Pular para o conteúdo
Publicidade

Amós 7

TB

Drie gesigte: sprinkane, verterende vuur en die skietlood.

1 DIT het die Here Here my laat sien kyk, Hy het sprinkane geformeer toe die na-gras begin uitspruit het; en kyk, dit was die na-gras nadat die snysels van die koning af was.

2 En toe hulle al die gewasse van die land afgeëet het, ek: Here Here, vergeef tog! Hoe sal Jakob staande bly? want hy is klein.

3 Toe het die Here berou gekry oor hierdie saak. Dit sal nie gebeur nie, het die Here gesê.

4 Dit het die Here Here my laat sien kyk, die Here Here roep om 'n regstryd te voer deur vuur, en dit het die groot watervloed verteer en sou die akkerland verteer het.

5 Toe ek: Here Here, hou tog op! Hoe sal Jakob staande bly? want hy is klein.

6 Die Here het berou gekry oor hierdie saak. Dit sal ook nie gebeur nie, het die Here Here gesê.

7 Dit het Hy my laat sien kyk, die Here het op 'n loodregte muur gestaan, en daar was 'n skietlood in sy hand.

8 Toe die Here vir my: Wat sien jy, Amos? En ek het geantwoord: 'n Skietlood. Daarop die Here: Kyk, Ek gaan 'n skietlood aanlê in die midde van my volk Israel. Ek sal hom verder nie meer verbygaan nie.

9 En die hoogtes van Isak sal verwoes word, en die heiligdomme van Israel sal puinhope wees, en teen die huis van Jeróbeam sal Ek met die swaard optree.

Amos op Bet-el. Die vyandskap van Amásia.

10 TOE het Amásia, die priester van Bet-el, Jeróbeam, koning van Israel, laat weet: Amos het 'n sameswering gesmee teen u midde-in die huis van Israel; die land sal dit onder al sy woorde nie kan uithou nie.

11 Want so het Amos gesê: Jeróbeam sal deur die swaard sterwe, en Israel sal sekerlik uit sy land in ballingskap gaan.

12 Toe Amásia vir Amos: Gaan weg, siener, vlug na die land Juda en eet daar brood en profeteer daar!

13 Maar in Bet-el mag jy verder nie meer profeteer nie, want dit is 'n koninklike heiligdom en 'n tempel van die ryk.

14 Toe het Amos geantwoord en aan Amásia gesê: Ek was geen profeet en ook geen profete-seun nie; maar ek was 'n veewagter en kweker van wildevyebome.

15 Maar die Here het my agter die kleinvee weggeneem, en die Here het aan my gesê: Gaan heen, profeteer teen my volk Israel.

16 Hoor dan nou die woord van die Here! Jy : Jy mag nie teen Israel profeteer nie, en jy mag geen woorde laat druppel teen die huis van Isak nie.

17 Daarom, so die Here: Jou vrou sal in die stad hoereer, en jou seuns sowel as jou dogters sal deur die swaard val, en jou grond met die meetsnoer verdeel word, en jy self sal in 'n onrein land sterwe, en Israel sekerlik in ballingskap uit sy land gaan.

A visão do gafanhoto, do fogo e do prumo

1 Isto me Am 7.4,7;Am 8.1;Jr 1.11mostrou o Senhor Jeová: eis que ele formava Am 4.9;Jl 1.4;Na 3.15gafanhotos no princípio do rebentar da erva serôdia; e era a erva serôdia depois que se acabavam as ceifas do rei. 2 Quando Êx 10.15tinham acabado de comer a erva da terra, disse eu: Jr 14.7,20-21;Ez 9.8;11.13Senhor Jeová, perdoa; como subsistirá Jacó? Pois é ele Is 37.4;Jr 42.2pequeno. 3 Am 5.15;Jr 26.19;Os 11.8Arrependeu-se disso Jeová. Não acontecerá, diz Jeová.

4 Isto mostrou o Senhor Jeová: eis que ordenava o Senhor Jeová que Am 2.5;Dt 32.22;Is 66.15-16com fogo se decidisse o pleito; o fogo devorou o grande abismo e teria consumido a terra. 5 Então, disse eu: Sl 85.4;Jl 2.17Senhor Jeová, cessa; como subsistirá Jacó? Pois é ele pequeno. 6 Am 7.3;Sl 106.45;Jn 3.10Arrependeu-se disso Jeová. Também isso não acontecerá, diz Jeová.

7 Isto me mostrou ele: eis que estava Jeová junto a um muro, feito a prumo, e tinha na mão um prumo. 8 Jeová disse-me: Que vês tu, Am 8.2;Jr 1.11Amós? Eu respondi: Um prumo. Então, disse Jeová: Eis que porei um Is 28.17;34.11;Lm 2.8prumo no meio do meu povo de Israel Am 8.2;Jr 15.6;Ez 7.2-9e não tornarei mais a passar por ele; 9 Am 7.13;Lv 26.31;Is 63.18;Jr 51.51;Os 10.8;Mq 1.5os altos de Isaque serão desolados, e os santuários de Israel serão assolados; Am 7.11;2Rs 15.8-10e me levantarei com a espada contra a casa de Jeroboão.

Amós é acusado como conspirador

10 Então, Amazias, 1Rs 12.31-32;13.33sacerdote de Am 3.14;4.4;5.5-6Betel, enviou a Jeroboão, rei de Israel, a dizer: Amós Jr 26.8-11;38.4tem conspirado contra ti no meio da casa de Israel; a terra não pode sofrer todas as suas palavras. 11 Pois assim diz Amós: Am 7.9Jeroboão morrerá à espada, Am 7.17;Am 5.27;6.7e Israel, certamente, será levado cativo para fora da sua terra. 12 Também disse Amazias a Amós: Mt 8.34Vai-te, vidente, foge para a terra de Judá, ali come o teu pão e ali profetiza; 13 porém Am 2.12;At 4.18não tornes a profetizar mais em Betel, pois é o Am 7.9;1Rs 12.29,32santuário do rei e é a casa real.

14 Então, respondeu Amós e disse a Amazias: Eu não era profeta 2Rs 2.3;4.38;2Cr 19.2nem filho de profeta, mas era Am 1.1pastor de gado 1Cr 27.28e cultivador de sicômoros. 15 1Sm 16.11;2Sm 7.8Jeová tirou-me de seguir o rebanho Am 3.8e disse-me: Vai, Jr 1.7;Ez 2.3-4profetiza ao meu povo de Israel. 16 Agora, pois, ouve a palavra de Jeová: Tu dizes: Am 7.13;Am 2.12Não profetizes contra Israel, Dt 32.2;Ez 20.46;21.2nem deixes cair a tua palavra contra a casa de Isaque. 17 Portanto, assim diz Jeová: Os 4.13-14Tua mulher se prostituirá na cidade, Jr 14.16e teus filhos e tuas filhas cairão à espada, e a tua terra será repartida Am 7.8a cordel; tu mesmo morrerás numa terra que é 2Rs 17.6;Ez 4.13;Os 9.3imunda, e Israel, certamente, Am 7.11;Jr 36.29-31será levado cativo para fora da sua terra.

Veja também