jou op die berg getoon is, so moet hulle dit maak.
Die voorhof.
9 JY moet ook die voorhof van die tabernakel maak. Aan die suidekant, na die suide toe, moet daar vir die voorhof behangsels wees van fyn dubbeldraad-linne; honderd el moet die lengte vir die een kant wees;
10 daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees.
11 So moet daar ook aan die noordekant, in die lengte, behangsels wees, honderd el lank; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke. Die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees.
12 En in die breedte van die voorhof, aan die westekant, moet daar behangsels van vyftig el wees; daarby tien pilare en hulle tien voetstukke.
13 En die breedte van die voorhof aan die oostekant, teen sonop, vyftig el —
14 sodat daar vyftien el behangsels vir die een kant is, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke;
15 en vir die ander kant vyftien el behangsels, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke;
16 en vir die poort van die voorhof 'n bedekking van twintig el, van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier voetstukke.
17 Al die pilare van die voorhof moet rondom van silwerringe voorsien wees; hulle kramme moet van silwer wees en hulle voetstukke van koper.
18 Die lengte van die voorhof moet honderd el wees en die breedte vyftig by vyftig en die hoogte vyf el, van fyn dubbeldraad-linne, daarby voetstukke van koper.
19 Aangaande al die gereedskap van die tabernakel, by sy hele bewerking, en al sy penne en al die penne van die voorhof, hulle moet van koper wees.
20 En jý moet die kinders van Israel beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar bring, om gedurigdeur 'n brandende lamp te hê.
21 In die tent van samekoms, buitekant die voorhangsel wat voor die Getuienis is, moet Aäron en sy seuns dit regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die Here. Dit sal 'n ewige insetting wees in hulle geslagte, van die kant van die kinders van Israel.
O altar dos holocaustos
1 E de madeira de acácia farás também Êx 38.1-7um altar que terá cinco cúbitos de comprimento e cinco cúbitos de largura (o altar será quadrado) e terá três cúbitos de altura. 2 Dos quatro cantos farás levantar-se quatro chifres; os chifres formarão uma só peça com o altar; e o cobrirás de cobre. 3 Far-lhe-ás cinzeiros, e pás, e bacias, e garfos, e braseiros; todos esses utensílios farás de cobre. 4 Far-lhe-ás também uma grelha de cobre a modo de gelosia, à qual farás quatro argolas de cobre nos seus quatro cantos. 5 Pô-la-ás de sob o rebordo da parte inferior do altar, de maneira que chegue até o meio do altar. 6 Farás também varais para o altar, varais de madeira de acácia, e os cobrirás de cobre. 7 Os varais se meterão nas argolas e estarão de um e outro lado do altar, quando for levado. 8 Oco e de tábuas o farás; como se te mostrou no monte, assim o farão.
O átrio do tabernáculo
9 Farás também o Êx 38.9-20átrio do tabernáculo; para um lado, isto é, para o lado meridional, que olha para o sul, o átrio terá cortinas de linho fino retorcido de cem cúbitos de comprimento; 10 as suas colunas serão vinte, e as suas bases, vinte, todas feitas de cobre; os ganchos das colunas e as vergas serão de prata. 11 Igualmente para o lado do norte, ao comprido, haverá cortinas de cem cúbitos de comprimento, e serão vinte as suas colunas, e vinte, as suas bases, todas feitas de cobre; os ganchos das colunas e as vergas serão de prata. 12 Para a largura do átrio ao lado do ocidente haverá cortinas de cinquenta cúbitos; as colunas serão dez, e as suas bases, dez. 13 A largura do átrio ao lado oriental, que olha para o nascente, será de cinquenta cúbitos. 14 As cortinas para um lado da entrada serão de quinze cúbitos; as suas colunas serão três, e as suas bases, três. 15 Para o outro lado da entrada haverá cortinas de quinze cúbitos; as suas colunas serão três, e as suas bases, três. 16 Para a entrada do átrio haverá um anteparo de vinte cúbitos, de estofo azul, púrpura, escarlata e linho fino retorcido, obra de bordador; as suas colunas serão quatro, e as suas bases, quatro. 17 Todas as colunas ao redor do átrio terão vergas de prata; os seus ganchos serão de prata, e as suas bases, de cobre. 18 O átrio terá cem cúbitos de comprido e cinquenta de largo, por toda parte, e cinco de alto; as suas cortinas serão de linho fino retorcido, e as suas bases, de cobre. 19 Todos os utensílios do tabernáculo em todo o seu serviço, e todos os seus pregos, e todos os pregos do átrio serão de cobre.
O azeite para o candeeiro
20 Ordenarás aos filhos de Israel que te tragam Êx 35.8,28;Lv 24.1-4azeite puro de oliveira, espremido num gral, para o candeeiro, a fim de manter acesa uma lâmpada continuamente. 21 Êx 25.22;29.42;30.36Na tenda da revelação, fora do véu que está diante do Testemunho, Arão e seus filhos conservá-la-ão em ordem desde a tarde até pela manhã, perante Jeová; este será um estatuto perpétuo a favor dos filhos de Israel pelas suas gerações.