Teen Edom.
1 DIE gesig van Obádja. So sê die Here Here aangaande Edom: Ons het 'n tyding van die Here gehoor, en 'n boodskapper is uitgestuur onder die nasies om te sê: Staan op, en laat ons klaarmaak om teen hom te veg!
2 Kyk, Ek het jou klein gemaak onder die nasies, jy is baie verag.
3 Die vermetelheid van jou hart het jou bedrieg, o jy wat woon in die rotsklowe, op hoë plekke bly, en in jou hart sê: Wie sal my op die aarde neerwerp?
4 Al woon jy so hoog soos die arend en al was jou nes tussen die sterre gestel — daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek die Here.
5 As daar diewe, as daar nagrowers na jou gekom het — hoe is jy vernietig! — sou hulle nie net soveel gesteel het as wat vir hulle genoeg was nie? As daar druiwesnyers na jou gekom het, sou hulle nie die na-oes laat oorbly het nie?
6 Hoe is Esau deursoek! Is sy verborge skatte deursnuffel!
7 Al jou bondgenote het jou tot by die grens gestuur; die manne met wie jy vriendskap gehou het, het jou bedrieg, jou oorweldig; hulle lê 'n strik onder jou as jou brood. Daar is geen verstand in hom nie!
8 Sal Ek nie in dié dag, spreek die Here, die wyse manne uit Edom verdelg nie en die verstand uit die gebergte van Esau?
9 En jou helde sal verskrik wees, o Teman, sodat elkeen deur moord uit die gebergte van Esau uitgeroei sal word.
10 Weens die geweld teen jou broer Jakob gepleeg, sal skande jou bedek, en jy sal uitgeroei word vir ewig.
11 Die dag toe jy daarby gestaan het, die dag toe vreemdes sy rykdom weggevoer en uitlanders deur sy poorte gedring en die lot oor Jerusalem gewerp het — toe was jy ook soos een van hulle!
12 En tog moes jy nie met genot die dag van jou broer aanskou het nie, die dag van sy onheil, en jou nie verheug het oor die kinders van Juda op die dag van hulle ondergang nie en nie gespog het op die dag van benoudheid nie!
13 Tog moes jy nie in die poort van my volk gekom het op die dag van hulle nood nie, moes jy ook nie met genot aanskou het sy onheil op die dag van sy nood nie en nie die hand uitgesteek het na sy rykdom op die dag van sy nood nie!
14 En jy moes nie gestaan het op die kruispad om sy vlugtelinge uit te roei nie en nie sy vrygeraaktes uitgelewer het op die dag van benoudheid nie.
15 Want die dag van die Here is naby oor al die nasies; soos jy gedoen het, sal aan jou gedoen word, jou daad sal op jou hoof neerkom.
16 Want net soos julle gedrink het op my heilige berg, sal al die nasies gedurigdeur drink, ja, hulle sal drink en swelg en word asof hulle nooit bestaan het nie.
17 Maar op die berg Sion sal daar ontkoming wees, en dit sal 'n heiligdom wees; en die huis van Jakob sal sy besittings in besit neem.
18 Dan sal die huis van Jakob 'n vuur wees en die huis van Josef 'n vlam, maar die huis van Esau 'n stoppel; en dié sal hulle aan die brand steek en hulle verteer, sodat daar geen oorblyfsel vir die huis van Esau sal wees nie, want die Here het dit gespreek.
19 Dan sal dié van die Suidland die gebergte van Esau, en dié van die Laeveld die land van die Filistyne in besit neem; en hulle sal die veld van Efraim en die veld van Samaría, en Benjamin Gílead in besit neem.
20 Die ballinge van hierdie leërmag van die kinders van Israel sal die wat Kanaäniete is, tot by Sarfat verower; en die ballinge van Jerusalem, wat in Sefárad is, sal die stede van die Suidland in besit neem.
21 Dan sal daar verlossers die berg Sion opgaan om die gebergte van Esau te oordeel, en die koninkryk sal aan die Here toebehoort.
Os pecados e o castigo de Edom
1 Visão de Obadias.
Assim diz o Senhor Jeová acerca de Sl 137.7;Is 34.1-17;63.1-6;Jr 49.7-22;Ez 25.12-14Edom: Da parte de Jeová Ob 1.1-4;Jr 49.14-16ouvimos novas, e por entre as nações foi enviado um Is 18.2;30.4mensageiro a dizer: Jr 6.4-5Levantai-vos, e levantemo-nos contra Edom em guerra. 2 Eis que te fiz Nm 24.18;Is 23.9pequeno entre as nações; tu és em extremo desprezado. 3 A Is 16.6;Jr 49.16soberba do teu coração acaba de te enganar, ó tu que habitas nas fendas do 2Rs 14.7;2Cr 25.12penhasco, e cuja habitação é elevada; que dizes no teu coração: Is 14.13-15Quem me derrubará em terra? 4 Embora Jó 20.6-7;Hc 2.9subas ao alto como águia, e embora seja o teu ninho posto entre as Is 14.12-15estrelas, dali te derrubarei, diz Jeová.
5 Se a ti viessem Jr 49.9ladrões, se, de noite, salteadores (como és Ob 1.9-10exterminado!), não furtariam eles até que lhes bastasse? Se a ti viessem vindimadores, não te deixariam umas Is 17.6;24.13uvas de rabisco?
6 Como têm sido as coisas de Esaú Jr 49.10esquadrinhadas! Como têm sido investigados os seus tesouros ocultos! 7 Todos os teus Jr 30.14confederados te fizeram acompanhar no caminho até os confins; os homens que estavam Jr 38.22de paz contigo te enganaram e contra ti prevaleceram; os que comem Sl 41.9o teu pão põem debaixo de ti uma armadilha; Jr 49.7não há nele entendimento. 8 Acaso, naquele dia, não farei eu, diz Jeová, Jó 5.12-14perecer de Edom os sábios e, do monte de Esaú, o entendimento? 9 Os teus Jr 49.22valentes, Gn 36.11;1Cr 1.45;Jó 2.11;Jr 49.7,20;Ez 25.13;Am 1.12;Hc 3.3ó Temã, estarão atemorizados, a fim de que, pela matança, cada um seja Ob 1.5;Is 34.5-8;63.1-3exterminado do monte de Esaú.
Sua perversa alegria por causa da infelicidade de Israel
10 Por causa Ez 25.12;Jl 3.19;Am 1.11da violência feita a teu irmão Jacó, cobrir-te-á a vergonha, e serás exterminado para sempre. 11 No dia em que Sl 83.5-6;137.7;Am 1.6,9estiveste do lado oposto, no dia em que estrangeiros lhe levaram os bens, e forasteiros lhe entraram nas portas Jl 3.3;Na 3.10e deitaram sortes sobre Jerusalém, tu também eras como um deles. 12 Porém, no dia da sua calamidade, Mq 4.11;7.10não olhes para o dia de teu irmão Ez 35.15;36.5e não te regozijes sobre os filhos de Judá no dia da sua destruição; Sl 31.18;Ez 35.12nem fales arrogantemente no dia da tribulação. 13 Não entres na porta do meu povo no Ez 35.5dia da sua calamidade, nem tampouco zombes dos seus males no dia da sua calamidade, Ez 35.10;36.2-3nem ponhas mãos sobre os seus bens no dia da sua calamidade. 14 Is 16.3-4Não te postes na encruzilhada, para lhe exterminares os que escaparem; e não entregues os que lhe ficarem no dia da tribulação.
15 Pois o Jl 1.15;2.1,11,31;Am 5.18,20Dia de Jeová está perto sobre todas as nações; Jr 50.29;51.56como tens feito, assim se te fará a ti; Ez 35.11o teu feito tornará sobre a tua cabeça. 16 Pois como Jr 49.12-13bebeste sobre o meu santo monte, assim Is 51.22-23;Jr 25.15-16beberão de contínuo todas as nações, sim, beberão, e sorverão, e serão como se nunca fossem.
17 No monte Is 4.2-3de Sião, porém, estarão os que escaparem e serão santos; e os da casa de Jacó Is 14.1-2;Am 9.11-15possuirão as suas herdades. 18 A casa de Jacó será um Is 5.24;9.18-19fogo, e a casa de José, uma chama, e a casa de Esaú servirá de restolho; aqueles arderão entre estes e os devorarão; Jr 11.23;Am 1.8e ninguém mais restará da casa de Esaú, porque Jeová o disse. 19 Os do Neguebe Is 11.14;Am 9.12possuirão o monte de Esaú; os da planície, Is 11.14os filisteus; Jr 31.5;32.44possuirão o campo de Efraim e o campo de Samaria; e Benjamim possuirá a Gileade. 20 A posse do cativeiro desse exército dos filhos de Israel que se acham entre os cananeus estender-se-á até 1Rs 17.9-10;Lc 4.26Sarepta; e o cativeiro de Jerusalém que se acha em Sefarade possuirá Jr 32.44;33.13as cidades do Neguebe. 21 Ne 9.27Salvadores subirão ao Ob 1.3monte de Sião para julgarem o monte de Esaú; Sl 22.28;47.7-9;67.4;Zc 14.9e o reino será de Jeová.