Pular para o conteúdo
Publicidade

Amós 9

TB

Vyfde gesig: die verwoesting van die altaar. Belofte van herstel.

1 EK het die Here by die altaar sien staan, en Hy het gesê: Slaan die kapiteel van die pilaar, sodat die drumpels bewe; en verpletter hulle bo die hoof van almal! En Ek sal die wat van hulle oorbly, met die swaard ombring: die vlugteling uit hulle sal nie ontsnap nie, en geen vrygeraakte onder hulle homself red nie.

2 Al dring hulle deur in die doderyk, my hand sal hulle daaruit haal; en al klim hulle op na die hemel, Ek sal hulle van daar laat neerdaal.

3 En al steek hulle hul weg op die top van Karmel, Ek sal hulle daar opspoor en weghaal; en al verberg hulle hul voor my op die bodem van die see, Ek sal van daar die slang ontbied om hulle te byt.

4 En al gaan hulle as gevangenes voor hulle vyande uit, Ek sal van daar die swaard ontbied om hulle dood te maak; en Ek sal my oog op hulle rig ten kwade en nie ten goede nie.

5 Ja, dit is die Here Here van die leërskare wat die aarde aanraak, sodat dit bewe en almal treur wat daarop woon; en dit sal in sy geheel oprys soos die Nyl en wegsak soos die rivier van Egipte.

6 Dit is Hy wat sy solders in die hemele bou en sy hemelgewelf bo die aarde vestig, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die aardbodem, Here is sy Naam!

7 Is julle nie vir My soos die kinders van Kus nie, o kinders van Israel? spreek die Here. Het Ek Israel nie laat optrek uit Egipteland en die Filistyne uit Kaftor en die Arameërs uit Kir nie?

8 Kyk, die van die Here Here is gerig teen die sondige koninkryk, en Ek sal dit van die aardbodem verdelg; maar Ek sal die huis van Jakob nie heeltemal verdelg nie, spreek die Here.

9 Want kyk, Ek gee bevel en sal die huis van Israel onder al die nasies skud soos in 'n sif geskud word, maar daar sal geen korrel op die grond val nie.

10 Al die sondaars van my volk sal deur die swaard sterwe, die wat : Die onheil sal ons nie bereik en ons nie ontmoet nie.

11 In dié dag sal Ek die vervalle hut van Dawid weer oprig, en Ek sal sy skeure toebou en sy puinhope herstel, en Ek sal dit opbou soos in die ou tyd;

12 sodat hulle in besit kan neem die oorblyfsel van Edom en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat dit doen.

13 Kyk, die dae kom, spreek die Here, dat die ploeër die maaier inhaal, en die druiwetrapper die saadsaaier; en dat die berge van mos sal drup, en al die heuwels daarvan oorvloei sal wees.

14 En Ek sal die lot van my volk Israel verander, en hulle sal die verwoeste stede bou en bewoon, ook sal hulle wingerde plant en die wyn daarvan drink, en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.

15 En Ek sal hulle plant in hul land, en hulle sal nie meer uitgeruk word uit hul land wat Ek hulle gegee het nie, die Here jou God.

Visão da ruína do altar: promessa de restauração

1 Vi estar Jeová junto ao Am 3.14altar. Ele disse: Fere Sf 2.14os capitéis, para que estremeçam os umbrais; faze-os em pedaços sobre as cabeças de todos eles; Am 9.4;Am 7.17matarei à espada até o último deles; Jr 11.11nenhum deles fugirá e nenhum deles escapará. 2 Embora cavem até Sl 139.8o Sheol, dali os tirará a minha mão; embora Jr 51.53;Ob 4subam até o céu, dali os farei descer. 3 Embora se escondam no Am 1.2cume do Carmelo, Jr 16.16buscá-los-ei e dali os tirarei; embora estejam Jó 34.22;Sl 139.9-12;Jr 16.16-17escondidos dos meus olhos no fundo do mar, dali darei ordem Is 27.1à serpente, e ela os morderá. 4 Embora vão para Lv 26.33o cativeiro diante dos seus inimigos, dali darei ordem Am 9.1à espada, e ela os matará; Jr 21.10;39.16;44.11porei os meus olhos sobre eles para o mal e não para o bem.

5 Pois o Senhor Jeová dos Exércitos é o que Sl 104.32;144.5;Is 64.1toca a terra, e ela se derrete, e Am 8.8prantearão todos os que nela habitam; toda ela se levantará como o rio e se diminuirá como o rio do Egito. 6 É ele o que edifica Sl 104.3,13as suas câmaras nos céus e fundou sobre a terra a sua abóbada; o que Am 5.8chama as águas do mar Sl 104.6e as derrama sobre a face da terra; Jeová é o seu nome.

7 Acaso, não sois vós, filhos de Israel, para comigo como os filhos dos 2Cr 14.9,12;Is 20.4;43.3etíopes? diz Jeová. Não fiz eu a Israel sair da terra do Am 2.10;3.1Egito, e aos filisteus, de Dt 2.23;Jr 47.4Caftor, e aos siros, de Am 1.5;2Rs 16.9;Is 22.6Quir? 8 Eis que Am 9.4;Jr 44.27os olhos do Senhor Jeová estão sobre o reino pecaminoso, e eu Am 9.10;Am 3.12;7.17o exterminarei de sobre a face da terra; exceto que não Jr 5.10;30.11;31.35-36;Jl 2.32destruirei de todo a casa de Jacó, diz Jeová. 9 Pois eis que eu darei ordens Is 30.28;Lc 22.31e sacudirei a casa de Israel entre todas as nações, assim como se sacode o trigo no crivo; contudo, não cairá sobre a terra um grão. 10 Am 8.14Morrerão à espada Is 33.14;Zc 13.8-9todos os pecadores do meu povo, os quais Am 6.3;Jr 5.12dizem: O mal não nos alcançará, nem virá sobre nós.

11 Naquele dia, At 15.16-18levantarei Is 16.5o tabernáculo de Davi, que caiu, e repararei as suas Sl 80.12brechas, e levantarei as suas ruínas, e o reedificarei como Is 63.11;Jr 46.26nos dias antigos, 12 para que possuam o resto de Is 11.14Edom e todas as nações que são Is 43.7chamadas do meu nome, diz Jeová, que faz isso. 13 Eis que vêm dias, diz Jeová, em que o Lv 26.5que lavra alcançará o que ceifa, e o que pisa as uvas, o que semeia a semente; os Jl 3.18montes destilarão Gn 49.11vinho doce, e todos os outeiros se derreterão. 14 Sl 53.6;Is 60.4;Jr 30.18Tornarei a trazer o cativeiro do meu povo de Israel; Is 61.4;65.21reedificarão as cidades assoladas e as habitarão; Am 5.11;Is 62.8-9;Jr 31.5;Ez 28.26plantarão vinhas e lhes beberão o vinho; também farão jardins e lhes comerão o fruto. 15 Jr 24.6;31.28Plantá-los-ei na sua terra, Is 60.21;Ez 37.25e não serão mais arrancados da sua terra que lhes dei, diz Jeová, teu Deus.

Veja também